Ek vrees nie misdaad nie

Dis die waarheid. Ek vrees nie misdaad nie en ook nie die geweld wat dit verteenwoordig nie.

Ek dink nie Suid-Afrika “gaan soos die res van Afrika ondergaan nie”, en glo ook nie dat ons ekonomies of andersins gedoem is, of beter af is as enige ander land, nie.

Hoekom? Sou jy vra, is ek dom-onnosel, stompsinnig of wat gaan aan met my dat ek nie soos die res van die land sit en moan nie. Hoekom werk ek nie in ‘n ander land nie?

(Daar is baie, baie redes hoekom ek in lief is vir Suid-Afrika is en hier bly, maar die inskrywing gaan nie daaroor nie. Dit gaan oor my en wat ek al ervaar het. Hoe ek die lewe sien.)

Ek het al baie dooie slagoffers van geweld gesien, mense wat vermoor, verkrag, gekaap, geroof en verongeluk is. Maar dan is daar ander mense wat erge dinge ervaar en dit oorleef, van watter aard ookal, en okay is daarmee.

Ek het al baie gesien hoe die maaiers aan die lyke vreet. Dis hoe dit werk. Al per ongeluk in mense se bloed getrap.

Jy kom uit niks en jy gaan na niks. Die lewe is eintlik baie nihilisties.

Ek weet hoe die dood ruik, lyk, en later selfs proe en in jou kop kleef. En uiteindelik, is dit net jy. Jy alleen wat iewers binne in jouself ‘n klein vlammetjie het.

Hy brand of word geblus. Soms brand hy ongelooflik sterk, mense oorleef die ergste dinge, of sterf aan die ringste.

Maar wat ek nie kan verstaan nie, is hoe kan ons toegelaat dat ‘n vrees vir iets wat nog nie gebeur het nie, of dalk nooit sal gebeur nie, ons opvreet, asof ons reeds daar le en verrot?

Vir my is dit ‘n vermorsing van die vlam wat nou baie hoog in my brand. Ek sal my vlam koesters, maar wragties ek gaan kom nie self doodmaak nie.

En daarom is ek nie bang vir misdaad nie – want dit sal my lewe vreet.

(boerinballingskap het my hieraan laat dink, na ek sy post gelees het)


  1. En jou uitkyk is lekker inspirasie.

    Vir myself, nee, ek is nie bang vir die dood nie, maar ek is bang dat my geliefdes iets gaan oorkom.

    Wat ons sekuriteit betref is ek eindelik baie laks! Ek onthou bv nie om dit aan te skakel, wat seker sou beteken dat dit nie hoog op my prioriteits lys is nie. Ek kan regtig nie heeldag aan my veiligheid dink nie. LOL
    Maar in Gauteng is dit baie gevaarlik! Iemand het Woensdag, helder oordag sy vrou doodgesteek (3 huise van ons af) en is nog op vrye voet.

    Rosie my Teddie redeneer soos jy!
    “Jy kan nie bang wees vir iets wat nog nie gebeur het, of dalk nooit gaan gebeur nie!!”

    Ek is nie bang nie, maar paraat!!! Ek kan nie wag om my pepperspray uit te toets nie!! 😛

  2. Ek salueer jou, Rosa. Ek is met jou.

  3. Wippie; Ek seg jou peppersproei is hel, pure hel. Ek stem met jou Teddie.
    Daai goet wat ‘n mens skok is ook lekker. Ek sal laaik om dit te probeer – jy skok hom so teen die kop. Vatso!

    Boendoe:🙂

  4. Rosalind, jy is regtig ‘n inspirasie, soos Wip se^.

    Mens kan by jou voordeur uitgaan en op ‘n piesangskil gly en jou doodval. Wat dit betref, is ek redelik fatalisties. As dit jou tyd is, is dit jou tyd.

    Daarom is ek nie juis bang nie. Ek het al in plakkerskampe ingegaan en agterna gehoor my kop het my gelos. Maar ek het soveel meer goed as sleg ervaar. En as ek dan so aan my einde sou moes kom, so be it. Dit sal verseker nie aangenaam wees nie, maar dan het ek ten minste voluit gelewe.

  5. Sonkind ek was al in die middel van die nag in plakkerskampe waar ek warm soet tee gegee is.

    Nee, dit sal nie aangenaam wees nie, en ja ek sal veg vir my lewe en ek is seker jy ook. En as iets met iemand gebeur sal ek deur al die 5 fases van rou gaan ect ect. Maar ek sal ook so voel oor kanker en ‘n motorongeluk.

    Ons het hekke, en elektriese heining en ‘n panic-ding. So what? Dit pla my nie. Dit is nie ‘n tronk nie, ek was al op besoek aan Pollsmoor en dit lyk nie so nie, ‘n tronk is regtig k*k.

    Maar my lewe is kort en ek gaan vir hom op-ge-flippen-bruik.

  6. Baie positiewe uitkyk daarop en dis seker waar, mens kan nie vir iets bang wees voor dit nie met jou gebeur het nie…
    ek haat dit egter dat dit met soveel mense na aan my gebeur het – dis skokkend vir my. Dis waar as dit jou tyd is is dit seker jou tyd, maar MENSE moet wragtig nie my tyd aanhelp nie. Dit maak my wild..

  7. Mefri

    Rooskindjie, ek en my dogter was aan baie gevare blootgestel toe ons meestal ‘alleen’ op ʼn klein plasie gewoon het; iemand het bv. uit ʼn verbygaande voertuig op ons huis losgebrand met ʼn AK47 (ek was vrek bang gewees) en daar het baie ander gagga goed gebeur wat in die verlede hoort. Hierdie dinge het my sintuie verskerp, murg in my pype geplaas en ja, my die vermoë gegee het om vrees te oorbrug.

    Sielkundige-oorlogsvoering is ʼn baie magtiger wapen, maar as jy dit vroegtydig kan identifiseer kan jy dit illumineer en steeds jou lewe voluit leef. My lewensvlam brand sterk en hy gaan aanhou brand; come hell or high waters!!

  8. Ek voel net soos jy!

    Terloops:ek’s nog tougher as jy. Ons het nie eens elektriese heinings nie en ons bly in Johannesburg! So wê!😉

  9. ek het ook lank so gevoel, twee verkiesings lank om die waarheid te sê..het ek ANC gestem…daar kom egter ‘n tyd in jou lewe waar jy dit eenvoudig nie meer moontlik vind om vir jouself te lieg nie en waar die realiteit so verdoemend raak dat dit onmoontlik is om te ignoreer.

  10. Neil, ek lieg nie vir myself nie, ek sien die ware realiteit, ek gaan net nie elke dag in vrees lewe nie, DIT is my punt.

    Want of ek in negatiewe vrees lewe of nie, dit gaan geen verskil maak nie, maar dit gaan my lewe horrible maak!

  11. Nou ja toe, hier stel jy dit veel meer idiosinkraties as ek in my eie post en ek dink jy maak die punt beter.

    Dis die einste vlammetjie waarna ek verwys. Dit verstom my dat mense dit self wil doof. Dankie, dis ‘n pragtige metafoor!

  12. neil – ek dink nie die punt wat ek (of rosalind) maak, is dat daar niks is om te vrees nie. ons (rosalind, ek dink jy kan my beaam?) gee nie voor dat suid-afrika ‘n misdaadlose utopia is waar die gebraaide speenvarkies al is wat met messe in hul rue rondloop en almal saam om die reënboog huppel nie.

    ons weet die verdoemende realiteit is daar. ons weet dit voor ons siel. dis. daar. punt.

    that’s not what this is about.

  13. Rosa, jou houding is prysenswaardig. Dis ‘n baie positiewe manier om die huidige situasie te hanteer. Solank mens net nie voeling met die werklikheid verloor nie (ek se nie jy doen nie!). Mens moet net bly besef dat die geweldsituasie totaal abnormaal is (selfs binne die Afrika-konteks) en allermins mense oordeel wat die keuse maak om die land te verlaat. En tov netjane se kommentaar, krap daar ietsie in my agterkop wat se dat die situasie ontaard het tot een waarbinne mense net uitkyk vir hulself (sien ook Jaco van Wosonki se inskrywing) en positief bly solank hulself nie slagoffers word nie.
    Maar ewenwel, Rosa. Ek dink jy erken die werklikheid van die situasie en die manier hoe jy reageer, is jou manier hoe jy dit hanteer. In die verband is die verhouding met mens se geboorteland vir my vele keer soos die binne ‘n huwelik – wanneer skei glad nie vir jou ‘n opsie is nie, dan doen jy ALLES in jou vermoe om dit te maak werk. Maar wanneer skei ‘n opsie raak, dan neem jy soms daardie opsie, want jy dink dis beter vir jou eie toekoms. Om so ‘n besluit te maak, volg ‘n fyn onderskeidingsvermoee en baie wysheid.

    NS: Ek weet nie hoekom die terugvoerskakel na my blog nie wou werk nie, maar dankie.

  14. Presies die subteks van wat ek ook probeer sê het nou die dag. As jou strepie getrek is, dan is hy getrek. Of dit dan ‘n rower se gesteelde vuurwapen of ‘n weghol lorrie in Potgieterstraat is maak nie saak nie, want jou tyd is jou tyd. Jy doen die nodige, jy rou, en jy gaan aan because it happens. Hier en oorsee.
    Ek dink wat ek eintlik probeer sê is dat ek apaties staan teenoor alles. Ek is in die lewe vir myself en vir die naaste aan my en dit is hoe dit gaan wees van nou af.

  15. Carina: ek weet soms nie of ek positief is nie, ek is in ‘n groot mate baie nihilisties, maar nihilisme ervaar ek nie as negatief nie.

    Mefri: Dis vreemd maar die afgelope tien jaar het meer mense om my en waarvoor ek lief is gesterf of erg gely aan kanker as aan misdaad. Ek voel ons vuur die misdaad monster.

    Netjane: jy is tuff,,,ek laaik dit🙂

    Neil ek weet nie hoe om dit duideliker te stel nie, ek het dan so mooi gese se besef die realiteit, ek meen ek het al soveel vermoordes se lyke gesien. as dit nie ‘n realiteitsblik is nie dan weet ek nie. Jy verstaan my post verkeerd.

  16. Johan: dankie vir jou kommentaar, jy verstaan my heeltemal reg! ek beaam presies wat jy se. dankie tog vir die verstaan😉

    BiB: ai, ek is nie juis positief of negatief nie, jy mis die punt. ek staan neutraal. ek besef die werklikheid baie, baie goed. ek verwys dan na die bloed waarin ek al getrap het, die maaiers!!!!!

    ek hanteer ook nie die situasie nie. my punt is eenvouding: deur in negatiewe vrees te lewe en my eie vlam te blus, gaan my niks help nie. punt.

    ek het nie ‘n spesifieke band met “n geboorteland nie”. vir baie dinge voel ek ‘n fok. ek probeer ook nie iets maak werk nie, en die charities waarvoor ek gee is net vir diere, ek verpes mense.

    jy mis my ver.

    jaco: ‘n mens het een lewe, glo ek. net een.😉

  17. Bleddie briljant!

    Dit is nie ‘n ontkenning van die realiteit nie, maar jou indiwiduele keuse van hoe om daarmee om te gaan. Die dood is tereg elkeen se onvermeidelike uiteinde, maar ek dink tog baie sou verkies om eerder stilletjies in die nag in jou bed te ontslaap as geweldadig in ‘n bloeddorstige roofaanval waar eimand jou met ‘n skroewedraaier deur jou slaap steek.

  18. Emil,

    Maar jou naaste wat langs jou slaap kan jou met ‘n skroewedraaier steek! Navorsing, en ja dit is korrek, wat deur ‘n konsortium van gender-groepe in SA gedoen is (gepubliseer en peer-reviewed) in 2005, toon dan 53% van vroue in SA wat vermoor word, sterf aan die hand van hulle lewensmaats of ex-lewensmaats. Dus die mans in hulle lewe. Nie die mans op straat in donker gange nie.

    Huishoudelike geweld, gekoppel met drankmisbruik is van SA se grootste geweldsprobleme.

  19. Goeie inskrywing.

    Eendag het ek saam met ‘n ander vrou in die middestad gestap. Sy was so ‘n week vantevore die slagoffer van ‘n aanval waar sy beroof en geslaan is. Haar hele houding het vrees weerspieel – met reg – maar interessant genoeg het die dronk ouens en die ander siele wat daar rondgehang het op haar vrees gereageer. Hulle het lelike goed geskree en dit het haar natuurlik nog banger gemaak. Dis ‘n gebied waardeur ek sielalleen gestap het later en waar hierdie ouens nie eers opgekyk het nie. Vrees lok aggressie.

  20. Nelba, jy is so reg. Ek neem glad nie risiko’s nie, ek is nie stupid nie, maar as ek in die straat stap, stap ek met mening en selfvertroue. Liggaamshouding kan help, ek se nie dit is 100% veilig nie, maar nie-verbale kommunikasie is belangrik.

    Dit is ‘n natuurwet: lyk kwesbaar en jy sal ‘n prooi wees, loop soos ‘n leeu en daar sal dalk twee keer gedink word.

  21. Wee jy Rosa, ek spook op hierdie stadium so om kop bo water te hou ek kan so waar as wieletjies nie nog worry of iemand my vanmiddag gaan vermoor nie…. Maar my vrees is gekoppel aan my kids, want ek KAN hulle nie 24/7 beskerm nie en hulle is nog te klein om dit self te doen…..

  22. Pikkelik dit is ‘n baie geldige punt wat jy maak. En daardie vrees mbt jou kinders, is weer heeltemal iets anders wat 100% vir my sin maak.

  23. Hier’s ‘n baie goeie artikel oor ons vrees vir ons kinders en hoe ons hulle gevolglik grootmaak:

    http://www.violentacres.com/archives/467/childhood-then-and-now

  24. Hoera vir Rosa! Ek is 110% saam met jou.
    My stertjie aangeheg aan als wat jy gesê het – Die lewe is dalk baie korter as wat jy in elk geval dink, daar is nie tyd om oor hierdie dinge te bekommer nie. Gaan eerder voluit vir die lekker!

  25. Zuit, dit blyk dat iets verander het wereldwyd nie net hier nie uit die artikel. Ek was ook een van daai kinders was sorgloos gespeel het tot dit donker word.

    Demoerin: baie, baie kort! wreed so kort is hy.

  26. Pienk Zuit, ek was ook so groot gemaak en glo my, ek doen letterlik alles in my vermoë om my kids ook so groot te maak…. Die enigste verskil is my ma het gesê: Gaan speel… en ek sê: Gaan speel waar ek julle kan sien…. Vyf klein woordjies wat so ‘n radikale omwenteling in ‘n mens se bestaan maak. My kinders leef nie in vrees nie, want ek straal nie vrees uit nie… Maar hulle leef in ‘n eiendom met 8 voet mure, ‘n elektriese heining en lemmetjies draad bo-op…. Hulle kan nie alleen parkie of kafee toe loop nie en mag nooit onder geen omstandighede by die hek uitgaan nie… Ek wens ek kan die horlosie 40 jaar terugdraai…

  27. BB

    Ek ry ook so met my pepperspray ini hand rond – dis al semi-outomaties – hy lê op my skoot en as ek stop is hy in die hand… die ouens is só oplettend – hulle kom nie eers meer met die perske-boksie nader nie😀 en ek sal nie huiwer om te spuit nie. Heng, ek’t selfs ‘n jaar of drie terug uit die kar gespring en al gillend en spuitend die bestuurder voor my van ‘n smash&grab gered… (hy laat steeds alle 3-4 maande blomme by my werk aflewer). (ek is ‘n gevaar op twee pote myself – baaaaie waaksaam en uiters paraat en my pepperspray is ALTYD byderhand.
    (Oja, en ekke bid vir beskerming – veral vir die kinders)

  28. Sigeuner

    BB – Bid ja, dis al wat gerustelling bring, voor jy gaan slaap. Dis net elke aand:”…en hou U hand vanaand oor ons op ons plaas in Afrika…en my kinders. Amen”

    Ek kla nie, is nie bang nie en stem nie. Daar is dinge wat nie gaan verander deur dit te doen nie.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: