Die groot verstomming

So paar jaar gelede was dit die groot woede wat oor my gedaal het. Nou noem ek dit maar die groot verstomming.

Elke nou en dan, daal hy soos ‘n nat kombers oor my en kom le oor my gemoed soos ‘n sening. ‘n Sening wat so taai is, ek kry hom net nie gekou nie. En as ek hom heel probeer insluk soos een van daai senings aan ‘n biltong, dan kom hy net terug in die keel.

Dit tref my onverwags, die voormalige groot woede wat nou die groot verstomming is, sommer so oral waar ek kom. Nou die aand weer: Ek sit nog so en gesels met iemand oor die maan, ja die reuse stuk rots so groot soos die helfte van Afrika wat so 360 000 km ver bo ons koppe draai. En iemand trek los: “Ek glo nie mense was ooit maan toe nie, glo jy dit?” en hy kyk reguit vir my.

En daai groot verstomming daal oor my soos iemand wat skelm in ‘n vol saal gepoep het. En toe doen ek dit . . . ek lag hom uit. En ek lag en ek lag. Ek kan niks se nie.

Ek probeer nie eens verduidelik hoe ons wel 12 keer op die maan geloop het nie. Maar die verstommendse van alles is dat hy ‘n nagraadste kwalifikasie het, by ‘n goeie plek werk en geen verskoning vir sy denke het nie.

Op sommige mense word ons belastinggeld net gemors. Skryf dit af. Sela. Hy kyk net vir my wat lag. My verstomming is net te veel vir my,

Toe gaan pak ek maar weer my bordjie vol kos en eet nog.


  1. Wel al wat ek kan sê is dat ek wens ek is daar waar jy nou is Rosie. Want ek is nog nie by verstomming nie, ek raak wild aan die swets. Nou die dag vertel iemand vir my presies hoe hierdie maanlanding gefnuik is deur die Amerikaners! Kwansuis oor die Amerikaners voor die Russe op die maan wou land….. In jou lewe het jy nou al so pot bollie gehoor!! 😈 Ja, hulle het kwansuis net ‘n movie gemaak asof/sou hulle op die maan geland het. Kyk die mense nie Discovery nie, lees hulle nie?
    As jy nie seker is van iets nie bly stil, want jy gaan jou naam met ‘n plank slaan!

  2. Nee heiden, “verstomming” is die beste woord vir dit. Dit is lankal nie meer die moeite werd om met een-dimensionele mense te redeneer nie. Nie dat sulke onkunde hier enige mate van redenering verdien nie. Dieselfde persoon, wonder ek nou, glo seker eerder in God.

    Ek het al baie onsin oor die waarskynlikheid van die maanlanding gelees, van die foto’s se skaduwees wat kwansuis verkeerd lyk, tot die hele idee oor die movie. Ongelooflik! Soos Wipneus daar sê: bollie!

    Rosalind, ‘n graad is tog net ‘n papier!

  3. Nee wat, vir sulke mens vererg ek my nie. Dis eerder ‘n uitdaging, ‘n toets vir die wetenskaplike metode. Sien, die wetenskap is mos juis daar om die waarheid op ‘n kommunikeerbare wyse te bepaal. So, al wat mens doen is om jouself af te vra hoekom jyself oortuig is dat dit nie ‘n sameswering was nie. Dit behoort dan die ander persoon ook te oortuig.

    Ai Emil “Dieselfde persoon, wonder ek nou, glo seker eerder in God.” dis darem nou ‘n cheap shot.

  4. Andrew

    They walk among us and they produce offspring.

  5. Ek sou heel waarskynlik ook so aan die lag gegaan het . . .😉

  6. Is dit nie dieselfde ou wat wonder wanneer kom die aliens nie?😆

  7. Bwahahahahahaha, shame….. Ek wonder of aliens hom nie dalkies ontvoer het en gebreinspoel het nie…. 😆 😆

  8. BB

    Yes, we’ve been to the moon – and back, Hallelujah!!:mrgreen: (dis wat enige reis vir my suksesvol maak – die terugvind huistoe… – just as the prodigal son)
    I believe in God too, but that’s just me…😉

  9. Zee

    Rosie, wat vertel jy my nou……. daar was al mense oppie maan gewees.. Wie sou dit nou kon glo!!!

    Bwahahahaha

  10. 😆 Nogal snaaks het ek die ander dag dieselfde verstomming gehad. Dit moet swaar wees om so toe te wees!
    En ja, daar is allerhande stories en sprokies oor hoekom nie ens. Sommer net ‘n pot bollie.
    Daar was die ander dag ‘n interessante episode van Mythbusters op waar hulle juis al hierdie stories gebust het!

  11. …en soos jy ook uitwys….dit het ook al weer daarna gebeur. 1969 (?) was nie ‘n geisoleerde maanlanding en nooit weer nie!

  12. Dit wys mens hoe samesweringsteoriee mense kan breinspoel en belaglikhede kan laat glo.
    Emil, implisiet vergelyk jy geloof in God met ‘n geloof in samesweringsteoriee. Ek dink nie daar is veel van ‘n korrelasie nie.

  13. wippie, nee weet jy waarvoor word ek kwaad, vir kwak-medisyne nou dit maak my woedend want mense speel met hulle eie en ander se lewens.

    emil: jy sal verbaas wees hoe baie mense dink ‘n graad gee jou noodwendig wysheid. so persoon sal enige iets glo, behalwe wetenskaplike verduideliking want hy/sy wil dit nie verstaan of glo nie, want as dit gebeur val sy hele wereld ineen. dit kry jy baie, so volstruis met die stert in die lug.

    flippie: ek dink baie mense verstaan nie die crux van die wetenskaplike metode nie, hulle verwar dit met anekdotes.

    andrew: dit is ‘n bekommernis en hulle leer hulle nasate dieselfde twak.

    krista en kaalvoete: so lag en huil ek myself aan die slaap, dit is dieselde mense wat glo die holocaust is ‘n storie

    dellie: jip die ou wat glo roswell het gebeur….

    pikkie; ja die aliens kom elke aand🙂

    BB; dis innie journey?

    zee; jy crack my op!

    demoerin: ons gaan weer voor 2020 maan toe en teen 2030 mars toe met minstens 4 mense. just wait and see china😉

    BiB: goedgelowigheid en liggelowingheid gevaarlike dinge. om nie skepties te wees nie, is gevaarlik.

  14. I am currently away on leave, traveling through time and will be returning last week…😆

  15. Dis nogal amazing wat sommige mense sal glo.😯

  16. Miskien goeie rede om nie mense op grond van hulle kwalifikasies te oordeel nie, ne!

    Ek wonder egter oor die donkie wat ek elke aand daar sien. Kyk, as daar nie mense maan toe gegaan het om hom te voer nie, sou hy mos vrek van die honger. So ja, mense MOET maan toe.

    Om vir ou Langoor te gaan lusern gee.

  17. Jammer, flippiefanus en Bib, nou dat ek weer lees, sien ek die kortsigtigheid van my stelling. Dit is ‘n ongevraagde uitrukking van my onderbewuste. Ek dink my bedoeling is eerder: dit is eienaardig hoe baie mense eerder sou kies om in ‘n bonatuurlike entiteit te glo as wetenskaplik-fundeerde feite.

    Samesweringsteorië? Mhmm, dalk, net dalk, is daar tog ‘n korrelasie.

    I stand corrected😳

  18. BB

    Huh Skoortjie???😕 Donkie??? Rook jy daai goed waarvoor jy maan toe vlieg om hom te voer??? En hét jy ‘n liksens vir daai besem?? ROFL!!!!!

  19. Andrew

    UITEINDELIK het ek uitgefigure waarvoor staan ROFL. Roll On Floor Laughing. Dis wat met my gebeur het toe ek een keer ge-experimenteer het met ‘Doberman shit’. Ai dis gooie ou dae daai …🙂

  20. BB

    Andrew🙄 – ek’s amper te bang om te vra… klink vir my te naby aan ‘n puke-story of sorts – of het daai “Doberman-sh!t” ‘n ander meaning😕 en maak ek net assumptions??

  21. Andrew

    BB, dis ‘n beskruiwing vir aaptwak (dope) wat ek lank terug op ‘n movie gehoor het.

    Ek het een keer ‘n rook pyp uit Imbuia hout gedraai op die skool se draai bank en gewone twak gerook (met my Ma se toestemming) en dit het my laat kots vir die wereld span. Ma’s weet hierdie dinge, ek dink hulle is siggies.🙂

  22. Nee BeeBee, daai goed het ek lankal gelos, het jy al gevoel hoe dit voel as dit lyk of ‘n berg jou wil HUG!!! En met my uneven bene en spraakgebrek is dit nogal ‘n sight for sore eyes, mind you!

    Is die donkie dan eintlik ‘n Man op die Maan??

  23. Andrew

    Nou gaan ek ‘n bye nes oopkrap. Ek voel dat die gebruik van dagga wettig gemaak moet word. Ek self gebruik dit nie, dit maak my naar, maar ek dink regtig hierdie tammeletjie moet bespreek word en in heroorweging gebring word. Dalk is ek nie bewus van al die nadele van die gebruik daarvan nie, maar hoekom word die voor en nadele nooit openlik bespreek nie?

  24. Zee

    Andrew… met jou sal ek NOOIT in my lewe saamstem oor om dagga wettig te maak nie!!!

    En dis maar net my beskeie opinie!!!

  25. Andrew

    Zee, jou opinie mag beskeie wees maar dit is belangrik. Ek verwag geweldige teenkanting oor wat ek gese^ het. In fact ek sal verbaas wees as enige iemand my argument ondersteun. It’s the storie of my life, when ever I ask a question I get told to shut up.

  26. Andrew, jou argument het meriete.

  27. Rosa, mens moet seker dan maar vir sulke mense verduidelik wat die wetenskaplike metode impliseer.

    Emil, ons sal seker nog vir lank redeneer oor die geloof in die “bonatuurlike” teenoor geloof in die “wetenskap”.😉

  28. Zee

    Andrew… nee jong ek het mos nou nie gesê shut up nie, net dat ek nooit daaroor sal kan saamstem nie. Elke mens het die reg om sy opinie te lig.

    Rosie, verduidelik dan asb soos Flippie sê wat die wetenskaplike metode impliseer…

    Miskien as daar 100 meer voordele is, wie weet, dalk verander ‘n paar mense hulle opinies oor dagga, maar vir my bly dit maar die dwelm wat die deur oopmaak na sterker dwelms toe, net a matter of time voor dit gebeur.

  29. Zee

    Ek sit nou en dink.. Imagine hoe gaan die wêreld om ons stink van die walglike reuk van dagga as die gebruik van dit wettig gemaak word.

  30. Andrew

    Zee, ekskuus man, my laaste sin van my vorige komentaar was nie veronderstel om so uit te kom nie.

    BiB, net gou ‘n intresante storie, ek het jare terug ‘n chokka boot geskipper in die oos-kaap. Dit word oor die algemeen aanvaar vir die ‘crew’ om dagga te rook op see en ek het ook nooit nee gese^ as hulle vir my gevra het of hulle mag rook nie. Maar drank weer word glad nie geduld nie, nie eers ‘n klein nippie Old Brown Sherry vir die koue nie. Dis amper asof die wette op see omgekeerd is as die op die land.

  31. 😉 Nee man Zee, hoe kan jy nou sê dagga stink?

  32. Andrew

    Rosalind, several mirrors were placed on the Moon during the Apollo missions, (Apollo 11, 14 & 15) and are still used today to calculate the distance between the Moon and Earth by bouncing laser pulses off them. But even this fact doesn’t seem to distract the Moon landing conspiracy ranters.

  33. Rosa: Bly die persoon nie dalk in Orania nie!

  34. Mooi Andrew, jy verstaan die wetenskaplike metode. Nou kan jy een van hierdie mense wat die maanreis betwyfel aan die hand vat en vir hom/haar wys dat mens ‘n laser vanaf die weerkaatsers op die maan kan weerkaats.

  35. Andrew

    Flippie ek het dit al gedoen. ‘n Paar van my vriende en verskeie van my ex werks kollegas was eers oortuig dat die Maan landing nooit plaas gevind het nie. Nou se^ hulle die Amerikaners het NA die ‘sogenaamde’ Apollo sendings die weerkaatsers daar geplaas, en die fotos en video materiaal van die sendings is vervals. ‘n Mens kan nie wen nie. Miskien is dit tyd dat ek ‘n ander vriende kring begin opbou en sommer na ‘n ander planeet toe trek.🙂

  36. Andrew, maar dan moet jy die volgende stap neem. Vra jouself af watter wetenskaplike bewyse is daar dat NASA reeds lankal daar was en nie net onlangs daar geland het nie. Dink jy nie dis darem reeds ‘n deurbraak dat hulle moet erken dat NASA ten minste op ‘n stadium op die maan moes geland het nie?

  37. ding

    Rosie, jy weet, Ding kan elke keer sy bakbeen uithaak en homself van agter af vol ou cats skop as hy ‘n ruk lank nie tyd gemaak het om hier by jou te draai nie – gits, jy vertel dat manman nie anders kan nie, as om homself in ‘n ander bloedgroep in te lag.

    Nee, Andrew, nie in hierdie lewe moet die gebruik van vredestwakkies gewettig word in hierdie land nie – met die Grondwet reeds soos dit is, WEET jy hoe moeilik dit is om nog ‘n rebel te wees in hierdie land, HMMM? Dan wil jy die laaste ou bietjie onwettige pret wat Ding geniet, OOK van hom laat wegneem?! Nee, my danner, man!

  38. Andrew

    Whahaha *verstik* hahaha … Ding jy sal laat ek myself dood lag.🙂

  39. BB

    Rosietjie??😕
    Siek??
    Eina??
    Demoerin??
    Halstarrig??
    Stomgeslaan??
    Lui??
    Verveeld??
    ehhhmmmm
    Sommer net…??
    Moet ekke worry??

    It’s been one whole week, girl!!

  40. 😆 Miskien het sy die verstommendes op ‘n reis maan toe geneem!

  41. Nou, waaas jy nou????? Watse stilte heers hier????? Nee alla wêreld, roer jou agterstewe en skrywe ietsie!!

  42. laat ek eers kyk wat praat julle terwyl ek nie hier was nie….hallo pikkkkkiiieeeeeee!!!!

  43. Dellie: lekker! ja dis omtrent wat ek gedoen het.

    Koeksister: jy vertel vir my!

    Emil: Ek verstaan wat jy bedoel, baie mens so in onsigbaarhede, terwyl hulle nie sal glo in die waarheid van ‘n fossiel (in die opgrawingsterrein) wat ingebed le in die sediment nie.

    BB: sy rook hom daai deng…sien sien hom die perdjie, oppi maan

    Skoor: o, ek sien sy rook hom nie meer daai deng…

    Andrew en Zee: ek laaik dit as mense hier chat, jammer ek was so afwesig maar ek was weg.
    Die probleem met daggga is dat sekere mense dit kan hanteer en ander nie. punt. Ek glo nie dit lei noodwendig tot ander dwelms nie, maar mense wat geneig is tot verslawing sal wel iets anders rook. Die probleem is dat diegene wat dit kan rook en vir wie dit nie ‘n probleem raak nie, dit gewoonlik nie rook nie en vice versa.

    Ek voel egter dat alkholmisbruik in SA ‘n veel-veel groter probleem is. Byna 60% van mense wat gewelddadig sterf en wat geweld pleeg is dronk. Dit lei tot dood op die paaie en gesinsgeweld.

    Ek sal nie dagga rook nie want ek dink dit maak mens se brein suf.

    Maar ek verstaan ook Zee se pyn….

    Andrew, jy hoef nie hier te shut up nie!

    Flippie en Zee: ek sal ‘n post maak oor die wetenskaplike.
    metode.
    ****

    O myne jinne “the moon plot sickens”

    Haai BB is dit al ‘n hele week? sorry hier is ek weer.

  44. Dagse Rosalindfranklin

    Mense glo wat hulle wil en of jy kwaad word of lag gaan niks verander aan die ou wat rede soek om alles in die lewe te wantrou nie.

    So gaan voort met wat jy weet en bly daarby, ignoreer die wat nie wil leer nie.

    Zee
    Ek verstaan en begryp dat Dagga en die gebruik daarvan (deur dit te rook) vir jou sleg is en aanleiding gee tot ander probleme. Daar is egter mense wat die dagga blare trek soos tee en dit dan drink en dit help (soos hulle glo) vir spesifieke probleme.

    Groete

  45. Zee

    WitRidder… ek hoor wat jy sê, maar as dit dan nou so goed was, hoekom word dit nie deur die mediese raad goedgekeur nie?

  46. Zee het ‘n punt beet! Die nadele van dagga, veral vir die brein, is veel meer as die voordele. Miskien was dit 300 jaar gelede die beste wat ons gehad het vir pyn, maar dit is nie meer nie, daar is talle pynmiddels wat veel beter is vir pyn, en met baie minder newe-effekte en wat nie skadelik is vir die brein nie.

  47. Andrew

    Zee, moetie worry oor die mediese raad nie, raadpleeg die Bybel vir advies. Ek is nie ‘n ekspirt op hierdie gebied nie maar so ver ek weet het die Here nie issues oor die gebruik van drugs nie.😉

    Reg of verkeerd, wettig of onwettig, dit word anyway gebruik. As ek na ‘n braai toe gaan en niemand rook ietsie nie sal ek onmiddelik begin wonder of ek by die regte adres is.

  48. Andrew, jy moet verstaan dat Zee deur hel is met haar seun wat aan dwelms verslaaf is, absolute hel en pyn.

    As ek na ‘n braai toe gaan, wel en daar is dagga kan die mense rook as hulle wil. Wat jy doen as jy oor 18 is, is jou keuse. Maar wat ek lees in peer review se vir my: koppie raak suf. (hy raak in alle geval suf soos ek ouer raak, ek gaan dit nie aanhelp nie).

    So vir my gaan dit nie oor reg of verkeerd nie, wettig of onwettig nie. Die Here of die Duiwel nie. Dit gaan oor helder dink of nie😉

  49. Andrew

    Zee, ek is regtig jammer oor jou seun en ek vra omverskoning oor wat ek gese het, ek het nie geweet nie. Dit is die lelike kant van drugs wat ek nie ken nie. Die mense om my wat dit gebruik kom vir my so ‘together’ voor.

  50. Zee

    Andrew, dis ok, dit is maar al hoekom ek so sterk teen enige vorm van dwelms is, maar ek sê nog steeds… Dit is my opinie en as iemand my verkeerd bewys mag ek my opinie wysig.

    ((Andrew))

  51. Andrew

    Ek is so bly om jou komentaar te lees. Lekker naweek.🙂

  52. Ek is bly julle kan met mekaar gesels en ook met mekaar verskil. Ek laaik julle altwee!

    En dankie dat julle twee hier kuier🙂

  53. ding

    Heeeey maaaaannnn! DIS darem maar ‘n bewonderenswaardige kenmerk van ons kuberdorp oor die algemeen, ja? So hier en daar so nou en dan, dan trap ‘n ou ‘n toon of twee raak, maar hier is ons sterk en swak en groot en klein genoeg om die vrede te handhaaf en meer as net gaaf met mekaar te wees – Rosie, Zee, Andrew, gits, julle maak sommer vir Ouding sag word, man! Netjies, netjies.

    Andrew – ons het ooreenkomste in ons braaigewoontes😉

    Zee, ernstig: kom hier lat Ouding jou sommer ‘n druk kan gee, man ((((Zee. Nog ‘n rede hoekom Ding so vas glo dat kinders self hulle ouers kies – nie enige en elke ouer kan sulke nommers deurleef nie. Zee, Ding weet wat Ding nou hier gelees het, maar Ding wil jou sê: dis knap gedaan. Ding rook oor die algemeen maar net sy pyp en sy Cameltjies en Moedertjie rol klaar nag vir nag rond daaroor…

  1. 1 Die Week in ‘n Neutedop….. « Demoerin se Wêreld

    […] en sit sommer ter selfde tyd die troeteldiere op hulle plek (Wat ek wel sal voorstel is om van verstommende vriende ontslae te raak…. netnou is dit […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: