Teel tot die einde

earth_hour_logo

http://www.earthhour.org/

Ons sal onsself doodteel. Ons sal aanhou kinders maak, nog en nog en nog totdat almal van ons aan honger en dors sterf.

Links en regs diere doodmaak vir moetie, bome afkap, woude uitwis, water besoedel, nog golf-oorde bou, olie in die see stort, en die laast bok jag vir biltong.

Kernwapens en die kommuniste het mense gevrees toe ek klein was, terwyl die wereld stadig maar seker al hoe warmer geword het. Ons besoedel en verander die klimaat weens ons lewenstyl, maar ook omdat hier net eenvoudig te veel van ons is.

Dit verstom my dat byna elke liewe mens op aarde glo hy/sy moet voortplant.

Dit werk mooi met enige ander organisme – plant, dier of mikrobe – teel te veel ,en die oortolliges SAL sterf, want die omgewing kan hulle nie dra nie. Voordat te veel wasdom bereik om ook te teel, sterf hulle (dit is een van die prosesse van natuurlike seleksie). Maar die mens het maniere gevind om dit te omseil. En dit gaan ons einde beteken.

Ons sal sterf aan dors en honger, lank voordat enige iets anders ons kan uitwis. Weet dit maar, die oorlog oor water en kos kom. Nog voor 2100.

Homo sapiens was voorheen, in wat wetenskaplikes beskryf was ‘n bottelnek (‘n byna uitwissing). Ons kan dit in die genetiese materiaal vandag sien, omdat ons onder meer soveel dieselfde is. Sowat 100 000 jaar gelede was dit amper verby met ons toe ‘n Ysera van ‘n 1000 jaar binne-gegaan is, weens natuurlike prosesse.

Suider-Afrika was een van die min plekke waar net ‘n paar duisend uiteindelik oorleef het. So min as 2000 het uiteindelik 60 000 jaar gelede uit Afrika migreer.

Die ene wys dit mooi, as jy uitstap by Maropeng . . . tik-tik word dit meer.

pop


  1. Hahaha, ek wou jou tag, maar ek sien jy het dit sommer klaar gedoen!😉

    Sal netnou jou possie kom lees!

  2. Ek het nou so geskrik…. 😯 Moet ek nou ophou teel of wat????

  3. BB

    En die armer hy is, die ‘ryker’ is hy aan kids… it’s a sick-sad mentality – although😳 ek het ‘n congrats-kaartjie gekry met Erich se birth 13 jaar gelede wat gesê het: “NOU is jy BAIE ryk!!” en ek koester daardie kaartjie – ‘coz it says exactly what I feel😳
    Bygesê Rosietjie – assit regtig so is dat ons almal ook maar van diere afstam, maak dit totaal en al sin dat selfs die mens die ingebore instink het om voort te plant – en al het ons tot ‘hoër’ intelligensie/vermoëns ge-evolusionize kan daardie instink kwalik onderdruk word.
    Thank God maybe then, that humans can (under ‘normal’ circumstances) reproduce only one at a time… Ek sidder om te dink ek kon dalk met 8 spene ge-issue gewees het!!!

  4. Andrew

    Ek glo ons het die tegnologie om die huidige populasie mense op die aarde te dra. Die probleem is dat die tegnologie nie prakties gebruik word ten einde hierdie doel te bereik nie.

    Hipoteties gesproke, indien ons mense moet begin cull om die voort bestaan van die mens en ander diere te verseker moet ons seker begin met lande wat per persoon die meeste resources gebruik. Sodoende sal minder mense ge-cull moet word en dit sal ‘n incentive wees om spaarsaamig te werk met die bestaande resources. Gelukkig kom SA nie naby die VSA op so ‘n lys nie.😉

  5. Promise…ek gaat my tubes laat afbind! 😆

    Jinne, Rosa, maar dis so bleddie lekker om kinders te maak, man! :mrgreen:

  6. Reg Andrew, as ons moet begin cull – sommer dadelik begin en doodstraf uitdeel vir alle misdadigers. Dit gaan ‘n goeie begin wees.
    @ Boendoe –😆 – Onthou oefen en maak is verskillende dinge.

  7. Dellie: snap! Carina het my getag.

    Pikkie: ag wat kan ek nou se, suster? teel maar🙂

    BB: is waar ons stam van diere af, want die mens is ‘n soogdier, maar nou het ons mos ‘n groot brein en alles, maar soms wat hy nie ingespan nie. soms moet hy vir jou se: dis nou genoeg!

    Andrew: Ons kan die tegnologie het, maar ons het nie die bronne nie, ons het nie die water nie, ons produseer al klaar te min kos, ons herwin nie, en die broodnodige woude (O2) word elke jaar uitgekap. Ek kan nie ‘n rekenaar drink nie.

    Culling! Ek laaiki dit! Want mense sterf nie meer aan die Spaanse griep en buboniese plaag nie ….

    Boendoe: As jy die tubes laat bind (12/10 vir jou) dan kan jy soveel oefen om ‘n baba te kry soos jy wil🙂🙂

  8. Onthou hierdie is onder die kategorie: standpunt, so dit is net ek voel….

    Demoerin: oefen ja….!

  9. Ek belowe ek sal nie meer teel nie, Rosa. Maar die oefening gaan ek nie opgee nie!😆 Met of sonder ligte.

  10. Jy is natuurlik reg. As mens op ‘n koue, kliniese manier daarna kyk. Prakties gesproke is dit moeiliker om eenvoudig “op te hou teel.” Vir elke gesin wat kies om minder kinders te hê is daar tien ander wat nie ‘n duiwel omgee nie. Lande waar bv ‘n eenkind beleid geld soos China, betaal die prys. Beide in bedorwe alleenkinders (hiermee sê ek nie alleenkinders is altyd bedorwe nie) en verstote dogtertjies wat wêreldwyd deur mense aangeneem moet word. Voortplanting is in die meeste mense ‘n baie sterk instink.

    Ek twyfel of die aarde vernietig sal word. Net maar die mens. En ek sou die eerste een wees om te erken ons maak daarna. “Then so be it.” Maar ons wat hier lees kan baie doen om ons koolstofvoetspoor kleiner te maak. Laat dit by ons begin.

  11. Dellie: ek sal maar ‘n flitslig oorstuur.

    Nelba: Ek stem die aarde sal nie vernietig word nie, die mens sal, jy is reg. En ja, ons kan baie doen om ‘n groener-voetspoor te laat.

    Inderdaad is dit ook waar dat gender-kwessies steeds geld en dat seuns verkies word bo dogters (ek wonder met wie dink die ouers gaan die seun trou eendag).

    Die standpunt van my is koud en klinies, en hoegenaamd nie prakties nie, vandaar die blote standpunt.
    Lekker inset! Dankie

  12. Andrew

    It’s been ‘n while for me dis hoekom Boendoe, jou komentaar my so lekker laat lag het.🙂 Uitstekend.

    My vorige komentaar is natuurlik net hipoteties om ‘n angle aan die gesprek te gee … ek hoor gereeld hoe wel af mense insinueer dat die armes die probleem is omdat daar so baie van hulle is. Om net my kar as voorbeeld te gebruik, hoeveel resources word gebruik om dit te vervaardig? Hoeveel co2 word vrygestel om die metaal, glas, rubber plastiek ens. te vervaardig en te vervoer, dan is die tenk nog nie vol gemaak nie en ek is al een wat in die kar ry. Ek is die probleem.

    Toe ek my doktor vra om my eiers te knip toe se^ hy NEE, ek het nog nie kinders nie en ek is nog te jonk. Regtig? Ek was oud genoeg om army toe gestuur te word toe ek 18 was.

  13. Andrew

    Skuus … ek was 17 toe ek army toe was.

  14. My hele inskrywing is ook hipoteties! Ek besef natuurlik die hele wereld kan nie ophou teel nie.
    Wonderlike voorbeeld Andrew! Jy was ook oud genoeg om ‘n vuurwapen te besit en te stem, hoekom nie knip-knip nie.
    Arm landse se besoedeling is soos jy se bitter laag.

  15. Whahahaha ROFL ja-nee kyk Rosie gooi hom vir jou oop op die tafel!! Mense broei regtig te veel! Daar is nie meer genoeg kos/bronne nie! Maak net minder kinders!!:mrgreen:

    Ek weet ek gaan nou ‘n hengse klip in die bos gooi maar ek hoor dit uit my huiswerker se mond. Die regering betaal X bedrag geld vir ‘n kind onder ‘n sekere ouderdom. Ek ken nie die feite hier rondom nie. Maar sy vertel dat skoolmeisies deesdae kinders by dosyne het. Die een is skaars van die doeke af, dan is die volgende een daar. My punt is daardie bietjie geld is nie eers genoeg om daardie kinders vir ‘n maand kos te gee nie! Nou wat nou??? Dit kan mos nie????

  16. maxie

    Die tempo waarteen ons aanteel, is werklik scary. En daarom steun ek meerendeels Sjina se 1 kind beleid, probleme ten spyt.
    Having said that: ‘n Tweekind beleid sou dalkies meer realisties wees…

    En ek stem heelhartig saam: ‘n Oorlog oor water en kos (maar veral water) is onafwendbaar.

    Herwinning is een van my passies. Tog het ek nooit werklik ‘n inskrywing daaroor gelees by enige van die bloggers nie. Dis maar net iets waaroor ek wonder.

    Is dit nie belangrik vir almal nie?
    Begin klein. Gooi jul koerante en tydskrifte in daai knaloranje Mondi sakke.
    The rest will follow.

    Lekker inskrywing, Roos!

  17. Oorlog oor kos en water? Dit moet seker die aakligste ding ooit wees, om te baklei oor kos…..

  18. Wippie; ek draai nie doekies om nie, jy weet mos😉 dit is waar mense wat onder ‘n sekere bedrag geld kry, kry ‘n maandelikse toelae per kind onder 18 jaar.
    wat hartseer is, is dat mense bereid is om kinders te he, net om daardie geld te bekom. dit wys aan jou hoe swaar dit gaan.

    maxie: die oorlog oor kos en water gaan kom, ek dink nie dit is verkeerd nie, in afrika en suid-oos-asie. ek stem ook die 2-kind beleid. ek is hipoteties ook ten gunste van ‘n keurproses en ouderdomsbeperking voordat jy kinders mag kry, maar dit is teen menseregte. Maxie, jy moet ‘n blog begin man! Skryf vir ons oor herwinning ect.

    Koeksister: jip the food and water wars. in sekere gebiede veg mense klaar oor natuurlike bronne.

  19. maxie

    ‘n Keurproses en ouderdomsbeperking: flippit, daar’s nou ‘n briljante idee!

    Oor ‘n eie blog begin: nee wat, ek vermoed ek sal meer hatemail kry as enigiemand anders.
    Buitendien is ek heeltemal te lui😉

  20. Maxie: ek belowe jou vandat ek omtrent 20 is dink ek mense behoort aansoek te doen om kinders te he, want sommiges is net eenvouding nie geskik daarvoor nie. en jy mag dit ook nie voor 30 kry nie, want voor dit is mense nie te bright nie. maar nouja ek weet dit is net ‘n hipotese en ‘n vreeslike outokratiese ene ook, unPC en alles. maar dit is een van die dinge in my utopia😉

    ek is seker ek sal mal wees oor ‘n blog van jou🙂

  21. Bietjie laat, maar ek dink tog ek moet noem dat hierdie ‘n uitstekend post is.

    “Ons sal onsself doodteel”.

    Brilliant.

  22. Hoe se hulle altyd😉 nooit te laat. Dankie vir die inloer en kompliment

  23. 😉 Maar doodoefen is ok, nê?

  24. Doodoefen is dooddollies!!🙂

  25. Hiehiehie…. fewwww, dankie toggie, wag, laat ek gaan oefen…. 😆 😆 😈

  26. Ons is eintlik baie bederf hier aan die Suidelike punt van Afrika, is ons nie?
    Nog nooit baklei oor kos of water nie, nog nooit in ‘n ry gaan staan met ‘n koskoepon nie, nog nooit geduck en dive vir bomme nie, nog nooit…….?

  27. ‘n wereldwye stryd oor kos en water , , ,oorlog oor bronne nie net “battles” nie.

  28. Sigeuner

    Dit is iets waaroor ek en Boerseun baie, baie lank gaan sit en dink en praat het. Aag, inteendeel….dit het so hele paar jaar (10 0F 12) geneem voor ons besluit het dat ons nie so genneres soos Angelina is om ander se seks groot te maak nie en dat ons `n ongelooflike klein familie met baie hulpbronne is, ons gatte afwerk vir dit wat ons het en nou maar net nie daartoe in staat is om dit dan vir ander se seksdada te skenk nie…norrehel! Ons was onderskeidelik 30 en 41 voor ons kinders gehad het.

    Toe maak ons `n plan om saad en eiersel bymekaar te bring (niemand se skuld dat dit verdeel en geskei het nie!) en per fallopius-buis sit ons nou met 2!

    Op hierdie stadium kan ek myself nie sover kry om skuldig te voel nie. Dit is te dem lekker om kinders te he.

    Maar ek kak sollidlie in my broek as ek sien hoe sekere spesies onder onnatuurlik goedguntige omstandighede net aanteel en aanteel soos konyne. Vermenigvuldig was nog nooit vir hulle wiskundig van aard(e) nie.

    Ps. In my onderbewuste het ek seker maar `n skuldige gewete, want direk na die swangerskap is ek stright in `n vroee menepouse ingemoer. Dit het darem ook voordele, moet ek byse!

  29. Ek gan sommer glattie bybiekkies kry nie, want eks nou te verskrik!

  30. Hi Sigeuner ek sal nie weet van die lekker nie, poefbroeke en siekword in die nag klink vir my goor.

    Skoor is reg, darem een wat yt tie bybiekie-kry mood yt geskrik is. Hulle se, al red jy net een . . .🙂

  31. Sigeuner

    Rosa-wille-rosa

    Genadiglik is die poefbroek al so paar jaar terug onder 4 oe bespreek en besluit dat dit maar end moet kry…die siek word is deel van oudword ook, dit hou nie op nie. Hulle is nou 7 jaar.

    Ek lees nou `n stokou boek 1996 The Celistine Prophesies – James Redfield. Dit laat my bietjie dink dat buiten vir die mens se dierlike natuur, die menslike mag jagse beheptheid ook veroorsaak dat hulpbronne en moeder aarde kwyn.

  1. 1 Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld

    […] dink ons sal maar aan ander planne moet begin dink om daardie aand te doen vir daardie uur. Rosa het op ons parade […]

  2. 2 Things men wish you knew « Dellie se Dinge

    […] NS… Met beskerming, natuurlik – Rosa watch […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: