Handsak-handsak

Ja ek het julle klomp lekker bekyk met julle handsakke en lekker gesmile vir alles wat daarin is.

Kyk, toe ons klein was, was daar mos dogtertjies wat net mevrou-mevrou wou speel. Ek was nie een van hulle nie.

Maar ek was altyd gereed vir cops en robbers en veral dokter-dokter . . .

Julle het gedink ek het nie ‘n handsak nie, julle boggers! Gedink ek dra my lipstick in ‘n Checkers-sak saam!

Wel julle is amper reg. Ek het nie ‘n handsak in die ware sin van die woord en breiwerk in nie, maar hier is ‘n paar goeters van noodsaak:

1) Paspoort en geel kaaartjie met al my inspuitings se rekord op (net reg om te vertrek)

2) Hoed en sonbril (waar gaan ons ?)

3) Kalmeerpille (die mense ontstel my tog so)

4) Pen (as ek dit nie kan se nie skryf ek dit)

5) Boek (as dit boring raak)

6) Hoofpynpille (as die kalmeerpille nie werk nie)

7) Besigheidskaartjies

8) Beursie (geld kan alles koop, regtig)

ROER! en Wag ‘n Bietjie go!!!! trap chappies plat!


  1. Ha Ha- lipstiek in ‘n checkers sak!!!

  2. Whahahaaaaaa😆 Punt 3 “Kalmeerpille want die mense ontstel my so!!” Ek stem, mens kan deesdae nie meer in die openbaar operate sonder hulp nie!!! Seker die dat ek deesdae permanent “af” is! LOL
    Jy het jou “Dettol gel” vir die kieme vergeet!!😉 Ek weet dis daar!
    Rosie maar waarin dra jy die klomp goed huh? ‘n Besigheidstassie??? Kom sê nou vir Wipsnoet, anders gaan ek altyd hierdie prentjie in my kop hê van jou met ‘n Checkers sakkie!!

  3. O gaats in ‘n rugsak my dier – sedert my checkers-sak geskeur het.

    Ja die dettol is ook daar en die sonbrand-olie. Ek wou nou nie alles lys nie, jy weet. Julle stel mos nie daarin belang nie.

    Oja en darem ‘n spieeltjie ook dat ek my gevreet kan besigtig.

  4. Mefri

    LOL ek is mal oor hierdie inskrywing!

    Ek lief dit as hierdie pittige jy sommer so woeps waps my lag doer onner in my maag loop haal.

    ((((((Rooskindjie))))))

  5. Rosie, jy is vandag weer op jou stukke! Ons het jou gemis!
    Rugsakkie? Mmmm nog ‘n leidraad! Een van die dae Roos, een van die dae….. 😆

  6. Hi Mefri…daar is gedroogte gedrogte ook in die handsak.

    Wippie: een van die dae gaan die perde horings kry.🙂

  7. Mefri

    Rooskindjie, jy is pragtig, dierbaar en skattig, gedroogte gedrogte en al.

    Ja nee Wippie, mens mis haar erger as erg.

  8. maxie

    Mevrou-mevrou😆 😆
    Join the club, wou ook nooit een wees nie (hoe op aarde het ek tog daar beland?).

    Moet erken dat ek nie kon wag totdat iemand jou tag vir die handsakspeletjie nie, maar het somehow geweet jy dra nie jou goedjies in ‘n handsak nie. Dit sou net nie sin gemaak het nie.

    Sies, julle moenie spot oor Checkers sakkies nie, my beste vriendin (plat op die aarde, geen aansit) gooi haar geld in so ‘n sak wat sy dan sommer by haar jeans se sak indruk.
    En besit nie ‘n handsak of selfs rugsak nie.
    Want sy wil nie.
    Gotta love her.

  9. Maxie niemand het my getag nie, ek het myself getag🙂
    Ek dink ek laaik daai vriendin van jou, maar ek hou van my rugsak se kompartemente, elke ding het sy plekkie. Ek haat krap-krap in ‘n diep handsak.

  10. EK het op ‘n stadium ‘n box gehad vir ‘n handsak – so ‘n klein vierkantige een met al sy flappies nog. Dit was vet pret!

  11. Zelle

    Ek is een van daai meisies wat mevrou-mevrou gespeel het sedert ek kon loop, maar ek het ‘n vriendin soos jy Rosalind. As jy haar handsak (ja sy het een, want sy het dit by haar skoonsus gekry!) oopmaak dan is daar meer karretjies en houtblokkies in as lipstiffie en kamme. Alles danksy haar sewe-jarige seuntjie. Sien soms is dit tog handig om ‘n handsak te dra, want waarin sal seunskind sy goed dan tog anders karwei?




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: