Waar kom baba’s vandaan?
Baba’s my kind? O hul kom van ver-ver-ver uit die donkerste van die donker. Uit die diepste van die heelal.
Hulle kom van lank, lank gelede se oer-klein atome. Uit die diepte van tyd, die eerste tyd, die begin van tyd. Die tyd toe die heelal geword het, bestaan het en in glorie uitgeplof het.
Die tyd toe hitte elemente gevorm het, gas geword het, stof geword het.
Die tyd toe sterre op ‘n dag sterrestelsels geword het, in tydsame, tydsame ruimte.
Daar waar hitte, water, son en energie was. En die elemente ryk en swaar, lig en flink deur die heelal gesweef het en doef op die aarde neergeval het in rotste en stukke ys. Toe ons gepeper is met die minerale, koolstof en boublokke van die lewe.
Alles is van alles. En alles was nog altyd van alles.
Ons is wat ons is.
Ons kom van die sterre af.
En eendag sal ons terugkeer na die sterre.
Januarie 29, 2009 at 16:28
Rosa, jou soekterm? π
Ek skeur my hol behoorlik!
Vandag s’n was “stokstyf doos” π―
Januarie 29, 2009 at 16:31
Boendoe… NOOIT!!
Januarie 29, 2009 at 16:44
Boendoe ja; en sien jy my mooie verduideliking???giegie.
van ‘n stokstyf doos sal ek nie weet nie, maar ek het wel al een gesien . . .en amazon se boeke kom in stofstyf dose. en daar het een saam met my gewerk.
iemand soek ook by my: ouma naai (maar ek weet regtig niks van die topic nie, dit belowe ge regtig)
LOL @ Carina.
Januarie 29, 2009 at 17:08
Dagse Rosalind
Issie Babas kom met die ooievaar, dis hoekom hulle hospitale met sulke lang gange bou. Dis daai grootvoel se landing strip. π
Groete
Januarie 29, 2009 at 18:59
aliens! natuurlik.
ek’t ook nog altyd van die teorie gehou wat sΓͺ dat ons voorouers eintlik aliens was. die omgekeerde van stargate se filosofie.
Januarie 29, 2009 at 23:25
Ai Rosie, julle klomp hierbo het my nou lekker laat lag!!! π
Januarie 29, 2009 at 23:40
π @ WK!
Januarie 30, 2009 at 04:35
Mmmm… iewers is ‘n stoetbul wat ook geglo het van sterre en ooievaars en vergeet het ‘n ooievaar is ‘n groot voΓ«l – Ding HET al genoem Ding se bul op die plaas se naam is steve, ja πΏ
Frankie, daai topic waarvan jy niks weet nie – dis seker maar iemand wat ‘n ervare dame wie kan naaldwerk doen, soek, of hoe?
Januarie 30, 2009 at 06:26
Een antwoord wat ek gehoor het op so vraag oor waar babas vandaan kom was: “From the frozen food section.”
Mooi geskryf Rosa.
Januarie 30, 2009 at 06:34
Baie nice geskryf en ‘n ver beter antwoord as die ooievaar . . . mag ek joune maar nou gebruik?
Januarie 30, 2009 at 07:28
Jy weet – ek wens jule grootmense wil nou besluit waar ek vandaan kom πΏ my ma bull-bollie my al jarre daaroor!! My vriendin se dogter is (WEER) swanger (die tweede keer binne uhhhmmm 18 maande). Sy reken sy kan gladnie onthou dat daar iets ‘gebeur’ het nie… π ) Ek seg vir haar, Ange, seg ek vir haar – die laaste keer wat daar ‘n immaculate conception plaasgevind het was 2000+ jaar geleΓ«
– nou met die 2de swangerskap loop ‘Oupa’ nog steeds met ‘n vroom gesig rond, tΓ© trots op die virgin-kind van hom wat as gevolg van antibiotika swanger is!! Reken ek toe: Well, at least gaan daai kleintjie seker nooit siek word nie, want hy’t antibiotic stamselle.
ag sorry… ek pak net bietjie hier af (ek laaiks mossie van baggage nie) – nou los ek dit maar hier by jou π hoopie jy mind nie Rosiekind.
(Maar as ek vir haar hierdie bg vertel, kan ons dalk dit uit ‘n ander, meer profound hoek uit bekyk – then at least we’ll know that she can blame the stars from now on – how lucky they are, we’ll still have to see one day.
Gepraat van (ok, vergeef my die ‘roll’) – seg ‘n ander oompie lank terug die lewe is soooooo unfair – als is agterstevoorom – jy kan eers bekostig om ‘n afslaankap-sportsmotor te koop as jy nie meer hare het om in die wind te wapper nie. en teen die tyd dat jy genoeg geld het vir lang vakansies het jy of sundamage en kan nie meer in die son kom nie, of jou itsy-bitsy-teeny-weeny polkadot verdwyn ini voue van jou lyf, PLUS seg hy – why is it that we get conceived in an orgasm – wouldn’t it have been so much nicer if we could rather depart in one?? π―
Januarie 30, 2009 at 08:28
Lol @ Beeps vir daai laaste deel! Dood, maar doodgelukkig, nΓ©? π
Rosa, ek het gister ‘n soekterm gekry wat ek liewers nerens wil herhaal nie! π― Al wat ek sal sΓͺ, is arme Frankie…
Januarie 30, 2009 at 12:42
Ek het al gewonner en gewonner, nou weet ek.
My explanation sou wees: van voΓ«ls, GROOT VOELS!
Januarie 30, 2009 at 13:20
…en al die ooievaars sit nou werkloos.
Januarie 30, 2009 at 14:34
Ridder: ek het nog nooit ‘n groot voel gesien nie π
Maeree: ek gaan eendag terug ruimte toe.
Zee: hulle soek darem nog nie hekelpatrone nie…kom seker nog.
Ding: ding se bul se naam is steve stoetmeester.
Flippie; frozen fruit section dalk???
Krista: jy kan hom enige tyd gebruik.
BB; my aarde, iemand op die blogs het die video van tutu gehad, dit was so snaaks: waarin maria en josef vra vir blyplek want maria is swanger. en die herbergier se jammer ek het nie plek nie en dis nie my skuld sy is swanger nie, en toe se josef: dis ook nie my skuld nie.
Dellie: mail my tog en vertel wat is daai soekterm. ek wil nou weet!
Botter: issie waar nie hulle lieg vir jou.
BiB; ooievaars bring klein voeltjies.
Januarie 30, 2009 at 17:32
whahaha ek moes net kom kyk wat vang jy aan! En ek is nie teleurgesteld nie.
Ek sΓͺ mos nog altyd ons kom van die sterre af, nou is dit be-aam!
Dis ‘n baie mooi inskrywing Rosie!! π
Januarie 30, 2009 at 17:33
Wippie geweet jy sou verstaan π ons kom van die sterre af, regtig!
Januarie 30, 2009 at 18:02
π Ja Rooskindjie, die sterre waak besitlik oor haar geheime
Februarie 2, 2009 at 15:18
ah, uitstekend, ek sien jy het adgator ads. methinks jy gaan baie vinnig baie bly raak π
Februarie 2, 2009 at 17:43
β… en toe se Josef: dis ook nie my skuld nie.β
Nee o griet, dis briljant! π
Februarie 2, 2009 at 20:32
johan..ag so ou klein adgatorjie…:)
andrew: daai was ook nie my skuld nie π
Februarie 3, 2009 at 03:25
Frankie, jy laat vir Ding homself bo van die stoepmuurtjie af lag met jou antwoord – kompleet asof jy self daai bul al gesien het oppie plaas, hoor! Prysloos – bliksem, jy is skerp en vinnig!
‘n Oomblik van erns: Dis ‘n slag tyd dat Ding vir jou kom sΓͺ jou snykantskerp sin vir humor is vir Ding darem maar regtig poetsig, hoor. Moenie dit ooit verloor nie.