Die Vinke en ons

darwins-finches

Hier le hulle, Charles Darwin se bekende vinke van die Galapagos. Met sy eie hand versamel. Darwin se 200ste verjaardag word op 12 Februarie gevier en later vanjaar is dit ook die herdenking van die 150ste bestaansjaar van The Origin of Species.

Maar hoekom is die vinke so belangrik en tot watter insig het dit in die biologie gelei en uiteindelik in die evolusieleer. Tydens Darwin se wereldreis op die HMS Beagle van 1832-1839 het hy natuurlik ‘n verskeidenheid van spesies gesien en kon net sowat 5000 versamel weens spasie-probleme op die skip.

Hy het onder meer gesien dat vinke op die Galapagos se snawels verskil van die van vinke elders. Hoe dan so?

Party eet sade en ander insekte. Die snawel is aangepas deur evolusie aan die hand van natuurlike seleksie by die verskillende voels. Maar hy het ook besef dat die vinke ‘n gemeenskaplike voorsaat het, en dat hulle so verander het weens die omgewing waarin hulle is.

Die verskillende tipes vinke het so geword – hulle het evolve. En is dus die nasate van ‘n gemeenskaplike vink en daarna het die spesies van vinke diversifiseer. Die met die dikker snawels eet sade en die met die dunner snawels eet insekte.

Natuurlike seleksie dryf dus evolusie. In deel van die verhaal van 4,5 miljard jaar is die moderne mens se bestaan maar net 200 000 jaar oud en die bestaan van die hominied tussen 7 miljoen en 5 miljoen jaar.

Gegewe die bogenoemde, het die mens ook ‘n gemeenskaplike voorsaat met die groot primate (oerang-oetang, sjimansee, bonobo en gorilla). Die mens stam nie van ‘n aap af nie. Ons deel ‘n voorsaat met die groot primate. (Die vraag: Hoekom is hier dan nog ape, dis dus totaal verkeerd en irrelevant).
Op verskillende punt van die tak het ons van al vier die groot primate afgeskei, met die sjimpansee se voorsaat natuurlik laaste.

En elk van die primate, ons ook, het ‘n bepaalde tak met sy kleiner takkies op die stamboom geword – na die afskeiding van die gemeenskaplike voorsaat.

Darwin het ook besef dat evolusie nie linier en progressief is nie, maar soos die takke van ‘n reuse ou boom is. Soms gaan ‘n tak selfs dood. Evolusie vind dus nie plaas van die laagste vorms van lewe na die hoogste, soos ‘n leer met trappies nie.

Indien dit die geval was, sou daar nie meer mikro-organismes, (siekes van virusse en bakterie inkluis) plankton en die miljoene piepklein organismes in die see gewees het nie. Sien?

ss_image_notebook

Darwin se notaboek uit die 1830’s met ‘n rowwe skets van die stamboom van die lewe.

En die mens is ook nie die kersie op die koek nie, hy is net ‘n rosyntjie in die bun. Dis al. En as jy eers jou kop daarom gekry het, dan begin jy die storie van lewe werklik waardeer.

Ek is waarlik maar nietig op die stamboom van die lewe. Kort is die mens maar hier, en kort is hy dalk nog hier.

ss_image_skull-wall

Advertisements

  1. Andrew

    Dit sal ironies wees as ons groot breine ons ondergang veroorsaak. Miskien is groot breine net eenvoudig nie produktief in die lig van evolusie nie.

  2. BB

    → She’s with Me!! :mrgreen: xx

  3. Dit bly maar net ‘n interessante onderwerp! As ons maar net ons breine 100% kon benut…

  4. andrew jy raak ‘n baie lekker onderwerp aan. ek dink ons breine is ons ondergang. dit is teenproduktief veral ten opsigte van die manier wat ons dit ons is “so oulik”, maar eintlik nie ons nie. ons is totaal en al verwoestend en wreed.
    dink net aan al die organismes wat ons al uitgewis het op aarde. en dalk nog onsself ook.

    BB: LOL.!

    Kaalvoet, ek stem as ons net die die brein se krag kan gebruik sonder die bygeloof en die emosie.

  5. So bly die mens maar kompleks…. wil die dink en voel en wonder en alles bymekaar gooi, wonder ons is nie almal nutcases nie!

  6. Heita watse lekker inskrywing het jy hier vir ons gelos!

    Pragtige foto’s en jy kon dit nie beter beskryf het nie!!! 😉

    Ja, ons is net ‘n rosyntjie Rosie!! ‘n ou krummeltjie!!

    LOL @ BB en Demoerin 😆

  7. Demoerin: die mens, lewe en alles wat hier is, is kompleks maar dit is ‘n lekker kompleks vir my ‘n reis van ontdekking. elke ene ‘n nutcase met ‘n eie nutcracker 😉

    Wippie; bly jy het geniet mede-rosyntjie-krummel ,jy wat na die sterre kyk sal nog beter wees van hoe klein ons is 😉

  8. Andrew

    Rosalind, ek moet hierdie gou met jou deel indien jy dit nog nie gesien het nie. ‘n Slang wat omtrent 60 miljoen jaar gelede geleef het, 13 meter lank was en 1100 Kg geweeg het!

    Hulle se^ nie hoe groot die appels daai tyd was nie. 😉

    http://scienceblogs.com/pharyngula/2009/02/titanoboa.php#comments

  9. Dankie Andrew, ek het gesien, daar was net sulke groot waterskerpioene ook, helse goed, hier in SA is van hulle sleepspore gekry. Hulle was baie groter as mense die skerpioene. Knars-knars.

    Die appels was groter as ‘n Ford 😉

  10. Maar Rosa dink jy nie die mens kan tog op ‘n stadium uit sy foute leer nie? Nie lank terug nie was die gat in die osoon laag ‘n groot storie en hulle het deur die nodige aksies dit reggekry om die probleem om te keer. Ek dink die aardverwarming is ‘n groter probleem as die osoon gat, maar ek voel dat die mensdom wel daarin instaat is om die probleem te oorkom.

    Ek dink nie die mens se probleem is sy brein nie. Hy is eenvoudig te gemaksugtig en selfgesentreerd.

  11. Flippie: The two factors combined, 2006 sees the worst level of depletion in recorded ozone history. The depletion is attributed to the temperatures above the Antarctic reaching the lowest recording since comprehensive records began in 1979.[38][39]

    The Antarctic ozone hole is expected to continue for decades. Ozone concentrations in the lower stratosphere over Antarctica will increase by 5%–10% by 2020 and return to pre-1980 levels by about 2060–2075, 10–25 years later than predicted in earlier assessments.

    Ons het die probleem nie naastenby opgelos nie, hy is oor die suide groter as ooit. Vandaar die velkanker in suidelike lande SA, ingesluit, weens UV-straling.

    Aardverhitting is ‘n probleem, 3 dekades gelede het wetenskaplikes al gewaarsku en niemand het geluister nie. Ek is nie so seker of die mensdom uit hul foute leer nie, indien dit die geval was sou oorlog nie meer bestaan het nie. Individue ja, maar nie die mensdom nie.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: