Beste Pous

Beste Pous Benediktus XVI (Benedict XVI),

Vir die eerste keer sit jy toe nou jou voete hier op die groot kontinent, daar bo in Kameroen en jy kom ook Angola toe.

Waai-waai vir die mense in jou heilige wit rok. Ai shame en hulle wag op boodskappe van hoop in hul arme lewens.

Hier in Suid-Afrike het 5,4 miljoen mens die MI-virus, dis so terloops 17% al die mense op die planeet met die virus. In Afrika het 22 miljoen mense die virus – 2/3 van al die wat die virus dra.

Ek jy en jou kerk se op ons eie kontinentale bodem: Die gebruik van kondome is verkeerd. Dat om kondome vir mense te gee, vererger die probleem. Mense moet getrou aan mekaar wees. Waar leef jy?

Mense loop rond. In huwelike, jou dom man.

Vroue in Afrika kry die siekte, omdat hulle nie seggenskap het oor hulle eie seksuele lewe en keuses nie. Mans het meer as een vrou. Kinders word met die virus gebore. Dit skuil in borsmelk. Mense eksperimenteer. Kinders het seks. Mense raak dronk. Die lys is so lank soos jou rok, pous.

Jou kerk is skatryk, ons weet dit. Die Vaktikaan het biljoene, nie miljoene nie. Plaas jy deel bietjie meer daarvan uit aan Afrika om te help met mediese kostes.

Het jy al gesien hoe lyk iemand wat aan vigs sterf? He?

Of hoe moet vigswesies oor die weg kom? Of laat jy dit oor aan al jou nonne om weer die harde werk te doen . . . soos hier by Nazareth House, terwyl jy k*kpraat?

Versprei ‘n bietjie van die ware liefde in plaas van om simpel uitsprake te maak wat tot mense se dood kan lei.

Lees ‘n bietjie ‘n behoorlike boek man.

Groete
Rosalind

    PS…O ja ek het vergeet:

Al die ander gelowe, soos die Katolieke, wat ook nie glo aan enige voorbehoeding en kondome dra nie, die Ortodokse Jode, al die Moslems, die Mormone, en al die ander fundamentalistiese gelowiges: gaan soek julle vir ons ‘n ander planeet, of kry ‘n oplossing vir die kos-water probleem. Sorg julle asb, dankie.

Of gaan julle weer wag dat manna en kwartels uit die hemel val? Die dag as almal vrek van die honger – Want julle glo mos nie in wetenskap nie? GM-foods is mos sonde/gevaarlik.

Wat dan, gaan jy dan sit en bid vir kos? Dit gaan niks help nie.


  1. Ek is baie ernstig dat ek dink daai man behoort van misdade teen die mensdom aangekla te word. In watter wereld verdien so ‘n man respek? Hoe is dit moontlik dat daar mense is wat na hom en sy kerk opsien vir morele leiding? Hy is direk verantwoordelik vir die dood, ellende en verkragting van duisende mense, soos onlangs in Suid-Amerika weer bewys.

  2. BB

    Ditto Rosietjie! Sê hom!!👿
    “I’m with her→”:mrgreen:

  3. Kan jy nie hierdie brief vir hom stuur nie!!!! Jitte, hy moet beslis iewers wakker geskud word!

  4. Bai sad situasie. Dogma wat eintlik in die weg van lewensredding staan. Ek glo nie hy besef die impak van sulke uitlatings nie. Dit is skokkend!

  5. Jy is nogal geduldig met die “oom”. Ek sal hom sommer paar opvoedkundige kopklappe gegee het. Sal maar nie veel sê nie. Sit in land waar 99% Katoliek is. Die res gaan hel toe.

  6. Rosa, ek is ook met jou. 100 %.

    Maar…ons het more darem ‘n publieke vakansiedag oorlat die omie vir ons kom kuier! 😆

    Nog ‘n snaaksigheid wat ek gister gehoor het. Die fabriek se een lyn loop op die oomblik sukkel-sukkel agv ‘n masjien wat stukkend is. Almal wag nou vir die agent om in te vlieg sodat hy hierdie (Italiaanse) masjien kan kom regmaak. Gister met ‘n ‘managers-meeting’ kondig die baas aan dat die fabriek more sluit omdat ‘a very important Italian’ is coming. Sowaar, niemand bring die kloutjie by die oor uit en weet hy praat van die Pous nie! Almal dink hy praat van die agent wat inkom! Dis nou as jy werk op jou brein het… 😉

  7. Ek stem saam met jou Rosa!!!

  8. George ek stem 100% met jou, die probleem is verder dat mense na hierdie idioot en sy kerk, se onsin luister. Ander kerke en geloofsleiers se twak ook wat na mense se dood lei.

    BB, kokkewiet pikkie, sal ons 4 nie vir hom gaan kuier nie, ek hoor queens kan gaan teedrink by hom?

    DMI; daai dogma het institusie geword. nee hy besef nie hy dink hy praat direk met god. hy dink volgens sy tradisie hy is verkose deur god. hoe belaglik.

    onrustig: ek het toe bygelas, vanoggend is ek meer woedend.

    boedoe: hahaha die pous is nie eens ‘n italian nie. aiaiaia, ‘n vakansiedag!!! ag lekker man

  9. Dis belaglik dat hy sulke uitsprake maak, en dat mense dit volg en daarby staan is kommerwekkend. Watse nonsens wil hy nie nog kwytraak nie

  10. BB

    Jy ‘n Queen Rosietjie???😯😳 Ekke’s net i prinses…🙄 (as ek eendag genoeg parras gesoen het, gaat ek ok i queen word!!:mrgreen: )

  11. Nou ja, ek kan my goed voorstel hoe moeilik jy aan hierdie brief moes skrywe. “jou dom man” kon soveel ander aanklagte en beskuldigings vervat het, soos Koos Kombuis kras sou uitdruk. Hoe hét jy jou beteuel?

    Sulke uitsprake is pure SNERT!

  12. Emil: ek probeer hard om nie vreeslik te vloek nie . . .kners-kners

    BB: jy kan saamkom as 1ste prinsesie? ek is ‘n queen, belowe;)

    Kaalvoete: mense hou van wol oor die oge.

  13. Ek gaan ook saam, Rooskind – ek sal die queen se hofnar wees en die pous sommer ‘n paar klappe gee – net so vir die snaaksigheid.

    Op ‘n ernstige noot – hoe kan ‘n intelligente mens nog sulke uitsprake maak? Of is dit ‘n dom vraag?

    Van Nazareth House gepraat, my ma het vir jare 2 kindertjies van daar uitgeneem vir naweke en vakansies. Toe wil sy hulle aanneem, maar omdat ons nie Katolike was nie, kon ons hulle nie aanneem nie. Nee, hulle moes eerder krepeer in die kinderhuis. Fut-up, as jy my vra.

  14. Plaas jy jou stempel gebruik!😉

    Ek stem saammet Emil – jy gebruik baie mooi woorde, maar laat ek liewer nie my tirade oor die kerk begin nie… Hy is ‘n pous! (en daar gebruik ek nou die mooi woord…)😉

  15. Sonkind: Daar is 2 kinders beroof van ‘n liefdevolle huis weens die idiotisme van die geloofsdogma – die skreiende kontraste, die konstraste as mense se koppe betotteld raak.

    Netjane: LOL, ek het jou.

    GFYSF!!!!!

  16. mies jy weet ons vrek nou almal met die siekte ons mans hy wil nie daai deng dra nie en ons is altyd boep maag dis net kenners kenners ons mans dink kenners maak hylle ryk dat die kenners ons eendag moet oppas

    mies wil jy nie die brief vir daai man met die wit klere stuur nie samblief Mavis sal ook my naam daar skryf

  17. Hallo Arnoux-met die lang lekker naam. Daar se jy dit nou!

    mavis: nou watter een van julle bloggers is mavis??? mavis, se vir oubaas as hy so aangaan met jou dat jy op sy medical aid wil kom, jy en jou kinders.

    koeksister…ja man ja.

  18. Paula

    Ek sal beslis jou sekondeer met daardie brief! Mooi man … sê hom!

  19. Ek is agter-os, maar ek stem saam met jou Rosa, die blerrie dom man! Amper skryf ek iets anders….😳

  20. Dit laat my nou dink aan toendertyd toe die Protestantse kerke so vurig gepreek het teen die “Roomse Gevaar”.

  21. Ek sukkel om met sulke pouste oor die weg te kom.

  22. Roer

    Ek hoop die “dronk” mense is nie te dronk sodat hulle kan onthou om ‘n kondoom aan te sit nie… “Lees ‘n bietjie ‘n behoorlike boek man.” Verstaan ek jou reg? Bedoel jy hy moet minder die Bybel lees en eerder ‘n “behoorlike boek”?

  23. Rippel

    Ek verstaan ook nie baie goed nie. My inteligensie is seker met my Katolieke doop ontneem.

    Natuurlik word daar van die pous verwag om losbandigheid aan te spreek. Wat is in elk geval verkeerd om net binne die huwelik net met jou maat gemeenskap te he? Wat is verkeerd om daarmee om net met 1 mens in jou lewe ‘n seksuele verhouding aan te knoop? Mag dalk oudtyds wees, maar dit is moreel.

    As ek een punt mag opklaar. Ja, die Katolieke is teen die gebruik van voorbehoeding. Dit beteken nie dat dit ‘n geval van kinders-by-dosyne is nie. Voornemende bruide en bruidegomme word die biologiese ritme geleer. Heelwat van my vriende volg dit en dit werk goed vir hulle. Voorbehoeding is een van daardie grys areas, as jy dit wel gebruik gaan niemand daaroor frons nie.

    Anders as wat baie mense verkies om te glo, mag jy wel ‘n kondoom gebruik as jy of jou maat wel HIV positief is. Verder kan jy ook ‘n aborsie ondergaan as jou lewe deur die baba in gevaar gestel word.

    Onthou, daar is groepe wat natuurlik meer Katoliek as die pous wil wees. Wat ook verkies om die grys areas mis te kyk.

  24. maeree

    ek weet nie hoekom almal so verbaas is nie. ons weet tog lankal die huidige pous is ‘n poepol.

    my gunsteling is bruce wilkinson, wat sê vigs is vrouens se skuld, omdat die bybel sê mense mag mekaar nie seks weier nie en dan sê vrouens nee en dan’s die arme mans uitgelewer aan hul aard en moet hulle rondslaap.

    ek parafraseer, natuurlik. maar dis wat hy sê.

  25. Sigeuner

    Rippel, so kyk elkeen deur sy eie droom, ne? Vir jou mag dit moreel wees om met een maat seks te he in jou lewe. Vir my mag moreel iets anders beteken.
    Maar jou moraal en my natuurlik,stem nie ooreen nie. Alhoewel ek by die hedendaagse semeleweing en wat moreel voorgehou word, aangepas het…en tot dusver by een maat gehou het. Dit bly vir my nog steeds ONNATUURLIK.

    Maeree, waar in die bybel staan dit? Ek wil regtig net weet, want ek lees nie graag darie boek nie, maar sal dit vir naslaan doeleindes gebruik. Bruce Wilkinson kort net `n lekker snotklap!

    Het julle op Freek Robinson ingeskakel tydens Fokus? Daar was `n inbellyn en storie oor seks, met `n vrou wat antwoorde aan kykers verskaf het. Wragtag! Daar bel die 1 vrou na die ander in en kla hulle mans se “nee”! Ek kon dit nie glo nie!

    Kom weer??

  26. Sigeuner

    Rosalind, bid help altyd.
    Die mense doen dit egter nie meer nie – hulle doen mekaar.

  27. Ek dink julle is ‘n bietjie gou met die kritiek, miskien moet julle hierdie artikel in ‘Christianity Today’ gaan lees.
    Dit is ‘n onderhoud met die “Leading HIV researcher Edward C Green” ‘n selferkende “liberal”.

    Hy stem saam met die Pous.

    Die land met die laagste groei in Vigs in Afrika is Uganda en hulle konsentreer NIE op kondome nie.
    Sover ek weet het die Pous nie gese, hulle moet glad nie kondome gebruik nie, net dat dit nie die antwoord is nie.

    Kondome werk nie in Afrika nie, hoe het dit sover gewerk vir julle?

    http://www.christianitytoday.com/ct/2009/marchweb-only/111-53.0.html?start=1

  28. Christianity Today is soos gewoonlik erg leuenagtig. Die Ugandese suksesverhaal kom juis uit ‘n ABC benadering wat sowel abstinence as kondome bevorder. Met die benadering het hulle in die laat jare 1990 die vigskoers tot enkel digits afgebring. Eers in die laaste jare toe die Ugandese presidentsvrou haar bekeer het en die C van ABC laat afkap het deur te organise dat hulle uitsluitlik op abstinence fokus het die koers weer begin styg. Kondome kon helaas nie die vigspandemie in Afrika keer nie, maar dit is beslis veel meer suksesvol as nie-kondome, geen verantwoordelike navorser sal daaroor verskil nie.

  29. Hello is hier iemand??? Rosie het jy die brief vir die pous gevat????

  30. BB

    Her “Highness” vat seker ‘n break:mrgreen:

  31. Eilandkind: Ek is jammer maar die Christianity Today is nie ‘n mediese bron nie, inteendeel soos Piesang se hulle is ‘n swak bron. Ek gaan maar met die WHO – World Health Organization se syfers

    http://cfs.indicatorregistry.org/

    Elke land is hierbo, dit begin by afganistan. Uganda is beslis nie die land met die laagste syfers nie, dit is ‘n aaklige leuen. Gaan kliek op die land en sien hoe klim sy syfers.

    Jammer dat die mense so jok.

  32. Rippel, losbandigheid is een ding, of mense gaan luister is ‘n ander, dit werk nie so in praktyk nie. Ons sit met ‘n pandemie op hande. Baie mense weet nie eens of hulle die virus het nie -vir jare. En dit is hoe die virus versprei en ‘n kondoom help.

    Ek weet van die biologiese ritme, dit is totaal en al nie 100% veilig nie.

  33. Kom ons bid AIDS weg, net soos die mens daarin kon slaag het om die euwels van onderdrukking, oorlog en armoed weg te bid.

    Christianity Today se bestaansreg spruit voort uit halusinasies. Saam die pous se onkundige en verwronge uitlatings, word die wêreld steeds verlei … en mislei.

    Ons dink nie twak is genoegsame beskrywing vir hierdie braaksel nie.

  34. alas, Wrang, ‘n siel wat ek aan my bors kan koester.

  35. Roer: nee ek het glad nie aan die bybel gedink nie, dit klink net vir my die pous is totaal oningelig rakende vigs, vandaar lees ‘n behoorlike boek–as jy die konteks reg aanhaal.

    “Versprei ‘n bietjie van die ware liefde in plaas van om simpel uitsprake te maak wat tot mense se dood kan lei.
    Lees ‘n bietjie ‘n behoorlike boek man.”

  36. O hemel nou vang ek ook die draad van die storie!!!!! Ek was totally lost!

    Ek persoonlik dink dat Rosie hierdie inskrywing moontlik uit woede gemaak het, omdat soos julle nou al almal afgelei het, dit haar na aan die hart lê en moontlik ook deel van haar werk is. Maar dit is nou besides the point. Wetenskaplikes dink nie soos ons nie, hulle breine werk anders, ek weet, ek is met een getroud!!!!!!!!!!!!

    Die Pous maak soms vreeslike simpel uitlatings mense. Want hulle leef daar in hulle eie Vatikaan stadjie. Verhewe bo alles. Hulle het geen idee wat buite aangaan nie. Ek respekteer dit dat hulle so koninklike lewe het. Maar dan moet hulle ook dink voor hulle met die mense ( ons pleps) hieronder praat. Jy kan nie bed hopping doen sonder die nodige beskerming nie!! WTH Die vatikaan stad is skatryk, hoe kan en sal hulle verstaan van arme ou Afrika!!!

    Rosie wil haar blog toemaak!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    En ek wil nie hê dat sy dit moet doen nie. Want ek luv Rosie se blog en mense sy is ‘n baie, baie nice persoon met ‘n wonderlike hart!! Sy het nog altyd my geloof respekteer, maar ek respekteer ook haar siening. Ons almal is uniek, niemand dink en voel dieselfde nie.

    Mens moet soms tong in die kies na die lewe kyk. Tussen die lyne lees.

    As mens nie hou van wat jy op blogs lees nie, dan druk jy die “X” Ek is nou al so gatvol vir al hierdie gehap en gebyt op die blogs ek kan kots!!!!!!!!!!!!!!!!

  37. Sigeuner

    Rosalint? Nee, ag, nee man. Hier kom ek nou net oppe nice blog af met iets tussen die ore, en nou wil dit verdwyn.

    Waarom werk jy met hiv en aids gevalle? Beroep of vrywillig?

    Om hierdie siekte wat so vinnig versprei, te verstaan het ek al boeke so lank soos Matusalem se lewe gelees en nog nie by die hele waarheid uitgekom nie…blerrie pous is deel daarvan! Ek het wel hierdie gevoelte in my beendere (en hart) dat mense wat hiv-pos is, met deernis behandel moet word. Ek dink party is skytbang. Veral die wat nie mediese toegang het nie! Selfs die upperclass wat meer en meer getref word daardeur (hulle wat liefs stilbly en die pille in die pos kry).

    Die Here weet, ek wil so graag vir elkeen `n drukkie gee, en se:” ..this is love – I love you…no matter why or how.”

    Hoe meer die mense daaroor stilbly, hoe meer maak hulle dit `n “slegte” siekte. Daar is meer slegte siektes as dit! My oupa is bv. in 30 min se tyd dood van `n embolis. Bad ne? Verkoue kan jou doodmaak as jou hart aangetas word ens ens ens ens.

    Vigs – HIV . Who cares?

    I do.

    Ek is hiv negatief en positief oor mense wat pos is. HIV positief is.

    I love you all.

  38. Hemel Rosalind, wat lees ek: wil jy jou blog afsluit?

    Ek het geen probleem as die Pous losbandigheid aanspreek nie. Die beste verweer is steeds geheelonthouding. Maar die realiteite is dat mense “losbandig” lewe. Ek is ‘n keer op ‘n matriekverlaterskamp oor die kole gehaal omdat ek die wulpse klomp tieners durf waag vertel het van voorbehoedmiddels. Die gesprek was oor verhoudings en hoe die Bybel ons daaroor leer. Vanselfsprekend het ek nie losbandigheid verkondig nie, en almal aangeraai om liefs nie onder lankens in die donker te karfoefel nie. Maar die realiteit is steeds: tieners doen. Mense doen. Wat is kwansuis so euwel daaraan dat ten minste een party behoorlike voorsorg terf, saamdra of op aandring?

    Helaas!

  39. Emil en andere, wel ek het die blog gister op privaat gestel omdat ek gevoel het ek mors dalk my tyd hier. ek het nog nie heeltemal besluit nie. ek glo nie aan gagging nie, so toe maak ek dit weer oop.

  40. Rippel

    Kondome is volgens die vervaardigers 99% effektief vir voorbehoeding. Daar is net een 100% effektiewe manier om nie swanger te raak nie en dit is geen seks nie.

    Wat my verstand te bowe gaan is dat die Pous in die eerste plek net seks in ‘n huwelik goedkeur. As jy besluit om buite die huwelik rond te speel, hoekom dan aan sy “riglyne” steur?

  41. Dit gaan oor vigs, ne? ek dink jy draai in die rippels van die pond en nie waar die borrels blaas nie.

  42. Rippel

    Nee

    Dit gaan oor die pous en die invloed van sy riglyne (oor voorbehoeding) op Vigs het.

  43. Rooskind, moet asseblief nie jou blog toemaak nie. Niemand van ons stem altyd honderd persent saam met mekaar nie, “but that’s what makes the world go round.”

    Ek dink as die gemoedere afgekoel het, dan gaan mens weer aan. Ek persoonlik, sal hierdie blog vreeslik mis.

    Pretty Please🙂

  44. sonkind, ek het nie ‘n probleem met nie saamstem met ander nie, ek wil net graag my se kan se, jy weet? of is dit ‘n totale klomp tydmors.

  45. Sigeuner

    NEE!!!!
    Dis nie tydmors nie, Rosa-wilde-rosie.
    Skryf jy maar NET hier, ag asseblief, toe?

    Ek het nie een oomblik MY tyd gemors om hieso te lees nie. Dis nie te se ek gaan altyd saamstem nie, maar dis juis hoe ek dit wil he, want sien – dan leer ek.

  46. Mefri

    Rooskindjie. Nee seblief tog, stay put. My hart het tot onder my voetsole verkrummel toe ek daai gehate “privaat” sien. Seblief moenie dit eers oorweeg nie.

    Net vir die rekord; Halleluja vir kousies!!🙂 ek was ‘n vrugbare tydbom gewees…… Eish, my ma het 4 kinders in minder as vyf jaar gehad en ek was ʼn sneltrein op dieselfde spoor gewees – wat van die niksvermoedende mammies wie se manne se wandelendevoetjies maar net nie ander drumpels kon mistrap nie…. Vigs en geslagssiektes HEY!!
    Oom P—P—P—P—Pous het nie ‘n clue nie (.)

  47. Iemand al die boek: In God’s Name gelees? Dit gaan oor die dood van Johannes Paulus I wat net 33 dae Pous was voor hy vermoedelik vermoor is. Hy was nie van plan om ‘n “figurehead” te wees nie en wou werklik ‘n verandering maak. By implikasie plaas dit ‘n vraagteken agter almal wat hom voorgegaan het en opgevolg het se inbors en motiewe. Dit gaan oor mag en daar is ander ouens wat die toutjies trek – nie die Pous nie. Hy sê maar net wat hy moet sê.

    Dit gesê, ek het ‘n rukkie terug ‘n werkswinkel oor HIV bygewoon en wat opvallend was, is die Afrika -mans se siening oor seks. My mond het oopgehang. Ek dink tot mans se ingesteldheid daaroor nie verander nie, kan ons kondome rondstrooi soos confetti en niks gaan verander nie. Die Pous mag ‘n punt beethê.

  48. Nelba ek sou dink dit is swart mans se ingesteldheid jeens vroue en gender, meer as oor seks. Ons moet dit verander eerder as hul seksgewoontes en en sal hulle kondome dra.

    Hulle moet ophou om vroue as hul eiendom te sien. Die punt is hulle gee vigs selfs vir hulle ie vroue waarmee hul getrou is, wat jou terug bring by kondome.

  1. 1 Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld

    […] ons nou so bietjie kyk na verantwoordelikheid en eerlikheid. Is die Pous eerlik teenoor al sy Rooms-Katolieke onderdane rakende die gebruik van kondome? Besef hy die impak […]

  2. 2 Die “commitment” problem « Flippiefanus

    […] die Pous dus verklaar dat kondome nie die oplossing vir die probleem is nie, dan baseer hy eenvoudig sy […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: