Die geheim van ‘n boek

Meer as 200 jaar gelede was daar ‘n vrou met die naam van Emily Holloway. Sy moes geletterd gewees het in musiek en anders as die meerderheid van vroue van haar tyd, wat nie formele skoolopleiding ondergaan het nie, moes sy kon lees en skryf.

(Ek meen Elizabeth Blackwell was na ‘n helse stryd toegelaat as die eerste vroulike mediese student in die VSA in 1847 – ek kan my net indink deur watse geveg sy is. En eens in 1908 is vroue in Brittanje toegelaat om snydokters te word. Die meeste vroue is ook eers toegelaat in universiteite net vir vroue. Punt is, formele onderrig vir vroue is eers in die Victoriaanse era gesien as nodig en het begin by die meer gegoede mense. Daarna het dit teen die begin van 1900 gedraai.)

Emily het seker by haar skryftafel gaan sit, en met hierdie mooi handskrif haar naam, blyplek en die datum: 5 November 1798 voorin die boek geskryf. Die boek bestaan uit kerkgesange of “Hymns” soos dit geskryf is, en die Engels is nog nie heeltemal modern nie.

boek2

Die samesteller van die boek is: E.M. Moore en geen drukker/uitgewer is voorin aangedui nie, hoewel die paper van goeie kwaliteit is en die boek in ‘n goeie toestand is. Die kondisie is nie “mint” soos versamelaars na stukke verwys wat basies splinternuut lyk nie. As ek baie geld gehad het sou en beslis meer sulke boeke, nog ouer boeke en geskiedkundige eerste uitgawes versamel het.

boek1

Ek besit die boek al 20 jaar en hy het orals saam met my getrek. Ek is verknog aan Emily se boek. Maar dit is haar klassieke handskrif, daardie tikkie uniekheid in die boek, die persoonlikheid van die vrou wat my lief vir hom maak.

Emily was iemand. Ek wonder wie sy was. Was sy gelukkig, of was sy nie. Hoe het sy haar dae deurgebring? En waar het sy leer lees en skryf? Hoe oud was sy toe sy die boek gekry het? Hoe het sy gelyk?

Ek wonder al jare oor haar. Ek was verheug toe die inskripsie in die boek se inskripsie 200 jaar oud geword het in 1998. Dit was soos ‘n wasdom.

boek3

Om haar toe soek op die argiewe wat natuurlik nie alles op die web is nie is moeilik, en jy moet weet waar om te soek, die vet weet. Ek het ure na Emily gesoek.

17 MAR 1779 Warblington, Hampshire, England – die doop van ene Emily Holloway, kon ek kry.

Haar ouers was Ann en Joseph. Maar of dit my Emily is weet ek nie, hoewel die datums ooreenstem. Met ‘n helse gesukkel het ek uiteindelik uitgevind Emsworth was ‘n “parish” in Warblington.

Maar daar le nog baie werk voor as ek seker wil wees en meer wil uitvind oor die eienaar van die unieke boek.

En, die boek se reuk, ek kan julle nie eens begin vertel watter geheime daarin vaskleef nie. Onopnoembaar subliem.


  1. Dagse RosalindFranklin
    Ek kan jou passie vir die onderwerp en persoon aanvoel in jou weergee van die inligting. Hopelik kry jy die antwoorde op jou vrae en die rigting van jou soeke lei nog na meer verstommende feite.
    Sterkte en groete

  2. Is dit nie dalk beter om NIE te weet nie? Ek bedoel; wat as dit wat jy uitvind afbreek aan die romantiek gaan maak?
    Dan weer, wat is dit nie doen nie en jy kom af op die allerwonderlikste inligting!?
    Sjoe…Laat weet wie sy was!

  3. En daar dog ek, ek is die enigste een ….
    As jy my op my gelukkigste wil sien is dit in ‘n tweedehandse boekwinkeltjie!! Ek snuif en bekyk die inskrywings voorin!
    Jy is gelukkig om so “skat” te besit!

    Hoe bewaar mens die ou boeke? Ek het een wat nou al erg verniel is deur die jare, nie so oud soos hierdie een van jou nie! Dit is ‘n kookboek so jy kan dink dat hy goed gebruik was deur mense!!!

  4. Ek het een jaar met ‘n kongres in Grahamstad baie lesings gemis oor ek die beste en stowwerigste boekwinkels opgespoor het. Sal maar nie se wat die uiteinde daarvan was nie…
    Ek sal so hele winkel opkoop!

    Hoop jy kry die inligting waarna jy soek en deel dit asb!

  5. Oe, dis interessant! Hou aan soek, Rosa, solank jy dit met ons deel. En ek stem saam met Wip: dis regtig ‘n skat daardie.

  6. Hoe bewaar ‘n mens so boek? Weg-weg vir altyd van die son, enige ou foto, boek, koerant, dokument kan binne maande vergaan weens die son.
    Verkieslik toegedraai in iets wat nie motte lok nie, dus suurvrye papier.(ekself het dit nie, en moet ‘n plan maak) Mens se hande is vol natuurlijke olie al is dit gewas – dus met handskoene. Mens kan kamfer-blokkies by apteke koop om goggas weg te hou en dit hou langer, ruik beter as mottegif.

    Daar is mense wat boeke wat verniel is restoureer en herbind.

    Ek is iemand wat wil weet, so die die mistieke sal nie vir my verdwyn as ek haar lewe ontrafel nie, dit sal toeneem.

    Ek sal beslis laat weet as ek nog uitvind.

    Jinne, die ware mooi ou boeke kom op veiligs, maar nouja…dream on Rosalind…

  7. Dankie Rosie ek gaan so gou moontlik plan maak. Ek het nog ‘n ou familie bybel ook!

    Hou ons asb op hoogte met hierdie soektog van jou!

  8. Ou boeke is soos skatkissies. Soms wens ek boeke kon praat, al was dit net saggies fluister. Oor waar hulle al oral was en wie hulle vasgehou en gelees het.

    Vind uit en vertel vir ons meer van Emily. Asseblief, Rooskind.

  9. BB

    en ekke comment… en ekke comment… en woeps!!! daar’s NIKS!!🙄 (wip ek my sommer!!👿 ) Suffice to say – the short of it: awesome storie Rosie – en ek… ek snuif mos ook so lekker aan ‘n ou boek – met elke liewe omblaai druk ek eers die neus so tussen die bladsye in – daar’s lewe in daai reuk!!

  10. Mefri

    Rooskindjie, hierdie inskrywing is so ‘JY’ Ek sien jou my gedagtes; duime wat liggies oor die omslag streel, terwyl jy na voetpaadjies soek wat na die kern van haar wese lei. Ek hoop jy vind waarna jy soek.

  11. BB

    Wat ek ook nog wou se Rosie: as die meisiekind (vrou) ‘n Methodist was, is sy baie makliker opspoorbaar – hulle hou actually records van die early 1700’s af (stigting was net so na die begin van daardie eeu) – nie net geboortes en sterftes nie, maar ook kerkbywoning is well-documented. Die meeste van die hymns is geskryf deur die stigter van die Methodists,ou oom John Wesley. (Ek kan nie die hymn uitmaak nie (pic is te klein)…

  12. Sonkind: Dit is so waar, skatkissies! Ek wens ook hulle kon praat, met ‘n mens gesels en hul geheime fluister.

    BB: baie dankie vir die tip!

    mefri: dankie/

  13. Hello Rosa

    Jy is geTAG.

    Simple as that.

    Lekker post, by the way. Skryftafel…. is dit nie net die sexieste meubelstuk nie!

  14. Hallo skoor
    Ja ‘n skryftafel is in pragtige ding
    Ek het die tag nou loop kyk, okay…maar dit gaan met ‘n storie kom, jy weet.

  15. Rosa, dis lekker om mede-boekgeeste te ervaar. Hierdie is werklik ‘n unieke en seldsame versamelstuk. Ek bind aanklank by daardie “reuk” – dit is so deel van ou boeke en gee dit ‘n bekoorlikheid waarmee geen moderne werk kan kompenteer nie. Trap net liggies met die kameraflits hoe ouer dit word.

  16. Rosa, ek het eendag so staan en ruik aan die boeke in ‘n boekwinkel, toe haak die baas af: ons laat hulle so ruik!

    Neva! Nou se dae se boeke ruik nie soos gister s’n nie. Nog nie. Ek twyfel ook of hulle sal…

    Ek gaan eendag nog ‘n mooi antieke skryftafel koop. Ek voel dit aan my water. En ek gaan al daai penne van my kan file, ek vrek oor penne, al skryf ek soos ‘n krap – moes seker maar dokter geword het, as mens kan bepaal volgens skrif!
    🙂

  17. BB

    /me maak note om ‘n foto van haar se ma se skryftafel te blog… disse awesome piece of furniture… especially since hy nog gebruik word! Jip die ‘ou vrou’😉 (sy gaan my dinder ja…) skryf actually nog briewe, maak verjaarsdagkaartjies self en in die laaitjies en rakkies is daar nog goeters soos briewemesse en tonglek-seëls en koeverte en ‘n ou poskode boek van 1956 en en en… ‘n absolute meesterstuk van nostalgie daai… (My broer het hom klaar gedêps – ek hoop my ma word 120!!!!:mrgreen: )

  18. Emil: “bekoor” en “boekgees”…dis die regte woorde.

    Skoor: tja die reuke is lekker. dalk het die baas van die winkel net met jou gegrap.

    BB: wonder ons wag vir daai post. ai ek sou hou van so skryftafel!

  1. 1 Ek wil my boek ook wys « Bashing innie Boendoes

    […] By boendoe Categories: sommer Rosa het nou die dag oor haar besondere boek geskryf.  Dit het my lus gemaak om mý boek te wys.  Nie naastenby so oud soos Rosa s’n nie, en […]

  2. 2 Ek wil my boek ook wys « Boendoe se blog argief

    […] het nou die dag oor haar besondere boek geskryf.  Dit het my lus gemaak om mý boek te wys.  Nie naastenby so oud soos Rosa s’n nie, en baie, […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: