‘Solitude’ vir ‘n 100 jaar

Seker een van die mooiste woorde vir my is “solitude”.

Seker daarom wat een van die pragtigste boeke wat ooit gepen is, uit die kop die van een van my gunsteling skrywers, Gabriel García Márquez (80), dus met die gepaste titel: One hundred years of solitude, is.

Die boek handel oor die fiktiewe dorpie Macondo in Suid-Amerika en sy mense, meer spesifiek verskeie generasies van die Buendía-familie.

Die mistieke realisme waarin hy skryf vang jou vas in ‘n wereld waarin jy wonder, bedoel hy wat hy skryf of nie? Die skrywer het my jare gelede vasgevang in sy greep en ek sit steeds gemaklik in sy arms. Die tema van “solitude” is in die meeste van sy werke.

Dit is nie eensaamheid, of afsondering nie. Dit is iets anders. Amper iets wat stilstaan in tyd en eens is daarmee. Stil en rustig maar wetend.

In 1982 het hierdie Colombiaan,die Nobelprys vir Letterkunde gewen.

Daar is ook Chronicle of a Death Foretold; Love in the Time of Cholera (wat verlede jaar in ‘n fliek omskep is); Nobody Writes to the ColonelOf Love and Other Demons; In Evil Hour, Leaf Storm meer.

curry_gabo

(Foto: Patrick Curry)

 


  1. maxie

    Solitude is vir my ook een van die mooiste woorde.

    Sal ek nou (tot my uiterse skaamte) erken dat ek nog nooit een van sy boeke gelees het nie.

    Maar het verseg om ‘Love in a time of cholera’ te kyk alvorens ek die boek gelees het.
    (Doen dit altyd – lees eers die boek).

    Slegte gewoonte? I think not.

    Sal moet plan maak en hierdie begin lees!

  2. BB

    William Kennedy het nie verniet gesê: “”The first piece of literature since the Book of Genesis that should be required reading for the entire human race.”
    Ek het hom op my rak – gaan hom beslis weer uithaal!! Thanks for the reminder Rosietjie. x

  3. So ver ek onthou is daar ‘n vreeslike gevryery in daardie boek.

  4. Piesang! Nee jy moet aan ‘n ander boek dink🙂

  5. Maxie: Nee ek dink nie dit is ‘n slegte gewoonte nie, die fliek is nogal ‘n baie goeie weergawe van die boek, mens kry dit min.

    BB: Ek is seker jy sal die boek geniet, pure magic.

  6. Anoniem

    Die boek klink baie interessant. Jou inskrywing het my siel op geswiep en êrens vrygelaat waar woorde nie kan bykom nie. Ek het in solitude verdamp en met ’n skok besef; meer as vier ure het intussen verstryk.

    Dankie Rooskindjie, ek het diép gedrink en ek moes weereens nederig in erkenning buig; ons is soveel meer as vleis en bloed.

    Solitude beteken vir my; – “To Be” – die ek wat IS was verplaas na ʼn tydlose naamlose sfeer; in die boesem van ‘n onuitspreekbare, onbetwisbare onnoembaarheid. Dis daar waar ek pas naak voor myself gestaan het, myself raak gekyk het en gewonder het; waarheen lei hierdie gesiglose pad?

  7. Paula

    Jy het solitude mooi raak beskryf🙂

  8. Sjoe, ken hom glad nie. Sy werk klink egter baie interessant! Gaan nou op by Moet-Lees lysie sit!

  9. Ek hou ook van “solitude”, maar op die oomblik word dit versteur daar op my werf!😉

  10. Anoniem: Bly dit het vir jou iets beteken.

    Paula: dankie🙂

    demoerin: laat weet my wat jy dink as jy dit gelees het.

    Rustig: my aarde, hoe dan so?😉

  11. 😆 Nou het Rustig se werf gecrash…. seker van al ons bollie-praat.

  12. Ek dink net gister ek moet weer die boek lees! Vreemd hoe gedagtes so in die universe opgevang word!

  13. Netjane: vreemd inderdaad. raai waaraan dink ek nou? hehehe

    Demoerin: arme rustig, bollie praat is so lekker, ek wonder of ons skuldig moet voel??? nah!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: