‘n Verlore Ring

ystersmid

 

Ek het so iets nog nooit in my lewe gesien nie, ‘n mens is ook nie veronderstel om dit te sien nie, want die tegnologie is honderde jare oud: Die smee van yster oor oop kole.

Die jong man smee handgemaakte spykers wat die vissers aan die Niger gebruik om hul langbote mee te bou. Die hopie klaargemaakte spyters le tussen die kolebak en die waterbak.

En sy potjie kruie-tee staan neffens hom. Hy maak ook ysterpenne wat vroue in hulle hare druk  – ek het een van die penne gekoop, sommer vir die mooi – want almal lyk verskillend.

Regte tradisionele  silwersmede is ook te kry in Wes-Afrika. En op ‘n dag het ek in ‘n  klein straatjie op een se winkel afgekom. Twee ringe het dadelik my oog gevang. Ek wou hulle he, een vir my, en een vir Liefie.

Die lang onderhandeling vir die prys het begin. Handgebare en ‘n gekrabbel in my sakboekie. Uiteindelik het ons bladgeskud en gelag.

Terug in die 4×4 is my ring dadelik aan my vinger – tuis asof my vinger lank daarna gesoek het. Mooi presies, prefek. Spesiaal en ongeken uniek. Jy sal dit nooit in Suid-Afrika kry nie.

Ek kan nie verstaan hoe dit gebeur het nie, ek weet ek het hom nie afgehaal nie. Ek het al koorsig orals gesoek. Maar op stemdag 22 April 2009 het ek hom verloor.

Hy is net weg, die besonderse ring van Afrika.


  1. Ag nee, Rosa! 😦
    Maar miskien is daar simboliese betekenis in dat hy weggeraak het op 22 April? 🙄

  2. Ag nooit Rosa, miskien kom hy tog iewers uit. Dit is aaklik om iets so na aan jou hart te verloor.

  3. Ek ken daardie gevoel!
    Ek het ‘n ding oor ringe…het hordes van die goed, maar die een naaste aan my hart het ek ook iewers sonder verklaring verloor😦
    Hoop jy kry joune

  4. “Jy sal dit nooit in Suid Afrika kry nie.” Mens moet pasop wat jy sê. Afrika hoor vir jou.

  5. BB

    Og, dis awesome, hê?? Daai ystersmede… man!!! In Duitsland, so twee kilometer down the road van my pa se huis is daar ‘n staal- en ystersmede – jy verstáán nie!! Ek kon ure daar spandeer. Hulle maak nog regte egte ou swaarde en skilde, hoefysters wat hulle actually nog daar oppie perde sit, wawiele en wat weet ek wat nog als, en die antie blaas glas virre hobby (met my laaste kuier het my pa-hulle na lunch altyd bietjie gaan skuinslê en wassit my tyd om die wynberge en omgewing uit te stap – en dis hoe ek op hom afgekom het… later van tyd het my koffie en Schürzkuchen 3uur al reggestaan – die antie het geweet ek kom:mrgreen: – maar hierdie foto hierbo is regtig awesome – daardie ‘niks’ waarmee hy moet werk. Plat oppie aarde… ek sal wat wil gee om dit te beleef!!
    Ek hoop jy kry jou ring Rosiekind😦

  6. Sigeuner

    Om iets uit moeder aarde te vat en iets daaruit te maak. Hoeveel van ons kan dit doen? Nie die stad-laitie of snob-jappie nie. Dis `n prent om te skilder, Rosalind. Wens net daar was effens meer kleur daarin, maar dis presies soos die outjie lewe…alhoewel ek nie dink dat die smit dink sy lewe is kleurloos nie.

    My beste, beste vriend is `n ou omie, wat vandag nog perde in ons omgewing beslaan. En hy buig sy eie hoefysters in vuur! Sy naam is oom Spark. Nogals.

  7. Dis awesome….. Met al ons fênsiegeit het ons dalkies al vergeet hoè naby aan lèèf party mense leef…. Ek hoop jou ring kom terug na jou vinger toe. Waar dit hoort!

  8. Ek het my favourite ring verloor toe ek gegaan het vir vingerafdrukke vir my vuurwapenlisensie, nogals in die polisiestasie, imagine dit nou.

  9. Die ring is weg, ek gaan hom nie weer sien nie. Dit weet ek net.

    Koeksister: daai is nou ironies, verloor iets in die polisiestasie. dis amper soos om siek te word in die hospitaal.

    Pikkelik: Ja net so lewe mense.

    Sigeuner: Ek “crop” nooit, ooit foto’s na ek dit geneem het nie, ek crop dit terwyl ek dit neem, dit moet die eerste keer reg geraam wees. Ek lol ook nie na die tyd met die kleur, beligting of enige iets nie. Ek neem fotos’s soos in die ou dae met my ou Pentax K1000, of ek neem dit nie. Sodra jy ‘n beeld begin manipuleer is dit nie meer die “waarheid” nie. Sommige jonger mense sal met my verskil, ek gee nie om nie
    As daar min kleur is, is daar min kleur want dit is hoe dit is.

    BB: hulle is amazing die kunstenaars, ongelooflik om dop te hou.

    Rustig: ‘n Mens sal dit dalk hier kry, maar dit sal nie meer outentiek en “plaaslik” wees nie, beslis nie. Dit sal net nog ‘n “import” wees. Die ring is gekoop waar hy gemaak is in Wes-Afrika. En Suider-afrika, oos-afrika en wes-afrika is soos drie verskillende kontinente in alle opsigte.

    Kaalvoete: ek dink hy is net weg….

    Boendoe: ek weet nie

  10. Dis jammer dat jy dit verloor het, dit gaan oor die memories, die sentimentele waarde wat jy daaraan geheg het. Niks sal en kan daai spesifieke ring terug bring nie.

  11. Frankie, kyk bietjie onder daai fancy stoof van julle – dalk het dit daar onder ingerol toe jy koffie gemaak het die oggend?

  12. “Hy is net weg, die besonderse ring van Afrika.”

    Diep! Want jy kon net sowel geskryf het: … uit Afrika. Wat se argwaan, weemoed, genoegdoening is opgesluit in “van?” Metafories gesproke. ‘n Stukkie van die kontinent wat ons saamdra? Iets van die aard van hierdie “donker” wêreld wat die ou kolonialiste so betower het? Wat ons steeds betower! ‘n Stukkie begrip gevind, en dan weer weg, net wanneer jy besin oor jou plek hiér. Gesmee, getimmer met grondstof uit die woeste aarde, gevorm en gebuig in en met die vuur van verandering.

    Die ring, metafories, is inderdaad weg!

  13. Wippie: is waar

    Skoor: hy issie daar nie

    Emil: dankie (ek het weer en weer gelees)

  14. Sigeuner

    Rosalind – ek meen regtig dit is soooooo mooi dat ek dit baie graag sou wou skilder (okay, mette effense kleurtjie of so by), maar ek aanvaar die prent moet NET so wees, of ookie eers geskilder word nie. Dis `n olie-ene wat teen `n muur hoort.

    Aag, vokit, ek is so moeg venant. Binne-in.

    Rosa, dis nou snaaks lat jy se jy WEET sommer dis WEG for ever. Sommige mense kan voel of iets net wegkruip en of dit weg is.

  15. Ek ken jou pyn. Ek het my trouring verloor. By die huis. Ek kry hom nerens nie en weet nie meer waar om te soek nie. Manlief is heel omgekrap.

  16. maxie

    Ag nee.
    Ek is so jammer oor jou ring.
    Dalk kry jy hom nog eendag, hou duimvas.

  17. Oopkop: Daai is hectic, my ma het haar trou en verloofring verloor nog voor ek gebore is, sy het dit nooit weer gekry nie. Weird, ringe wat verlore raak. Ek is so jammer om dit te hoor, probeer dit vervang oor dit spesiaal is, met ‘n spesiale okkasie.

  18. Ek het net gister ‘n storie gehoor van ‘n vrou wat na ‘n lang tyd ou juwele wat weg was weer gekry het. ‘n Vorige bediende, wat sy gelukkig intussen in die pad gesteek het, het dit met “double sided tape” bo in een van haar kaste vasgeplak. Seker sodat dit dan daarna in ‘n rooftog daar gekollekteer kan word, of sy sou dit self vat na die stof gaan lê het.
    Soek daar!

  19. O ja, interessante foto en storie!

  20. mykopop: dit is nou ‘n storie en ‘n half! flip.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: