Sam

Die manier waarop Sam, die koala, tussen al die vlamme en pyn gered is, het my aangeraak.

National Geographic skryf dat die vrywilliger-brandbestryder David Tree, vir Sam opgespoor het waar sy op haar verbrande pote in ‘n woud geloop het, noord van Melbourne

“Ek kan sien sy het seer pote gehad en was in die moeilikheid, so het die brandweerwa gestop. Sy het net neergeval, asof om te sê: Ek is klaar,” het hy gesê.

Hy het vir haar water gevoer uit sy eie waterbottel. En die ongelooflikste is dat sy my hand gegryp het. Ek sal dit nooit vergeet nie, het hy gesê.

Die water het waarskynlik die dehidreerde koala se lewe gered. Sam word nou vir brandwonde behandel.

Verlede week is ‘n tranerige Tree met haar herenig. Dalk het sy hom herken, sê hy.

Hierdie storie van omgee, van besef dat elke lewende organisme werd is om gered te word. Dat geen dier jou mindere is nie, was vir my ongelooflik.

En die foto! Hoe roerend is dit nie?

090212-burned-koala-photo_big
Foto: National Geographic


  1. Ag siestog! 😦

    Ek gaan gereeld aan die tjank oor diere!

    Geen dier is my mindere nie. Ek is baie liewer vir diere as vir mense. Bloot net omdat diere my nog nooit so seer gemaak het soos wat mense doen nie.

  2. Paula

    Dit is ‘n ongelooflike storie … hartseer, maar tog ook vol hoop.

  3. Ag ja, dis IS ‘n nice storie. 😉

    Annerdag, as ek genoeg moed bymekaar geskraap het, sal ek vertel van my ‘reddingspoging’. 🙄 Hoop net dit kom van die grond af…

  4. Mefri

    Ek ys as ek dink aan die pyn wat hy moes verduur het, veral wanneer hy op sy voetjies getrap het. Oe nee, ek wil nie eers daaraan dink nie.

    Wanneer ek na die foto kyk neem my moederinstink oor – ek wil die diertjie net cuddle.

  5. Ek het die berig in die koerant gesien en dit is touching – al is jy nie n dierliefhebber nie. Tree het n magic oomblik beleef, een uit n miljoen. Soos ek die storie verstaan is hulle maar baie antisosiaal. n Dier wat in pyn is mos ook baie aggressief. Siestog, Sam was seker verby omgee.

  6. Ek stem saam Rosa, dit was ‘n beautiful storie. Die foto is amazing – dat hy die man so vertrou het en instinktief geweet het hy bedoel goed.
    “Elke organisme is werd om gered te word” – baie baie waar woorde.
    xxx

  7. Wow, baie mooi foto en storie.

  8. BB

    Ek’t ook maar lekker swaar gesluk toe ek die gesig sien.

    Die vraag is nie of hulle kan praat of redeneer nie, die vraag is: Can they suffer?? Ek dink altyd aan my Ouvrou (my skillie) wanneer ek hoor en lees van veldbrande en alhoewel sy letterlik op ‘n drafstappie aankom as sy haar ‘ma’ se stem hoor of as ek haar roep, weet ek dat ‘n dier soos sy dit nooit ooit uit so ‘n furnace sou maak nie – en dit laat mens besef hoe hulpeloos hulle regtig is.

    “From beasts we scorn as soulless,
    In forest, field and den,
    The cry goes up to witness
    The soullessness of men.”

  9. roer

    Ja-nee, soos Adrie se^, al is jy nie ‘n diereliefhebber nie; sal die storie jou raak. Ek sidder om te dink aan al daai diere wat dit nie gemaak het nie. Wat ‘n aaklige dood.

  10. Sammi

    Dankie Rosa, vir die deel hiervan – soveel foto’s wat die rondte doen oor die gebeure daar – soveel mense wat nou saamstaan en inspring om die situasie te verbeter, is absoluut bewonderinswaardig.

  11. Andrew

    Hierdie foto het voorwaar perspektief gegee aan ons verhouding met ander lewens vorme op hierdie planet. Ek is ook so bly om Adrie se komentaar te lees onder ‘Veels geluk”. Dit laat my voel asof die jonger geslag in Suid Afrika evolusie begin aanvaar en dat blogs soos hierdie een, geskryf deur ‘The Dark Lady of Genetics’ ‘n verskil kan maak.🙂

  12. So brand is darem maar ‘n lelike ding…
    Dis ‘n priceless oomblik wat vir altyd vasgevang is.

    Beautiful en hartseer!

  13. Zee

    Ai, die brandbestryder bring trane in my oë. Dankie tog dat hy op die regte tyd en plek daar was vir die beertjie!

  14. Twee spesies saam in die verknorsing. So is ons tog almal aan mekaar verbind.

  15. Andrew

    Jammer om jou teleur te stel. Ek glo wel in ‘n Skepper. Ek ontken nie evolusie nie, daar is besliste bewyse. Tog glo ek nie elke woord wat oor evolusie in omgang is nie.

    Ek moes filosofie op varsity neem en dit het evolusie in perspektief vir my geplaas. Elkeen se perspektief oor evolusie verskil ook.

    Alhoewel, ek is seker Sam en Tree voel ‘n veer oor evolusie vandag. Netnou moer Rosa ons ook nog. Ons kan op ‘n ander dag daaroor idees uitruil.

  16. Ruil maar uit ek sallie moer nie!

    Koalas is soos alle wilde diere nie sosiaal soos wat die mens hulle wil he nie, huishoudelike diere is sosiaal omdat ons hulle so geteel het (‘n vinnige vorm van natuurlike seleksie).
    Koalas is wel baie stadig en hou baie daarom van heeldag net bloekomblare te eet. Dit is juis evolusie wat aan Koalas hulle spesifieke spysvertering gegee het wat maak dat hulle so baie moet eet om te oorleef. DUS, ek dink Sam, staan nie afsyding jeens evolusie.

    Koalas loop wel so stadig, dat ek nie glo hulle so by Noag se ark uitgekom het in tyd nie ….

    Ek chat nou-nou met julle almal verder.

  17. maxie

    Ai, tjank ek nou oor dié een.

    Dit pla my altyd die meeste met elke groot veldbrand – die diere wat nie kan wegkom nie.

  18. Mefri

    Hierdie inskrywing skets ‘n prentjie van myself en iemand vir wie ek verskriklik sielslief is. Ek hou soms die water uit en dan rus ʼn hand op myne wat tot in my siel raakvat. Soms is dit andersom; dan sit ek weer met die gebrande vingers.

    Rooskindjie dat jy nou sulke sielsvreugde in my kan ontketen, en dit so vroeg op my nugtermaag. Dankie! ((((((Rooskindjie))))))

  19. Andrew

    Adrie, tensy jou filosofie lektor verwys na die meganismis of detail van evolusie kan jy maar vir hom se^ ek se^ hy praat kak, en met rente. Evolusie word nie geinterpriteer soos godsdienstige text nie.

    En moenie probeer om my kop af te byt nie, dis alreeds gister oggend op Flippie se blog gedoen. 😉

  20. Andrew

    Ek het nie jou kop afgebyt nie, dit sou jy beslis gevoel het. Ek doen ‘n goeie job. 😆

    Die filosofie aspek daarvan het meer gegaan dat godsdiens en die teorie nie noodwendig in konflik met mekaar is nie. Toemaar, ek weet wat jou siening oor godsdiens is. Dit is jou goeie reg en ek kan dit respekteer.

  21. wil graag saamchat, maar ek kan nie, julle weet mos ek laaik van gesels, maar ek sal weer terug wees, hang net aan.

    het vandag gehoor ek gaan op trippie. moes vinnig pak en reelings tref.

    ek is gou weer hier! met iets nuuts . . .

  22. BB: dis waar wat jy se, can they suffer? ja hulle kan! en they can feel.

    Ek dink ook altyd aan die diere in die brande, hoeveel so wreed sterf.

    Wat beteken dit was mense se: hulle is nie diereliefhebbers nie? hoe so?

  23. stunning foto…hoendervleis materiaal

  24. Soos Emil sê, so is ons dan maar almal as lewende wesens verbind, ook as dit saam in die verknorsing is.
    Sulke stories gee mens tog maar hoop. Die ding is dat ons nie alleen op hierdie aarbolletjie is nie, en dat ons bestaan daagliks geraak word deur die natuur – dier en plant. Meer mense moet dit egter besef dat die simbiose noodsaaklik is vir die voortbestaan van onse aarde.

  25. Ons het laasweek in die plaaslike koerant so ‘n storie gehad oor ‘n oom se hoenders wat in die hok was, en weggekruip het toe Stellenbosch so gebrand het.

    Jis, diere gaan deur terrible vrees sulke tye, hulle weet mos nie.

    Vanoggend op die draadloos se hulle daar is erge donderweer in en om Beaufort. Toe wonder ek hoe daai diertjies se harte vanoggend moet klop uit vrees.

    Hoe hou die Transvolers se diere dit? Ek en myne is heel up in arms as ons die slag ‘n trom in die lug beleef!

  26. Hi cebella, goed om jou weer te sien.

    Demoerin, so waar, ek weens meer mense wil besef alle lewe is kosbaar nie net mense se lewe nie.

    skoor: ja die vrees van diere trek ek myself ook aan. die onnoseles wat so klappers skiet maak my net so klaar, ek wens die goed wil weer verban word, is geldmors en gevaarlik en diere word net bang.

  27. Mike

    Just passing by.Btw, you website have great content!

    ______________________________
    Don’t pay for your electricity any longer…
    Instead, the power company will pay YOU!

  28. Sigeuner

    Sulke stories, sulke foto`s…dit praat en roep my (al sit ek hier en huil). Moes lankal, lankal na (h)ierie blog gekom het.

  1. 1 ‘n Wonderwerk in die kleine?

    […] het ek hierdie by George en Rosalind raakgelees. Vandag het ek ook so ‘n voorsmakie van my eie gehad van ‘n mensdom wat nog iewers […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: