As net jy oor is

800px-lonesome_george_-pinta_giant_tortoise_-santa_cruz

Dit moet regtig vreeslik wees as net jy alleen oor is. Die res is almal dood. Dit is die geval met arme Lonesome George.

Hy is die laaste een oor van die Pinta Island Tortoise, subspesie: Geochelone nigra abingdoni, een van elf subspesies op die bekende Galapagos-eilande.

Georgie is vir die eerste keer raakgesien in 1971 en hulle raam sy ouderdom op tussen 60jr en 90jr.

Daar is net 103 Kakapo’s (Strigops habroptila) ook – so min elkeen het ‘n naam. Hulle bly in Nieu-Seeland.

399px-new_zealand_kakapo_felix

http://www.iucn.org het al die nuus oor bedreigde diere en omgewingsbewaring.

Advertisements

  1. Soms dink ek dit sal nogal nie te sleg wees as ek alleen oor is nie. Mense is nie altyd my forté nie. Daar moet net genoeg boeke wees om te lees. En natuurlik genoeg kos ook 😆

  2. maxie

    Dis scary en onbeskryflik hartseer.
    En so vernietig ons die een spesie na die ander.

  3. Wipneus!

    Ja, daar gaan nooit weer een van Georgie te siene wees nie. 😦

    Ek het nou op daardie site gaan loer, en sien hierdie dragon fly van ons is ook nou op die gevaarlys!
    “The Yellow Presba is a rare dragonfly from the fast flowing mountain rivers of Southern Africa.” Dit is sulke pragtige goedjies!

    Die Born free foundation doen wonderlike werk! bornfree.org.uk
    Jy moet daai pragtige katte sien en hulle getalle is ook besig om af te neem.

    Waar gaan die wêreld heen Rosie?

  4. Paula

    Ai ai, dit is regtig hartseer om ‘n spesie te sien uitsterf!

  5. Katjiepiering

    ai siestog ons planeet

  6. Ag shame! Arme Lonesome George! 😥

    Is daar rerig geen manier om vir George ‘n nageslag te bewerkstellig nie? Wat van kloning? Ek weet absoluut NIKS daarvan nie, dis net die eerste gedagte wat in my kop opgekom het, en dis hoekom ek vra? 😳

  7. Een of ander iemand gaan eendag die laaste mens op aarde wees. Imagine that. (Tensy ‘n ontploffing ons almal gelyk uitvat.)

  8. Windhoek

    Hey Roasalind jy klink soos goeie belee wyn.Maar help my asb met die volgende saak anners sit ons met nog `n uitgestorwe spesie.

    Goeie more ek vra asb help my vrind “ Die Brein” hie is die link. http://die-werf.co.za/?p=2266#comments

    Geniet jou Sondag.

  9. Mefri

    Terwyl ek so na George kyk, wonder ek hoeveel diere regtig ‘verstaan’ en wat gaan in hulle koppies aan? Weet hy dat stoksielalleen is en verlang hy na sy maatjies?

  10. BB

    Dis friggin’ sad!! 😦 – die arme, arme ding… kan hulle nie vir hom ‘n girl in een of ander dieretuin loop soek nie??

    My Ex se naam is ook George 😦 ‘Lonesome George’… go figure :mrgreen:

  11. BB: LOL @ jou ex se naam.

    Mefri: wel jy sal weet dat daar nie ‘n ander skilpad van sy eie spesie saam met hom is nie. hy weet hy het nie ‘n maat nie. hy sal nie besef hy is die enigste een van sy spesie oor nie. diere ervaar eensaamheid en alleenheid, beslis. Daarom is dit fokken wreed om een van ‘n soort aan te hou, TENSY dit ‘n “domestic pet” is ie. hond/kat.

    Seker die wreedste ding wat ‘n mens kan doen is om ‘n ‘troetel-apie” alleen aan te hou. Primate is groepsdiere waarvan ten minste 8 saam moet bly. Hou een aap aan en ek Rosalind se vir jou, jy is ‘n wrede d**s. (maak nie saam hoe lief jy jou apie het nie, apies het nie mense nodig nie, maar ander apies, sela).

    Hey windhoek welkom hier.

    Piesang: mmm ja dit gaan gebeur. imagine.

    Dellie: ja ‘n mens sou hom kan kloon. Dit sou presies dieselfde as ‘n identiese tweeling wees. Ek weet nie hoekom is mense so teen kloning nie, want dan moet hulle anti-identiese tweelinge ook wees! Mense…ag mense…
    Dit is kruisteling wat scary is.
    Dit is egter makliker om ‘n wyfie te kloon as ‘n mannetjie vanwee die eiersel. Maar ‘n mens kan ‘n ander eiersel gebruik, se gene “uithaal” en George s’n insit. Daarna moet ‘n surrogaat gekry word om dit te dra. Dit sou ‘n spesie na aan hierdie een moet wees.
    Dit is makliker om soogdiere te kloon omdat ons tegnieke van bevrugting reeds gevorder is.

    Paula en katjie …..is sad ek stem

    Wippie: soveel diere is besig om uit te sterf. tiere (omdat onnosel mense dink hulle produkte is “medisyne”, aasvoels ook, wilde honde, en daar is net 700 berggorillas. mense dink as jy ‘n gorilla eet kry jy krag. Ek voel f**K dat dit inheemse kultuur is, kultuur moet aanpas by die samelewing, jammer. As kultuur geen voordele inhou nie, is nie meer van toepassing. Tye en mense verander. En Unesco se standpunt is dieselfde hieroor.

    maxie: jip ons vernietig, nie die natuur nie. dis ons skuld.

    Sonkind; ja ek ook mense kan my so gru.

  12. Shame man, laat my dink aan daardie arme Mammoet in Ice Age. Nee jong, kannie lekker wees nie – daar is dan soveel lekker dinge wat jy en ‘n maat kan doen.

  13. BB

    Doen?? As jy ‘n skillie is DMI?? Soos wat??? 😕
    :mrgreen:

  14. Sluwe Onderwater Gutterseks … 😉
    Ek het bietjie by daai link gaan loer, dit is angswekkend, amper 600 spesies wat op die kritieke lys is!

  15. Haai jitte dis hartseer…. 😥 Siestog, arme dingetjie… Rosa, ek is dof met hierdie goed maar ek wonder nou, sê nou mens kry ‘n wyfietjie wat naby aan sy spesie is en mens teel en teel… ek praat van baaaaie jare en mens teel ‘in’ soos wat party dowwe hondeboere maak, kan mens dan nie weer min of meer by die oorspronklike gene kom nie…. Moenie vir my lag nie, ek sê mos ek’s nie baie slim met hierdie goete nie!!!

  16. Zee

    DMI, nou laat jy my dink aan mannetjie wat net heeltyd “I Ei” (Ice Age) wil kyk…

    Rosie, ai dit is darem jammer dat die arme Georgie so alleen moet wees, en op sy ouderdom, waar sal hy nou ‘n maaitjie kry!

  17. Pikkie: nee jy issie stupid nie, is goeie vraag. Wat jy hier beskryf is spesiasie deur middel van evolusie – dit gebeur oor miljoene jare natuurlik. al probleem is mens weet nie hoe die eindproduk gaan kyk nie. Evolusie is “blind”.

    Met teling kan dit gedoen word, maar net met dieselfde spesie, mens kan nie kruisteel (en ‘n goeie produk verwag nie) nie. Onthou honde (al lyk hul so verskillend, ons vergeet soms) is almal van dieselfde spesie.

    BB: skillies is baie jags, het jy hulle al dopgehou? hulle kan mekaar jaag!

    DMI: daai lys is skrikwekken. is ‘n dier is kritiek bedreig is, is dit baie ernstig, dan is drastiese ingryping nodig.

    Zee: dis hartseer, hy gaan nie ‘n maatjie kry nie, en as hy doodgaan, gaan ons nog ‘n spesie doodtrek 😦

  18. Kloon hom! Kloon hom!

  19. Watse skilpad lê daar agter Lonesome George?

  20. Emil: George Klooney kan ons hom noem!!!!

    Koekister, ‘n skilpad wattie pad gevat het. Die galapagos is vol van: skilpaaie en likkewane en vinke. Is ook seker ‘n skilpad, maar dit issie ‘n georgie nie.

  21. Sigeuner

    Ja, demmit! Kloon hom!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: