Siembamba

Siembamba, mama se kindjie,
Siembamba, mama se kindjie
draai sy nek om, gooi hom in die sloot;
trap op sy kop dan is hy dood.

– C. J Langenhoven

Ja Here ek verstaan ook nie hongersnood nie, dit is nou die een ding wat nie vir my op hierdie aarde sin maak nie. Jy sien ek flippen kop dit die. Hulle se jou redes ken net jy alleen. Hulle se daar is ‘n rede vir alles? Nee wat.

rt_ethiopia_hunger_080722_mn

Foto:ABC News

Maar jy sien Here, daar kan onmoontlik, maar totaal en al nie rede, sin, intelligente ontwerp en plan wees in ‘n sterwende kind se hongerpyne nie. Want jy sien, ek ken die biologie van sterf aan die honger, dan brand ek eerder dood of ek verdrink. Hierdie pyn is vreeslik.

Nou vra ek jou, hoe moet hierdie ma, hierdie arme skepsel van jou voel? Oor hierdie sterwende kind van haar. Sy is so hulpeloos.

ibc_ethiopia_050638

Foto: unicef

O ja, en hoekom wil baie mense wat ryk is nie geld gee nie. En waarom worry niemand oor Afrika nie? Hulle is tog die eerste mense?

En weet jy hoe baie aande gaan slaap ek met ‘n gevoel van jammerte in my hart, al gee ek aan ander? Kan ek amper nie eet nie, soos gisteraand, oor ek weer ‘n honger kind gesien het? Al het ek vir hom geld gegee.

Hoekom gaan die mense se die foto’s van die sterwende kinders is te erg, of raak hulle ongemaklik. Omdat hulle bang is vir pyn? Hoekom raak mense kwaad vir bedelaars en arm mense? Hoekom is mense wreed?

Ja nee ek weet ook nie.

(Siembamba: Dit is natuurlik ‘n ou Maleisiese slaaf-melodie, maar Langenhoven het die woorde aangepas om te verwys na die Anglo-Boere Oorlog.)


  1. maxie

    Flippit ek kan nie enigsins MEER met jou saamstem nie.

    En ken daai gevoel van bitter swaar sluk aan kos, omdat jy werklike honger mense gesien het.

    In dieselfde asem wil ek iets soos kanker byvoeg.
    Veral kanker onder onskuldige kinders.

    Maar tog ook kanker onder volwassenes wat uiters gesond geleef het en bowenal hul geloof aangehang het.

    I just don’t get it…..

    Maar voordat ek te persoonlik en emosioneel raak, wil ek net byvoeg:
    Moet asb. NOOIT ophou blog nie.

  2. Ek echo Maxie – moenie ophou blog nie.

    Oor kinders wat honger ly, seergemaak word, mishandel word, alle kinders wat ‘n “raw deal” in hulle lewe uitgedeel is – ek verstaan dit nie. Ek gaan dit NOOIT verstaan nie. Dit is die een en enkel ding waar ek in groot stryd is in my geloof.

    Fiela het gesê: “God vergeef jou baie dinge, maar hy vergeef jou nooit die skade wat jy ‘n kind aandoen nie.” Ek sal altyd bly wonder – hoekom laat hy daardie skade toe, al weet ek die breër bestel van dinge is dalk buite my verstaan vermoeë

  3. ((((Rosie)))) ek voel net soos jy hieroor. Dis vir my wreed. En ek struggle ook om hierdie lyding te verstaan!
    Mens hoor dit, sien dit, maar mens moet baie hard konsentreer om jouself hierdie lyding in te dink. Daardie vreeslike honger, en naderhand word jy swak sonder kos…. en verlaat die aarde van hongerte… 😦

    Dit word ook net daagliks erger ….

    Dankie dat jy nogsteeds blog!! 🙂

  4. BB

    Rosiekind, ek lees weer jou “Teel tot die einde”… Rede?? Wie se rede?? Hoeveel mense hou net aan aanteel (die hongersnood in Afrika prevail al vir dekades) – dus teel hulle aan dwarsdeur dit – hulle wéet daar is nie genoeg kos vir hulle ou mense, hulself, hulle tieners… maar dit stuit nie die drang na voorplanting nie.😦
    Hoekom het die ma van een van my jongste se maatjies nie minder as 5 bloedjies nie?? Orrelpypies in ‘n ry. Ek pak nou al by default ‘n ekstra broodjie vir hom in en Vrydae ‘n snoepiegeldjie – dis min maar dis ‘darem’. Dan staan sy daar langs die rugbyveld, baba oppie heup, sigaret ini bek en bekla haar en die kinders se lot en vertel luidkeels watse asshole die pa is… Maar ek point haar nie (regtig nie) – want hóé sal ek dit tog regtig verstaan – it’s not her skin I’m in – en hoe kan ek sê ‘los die ou blikskottel’ want dis hulle enigste means to survival – coz she’s given up on her hopes and dreams a long long time ago – and her kids… they probably grow up never even having dreams…
    Nee, daar is geen “rede, sin, intelligente ontwerp en plan wees in ‘n sterwende kind se hongerpyne nie.” – maar waar in die totale proses begin en eindig God se verantwoordelikheid?? As mense nog kinders maak, blameer ons nie God nie, want die mens het afterall darem seker die ‘reg’ om te maak soos hy wil of soos hy voel of at least net ‘mens’ te wees – but as die pô-pô die fên strike – why only then, do we start blaming God for the f-up??? (Skuus my frans!!)
    My hart is ook bitter-eina-seer by die aanskoue van foto’s soos hierbo – ek kan ook nie beswaarlik gesluk kry as ek seriously arm en honger mense sien.
    But either I consider God from the start or I leave Him totally out of the argument. I can’t choose to hold Him accountable only when things go wrong…
    “She’s still with Me!! →”, Lord
    and there she’ll be
    from now until eternity
    if I have to drag her by the feet
    Lord, please remember: “She’s with Me!!”
    xx

  5. BB jy het ‘n baie nugtere beskouing van die saak, waarmee ek heelhartig saamstem. Dis hartseer wat in Afrika gebeur, maar om dit voor God se deur te plaas het baie implikasies wat mens eers mooi oor moet gaan dink.

    Treffend inskrywing Rosa, al stem ek nie heeltemal saam nie.

  6. Ek stem saam dat dit hartseer is. Maar ‘n meer nugtere beskouing is eerder dat hongersnood in Afrika nie ‘n nuwe ding is nie en mense nog steeds voortplant. Is die feit of jy vir die kind kan sorg nie die belangrikste oorweging voor jy nog een maak nie? (Ons moet ook natuurlik nie die Pous se uitlatings oor voorbehoed en kondome hier uitlaat nie!) Moet ook nie die ander sake vergeet van Afrika diktators wat geld in hul sakke laat verdwyn en ander wat dit aanwend om wapens mee te koop nie. Daar is soveel faktore wat hiertoe bydra, dit is sad en baie scary!

  7. Maxie. Daar is ‘n hele klomp goed wat geensins vir my sin maak nie, maar wat wel vir my ‘n evolusionere en dus biologiese verklaring het. Dit maak vir my baie sin.
    Kanker is moeilik om te verwerk, hetsy in kinder of volwassenes, want dit is letterlik die liggaam wat een homself draai, soos in outo-immuun-siektes.
    Die meeste kankers, weet ons nou, is geneties van aard. baie min het regtig met leefstyl te doen.

    Sonkind, ja ek het ook issues met daai goed. want die mens het tog vrye wil en rede. en juis dit is veronderstel om hom te skei van ander diere. maar tog is hy die wreedste dier op aarde. die mens het ontwikkel om rede te he, maar hy gebruik dit baie van die tyd nie. sy mag misbruik hy dus nie? of dan verkeerd. dit is asof die brein wanaangewend word.

    BB; ek het in die post maar net een van die aspekte waarmee ek ‘n probleem het uitgelig, as ek alles moet noem sou dit seker ‘n boek wees. hierdie noem gesien wees as ‘n filosofiese debat en nie as kritiek nie. ek dink dit is hier waar mense my misverstaan en dan kwaad word.
    ‘n mens is tog ‘n organisme wat instaat is om vrae te vra en te redeneer, nie waar.

    maar dit is nie net in afrika waar kinders sterf van die honger nie, hulle sterf orals. in rusland is 20 miljoen mense dood in die tweede wereld oorlog. en in china is miljoene dood in die sg kulturele rewolusie weens hongersnood. mens moet die issue holisties sien.

    bid die betrokke ma nie ook vir verlossing nie? en is daar verlossing?

    wippie: ek is hier, ek weet net nie in watter vorm nie🙂

    flippie; bly om jou weer te sien, terug bly. jy hoef glad nie met my saam te stem nie. ek plaas dit in ‘n breer konteks, ook voor die deur van humanity. en voor god. hoe betrokke is hy?
    dit is moeilike vrae maar ek is iemand wat dit vra.

  8. hi DMI, pyn en lyding van honger en suffering in ‘n breer konteks nie net afrika nie, maar indie, china, die hele suid-oos-asie.

    maar steeds op die keper beskou: is daardie kind SELF verantwoordelik vir sy geboorte en sy lot? is hy regtig?

    het daardie mense toegang tot geboortebeperking, weet hulle wat dit is? het hulle toegang tot beter landbou? tot skoon water en kos. en die belangrikste education? medies.
    nee.

    dit is maklik om ‘n westerse beskouing te he hieroor want jy het al die kennis. plaas jy jouself daar, is dit ‘n ander saak.

    terug by die filosofiese punt, se die mense is diep gelowig, hoe voel hulle dalk oor hulle lot. as jy jouself daar plaas?

  9. Paula

    …. hartseer ……..

  10. BB

    Og Rosiekind, nog nóóit het ek enige van jou posts as kritiek gesien nie en ek verstaan toetentaal wat jy bedoel, regtig (en nee ek probeer nie voorgee om die een of ander angelic softly-smiling beterweterige antie te wees, wat enigsins bedoel om self kritiek uit te deel). Ek wéét damn goed dat jy iets moes face-to-face trotseer (soos gisteraand) en dan is ons gevoelentes groter as ons en ons word in ander se (honger) oë met ons eie onmag gekonfronteer. En natuurlik is dit die natuurlikste ding onder die son om te vra : “Here, waar is U??” en “Hoekom??” – ek het net bietjie verder probeer wegstaan – en juis probeer om filosofies te debatteer, maar het obviously op die een of ander (vir my al doodnormale manier) liederlik daarin gefaal😦
    Misverstaan? Jip! Gereeld! want ons ken mekaar en tog ook nie en selfs dié wat ons ken (of dink hulle ken ons) kry gereeld eye-openers😉 Kwaad?? Ekke?? Vi djou??? NEVA!!! x

    En ja, imagine dit eers: om te bid vir verlossing – kan ons dit ooit fathom?? Not in a million years…. ek het dit eenkeer meegemaak – ‘n mamma wat gebid het dat God haar mooiste meisiekind moet ko’ haal. It hurt me like hell – ek kan en wil nie dink hoe dit daardie mamma laat voel het nie. Sy’t wel verlossing gevind so mettertyd – die mediese wetenskap het dit vir haar moontlik gemaak om te verstaan dat niks onder die son haar kind kon genees nie. En dis wanneer ek dink: as ek my kind dan nou moet afstaan en ek het geen ander opsie meer nie – sal ek ook maar eerder my vrede probeer vind en haar in God se hand plaas en my troos met ‘n tot-weersiens… (Sien ek’s alweer van track af!!! laaaankal die debat misgesit – sorry Rosiekind😳 )
    Ek dink jy kan dinge soos die voorbeeld hierbo dalk holisties sien – kanker kan by implication nie ‘self-inflicted’ wees nie – ok nie alle kankers nie – maar beslis nie kanker in die breinstam van ‘n 4-jarige nie… so, maybe if that mommy blamed God for that, I’d understand. But hongersnood??? Oorlog?? Oorbevolking?? (Die misdaadtoestand in ons land wat handuitruk?? Mense!! Hoekom?? Oor hulle kan!! en oor niemand iets mag sê – want elke volk het mos die reg tot selfbeskikking en keuses – totdat soos ek reeds hierbo gesê het die pôpô…ja….
    (Jy al probeer om kondome en goeie raad by Beitbrug uit te deel aan truckdrivers wat die land inkom?? Vrywilliglik?? Ek het ‘n vriend… hy doen. Hoe sê hy so mooi: “Nág Nella!!”. Kospakkies virrie lang pad terug?? Hy het. Daai pakkies is opgevreet en die inhoud ondermekaar uitgeruil, verkoop en aan die prossie-meidjies by die grenspos verkwansel vir ‘n gelukkie… pakkie eindig in haar family hut by Mussina…
    En wee’ jy wat?? Steeds ry hy – gereeld soontoe – steeds hou hy maar aan probeer en steeds al het ek laaaankal moed opgegee, gee ek weer en weer, sodat hy kan saamvat, omdat hy vas glo dis sy doel.

  11. Sigeuner

    Jis! Dis nou een dood waarvoor ek liefs sal try wegharloop! Liewers dan `n vinnige ene, Liewe Heer?

    Wat ek dink dit kan wees, is die natuur. Menslik en anders. In `n Afrika kultuur is aanteel natuurlik. In die natuur, is dit dat die sterker ene gaan makliker oorleef. Nou dink ek dat die sterker ene noodwendig die een met die beter DNS ook moet wees, ja? So, as jy sterk is, moet jy dan seker slim ook wees?

    So, met hierdie Afrika-hongersnood is dit dan seker so: Die kultuur het gese – teel aan, die DNS moes egter bietjie kak gewees het, want niemand daar het voorsorg getref met kosvoorsiennig of die opleiding met enige voorbehoed metode nie. Ek weet van kleiner organismes wat NIE teel as die toestande ongunstig is nie.

    Nou maar of die Here iets vergeet het in die maak van sulke skepsels (arme skepsels) of sulke toestande, of die wreedheid van die ander lot met beter DNS, wat in staat is om wel te kon help met die basiese lewensmiddele…die weet ek nie.

    Bid help tog. Altans vir my. Ek het nog net nooit gebid:” Liewe God, gee Afrika kos, asseblief. Amen. nie” Nog nooit SO daaraan gedink nie.

    Rosa, my favorite Hoerskool onnie, het boemmelaar geword hier in ons eie klein dorpie. Ek ondersteun hom en ek kan nie sien dat sy menswaardigheid daarmee heen is nie. I love him!

  12. nesbitw

    om te bid. dankie verligte mense uit cosy voorhuise in middeklas woonbuurte. julle maak ‘n verskil met julle ‘nugter’ beoordelings.

    waarom beskerm julle die god so – omdat julle werklik glo dat iets so omvattends soos hy (wat julle verkondig hy inderdaad is) werklik nie die ellende KAN aanstuur nie of omdat julle nie die durf het om te erken dat hy in sy wysheid en totaliteit NIE oppermatig is nie of worse, dat hy net in julle eie belewingswereld bestaan?

    waarom flippiefanus, wil jy dit nie voor jou god se deur plaas nie?

    ‘aanteel’, ‘sulke skepsels’ – is dit hoe julle god julle leer om oor mense te dink en te praat? Mooi blog Rosalind, maar ek het my bedenkinge oor die intellek van jou readers. Hulle is almal gedrug met ‘n godsdiens wat kleintyd in hulle gemoer is en hulle te bang is om te aborteer.

  13. Sigeuner

    nesbitw – christendom was kleintyd in my ingebliksim, ja. Hoe kon jy dit raai? Daarom bid ek nie vir liewe jeesis nie.

    Skepsels, volgens jou – is dit `n vloekwoord? Uhm, `n neerhalende woord? Fok man, ek gaan nie kots oor sulke foto`s nie of my polse afkou daaroor nie. Dis baie, baie swaar, maar dis deel van die lewe en ek glo nie dit gaan ooit ophou nie. Ek se mos…die arme skepsels (lw. nie “goed” nie) juis, in die sin van my vraag, of God iewers iets vergeet het? Arme, arme eva wat ook mos so half haastig uit `n ribbetjie gemaak is, so asof God nie die voorsiennigheid kon raai nie. Sels my sussie se down-sindroom kind, se:” God have some explaining to do…” menende dat daar vrae gevra moet word oor dinge wat lyk of dit beter kon wees! Iewers moes hulle vandaan kom, en ek sou nie sover gaan om te se dis NIE God nie! Wie sou JY se was die Skepper van hierdie mense, hierdie hongersnood, hierdie verligte, middelklas-onmens?

    Wat betref kultuur – is ek seker daarvan dat Rosa ook gese het `n gedeelte van Afrika se mans kort verandering in hul persepsie van die behandeling van hul vroue en die seks wat so te se op hul afgedwing word – en terselftertyd word daar nie gekeer om aan te teel nie! Hoe is dit dan dat `n gedeelte van die wereld se bevolking by geboorte beperking kon uitkom en die ander nie?

    Bid? Ek dink dis `n state of mind…of jy God, Jehova, Budha of jou voorvaders insleep…dis waarom ek nog nooit daaraan gedink het om presies net dit te bid waarvoor iemand anders self kon vra nie.
    Dit strek my idee nou dalk net wyer…hierdie gebiddery van my…en ek se WOW, dan het ek iets geleer van my eie “geloof” vandag. Bid vir die honger massas…maar ai, ek weet nie. As ek dit nou moet doen, gaan ek dit doen omdat jy my nou skuldig laat voel. Nes my kleintyd dae in gristenskap. Geboellie tot ek sorry se oor iets wat nie my skuld is nie…

    So tussen ons twee, Nesbitw, ek moet bieg…in hierdie lewe weet ek eintlik vokkil. Daarom dat jy sal lees…ek se gewoonlik “ek dink” en nie dat ek vir `n feit weet nie.

  14. Sigeuner

    Rosalind

    Juis noudat jy moeg was oor mense se geniepsigheid – sorry, dis nie wat jy nou nodig het nie. Nie nadat jy besluit het om te bly skryf nie.

    En hier gaan ek geniepsig bly, want ek is geneig kaalvoet loop en dis seer as iemand op my tone trap. Ek gaan hap! Nes `n jagse hond op heat.

    Hier loop ek liewer, want niemand gaan vir my vertel hoe gemiddeld of ongemiddeld ek is, my intellek iets makeer en vertel watter waardes ek eintlik moet he nie…dit raak persoonlik.

    So ek los hierdie wonderlike blog vir die wel berese, wel belese, godsdiens-slim, hoe-klas, whatsum-call-it professors.

    My kortstondige voorreg om hier te comment, neusie-verby.

    Sal egter nog hier lees. Soos die stommerik wat ek is.

  15. BB

    nesbitw – jy blog/comment seker direk uit Ethiopië of Indië, nê? Want ek kan nie dink dat jy, soos ek in my cozy voorhuis sit nie?! En jy het nou wat bereik?? Ek sien nie ‘n voorstel vir die verbetering van die wêreld as we (sometimes) see or know it (en meesal ignoreer en deur inskrywings soos hierdie net weer bewus gemaak word daarvan en dalk net opnuut besluit om ook iewers ‘n verskil te loop maak)- ek sien ‘n aanval direk op ‘ons’ die stom-gelowiges – en daarmee het jy dan nou presies wat nou weer bereik en watter ‘verskil gemaak’? As dit opbouend is; as dit wat jy sê my op die een of ander wyse positief beinvloed om jou te help om ander te help is ek in. Maar ek lees en lees en al wat ek lees is ‘n bashing – dan het jy dus werklik niks gehad om by te dra om die wêreld daarbuite (en hierbinne) ‘n ‘beter plek’ te maak nie – nie eens ‘n troos of at least ‘n klein bietjie vrede nie…
    en nitwit, as Hy nie bestaan nie, why don’t you go save the world with your (obvious) intellectual brilliance or at least come and tell us all ‘how to do it’, because you certainly seem to know better.😦

  16. Sigeuner, dit is totaal onnodig om te voel dat bloot omdat jy gelowig is jy deel is van ‘n oningeligde of onintelligente groep mense. Ek glo dat Rosa my sal beaam as ek se^ dat jy net soveel reg het om jou opinie te lig as enigiemand anders. As mens sien watter deel van die aarde se bevolking gelowig is dan is dit voor die hand liggend dat so groot groep mense alle soorte en vlakke van die aarde se bevolking moet insluit. Daar is inderdaad ook baie wetenskaplikes wat Christengelowiges is.

    nesbitw, daar is baie redes hoekom ek nie graag sulke goed voor God se deur plaas nie. In die eerste plek is beskuldigings wat mens na God slinger baie soos ‘n tennisbal wat jy teen ‘n muur gooi. Die bal kom terug en tref jou dalk tussen jou oe”. Om God te probeer beskuldig is eintlik ‘n vorm van “blameshifting”. Die vraag is dan noodwendig, wat doen jy daaraan? God mag dalk vir jou se^: Ek het jou dan juis op aarde geplaas sodat jy iets aan hierdie probleem doen en nou blameer jy my.

    Nog ‘n rede hoekom ek liewer nie sulke goed voor God se deur plaas nie is oor wat dit sou impliseer as God wel iets aan die saak sou doen. Het jy jouself al afgevra wat hierdie implikasies sou wees? As jy al mooi daaroor gedink het sou jy besef dat dit sou impliseer dat God hierdie mense se vrugbaarheid van hulle moet wegvat, want soos BB mooi verduidelik het is die oorbevolking die wortel van die probleem. Nou dink jy nie dis dalk ook erg nie? Dan kan ek my voorstel hoe dit nou weer voor God se deur gegooi gaan word.

    Nee, nesbitw, die mensdom moet leer om verantwoordelikheid te dra vir sy eie gemors. Dis immers al hoe ons gaan leer. As God elke keer ons gemors vir ons opruim dan gaan ons ‘n bedorwe mensdom bly wat nooit leer nie.

  17. Daar bestaan in my boek geen waardevolle mening wat hierdie saak oordeelkundig kan verduidelik nie. Om hierdie gebeure in die warboel van ander soortgelyke te aanskou, bied geen regverdiging vir geloof in enigiets nie. Helaas, ‘n klad.

    Dankie Rosalind!

  18. Eindelose tamaletjie vrae sonder enige ‘werklike’ antwoorde! Lekker inskrywing Rosie! (Btw… Ek hou niks van die Siembamba liedjie nie, jig, wie wil nou nek omdraai en in slote gooi!???)

  19. Ek wil net graag iets by julle laat: Dink net ‘n bietjie as daar oorlog en droogte is, dan maak dit nie saak hoeveel kinders jy het nie, jy gaan honger ly! (en dit gebeur in afrika).

    Die inskrywing is moeilik, soos Pikkie se, dit is bedoel om mense te laat dink.

    ek dink nie, nesbitw (hallo en welkom) probeer slim wees nie, hy/sy probeer dalk net ‘n teenwoorgestelde vraag stel; hoekom kan ‘n mens dit nie voor god se deur plaas nie.

    Sigeuner: ek het nie geloop toe jy en ander my gevra het nie? ek het toe maar hakke intrap;) asb ek geniet jou kommentare baie, lekker vars briesie. Moet asb nie ophou comment nie, dit sal regtig my blog armer maak . . .
    jy kan maar regtig se wat jy wil.

    flippie: as die mens verantwoordelikheid moet neem vir sy eie gemors en ek stem met jou daaroor, is die implikasie nie dat god, eintlik nie regstreeks betrokke is by ons nie?

  20. Ek weet nie so lekker nie. Ons word tog deur God geseën met breine om besluite te kan maak. Sonder breine sou ons dan sommer robotte kon gewees het.
    Dit is sad, en emosioneel maar mens kan nie alles voor die Christelike deur wil afpak nie. Iewers langs die pad word besluite gemaak wat jou eendag aan die hak gaan byt, en dit sluit in ouers wat kinders het waarvoor hulle voor hulle siele weet hulle nie kan sorg nie, diktators wat hulle lande se geld vir hulleself vat of dit gebruik om wapens mee te koop ens. Die kinders moet maar dat hul ouers eendag aan hulle verduidelik hoekom. ‘n Kind bly ongelukkig nou maar ‘n ouers se verantwoordelikheid.

  21. Sigeuner

    Rosa, goed – ek gaan my nie skukdig maak aan gatlek nie (nes jy, haat ek dit) en sal dan maar comment…my klein plesiertjies tog! Hel, jy laat mens dink. Daarom is ek, want ek dink. Ek dink so…

    Flippie, whohw! ek is g`n gelowig nie! Ek is in geen godsdiengroep nie en dink selfs die christene is arrogante bliksims! Maar ek hoop tog elke dag dat ek meer geloof het as `n mosterdsaadjie, want soms voel nog nie so moeg en oud oor dinge van die mense van die aarde nie, en wil dalk self (eendag)`n berg verskuif. Ek weet nie wat ek glo en hoeveel nie, want my sienings het nie barrometers soos die bybelboek, die koran of die beok van budha nie…maar ek bly glo dat daar `n Skepper is en sien dit oral in die natuur (foto`s bo ook en foto-zebra ook) ek dink…alweer – daarom kan ek as ek sulke dinge teekom, nie elke keer in afsku en vrees cringe nie, maar my seeninge tel. Dalk dien dit `n doel, dalk nie? Maar hoor my lied, dit bly vokkin hartseer. Ekself kan net nie daaroor skuldig voel nie. Kwaad soms, want ek weet die donnerse vrymesselaars KAN iets daaraan doen. Vok, iewers gaan iemand nou vir my kwaad wees. Who cares?

    Ek verheerlik myself in die gevoelte van gatwip, oor skepsels soos nesbid(t) wat persoonlik raak en dink hulle ken my. Dit waai egter ook oor. Lag-lag…vir myself.

    nesbid(t), mag ek myselfs verstout om te se ek dink god kan ook foute maak (alias die bybel) is ons dan nie na sy beeld geskape (skepsels, ne?) nie? How to err …and stay humble…om menslik te bly…of om te dink jy`s `n verhewe godjie? Dis amper vice versa en jy ge/misbruik dit wonderlik! Jou slim kind! Jy glo jy weet presies hoe lyk my middelklas-woonbuurt, cozy huis en allas! hiert ek nog `n rekenaar ok om misbruik te maak van tegnologie (nes jy). Ek dink…verskoon my tog, alweer, dat jy sulke dinge kan uitdink en glo, moet jy dan egter in jou whatsum-callit-godsdiens gelowig wees. Oeps! Jy`t dit begin! Gelowige thomas.

    Rosa, ek dink wel mens moet vra, waarom God? Ek sien partykeer net nie in waarom daar dinge moet gebeur en mens leer sweet blou boggerol daaruit nie. Lyding maak my siek!

  22. DMI; ek glo steeds dat kinders onskuldig is, regtig, vandaar dat as hulle gedoop word staan die ouers se geloof basies vir hulle in. eers met die aanneming, volgens die susterskerke, is die kind self verantwoordelik.

    ja ons het ‘n brein. maar terug by my punt: as daar ‘n droogte kom, soos in baie van die gevalle kan jy 1 kind he en daar is nie kos nie, indien jy ‘n subsistance farmer is. en dit gaan meer en meer gebeur in afrika, wat die kwesbaarste is vir klimaatsverandering.

    ek pak dit ook nie vir christendom se deur nie, maar vra die vraag vir ‘n godelike entiteit. enige een.

    Sigeuner: lol gatlek jy kap my op! ek stem mens leer sweet blou niks uit lyding soos in die foto nie en dit maak nie sin nie.

    Ek dink steeds en weer eens dat die mens NIE verhewe is bo enige ander organisme nie, en solank ons onsself so sien, sal ons die prys daarvoor betaal. Dit is hoekom ons nie in harmonie met die natuur lewe nie. Ons respekteer dit nie.
    Ons sien onself as een op ander toppunt.

    Maar ons is maar so kort hier. Baie kort. Die eerste lewe op aarde was al 3,5 miljard jaar gelede hier. Daar is ander organismes wat baie meer suksesvol was en is as ons. Ons is nie die cherry on top nie. Ons moet van ons verhewe troon afklim.

  23. heel goed mense, klink my daar is lewe daar onder…sorry sigeuner, jy maak my confused ’cause you talk in circles. Moenie so sensitief wees nie, dis geen persoonlike aanval nie – trek die skoen aan as hy jou pas gabba.

    God en gode is ‘n verskoning om die tipe ellende te ignoreer of te ‘justify’ – want dis die god se wil. Religie is geen instrument om die wereld en sy hardship te verklaar nie. Religie is puur ‘n tool for belonging.

    BB – ek kon nie sover kom om positief te reageer met voorstelle nie, want ek was kotsmislik van al die soetsappige gelowige, naiewe tekste wat my al soveal jaar irriteer. Dink soos ‘n mens en nie soos ‘n sugarcoated lollipop nie.

    Thanks Rosalind – keep on truckin’

  24. Sigeuner

    Nesbid(t)woes, dis afrikaans genoeg. As jy egter in kringe LEES, is dit jou probleem.

  25. In hierdie donkerste uur, soos party uitlig ‘n klad op die skepping, is geen geloofsoortuiging regverdig nie – alles ydele rasionalisering vir geweldadige tekortkominge van ‘n alomteenwoordige wese, wat juis aan die hand van sulke skreiende bewyse, bloot hersenskim is.

    Laat die spesie wat glo die euwel van menswees regverdig. Sirkels redenasie is polemies van ‘n verlore argument. Hier is nie nodig vir bewyse nie. Kyk, sien en staar jou nie blind teen die afwesigheid van ‘n god nie.

    Kringe lees is die lotbestemming van die wat sien, maar nie glo nie.

  26. Rosa, ek verstaan jou punt volkome. Alhoewel ja droogte ens. ‘n rol speel kan God nie verantwoordelik gehou word vir mense se besluite nie. Ons kan aanhou in sirkels tot ons koppe spin, want as ander mense nie die geld weggedra het nie het die regerings geld gehad om kos aan te koop om die honger mense te voed.

  27. Rosalind sê: “Ek wil net graag iets by julle laat: Dink net ‘n bietjie as daar oorlog en droogte is, dan maak dit nie saak hoeveel kinders jy het nie, jy gaan honger ly!”

    Rosalind, soos ‘n ekonoom gesê het: “Famines do not happen in democracies.” Plekke soos Zimbabwe en Somalië het van die vrugbaarste landbougrond in die wêreld.(Dis hoe Zim jare terug wit boere getrek het.) Mense is te blameer vir hongersnood, nie droogte nie. Politiek is te blameer.
    As mens wil kla oor onregverdigheid, kan jy dalk ewe maklik kla: “Hoekom gee God Zimbabwe sulke goeie grond waar daar maklik kos verskaf kan word, en party lande sulke swak grond?” Want grond is ‘n direkte ‘gawe’van die omgewing, hongersnood en oorlog is die gevolg van menslike keuses.

    Rosalind sê: “En waarom worry niemand oor Afrika nie?”
    Rosalind, die Westerse wêreld het al biljoene in Afrika ingepomp. Tot Afrika-leiers nie reg lei nie gaan dit nie help nie.

    (En dit antwoord natuurlik nie die artikel hier bo-aan nie.)

  28. Retha: die ekonomiese krisis waarin ons tans sit, wat absoluut na hongerte gaan ly, is veroorsaak deur ‘n land(e) wat nie demokrastiese is nie? soos in 1929 toe dit markte geval het? LOL.

    Hongersnood kom en dit het niks met die regerings te doen nie. Tensy hulle weet hoe om water te maak. Soos ‘n wetenskaplike gese het: “the water wars are coming”.
    En ja die mense gee nie regtig om vir Afrika nie, as ons olie gehad het sou dit anders gewees het. Ek was op ‘n studietoer in die VSA vir ‘n maand. Baie mense (geleerd nogal) het gedink Afrika is een groot land en min het werklik die omvang van die vigspademie geglo.

    “God het Zim vir die mense gegee” —- hoe bisar! wanneer in 1980 met onafhanklikheid? of vir die britte toe dit nog rhodesie was, of voor dit? wanneer presies het god besluit zim gaan na wie?

  29. Retha, die Weste pomp nie biljoene in Afrika omdat hulle omgee nie. Dis insetkoste.

  30. “as die mens verantwoordelikheid moet neem vir sy eie gemors en ek stem met jou daaroor, is die implikasie nie dat god, eintlik nie regstreeks betrokke is by ons nie?” Die analogie hier is soos ‘n ouer wat ‘n kind verantworodelikheid leer deur die gevolge van sy/haar data te moet ervaar en self te moet leer hanteer. Dit sou onregverdig wees om te se^ so ouer is onbetrokke by die kind.

    Jammer Sigeuner, my fout.

    Rosa, net omdat ‘n wetenskaplike sou beweer dat daar water oorloe gaan wees beteken nie dat ek dit sal glo nie.

    Terloops, ek is nie seker ek verstaan die punt wat jy probeer maak nie. Gaan hierdie inskrywing van jou oor godsdiens of gaan dit oor die probleem met hongersnood? Eers het ek gedog dis ‘n betoog teen geloof, maar toe klink dit vir my jy ontken dit. Toe dog ek dis om mens sover te kry om iets te doen aan die hongersnood in Afrika, maar nou vertel jy vir ons dat almal daaronder gaan lei. So nou is ek deurmekaar.

    Johan wat bedoel jy met “insetkoste”? Verstaan jy die psige van ‘n westerling soos wat mens vind in die ontwikkelde wereld?

  31. data=>dade (ai toggie)

  32. Flippie: dit is eintlik baie subtiel, en ek wou dit nie juis verduidelik nie. maar as jy vra:

    dit is ‘n stukkie wat ek uitsit, en as jy tussen die lyne lees se dit: sal god, een van liefe, werklik kinders van die honger laat sterf. kinders wat nie na hulself kan omsien nie.

    en retha het skryf: soos ‘n ekonoom gese het…
    toe skryf ek: soos ‘n wetenskaplike gese het…😉

    maar ja, daar sal oorlog oor water kom beslis teen 2100.

    (ander mense het die stuk geneem na ‘n betoog teen hongersnood en afrika.)

  33. Rosa, droogte per se veroorsaak geeneen van die lelikste hongersnode in die moderne wereld nie. Die Arabiere het altyd droogte, maar hulle ly nie honger nie. (Moenie antwoord dat hulle olie het nie, daar is ander droë lande wat ook nie honger ly nie.) Jy noem dat tekort aan water nog hongersnood gaan veroorsaak. Ek noem dat hongersnode in die huidige wêreld meer met politiese en ekonomiese keuses te doen het as met droogte. (Jy is reg oor oorlog en honger.)
    “En ja die mense gee nie regtig om vir Afrika nie”
    Het ek gesê hulle gee om? Daar is seker mense wat omgee en wat nie omgee nie, maar my standpunt is dat selfs as jy omgee, jy nie veel kan help as hulle swak regerings het nie. Vir ‘n kleiner analogie: Het jy al ooit iemand anders se kind probeer help uit ‘n ouerhuis wat net-net goed genoeg is dat die welsyn nie die kind sal wegneem nie? Dit kan mens moedeloos maak om in so ‘n geval om te gee.
    “.“God het Zim vir die mense gegee” —- hoe bisar! ” O aarde! Rosa, ek hoop nie jy maak of ek die stelling gemaak het wat jy daar bisar noem nie? Lees wat ek skryf.

  34. Sigeuner

    Liefies

    Hoor my nou mooi. Ek is `n Boer. Die klimaat leen hom nie meer daartoe om gewasse te produseer nie. Of jy nou olie in jou land het met `n woestyn vir `n side-dish en in die proses nie honger ly nie – gaan jou niks help as daar nie meer boerdery toegepas gaan word nie. Lande waar boerdery omtrent net 10% of minder is…daardie lande voer voedsel IN. Hulle gaan nie meer baie lank enige eetbare lewensmiddele KAN invoer nie.

    Die klimaat IS besig om te verander. Of julle dit nou wil weet of nie. Tot die diere weetnie wat om te doen nie en lees die tekens verkeerd.

    Die vinke het bv. hierdie jaar hulle neste laag oor die rivier-water gebou. Wat beteken dat dit min behoort te reen. En wat? Al ons gewasse wat ons aangeplant het, het sover versuip.

    Zim het al verskeie silo`s leeg ge-order. Daar gaan nie mielies vir Suid-Afrika wees nie. Die wat dink daar is groot oeste op die landerye…julle mag seker maar so dink…who cares?

    Sorry, wat ek eintlik wil se:” hier kom groot kak.

  1. 1 Fragmented permanence looking beyond for an invisible horizon | A Different View of Reality

    […] accomplished? Is a lifetime sufficient? More and more we are arriving at the historic moment when, before our eyes, the consequences of the undeniable truth are being revealed. “Is man one of God’s […]

  2. 2 Kinders van Afrika I « Flippiefanus

    […] wyse donker as wat die middel eeue donker was. Die realiteite spreek hard en duidelik. Korruksie, hongersnood, volksmoord en AIDS is maar ‘n paar van die meer sigbare negatiewe aspekte wat die Afrika […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: