Veels geluk

darwin2

Liewe Charles Darwin met jou 200ste verjaardag vandag, 12 Februarie 2009.

Dankie vir die verstaan van die stamboek van die lewe. Dankie vir die weldeurdagte verduideliking van biodiversiteit, spesiasie en elegante natuurlike seleksie. Jou wonderlike boeke en jou fenominale denke – gedeel met ons vanuit die ryk, tydsame observasie van die ouskoolse natuurkunde.

Ek weet en verstaan ek is nie die kersie op die koek van ‘n skepping nie, maar net ‘n rosyntjie in die bun. Ontwikkel deur eons en eons se tydsame . . .tyd.

Advertisements

  1. Wipneus!

    Baie geluk Charles Darwin! En dankie vir jou boeke, waaruit ek nogsteeds leer!

    Liefde
    van nog ‘n rosyntjie in die bun πŸ™‚

  2. Duusman

    a Legend- en 100jaar later sukkel baie om dit te verstaan.

  3. BB

    Oh Lordy Lord!! πŸ™„
    “She’s REALLY with me!!”
    ..and she ain’t just no raisin in a bun either – she IS the bun!! A chelsey bun, ja!! πŸ˜‰

  4. Andrew

    Beslis ‘n baie spesiale dag. Toe ek probeer om ‘n bespreking te maak om die seminare by te woon was dit vol bespreek, nie eers een enkele sitplek beskikbaar nie. Maar nou ja so gaan dit, sal maar ‘n bun koop en twee kersies opsit en ‘n bottel Oude Meester op Seapunt se rotse op drink.

    Geluk Charles en lekker verjaar.

  5. Telkemale staan ek in verwondering oor hoe passievol jy leef en werk. Hierdie is weer so β€˜n geleentheid.

    En Rosa’tjie weet natuurlik dat rosyntjies β€˜n baie belangrike werk het. Wat maak β€˜n β€˜charles’-ie bun agter alles β€˜n chelsey bun (vir ons nie-wetenskaplikes)? Die rosyntjies natuurlik! Ek is bly jy is β€˜n rosyntjie. Sonder jou sou baie van ons net gewone buns bly eet het en nooit geweet het van beter nie.

  6. Het gedink jy sal ietsie skrywe πŸ˜‰

    Sal ook maar in die stilligheid van my woonstel ietsie alkoholis geniet vir Charles se part πŸ˜†

  7. Om te dink Jesus martle hom al meer as 100 jaar in die hel.

  8. Vaktap: soos ek jesus verstaan martel hy nie juis mense nie. of dalk doen hy?

    hoekom jy nou die jirre hier bysleep weet net jy alleen.

    ****

    met julle liewe maats ander chat ek weer later, ek is onderweg na ‘n heerlike huldigings-seremonie vanaand vir mr darwin, ek meen die volgende groot ene is oor 50 jaar (250 jr na sy geboorte) en dan is ek sekerlik nie meer hier nie….of kan nie onthou nie.

    en vandag was daar lekker lesings en ek het heerlik baie geleer. baai. happy happy!!!

  9. BB

    Was daar koek Rosietjie?? Ek’s nou so lus vir koek ek kan my lag nie hou nie… ek’s so lus vir koek ek vier sommer Oom Charles se birthday saam met jou :mrgreen:
    Eerlik nou: ek weet tot hoeveel passie jy in staat is op hierdie en hordes ander subjects – ek hoop regtig jy het die aand enjoy!! x

  10. Wippie aka mede-rosyntjie…het hy al die Voyage of the Beagle gelees? baie lekker ou victoriaanse engels.

    duusman: jip. miskien sal dit beter gaan met Darwin250 se verjaardag? as sal die kettervure dan eers hoog brand?

    Andrew: dit was volgepak by UCT gister, daar was tot ‘n “overflow” lesingsaal verbind met kameras. (vreemd dat so baie mense belangstel ne?) by kovsies het hulle 15 indrukwekkende lesings regdeur die jaar en by wits ook. In kaapstad het hulle van 23-25 maart baie goeie sprekers by Iziko musuem. so bespreek voortyding.

    LOL@ die bun en 2 kersies.

    Wag’nbietjie: Jy en almal hier is rosyne! Hap jou bun, elke dag! Jy weet mos…

    Kaalvoete: Ek dink nogal charlie was iemand wat miskien ‘n glasie sherry sou geniet?

    BB: dankie nee daar was nie ‘n koek nie, maar daar was baie lekker happies…geniet met passie.

  11. Rooskind, kan ek asseblief nie ‘n rosyntjie wees nie? Ek sal eerder een van daardie hundreds-and-thousnads gekleurde balletjies op ‘n cupcake wees, maar net nie ‘n rosyntjie nie πŸ˜†

    Geluk oom Charles, al is ek ook nou laat. Sommer gelukkige Valentine ook :kiss:

  12. Sonkind jy kan wees wat jy wil solank jy net in/op die bun is.

  13. Dit voel asof die evolusie teorie al verewig by ons is. Ek kan nie glo dat dit minder as 200 jaar is nie.

  14. Dit is al vir ewig met ons, niemand het dit voorheen neergeskryf nie.

  15. Wrang beaam. Evolusie is reeds vir ewig al met die mens, net soos elders in die heelal, en oorals anders.

  16. Hallo Wrang, nou praat jy. Welkom hier, cool avatar!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: