Regse boodskappie

Die spul kretins van die Boerestaat Party  ek het vir julle ‘n boodskappie, want julle  probeer mos al vir jare lank met my lol:

Hoeveel van julle is daar: 100 en almal met dieselfde van, en een paar ouers? Binnekort gaan julle uitkom met nog ‘n blinde oog, so geskommel is daai embriologie al – op fenotipiese en genotipiese vlak.

Ek is so skaam oor die feit dat julle Afrikaans praat, as ek dit more kan wegkoop sal ek dit doen. Wat ‘n blerrie skande.

O ja en volgende keer as jy bel om iemand te beledig, jinne oefen ‘n paar keer op jou nefie of iets. Maar  as jy iemand wil slegse, moet jy darem hul naam kan uitspreek. Dit is darem die toppunt van onnosel.

Om omtrent alle ander mense fisies te haat, eintlik met afgryse aan te kyk is nie gelyk aan jou kastige diep geloof nie. Ehm lees weer. En moenie probeer se dit is “kultuur-verskille” nie, jou onderrok hang so ver uit, jy ploeg daarmee.

Jou ja, en die volgende keer wat jy weer vir my ‘n dik brief vol stront wil stuur. Raai ek die volgende aan: Neem die posgeld, maal dit met tien en koop kos vir ‘n honger swart kind. Dan vat jy daai vieslike brief en vee jou stink ou hol daarmee af.

Advertisements

  1. Ek probeer hard om met ‘n sedige gesig hier te sit, Rosa, maar dit gaan maar moeilik.

    “Dan vat jy daai vieslike brief en vee jou stink ou hol daarmee af.”

    Hiehiehie… 😆

  2. Ek gaan nie eers soos boendoe probeer sedig wees nie. Whahahahahahahahaha, ek het laas so lekker gekekkel toe Eugene van sy perd afgeblixem het!

  3. Ek het hul stigter, wyle Robert van Tonder geken en selfs die laaste onderhoud met hom gevoer voordat hy homself doodgeskiet het. Hy was baie vriendelik (met wit mense) en ek het selfs ‘n mate van deernis vir die ou ontmoet. Nou hoor ek sy seun Hans woon in ‘n Hophuis tussen swart mense en predik rasseversoening. What next?

  4. Whahahahaaaaaaaaaaaaaaaaaa nee ek kan nie help nie! Dis hillarious!!!

    Ja, en moet ook nie vir Wipneus bel of vir my sulke briewe stuur nie. Ek sal baie kwaai raak hoor!! Ek hou my nie met sulke nonsens op nie!!!

  5. Whahaha! Thanx Rosa, ek het dit nou baie nodig gehad! 😆

  6. Ek is baie bly julle lag so lekker hoor! 🙂
    🙂

  7. Is ook maar goed hulle het nie toiletborsels probeer verkoop vir vondse aan jou nie. 😆 Hulle sou met hardlywige gevoel daar weggeloop het. Inteling het seker maar sy newe effekte.

  8. Paula

    Sjoe Rosa .. ek wil nie aan jou verkeerde kant beland nie! Jy klink baie baie kwaai !

  9. Dis reg, se hulle! 😆

  10. Ek probeer soos Boendoe baie ordentlik wees, my gesig trek nie eers ‘n spiertjie nie…. O tjorts…. Bwhahahahahahahahahahahahhahaha….. hiehiehie….. asem…… hiehiehie…..

  11. Zee

    😆 @ Rustig…..

    My gesig het nie eers ‘n ou spiertjie getrek nie 😦

  12. BB

    😯 Nee, i lost you??? Wat het sebeur Rosie?? Of is ek net (alweer!!??) bitter blond en mis iewers iets?
    (ok, ja so ek het ook gegiggel… 😳 veral oor die endogamy gedeelte – jy kan darem friggin snaaks wees as jy demoerin is 😛 – maar ek wil nie die ontvanger wees van jou moerigheid nie, dankie!!)
    But, by gebrek aan ‘n beter woordjie – hierdie was quite ‘n ‘refreshing’ inskrywing op so ‘n droewige daggie, ja!
    Now, would someone care to elaborate so BB can ‘get’ it too???

  13. BB: not to worry dis ‘n lang ou saga en het meer met die regte Rosalind te doen as die blog-ene 😉 so vat die stukkie maar net vir wat hy hier is.

    Zee en pikke: ehehhe

    Kaalvoete: ek voel nou beter

    Paula: ek hou eintlik nie van konflik nie.

    Rustig: ROFL!

  14. BB

    So jy’s ‘n LP, Rosie??? 😯

  15. Daar bestaan nou meer geen onduidelikhede nie 😆

  16. Emil: daar vat jy dit nou 200% reg vas

    BB: NEE! ken jy my as iemand wat 4×4’s verniet kry na korrupte deals? die hele tyd lieg, niks van Vigs af weet nie, knoffel en tuinkruie eet as ek siek is, baie harde hout drink, my klere oorsee koop, nooit by die werk is nie.

  17. BB

    Haai nee Rosie!! Sal ek nou ooit so iets van jou dink?? Maar ek weet dis net LP’s en ou getroude vrouens wat ‘fake’ vervolmaak het – en ekke weet jy’s nie ‘n ou getroude vrou nie… 😉 …net ‘n gevolgtrekking… but sometimes even I can be wrong! 😳 – vir my straf gaan ek nou ‘n parra loop lek… net nie Wipneus s’n nie – dis ‘n LELIKE ou parra daai!! :mrgreen:

  18. BB is jy seker jy’t nog nie daai parra gelek nie??? 😆
    Jy’s skreeusnaaks!

  19. maxie

    Alles is reeds gese, ek kan net byvoeg:
    STUNNING!!!

  20. Waar kry mens daai paddas om te lek 👿
    Rooskind – jy is baie snaaks, selfs as jy kwaai is 😉

  21. Sonkind: Daai parras kom in ‘n woud voor, ver ons ons af, shame die mense (weer eens) misbruik hulle. Ernstig, hulle skei ‘n bepaalde toksiene af op hul vel om roofdiere weg te hou en indien jy dit inkry sit dit jou op ‘n trip, maar kry jy te veel in gaan jy dood.
    Wie op aarde eerste daaraan gedink het om ‘n padda te lek, sou ek nie weet nie, mense is weird.

    maxie…hallo 🙂

    BB: het jy toe loop lek? hehehe kaalvoete, dalk het BB lankal parras getakel ons weet net nie.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: