Dood van ‘n profeet

Daar word gese ‘n sonsverduistering bring tyding van die afsterwe van ‘n profeet. Dit is nou mits jy in mites glo.

Daar word ook gese swanger vroue moet nie na buite gaan tydens ‘n sonsverduistering nie.

Die son (en maan) is natuurlik sentraal in honderde van die mees antieke gelowe. Daar is mense wat nou nog glo die gebeurtenis het ‘n bepaalde energie en dui ‘n nuwe begin aan.

Maandag, 26 Januarie, sal ons ‘n gedeeltelike sonsverduistering sien. Dit gebeur net elke paar jaar in ‘n bepaalde land. ‘n Totale sonsverduistering kom bitter selde in ‘n persoon se leeftyd voor op dieselfde plek. Dus, dat jy dit in jou eie land sal sien. Dalk net een of twee keer, of selfs nooit.

Kaapstad is Maandag die beste plek om die gedeeltelike verduistering te sien. Dit duur van 07:00 tot 09:30. Maar die maksimum (die beste tyd) is om 08:15 wanneer die son 65% verduister sal wees.

‘n Sonsverduistering vind plaas wanneer die maan tussen die son en aarde inbeweeg en sy skadu oor die aarde gooi. Dit kan net tydens nuwemaan gebeur.
In die meeste gevalle mis die skaduwee die aarde, maar soms net soms, is die hoek reg en kan oor dit op sekere plekke op aarde gesien word.

In 1999 het ons ‘n totale sonsverduistering gesien, waar die beste sigbaar was in Musina.

250px-solar_eclips_1999_4_nr

Dit is natuurlik ‘n wonderlike ervaring. Want dit word vir enkele minute nag, die diere gaan kruip in, die naglewe kruip uit. En as die son weer “opkom” sing die voeltjies en hane kraai.

Moenie na die son kyk deur ‘n ou x-straal foto, sonbril (al is hy hoe goed), foto-negatief, gebrande glas of watookal nie. Net die “eclipse viewers” te kry by die sterrewag moet gebruik word, anders kan jy jou oe geweldig skade doen. Soos in, jy kan jou retina permanent beskadig, sodat jy nie meer kan sien nie, mol-sien.

Om deur ‘n teleskoop of verkyker te kyk, doen jy jou oe nog groter skade aan. Dit is weens die straling van die fotosfeer..

Gaan krap in jou laaie, in 2002 is derduisende van hulle uitgedeel. Of kontak die naaste sterrewag of planetarium. As jy in die Kaap bly, kan jy na die sterrewag of die Iziko-planetarium gaan, waar enige een die okkasie kan bywoon en ‘n brilletjie kan kry, of in JHB word daar by die planetarium ook ‘n patry gehou. Of gaan kry ‘n kyker by hulle. Maar moenie dom wees nie.

Of herlei dit deur ‘n projektor. Of maak ‘n speldkoppie-kamera. Dit is wel veilig.
http://en.wikipedia.org/wiki/Pinhole_camera

Die eerste sonsverduistering wat opgeteken is was sowat 700 v.C. Shame man, die mense moes groot geskrik het destyds.

Die volgende totale verduistering in SA is in 2030 in Durban. En die volgende gedeeltelike verduistering is in 2015 en 2016 in SA.


  1. Ag dankie vir hierdie inskrywing Rosie!!!
    Ek dink my eerste inskrywing van die jaar het al oor hierdie magical oomblik gegaan. Ek het mense in die Kaap gevra om tog maar vir my van daar af ook fotos te neem!!! LOL Ek is so jaloers, want ja julle Kapenaars gaan dit Maandag die beste sien!!πŸ˜‰ ‘n Soortgelyke eclips sal eers weer in 2016 in SA te sien wees!!
    Ag Rosie ek gaan nie die keer te gou opgewonde raak nie, voor laasnaweek toe die maan op sy grootste en helderste was, het ons onweer gehad!
    Met die Jupiter, Venus, Moon conjunction was die wolke ook in die pad!
    Maar my Teddy beplan groot dinge aan ons kant vir hierdie gedeeltelike sonsverduistering!!!
    En ek? ………. ek gaan loer so 4 keer per dag by die weerdiens se website in!!! LOL
    En mense luister vir Rosie dis vreeslik belangrik om net die regte eclipse glasses te gebruik, moenie deur jou kamera se lens kyk nie, jy kan jou oge erge skade aanrig en selfs blind word!!

  2. BB

    Hmmm – uitgevang!!! GEDINK ek gaan vir Wipneus hier kry – ek dink sy google heeldag ‘son maan en sterre’… (met die ‘sterre’ kry sy soms weird en semi-pornografiese feedback), maar sy’s nie bang nie, die Wippie:mrgreen:
    Sonsverduistering is vir my super cool!! Ek het in 1999 dieselfde nogal gedink: ek wonder hoe die eerste spul wesens gevoel het toe daai dΓͺng gebeur het?😯
    Ek sal hom nie kyk nie – net so onderlangs vir hom loer – soos jy maar wil maak as ek Kaap toe komπŸ™„ – toe nou man Rosietjie, ek belowe jy gaanie blind word as jy in my gesig instaar nie!!πŸ˜€

  3. katjiepiering

    Hm. Dankie vir die brokkie!
    lol:lol

  4. katjiepiering

    poetjie oepthieπŸ˜†

  5. katjiepiering

    eintlik het ek laas heeldag op grasperk gedit en staar vir ure en hengse kopseer oorgehou en belsuit never again!

  6. Duusman(Wize guy wat SNERT praat)

    Gaan defnitief loer- hoop dit is ‘n wolklose dag

  7. Haai … ja ek onthou die laaste een … dit was beautiful!

  8. Ja ek wil nie lieg of snaaks wees nie, maar soos Wippie se ons gaan ‘n rukkie wag om hier iets te sien. Tensy jy geld het om in die middel van die see in ‘n skippie te sit.

    Duusman: Laat weet hoe dit gegaan het.

    Merrie: Onthou om te kyk!

    Katjie: vir ure gesit en kyk…jou arme oe.

    Wippie: Jy moet my kom vertel hoe dit daarbo was, ek gaan ook op ‘n plekke kyk na die hele ding. Ek sal vir jou ‘n foto stuur. Nie deur my geneem nie maar van elders, ek weetie nie van die tipe fotografie nie.

  9. Dankie vir my foto Rosie!! Jy moet dit geniet!

    LOL @ BB, daai google maak my slim oor allerhande snaakse goed:mrgreen:

  10. Ek onthou ook 1999, en ‘n paar gedeeltelikes daarna. Kan nie wag vir Maandag nie… heehaaa, seker met die maan gepla of iets. En soos almal seg ja… beskerm die oge!

  11. Was daar nie erens in die 70’s ook ‘n algehele verduistering nie? Ek was in die Laerskool in die noorde van SWA, en ek onthou hoe dit donker geword het. 1999 s’n kan ek nie onthou nie – moes dit seker misgedrink het!πŸ˜―πŸ˜†

  12. Zee

    Jinne Rosie, ek dink met die laaste so iets wat ek gesien het, het ons xtrale gebruik… Dalk die dat ek nou bril moet dra! Enige tyd hoe laat dit gaan gebeur? En asb tog, dit moet nou nie reen nie. Dan sien ons dit nie soos wat gebeur het met Wipneus se maan nie.

  13. BB: Ek se vir jou die eerse mense wat dit gesien het, het flou geval, gehuil, gehardloop en gehallusineer. En toe het hulle moer drank geword.
    Ek is seker ek sal nie blind word as ek onderlangs vir jou loer nie….LOL.

    Wippie: Ek sien al klaar op na maandag se vroeg opstaan ek moet al 6uur by ‘n plek wees vir ‘n okkasie.

    Demoerin: verseker is ons met die maan en son gepla oor dit so leker isπŸ˜‰

    Dellie: LOL.

    Zee: Oi vey, daai x-strale is sleg. Die tyd is tussen 07:00 en 09:00.

  14. Raai wie gaan laat wees vir werkπŸ™‚

  15. o hel, en daar het ek myself net nou die dag ‘n profeet genoem.

  16. Nog twee slapies…πŸ˜‰

  17. Ek was in 2002 in Musina om die eclipse te gaan kyk… (nou wonder ek wat het die res in 1999 gesien?)πŸ˜‰

  18. Netjane: Daar was ‘n gedeeltelike verduistering in 2002 en ‘n totale verduistering in 1999. Ek dink jy was in 1999 in Musina???

    Dit was die wonderlike ene toe dit pikdonker geword het.

    2002 s’n was soos maandag s’n sal wees.

    carina: ja en nee…:)

    Maeree; ek weet!

    boendoe: amper-amper

  19. “The Eclipse
    On the 4 December 2002, at 08h18 Musina and large parts of the Limpopo Valley were shrouded in total darkness when a total eclipse of the sun took place. This awesome natural phenomenon was a once in a life-time experience as a total eclipse of the sun occurs only once every 18 months in any given area on earth but once every 360 years in a given vicinity.”

    http://en.wikipedia.org/wiki/List_of_solar_eclipses

  20. Duusman(Wize guy wat SNERT praat en deur Retha verban is)

    ……damn – dit is bewolk vandag.

  21. BB

    Dis bewolk hier in Pretoria – maar nie reenbewolk nie – eerie bewolk, as jy verstaan wat ek bedoel… maar ja, as ek nou loop tan gaan ek net aan my linkerkant bruin word??πŸ™„ – en as ek 15 faktor aansmeer issit so goed soos ‘n 30, mos, of hoe??πŸ˜‰

  22. Is daar ‘n profeet al dood vandag?

  23. Netjane: My openbare verskoning aan jouπŸ˜‰ jy is reg, ek was verkeerd. Die datums is omgeruil, gedeeltelike verduisterling in 1999 en die totale een was in 2002. Sorry. My lyne was erg gekruis.

    Duusmans: ek het gehoor dit was bewolk daarbo. flip is jammer. in kaapstad was dit mooi oop en teen 09.20 toe kom die wolke maar toe is dit net klaar.

    Bb: hehehehe. as jy tan met faktor 15 kan jy netsowel los.

    DM: ek wag in spanning.

  24. maeree

    ek lewe!
    gemaak om na liefde te strewe!
    lalalala
    en dies meer

  25. Maeree; tie-da-da die-da-da, die-aada.
    profeet nog vir ons (ek het gereeld dat ‘n ander profeet, jy weet wat…)




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: