My patat is rou

Die dag toe hulle daai nuwe oond in ons nuwe kombuis ingesit het, het ek geweet ek sit met ‘n probleem. ‘n Groot een.

Liefie se nogal: “Kyk die wonderlike oond wat ek gekoop het. Hy was duur. Dis een van die beste oonde op die mark. Hy het X gekos.”

Buite op die stoep staan die ou oond. Die ene waarmee ek darem mayo-blatjang-hoender kon maak. Ek kyk verlangend na die ou oond.

“Oe, ja. Defy, nogal. Sjoe lyk mooi,” mompel ek angstig. Voor my staan die sogenaamde warmtestromingsoond (convection oven).

Oe kak, dink ek by myself, wat gaan doen??? Ag help my net. Kom net in die nag, slaan my met ‘n tower-houtlepel oor die kop. En, as ek wakker word, moet ek ten eerste kan kook, en ten tweede met die betrokke oond kan kook.

En die oond staan in die kombuis, al vir meer vier maande. Ek is te bang om te kook. Ek verstaan nie die flippen boekie nie. Dit praat net van baking en ek wil niks bak nie!

Ons eet soos wilde honde. Bietjie hier, bietjie daar. Ek eet in alle geval al my hele volwasse lewe so. Soms eet ek soos ‘n jagter, stop myself vol en dan vir lank nie. Ek kan ‘n dag sonder kos bly. Of langer.

In Desember braai ons vleis. Sit die vleis in die lou-oond se iemand. “Ons het nie ‘n lou-oond nie,” se ek.

“Ons het!” se liefie.

“Oh!” se ek verbaas. Dan het ons seker een. Ek sukkel seker tien minute om die knoppie vir die lou-oond te kry. Ag vader.

En toe die week, probeer ek groente bak. Die vleis is al lankal gaar toe wil die goed net nie.

“My patat is rou” se liefie.

“Ek weet. Al my groente is rou. Ek het vir jou die kleineres gegee wat gaar is, ek het die groter stukke gevat. Alles is rou.”

Dit na ‘n flippen uur en ‘n half op 190 grade op baking met die flippen wonderlike warm fan aan. En dit se jy hoef nie die oond te pre-heat nie. He?? Ek verstaan dit nie.

As ek kinders gehad het sou die welsyn hulle kom vat het oor hulle net weense worsies, brood, kaas, koffie en eiers gekry het.

Nee wat, ek kloon eerder ‘n hoender wat homself gaarmaak vir aandete as om te kook.

Advertisements

  1. 😆 Toe maar, kinders hou baie meer van weense worsies en koffie (en natuurlik hamburgers & chips) as van gesonde gekookte kos.

    Vra vir Liefie waar is die kooklesse. Gewoonlik gee hulle so 10 gratis kooklesse saam met sulke fancy duur stowe – LOL LOL!!!

  2. Wipneus!

    whahahaaaaaaaaaaa ek het geweet jy kan kook! Dis daai verdomde oond wat in jou pad staan!

    Het jy hom op konveksie gestel Rosie? Ek weet ook nie presies hoe jou oond werk nie, maar miskien moet jy hom van onder en bo bak, daar is ‘n knoppie. Ek is doodseker as jy net die boekie lees gaan jy nie weer terug kyk nie! Moenie dat ‘n oond jou baas raak nie. ROFL

    Ek sit myne in elk geval baie harder as 190 grade, ek stook die vure in my oond! Seker hoekom my kos altyd verbrand. As ek daardie aan knoppie gedruk het, gee ek hom gas op vol spoed!!! Ek loer net so nou en dan of alles nog nie houtskool is nie.

    Jy moet vir jou Armilla potte koop! Jy het nooit weer vuil aangebrande potte en kastrolle! En dit werk fantasties in die mikrogolf ook maar veral in die konveksie oond! Gemaak vir ons vrouens wat die minimum tyd in die kombuis wil spandeer 😉

    As jy die hoender gekloon het laat weet my asb dringend!! 😆

  3. boendoe

    Ek sal dit maar die ervare kooksters en kokers oorlos om jou met raad te bedien. Van bak, kook en convection ovens weet ek minder as niks.

    Maar, shame, ek kon nie help om vir jou te lag nie! 😆

  4. ehm ek hoor die oond is al vir ‘n jaar in en nie vier maande nie….ek het dit seker sielkundig ontken 🙂

    Sonkind: Nee ek dink nie die ding is so fancy dat hy met kooklesse kom nie. Dis ek wat so onnosel is. Imagine my met ‘n klomp pasgetroue bruide wat leer kook….ek sal die klasse dop.

    Wippie: Ja ek het die ding van onder en bo gebak met die fan aan. En die temperatuur gaan net tot 230! Klink vir my te min. Ja ek het hom op konveksie gestel maar nie op turbo nie. Ag tog, turbo op ‘n oond! Klink soos ‘n flippen gepimpde kar.
    Ek kan net nie flippen kook nie.
    Die dag as ek die hoender kloon kry jy ‘n werpsel verniet:)

    Boendoe: Ek het ook gelag, dit is flippen snaaks. Ek gaan 40 word en nie kan kook nie.

  5. maxie

    😆

    Ai, ek kan my so met jou vereenselwig oor dié een.

    Oonde maak my bang, regtig. Want hulle staan daar met ‘n doel en mense soos ons kan nie ons deel bring nie.

    Daai mayo-blatjang-hoender bly maar ‘n staatmaker!

  6. Die afslaers het toe maar die tweedehandse oond wat ons teen R1000 gekoop het kom haal. Want hy’t my begin skok. Ons het darem R600 vir hom gekry… Die les: Koop liewer ‘n nuwe oond al verstaan jy hom nie. Sterkte. Kook en bak is ok nie my sterk punt nie.

  7. Jammer ek lag! Ons LG het ook simbole wat ek nie verstaan nie. Van die 3 miljoen funksies ken ek net een. Darem kom my malva poeding mooi uit en verder kook Liefie terwyl ek van kaas en tamatie toebroodjies en tee leef.

  8. Jaco

    My lyfie het my ook so fênsie defy oond maak koop. Glo sodat sy vir my soetkoekies en so aan kan bak. Nodeloos om te sê die oond is al 2 jaar oud en ek het nog nie ‘n soetkoekie van ‘n dagoud gesien nie. Maar ons het darem kersfees ‘n skaapboud in die ding gaar gebid gekry, maar die roasted veggies was ook rou.

  9. Ek verstaan nie eers my yskas/vrieskas kombinasie nie, maar met die oond,kyk almal weet Die Brein kan kos maak ek like `n gasstoof oor `n honderd.Jy sal nog regkom.

    Mooi jaar vir jou.

  10. Hie-hie, jy laat my onthou van my eerste stuk hoender wat ek in die mikrogolf oond probeer gaarmaak het – absoluut oneetbaar! Ek gebruik net die mikrogolf om goed te ontvries en warm te maak.

    Gelukkig is my oond baie maklik om te verstaan – het in totaal twee knoppies – ene waar jy kies van waar af moet dit gaarmaak (met prentjies by!), en ene vir die temperatuur. That’s it! So ek kan jou ongelukkig nie raad gee nie… :mrgreen:

  11. BB

    Rosietjie – ek het vir ons ‘n George Foreman gekoop – en sedertdien grill ek ALS op hom – maak tot french toast sondagoggende daarop… en patats in skuins skywe gesny , gesmeer met olyfolie en veggie salt, daarop gegrill is AWESOME!!
    Die meeste roasted (ondergrondse/harde) veggies vat ook maar ‘n goeie uur in ‘n oond – dit help as mens die pre-cook (stoom) in die microgolf vir so 5-7 minute en dan roast – dit verminder die roasting na at least 20-30 mins.

  12. Dagse Rosalindfranklin
    Het jy al Blitz en Charcoal probeer in die oond. 😈
    Hehehehe, nee wat ek ken ook nie die fancy goeters nie, probeer maar die verskaffer vra vir aanwysings. 🙄
    Groete

  13. parkes1

    Haai Rosalindfranklin eerste keer dat ek hier comment, ja die fancy goed wat mens vandag kry, ai mens kan nie byhou nie. By die see het ek n doodgewone Defy stoof en oond, ek sit toe Oven Liner op die bakplaat en jy sal nie glo hoe keer dit die hitte. Maar tog kom jou kos wel gaar.
    Jy moet maar die boekie DEUR LEES!!

  14. ding

    Frankie, HOU die oond!
    Om oor te vertel. G’n kos, rou of gaar, kan seveel vreugde en lag bring soos hierdie vertel nie.

    Braai vleis en maak die patats in die warm as van die braaivleis gaar. Braai vleis en maak aartappels en uie in pakkies saam die vleis gaar. Enige ander groente is in elk geval toegevoegde spyse wat onnodig is. Braai vleis en maak roosterkoeke saam dit. Maak Kalahari hotdogs op die kole.
    Vra vir Ding oor die oond in sy kombuis en dit sal seker daai stoorplek van die oorbodige panne en draadkontrepsies (noem julle dit afkoelrakkies of wat?)wees, ja?

    Frankie, kan Ding maar bieg? Ding was lanklaas kort na 05:00 in die oggend so blou-honger soos NOU – oor daai hoender waarvan jy praat. Kom daai hoender nie met so ‘n lekker sousie nie, ja? Ding wil so onthou en bliksem, daai sousie op ‘n broodjie is koningskos!

  15. Nee ou rosatjie, dit is OF sielkundig…. OF dalk ‘n verskoning. Oefen suster, die oond gebruik is nie die bou van ‘n atoombom nie!

  16. Ek het ‘n gewone moerse wit Defy – van ma gekry toe hulle intrek in ‘n huis met fitted kookgoed.

    Nou daai ding werk soos ‘n bom. As jy die dag groot gaan. Maar ek kook tog te graag op my Cadac eenplaat. Mens leer maar so afwissel, afhangende van die knor in jou maag. Of die ‘time left’ op die muurhorlosie.

    In my garage staan egter die seksieste groen ‘Jewel’ stoof wat jy in jou lewe al gesien het. Ek het haar 2 jaar terug raakgeloop, en summier gekoop vir die dag as ons ‘n droomhuis bou.

    Ek kan nie wag om soos ouma en oupa, my klein houtjies by sy gloeiende gorrel in te gooi, en te loer of die frikkadelle al bruin begin bak bo-op, en om te proe of die pampoen genoeg kaneel by het nie!

    En bogger die tyd as daai stoof brand. Want dan is dit tyd om ‘n bottel rooi se kep af te haal, en rustig terug te sit en verlang na dit wat ek bevoorreg genoeg was om te ken.

    Daar’s altyd KFC, Rosa. ‘n Wrap = hoender EN groente! Maar gaan maar vir daai kooklesse soos Sonkind voorstel. Dit sal jou ure se verdriet spaar.

    Tip: roast veg is vreeslik ‘in’ op TV en restaurante. Maar as jy vir jou ‘n Steam Supreme aanskaf, en daai groente gaar stoom, sal jy vir die eerste keer in jou lewe proe hoe groente regtig smaak! Dis nou sonder soute en geurmiddels en botter, net so van sy ma af. Mensig, was ek uitgeboul toe ek my SS die eerste keer opgestart het!

  17. BB

    Waaaahahaha Skoor!!! KFC!!! 😯 *tsk* Herder!! 🙄 Nou’t ek ALLES gehoor!! :mrgreen:

  18. BB

    Ek dink jy slaan die spyker oppie koppie DMI!! Rosiekind DINK te diep en weet te veel!! Dis ini wrist Rosie, nie ini kop nie!! 😉

  19. Se vir haar eerder ‘iets ol in de maaind’ BeeBee. Wat kan ‘n stoof nou so ‘n slim vrou so intimideer?

    Rosa, ek sien hier kom pms – ek stel voor jy stuur vir Liefie vir lesse, wyl jy die vloere was. Of so iets.

  20. Ja julle het almal baie te se maar niemand vertel my hoe werk die blerrie ding nie.

    Maxie, dankie dat jy verstaan 😉

    Nelba: Wow! Geskok deur ‘n oond! Flip, in PacMan-game het my in 1984 in ‘n kafee geskok, maar nog nooit ‘n oond nie.

    Nejane: Die simbole maak ook nie vir my sin nie, dalk is ek evolusioner agter met die res in die verstaan van simbole? Ek kan net die lou-oond se laai ooptrek.

    Jaco: nee in ons huis sal daar NOOIT koekies gebak word nie. dit sal gebeur as ek ‘n ander brein kry.

    Brein: flip waar het jy geleer kosmaak?

    Dellie: Ag ja…die ou oond was ook so…verlangend.

    BB: nee wat daar het jy my klaar verloor. ‘n watse ding? klink soos ‘n klere-brand. In die wrist? Ek gooi nie bal nie!

    WK: Die verskaffer? heheheheheheh. jy dink hulle weet hoe werk hulle produk? Hy, hy verkoop hom net.

    Parkes1: welkom hier! jy sal my nie glo nie, ek het die boekie deurgelees.

    Ding: ag jinne ek is heen en weer met die draadflippenrakkies. daar is 4 van die goed. ek het die weber self aanmekaar gesit, met so ‘n gesukkel dat ek 10 generasies terug gevloek het, maar hy staan darem.

    Demoerin: LOL seker beide. Atoombom: as jy in die koerant lees: mal vrou kap oond met byl op….dan moet jy weet. (ek dink dit gaan oor perfeksionisme)

    Skoor: Jy ken van kook, jy is veronderstel om te vertel hoe werk ‘n convection oven en nou raak jy liries oor jou ou Agga of iets 🙂
    Ek laaik van roast veggies, gestroomde kos proe na papier.

    KFC? ons het al so baie KFC gevreet ons kraai al soggens.
    ek praat al italiano van al die pizza

  21. “Back to basics!” Kookskerm vir jou en drievoet pot. Jy kan sommer die patat met skil en al in die kole gooi. Dan bak hy sommer lekker en jy eet hom uit die skil. Geen borde om te was. Vra my! Ek is van die weskus en het groot geword op gebakte patats en sout snoek. 😉

  22. Rustig – jy het die beste antwoorde van ons almal! Lekker op ‘n riempiestoeltjie, wyl jou blikbeker koffie langs jou staan, en die snoek saggies spoeg geluidjies op die kole maak. Ai tog, ek grawe sommer ‘n gaatjie op my grasperk vir ‘n grondvuurtjie.

    Rosa, lyk dit vir jou of ek iewers praat van dat ek ‘n grend oond het? Ek weet nie hoe die goed werk nie man. Draai al die knoppies. Een vir een. Stelselmatig. En kyk wat gebeur!

    Moet netnie die fan te vinnig aansit nie, netnou styg die ding op, ek kry die hond ‘n oorval!

    En hoe verduidelik mens vir ‘n dokter jy het opgekyk na jou oond wat in die lug was, en toe moker die patat uit die oond, reg op jou oog!!!

  23. Rustig: Ja ek dink ek moet vir my ‘n laer bou, of ‘n kookskerm, dan staan ek kaalvoet tussen die kole. 🙂

    Skoor: grawe ‘n gaatjie soos ‘n katjie….LOL.

    Die honde staan en kyk in afwagting as ek voor die stoof staan, hulle plaas so baie druk op my!

  24. Sonia

    Hallo Rosalind – ek verstaan nie eintlik wat ‘n convection oven is nie, tensy dit ‘n Thermofan gedoente is – en ek lees NOOIT die boekies nie, ek donner aan tot ek min of meer regkom met die ding. Die kans is geod dat dit nie behoorlik geinstalleer is nie, dit gebeur soms – bel die maatskappy waar jy dit gekoop het en vra hulle moet ‘n tegnikus uitstuur – as die oond nog onder waarborg is, sal dit jou niks kos nie, andersins hoogstens so R150. Dan vra jy sommer vir die ou (of vrou!) om vir jou te wys presies hoe dit werk. By albei verlede jaar se Food Shows het ek so ‘n weird klein nommertjie in my demonstrasiekombuis gehad wat so modern was dat niemand kon uitfigure hoe om dit aan te skakel nie, en mens kon dit net programmeer vir ‘n maksimum van ses uur – wat beteken het dit het ELKE KEER met die namiddag se koekbak reg in die middel van die profiteroles of sponskoek doogegaan.

    Ek begeer een van daardie reusagtige ou elektriese Defy stowe wat groot genoeg was om ‘n mens in te rooster – hulle het ook louoonde, waarin ‘n twee pannetjies beskuit op ‘n slag kan uitdroog.
    Dís mos nou wat mens ‘n oond noem…LOL

  25. maxie

    “KFC? ons het al so baie KFC gevreet ons kraai al soggens.”

    Jinne Roos, lag ek nou dat die trane rol!! 😆

  26. Ek hou van daai hoender idee! Hier is die naaste aan ‘n oond, ‘n mikrogolfoond!

  27. Sonia; Ja die ding HET ‘n theromo-fan, wat is dit? Dankie vir die loer.
    Ses ure stel? LOL die kanse dat ek vir 6 ure sal ook is so goed soos die kanse dat ek ooit die 100m sal wen op die olimpiese spele.

  28. Sonia het nou vir my ‘n plan gegee, ek gaan ‘n helse klomp kos koop, ‘n feesmaal, dan gaan ek die mense van die stoof laat uitkom en se: Ekskuus, maar die oond werk nie lekker nie.
    Kan julle asb vir my met die skaapboud, die pastei, die roast groente, gebakte aartappels en rys wys hoe presies werk die ding. dankie baie.

    as die oond werk bel ek gou ‘n klomp mense, as die oond nie werk nie – well….

    heheheh. wat dink julle??

    Kaalvoete!!!!! welkom terug uit jou hibernasie.

    Maxie: is waar en ons is nie eens free range nie.

  29. Klink na ‘n plan Rosie! Ek wens ek kon nog bietjie hiberneer…die koue is nou maar eenmaal nie vir my nie!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: