Die verpesting van musiek

Ek is oortuig daarvan dat jy my nie gaan glo indien ek vir jou gaan vertel dat ek eintlik musiek verpes nie, amper alle musiek, buiten ‘n paar handgekose genres.

Ek weet nie of daar nog sulke mense is nie, maar soos ek ouer word, word dit ook erge. My toleransie vir geluide raak al minder.

Skoor se tag was kies 5 gunsting songs. Onmoontlik. Ek laaik dit nie. Ek verpes popmusiek, rockmusiek is nog meer simpel. En al die rap, hip-k*k-hop, rave, rammel en geskree is nog ‘n groter klomp nonens.

Kom slaan nou ‘n kitaar asof jy geld kry elke keer as die snare (en ek) gepynig word! ‘n Instrument, soos ‘n viool, moet gestreel word op gevoel. Maar die geskreeu soos ‘n barbaar en die onnosel woorde? Neewat.

Afrikaanse Alternatiewe musiek is nou werklikwaar pretensieus.

Musiek wat skreeu en draai, alles dieselfde klink en waarin daar die meesterlikheid is nie maak my ore seer.

Jazz, Blues, Mowtown, Gospel en die res wat so in mens ‘n ore kerm, is vir my suiwer, suiwer torure. Sit my in ‘n kamer en speel vir 24 uur polsende musiek en ek is ‘n pak ertjies.

Ek het ‘n kar-radio/CD-speler in die laai in een van die kaste by die huis. Ek gebruik hom nooit nie. Want ek smag na die stilte.

Musiek hits my aan en op al die verkeerde plekke, dit irriteer my geweldig. My grootste nagmerrie is ‘n popkonsert. Jy sal my baie moet betaal om naby die dronk stinkende lywe te kom wat die hele tyd net skreeu.

Maar ek dink sy kon sing. Van haar hou ek en ek kan na haar luister. Inteendeel ek dink sy was amazing. My gunsteling is Lili Marleen.

marlene-dietrich

En sy ook: My gunsteling: Non, je ne regrette rien.

220px-c389dith_piaf

Maar die mense sing nie meer so nie, miskien Amanda Strydom, ja dalk sy. Soos ‘n lam. My gunsteling: My lam.

Ek kan die opera, die ballet en die simfonie geniet. Die smeulende klanke van die klassieke.

Daar is verskeie weergawes van Ave Maria, maar die een deur Schubert, is vir my die mooiste en Nana sing dit pragtig.

Ek pik musiek baie kieskeurend met die hand. Baie fyn.

Ave Maria


  1. BB

    OG!!! /me is nou tjoepstil hier in haar se hoekie!! Tjoepstil!!
    My mees alltime favorite twee sangers se pics in één bloginskrywing!!! Dietrich EN Piaff – ek huil sommer so lekker kry ek as ek na hulle luister!!!

  2. Haai nee Frankie!

    Om darem so in stilte te wil loop…ek stap op my lekkerste met my MP4 op die ore. Op maat van die ritme van my siel.

    Ek is in ‘n huis grootgemaak waar sing en musiek ‘n ding was soos brood en koffie: lekker!

    Koor gesing vir 12 skooljare, en vrek oor ‘n stem.

    Ek raak sommer hartseer oor iemand ‘n sak oor jou ore gepluk het toe jy baie jonk moes gewees het.

    Reken, jy raak nie geroer as Anna Davel slinks om ‘n noot glip, of Chris Cameleon met Ingrid se stem sandvoortjies op die strand trek nie.

    Ook nie as Nianell haar stem teen die golwe inslinger met die Magaliesburgse Aandlied nie?

    Sjoe.

    NS: Ek dink my Antie Mendie sing vir Non, je ne regrette rien beter as Piaff. En Ek Loop Die Pad, nou ja, teen daai song het ek geen verweer nie. Nie teen een van haar songs nie, mind you.

    En Ave Maria is onder my top 5. Maar ‘n vokale ene.

  3. Rosa, o, Rosa! As ek nog my doubts gehad het, dan is dit nou uit die weg geruim! Jy IS weird! (but in a good way…) 😆

  4. En ek het jou nogal as Edith Piaff, Jaques Brel en Daniel Pascal persoon gesien.😉
    As daar nou iemad is wat kan kerm op Afrikaans is dit Chris Blignaut.

  5. Jaco

    Wag tot jy onse eie BB se weergawe van Lili Marleen hoor (op Ingils of Duits), dit sal jou genees van jou musiekverpesting!

  6. Ek kan Chris Cameleon nie vedra nie, hy doen glad nie reg aan die skitter-verse van Ingrid nie. Dis nou ‘n vieslike geteem. Nope die enigste Afrikaanse sangers wat regtig tot my spreek is Amanda Stydom en Elzabe Zietsman. Sorry to dissappoint….Skoor.
    Ek het ook in ‘n huis met musiek grootgeword, die klassieke en dit is steeds die beste vir my.
    Dan is daar nog ‘n paar sangers in pop en rock wat vir my flippen vuil ook lyk. siesa.

    Jaco: ek is seker BB sing dit pragtig en sal dit graag wil hoor.

    BB: ja die twee was ongelooflike sangers van die chanson.

    Rustig: jy was reg met jou opsommig. chris kan nog was africana gesien word.

    Boendoe: ja, my naam is rosalind franklin en ek is weird.🙂

  7. Carina

    Ek sal nie sommer vir myself ‘n CD gaan koop nie, maar die radio is altyd iewers in die agtergrond. En weet jy, ek het nie ‘n enkele gunsteling liedjie nie, dit hang af van my bui.

  8. Jong, hier begin ons nou weer ‘n topic vir ‘n post, maar as CC gesing het wat hy sing toe ek jonk was soos ek was, het ek dalk meer tyd ingeruim vir my Taal.

    Die liefde en verstaan daarvan (Taal)het veel later in my lewe gekom.

    En ek dink nie die leerplanne van vandag is daarop ingestel om Afrikaans meer toeganklik of aanloklik te maak as 15 jaar terug nie. Inteendeel.

    Without a Song or a Dance, what are we?

    Maar nou dryf ek weg van die topic. O ja, jy het gese CC is kak. Maar hy maak mense bewus.

    Elzabe? Ek was so gek oor haar, ek het tot my een hoender na haar vernoem (die ander een was Amanda), maar toe eendag sit en luister ek haar so, en sy skree actually. My hel, jy kan haar nie teen Amanda, met ‘n wereld klas stem, staanmaak nie. Behalwe dat sy soos ‘n verlore tafelpoot lyk, kan sy nie sing nie, sy gil!

    Gits Frankie, soos Stoutsus sou se.

  9. Rosa

    Ek is dood as ek vir een dag sonder musiek moet gaan. Die naaste wat ek aan klassiek kom is Andrew Lloyd Webber en Barcelona.
    😉 As jy my eendag afpis, sal ek jou in my kar met my musiek (aan) druk en daar los vir ‘n hele dag.

  10. Adriana: die mense sal die SPCA bel as jy dit doen…

    Carina: ek koop wel CD’s, maar ek is vol buie oor musiek.

    Skoor: Elzabe Zietsman was nie onder my5 gunstelinge nie en ek vergelyk haar ook nie met Amanda nie. Amanda is steeds die beste in afrikaans😉 My liefde vir die taal het gekom deur lees nie musiek nie.

  11. Dagse Rosaslinfranklin
    Al wat ek kan se is jou musiek is jou eie keuse,😯 en het seker nie saam die res van jou dinge ge-“evolve” nie.🙄

    Geniet dit anyway.

    Groete
    PS Ek kan ook nie ‘n geskreeu en onduidelike gemompel hanteer as dit by musiek kom nie. Moenie van Leonora Venemans vergeet nie.

  12. hehe Frankie…ek praat van digkuns. Die grondslag van enige goeie lied.

    Digkuns/gedigte het my passie vir Afrikaans wees, op skool, vermoor.

    Tot ek GOEIE Afrikaanse musiek, met Regte woorde, nie doef-doef stront nie, begin luister het.

    Toe het dinge begin sin maak.

    Ns: ek was bevoorreg genoeg om Amanda en Elsabe op stage saam te sien, eendag stuur ek jou hulle duet – ‘n mooie gedig.

    Ciao

  13. LOL@Ridder, skerp ene daai, het seker nie evolve nie…iewers vasgehak.

  14. Mefri

    Musiek is vir my ’n hemelse ervarig, dit die spreektaal van die siel. Ek hou van strelende musiek, maar ek geniet ook iets lewendig wat my op swiep en met my dans. LOL die dae wat ek self huis skoon gemaak het, was goed soos vloere-skrop op die maat van iets lewenslustig soos Belinda Carlistle (we want) ‘the same thing’ net die regte ritme om die seepsop, mop en besem te laat saam dans. Bryan Adams as ek myself vir ‘n spesiale geleentheid klee, (dis meer as net aantrek) Tol en Tol terwyl ek blomme rangskik. When you say nothing at all van Boy Zone omdat die lirieke my eie stem eggo. L Pavarotti. As ek skryf: The Best Baroque album in the world…. Ever Daar is te veel om op te noem.

    Ek luister anders na musiek van vriende; ek hoor en ervaar hul drome en begeertes in hulle stemme, al dra sommiges maar nog baba-skoentjies of al is hulle geseënd met l en pleks van 5 musiek talente.

  15. Hi
    Ek wil nou bietjie anders wees en so half en half met jou saamstem. Ek dink nie my toleransie vir musiek is so laag soos joune nie, maar ek deel wel jou liefde vir stilte. Ek verlang na stilte, ek wens ek kon in ‘n winkel inloop en stilte luister eerder as Boyz2Men. Ek dink stilte is soms die eintlike musiek, as mense net kan leer om die volume op hul iPod af te draai, sal hulle stukkies gesprekke van ander mense op die sypaadjies hoor, of blare wat deur die wind geritsel word, of selfs karre wat ver weg versnel en hulle sal besef die eintlike musiek is oral rondom ons, dat die lewe self ritme en vloei en melodie het en dat ons dit nie elders hoef te gaan soek deur ons kop vol doef-doef-doef te probeer prop nie.

  16. maxie

    “My toleransie vir geluide raak al minder.”

    Dankie tog. Nog iemand wat soos ek voel. Al wat ek wil hoor is STILTE… dalk die gesing van voëltjies of die katte se gespin of ‘n hond in die verte.
    Die musiek in winkelsentrums, veral, dryf my na raserny. As ek by jou winkel instap en die musiek is hard, verjaag jy my, moenie vir ‘n oomblik dink dat die polsende musiek my gaan aanmoedig om ‘n sent uit te gee nie.
    Ek is die persoon wat by Hi-Fi Corporation instap en die hi-fi afsit sodat ek in rus en vrede kan inkopies doen (ja, rerig!).
    My musieksmaak is ook baie selektief.

  17. roer

    As ek maar net soos jy was… My verslawing aan musiek, kos my baie geld en ek is ongelukkig nie so selektief nie. Luister amper enige ding. Dit terwyl ek weet dis een van die grootste vorms van besoedeling van die gees (in my persoonlike opinie).

  18. Andrew

    Stilte … ja beslis, musiek val net my een brein sel in die rede. Pink Floyd, Vivaldi en Black Sabbath geniet ek nou en dan baie veral wanneer ek dit opdraai om die bure af te pis.

  19. Ek luister wyd en vind oral geluide wat vir my mooi is. Ek sal nie kan oorleef sonder musiek nie – nie altyd, elke oomblik nie, maar dis vir my soos sonskyn – as ek te min daarvan kry, voel ek half donker en depressief… ag en Rosa, al is jy weird, hou ek nogsteeds van jou!:mrgreen:

  20. koeksister

    Ek het nou van ‘n blerende kantoor na ‘n grafstil kantoor toe getrek waar geen musiek geduld word nie. Dis ‘n moeviese aanpassing. In my huis is dit ook nooit stil nie. As die televisie nie raas nie, is dit cd’s.

  21. Ek is wel lief vir musiek – alle soorte. Maar ek hou nie van musiek as agtergrondgeraas nie. Die probleem daarmee is dat ek bitter min tyd het om sommer net te sit en ontspan terwyl ek na musiek luister. Dus luister ek minder as wat ek graag wil. Ek luister omtrent nooit radio nie, behalwe in die motor.

    Soos daar mense is wat tassensitief is, is daar mense wat sensitief vir klank is. Daar is ook grade daarvan. ‘n Geraas laat my hart vinniger klop en maak my deurmekaar. Ek kan ook glad nie ‘n gesprek met iemand in ‘n oorvol, raserige plek volg nie. Ek kan nie die agtergrondgeraas uitsny nie. My kinders wat raas terwyl ek met iemand ‘n telefoongesprek probeer voer, dryf my tot raserny.

  22. Sammi

    Daardie doef-doef waarna jy verwys maak my heeltemal mal – die tipe wat die taxis speel – hartklop gaan op en bloeddruk saam met dit – dan voel ek lus en belê in ‘n stootskraper!

  23. ding

    En NIEMAND praat van Koos Doep nie?
    En NIEMAND praat van Leonard Cohen nie?
    En NIEMAND praat van Frank Duval nie?
    En NIEMAND praat van Nikos Ignatiadis nie?
    Niks eers oor Johnny K nie??
    Neeeee, Ding het duidelik iewers hierdie gesprekspunt HELEMAL gemis.
    Maar ja, Frankie, mooiste musiek: naggeluide op die wieke van die wind strelend oor my kaal vel agterop ‘n lorrie in die Groot Niks onder die wye sterrehemel.

    Sammi – daai doef-doef: waar Ding ry, is ten minste die een ruit van Rebel altyd oop en hou Ding langs ‘n doef-doef stil, raas Klipwerf net bietjie harder as die doef-doef – die reaksie? 80% van die tyd kyk die bestuurder vir Ding met spierwit tande en duime op en ritmiese spastiese nekbewegings. hehe

  24. mefri:as ek nou een keer in 100 jr in ‘n goeie bui is kan ek dans met Abba! hulle is nice.

    piesang: dit is presies waarvan ek praat. die “musiek” van mense en van leef is vir my ongelooflik. en dan die soeke na totale, totale stilte. daardie stilte in jouself is die ongelooflikste musiek…

    maxie: die musiek oor kerstyd is vir my die ergste. ek kom glad nie in hi-fi-corp nie…sal seker alles stukkend slaan.

    roer: my verslawing aan boeke kos my ook baie geld. ek dink geraas-besoedeling is baie sleg vir ons, ek stem.

    andrew: hehhe…ek pis die buurman af op baie ander maniere wat ek nie hier kan verklap nie. hy slaan terug my sy opera-musiek.

    dellie: LOL dankie!

    koeksister: ek sal enige iets doen om in grafstilte te kan werk, maar nouja.

    nelba: ek is dieselfde. as geraas te veel is kan ek nie hoor nie en later ook nie sien nie. ek raak heel oorhoeks.

    sammi: ja ek moet liewers nooit met ‘n groot bakkie toegelaat word op die pad nie😉

    ding: rosalind hou nie van musiek nie….sorry

  25. Mefri

    Ek is vanaand opgewek en vrolik, ek kan amper aan die sterre raak, ek hoop dit vryf af op jou, want ek is sooo lus vir een van jou pittige stories.

  26. Ek dink jy moet so bietjie Tool en Rammstein luister😆 😆

  27. Duusman

    Musiek alle soorte- punk rock tot klassiek is goed. Dan is kontras met ‘n uur van stilte , net soveel beter.

  28. Non, je ne regrette rien …. oe hemels…

    Rosie ek hou van musiek, alle musiek, dit hang net af van die bui. Klassieke musiek, strelende musiek, lekker vinnige musiek, franse musiek is ‘n groot gunsteling, net asb nie daai kopruk musiek nie (ek weet nie wat mens dit noem nie, maar dit het nie wysie nie), verkieslik ook nie hip hop nie!

    Maar ek hou ook van stilte, veral as ek “time out” vat om te gaan dink oor die lewe en dinge…. En musiek is ook taboe as ek sterre kyk, daar soek ek stilte…

    Ek vermoed jy raak erg paniekerig in ‘n winkel waar die gemors musiek kliphard speel, so hard dat mens nie jou eie brein kan hoor dink nie? Ek doen en ek verpes dit!:mrgreen:

    As ons gaan koffie drink sal ek aandring dat hulle vir ons strelende klassieke musiek oor die luidsprekers sit!😈

  29. ek stem saam met duusman.

    og, ek sal nooit sonder musiek kan lewe nie, so ek kan nie eers begin om jou sentiment te verstaan nie.

    try buying an electric guitar, an enormous amplifier and a distortion pedal, dan praat ons weer :p

    ek verskil met jou oor die viool. musiekinstrumente is net dit: instrumente. om voor te skryf hoe dit gespeel moet word, is om die instrument gruwelik in te perk. anders as iets soos ‘n hamer, waarvan die funksie “kap” is, is ‘n viool s’n nie “speel soet en strelend” nie – dis bloot “speel”. altans: “genereer toonhoogtes”.

    van die beste vioolmusiek sal vir jou na geraas klink. paganini se capricios is allermins strelend. so ook die meeste simfoniese musiek wat in die 20ste eeu gekomponeer is. there’s some strange shit out there.

    ek raai jy ken toevallig net al die cliché’s, so nou dink jy klassieke musiek is strelend. dis nou soos flippiefanus en filosofie – hy bitch en moan oor iets wat hy nog nie eers halfpad probeer lees het nie. siesa😉

    maar ag, to each his own🙂

  30. Johan, nee allermins dink ek klassieke musiek is net strelend, dit kan ongelooflik opruiend wees en in baie gevalle selfs lelik.

    die is nie die strelendheid in musiek wat vir my mooi is nie.

    dit is die “klank” van musiek wat oor die algemeen met my akkodeer nie, dit is ‘n tipe van intolleransie met musiek en geluide oor die algemeen. in die meeste gevalle sukkel ek met geluide en geraas, en die ritmiese klank van die musiek maak dit vir my moeilik

  31. hmmm…interessant. dis nie dalk tenutis of iets nie? (ek spel dit bes moontlik verkeerd…)

  32. BB

    Og – ekke dink ek moet vir Johan kry om een van my nuwe skeppings te kom distort!!! (ek het ‘n awesome amp – ek distort my backtracks sommer self:mrgreen: )




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: