Darwin en natuurlike seleksie

Dit is nie net die wetenskaplike reus Charles Darwin, wat die studie van die lewe aan ons verduidelik het, se 200ste verjaardag op 12 Februarie nie, dit is ook die 150ste herdenking van verskyning van sy invloedryke werk: On the Origin of Species by  Natural Selection.

Hy het verwys na natuurlike seleksie, die dryfveer van evolusie, as volg verwys:  ” the preservation of favourable variations and the rejection of injurious variations”.

Mite: Die proses om uiteindelik ‘n organisme te verfyn en om hom “perfek” te kry. Dit sal nie die rooi kersie rooier maak nie. Dit stop as die organisme mooi, sterk, “oorleef het om die sg. fiksste te wees”. Die sg. “survival of die fittest is nooit deur Darwin geterm nie, maar deur ene Spencer”.

Feit:  Natuurlike seleksie kies net onder die variasies wat in die bevolking bestaan en die resultaat is evolusie. Of ander anders gestel: Dit  is die proses wat evolusie dryf en bring adaptasie voort. Dit is duidelik uit die bevolkings van alle organismes om ons, dat daar nie so iets soos perfeksie bestaan nie en dat daar genetiese oorerflike siektes is.

Natuurlike seleksie is ‘n proses, dit is blind en werk nie na ‘n bepaalde doel nie. Daarom kan dit nooit klaar wees, terwyl die betrokke spesie nog lewe nie. Dit sterf saam met die spesie uit.

Bv. As die leeu vinniger wil hardloop kan hy nie daartoe ontwikkel, as daar nie gene is om te selekteer nie. As die vinnige gene in die bevolking nie bestaan nie, sal die leeus stadig bly hol.

Natuurlike seleksie = erflikheid + variasie +  differensiële reproduksie.

 

Variasie in kenmerke – party kewers is groen en party is bruin!

browngreenbeetles1

Differensiële reproduksie: Omdat die omgewing nie onbeperkte reproduksie kan steun nie, kan nie al die kewers teel soos hulle wil nie. Die vols hou daarvan om die groen kewers te vreet en hulle sukkel om te teel.

browngreenbeetles2

 

Die bruin kewers het bruin babas, omdat die gene wat hulle bruin maak, erflik is.

browngreenbeetles3

 

Die meer voordelige erflikheidskenmerk of faktor, bruin enkoderende gene, veroorsaak dat die bruin kewers baie voortplant. Indien dit volhou, word al die kewers bruin.

browngreenbeetles4

Dit gaan oor seleksie nie perfeksie.

Alle “swak” gene kan nie uitgewis word nie, hulle bly muteer, om hulle uit te wis is dalk uiteindelik swak vir oorlewing, genetiese vloei behou hulle ect. Tog is die proses nie lukraak nie, dit eienskappe wat jou ‘n voordeel gee, word by oordrag geprioritiseer.

Die ander bene van evolusie is

Adaptasie en migrasie

Genetiese vloei

Mutasie

Tydens Darwin se historiese reis op die HMS Beagle om die wereld. Het hy onder meer by die Galapagos-eilande aangedoen. Daar het hy talle aangepaste (adapted) spesies van vinke gevind. Hulle het by verskille omgewings aangepas, hulle habitat en neste, asook kleur en vorm van die bekkies het verskil.

Mmmm. Dit het hom laat wonder. Die voels het aangepas en dus ook verander na aanleiding van hulle omgewing. En sy groot werk het begin, want dit is vir ander organismes ook so.

finches

Verskeie organismes is vandag besig om te selekteer. Maar die mens is in ‘n geveg betrokke op mikroskopiese vlak. Die oorlog teen virusse en bakterie en baie van ons verloor dit. Die talle outo-immuunsiektes is ‘n voorbeeld daarvan.

Almal wat vandag leef wat nasate is van die oorlewendes van die swart dood/pes was ‘n paar honderd jaar gelede ,is lewende bewyse van die sukses van natuurlike seleksie. Maar die mikrobes slaan terug, hulle raak weerstandig teen middels vir TB en ander siektes.

Net ‘n teorie? : Dit is verkeerd om te se Darwin se evolusieleer/teorie is “net ‘n teorie” en dit so te probeer afmaak as nie bewysbaar. Let wel: ‘n Teorie = Theories are concise, coherent, systematic, predictive, and broadly applicable. They usually integrate many individual hypotheses. A scientific theory must be testable with evidence from the natural world. If a theory can’t be tested with experimental results, observation, or some other means, then it is not a scientific theory.

En Darwin het al jaaaaare gelede hierin geslaag, met sy studie van die lewe.

pd4415105-charles-darwin

“In considering the Origin of Species, it is quite conceivable that a naturalist, reflecting on the mutual affinities of organic beings, on their embryological relations, their geographical distribution, geological succession, and other such facts, might come to the conclusion that each species had not been independently created, but had descended, like varieties, from other species.” – Charles Darwin

Kiekies en bron: Berkeley


  1. dankie, oulike en bondige inskrywing oor evolusie sonder enige agenda. ons kort meer sulkes.

    jy kan dalk nog ‘n bietjie proeflees, though😉

  2. dankie johan, het weer my een oog gegooi, jy weet dis moeilik met net een.🙂

  3. Andrew

    Baie dankie Rosalind, dit was great. Ek het veral gehou van die kewer verduideliking, dit maak dit makliker om te verstaan.

    My hart raak seer as ek dink hoeveel van ons uitmis op hierdie fasineerende onderwerp.

    Terloops ek het vandag by die werk PZ Meyers en Dawkins se 2009 Edge bydraes gelees op die internet en dit baie geniet. Jy moet gaan loer as jy dit nog nie gelees het nie. Craig Venter, Steven Pinker en al die ou bekendes is natuurlik ook daar.

  4. Rosa: Nie vreeslike biologie en evolusie soort mens nie. Regtig inskrywing geniet en goed verduidelik. Bly tog fasineerend in sy eie reg.

  5. Ek het vanmôre ‘n artikel op Beeld se webwerf gelees wat iets met Darwin en likkewane te doen het: http://www.news24.com/Beeld/Sci-Tech/0,,3-2356_2449387,00.html

    Lekker blog in 2009!

  6. Ek het ‘n spesmaas dit gaan steeds nie insink nie. As mens na ‘n ontwerper gaan soek, raak seleksie verwarrend. Dit is dan maar beter om die bewyse te ignoreer. So kan mens ook na jou pinkie en kleintoonjie verwys😉

  7. Ouch.

    Hou verby, Jose. 🙄

    Te hoog vir my, Rosatjie!

  8. Dankie vir die inskrywing Rosa. Dinge is nou duideliker gestel.

  9. Mykopop: Ja darwin het nie die pienk likkewane wat vroeer afgeskei het van ander likkewane op die hoofland gesien nie. Een mens kan ook nie alles raaksien nie en die skip se wereldtoer het net vir kort tye op plekke aangedoen. sou hy die betrokke likkewane gesien het, sou dit sy teorie net meer versterk het. Die likkewane is eens onlangs gesien en dus versterk dit nou sy teorie. Dankie vir die inset.

    Andrew: Ek is gek oor die nuwe Edge vraag: Maar ek wil nog alles lees, Egde rocks!
    WHAT WILL CHANGE EVERYTHING?
    “What game-changing scientific ideas and developments do you expect to live to see?”

    Rustig: biologie is vir my leer oor lewe en wat is meer koel as dit.🙂

    Emil: pinkie, pinkie aan my hand, wies die swakste in die land?

    Boendoe: issie te hoog vir jou nie.

    flippie; regso😉

  10. Ingrid

    Dankie rosalind ek hou van jou insig sonder hidden messages.

  11. Dankie Rosie weereens ‘n baie interessante inskrywing. Ek leer en lees baie hieroor😯 en tot my skok kom ek elke keer agter – hoe min ek regtig weet. Jy verduidelik dit maklik, moenie stop “feed the addiction”

    Ek het net vanoggend die storie oor die pienk likkewane gelees op news,yahoo, hulle is te cute. So pienk monstertjie wat saam jou lewe klink vir my glad nie na ‘n slegte idee nie😉 Myne se naam sal natuurlik “Pinkie” wees

    Lekker naweek

  12. BB

    Sardiens met KONDENSMELK???!!! When?? Where??😯 *Triple-YUCK*

  13. Leon Retief

    My jinne Rosalind, ek vind nou eers uit van jou webwerf! Mooi so, ek dink dis flippin wonnerlik en ek wens dat meer kreasioniste dit wil lees! Dalk kan ek sou nou en dan ook ‘n bydraetjie lewer as jy wil? Ek wens Lesli en ek kan julle weer ‘n keer by ons he vir ‘n ete!

    Mooi loop

    Klaas Vakie

  14. Duusman

    Met mense soos jou sal “the age of reason” dalk tog eendag aanbreek- ek kan nie wag nie.

  15. 😳

    Die post is nie een van my gunsteling onderwerpe nie (die evolusie debat verveel my – no offense) dus het ek die post geskip om te kyk watter kant bloei die meeste. Die comments het my van plan laat verander. Hopenlik lees ‘n paar onderwysers hier en maak dit deel van die Biologie leerplan.

  16. Ingrid: dankie vir die inloer😉

    Wippie: Pinkie en kie is besonderse diere, ek seg jou, en sowaar is hulle op die historiese Galapagos.

    BB: ek het dit sommer uitgedink.

    Klaas Vakie: Baie welkom en ek hoop jy gesels saam, jy is baie welkom. Ek wens ook ons kan weer saam ‘n ietse eet . . .

    Duusman: Welkom en dankie vir die inloer, kom kuier gerus weer. Ek dink die laaste “age of reason” was tydens die Florentynse Renaissance? Maar dalk is ek verkeerd…

  17. Adrie: Evolusie is ‘n verpligte deel van SA se leerplan, die onderwysers moet dit vir die kinders leer.

  18. Rosa

    Waar, ek stry nie. Maar ek weet HOE die onderwysers dit aan die kinders leer. Glad nie objektief nie, maar vol van hulle eie voordeel.

  19. Sorry, ek probeer jou nie koggel nie. Ek bedoel waar soos in true.

  20. Adrie, ek verstaan jou reg😉

    Ek wonder ook soms. Ek dink dit is oneties en onprofessioneel as onderwysers van die feite afwyk. Hulle behoort by die leerplan te bly. Indien ek ‘n ouer was sou ek nogal daaroor navraag gedoen het en gesorg het dat my kind die suiwer wetenskaplike evolusieleer geleer word. Dit is die kind se reg tot behoorlike opvoedkundige – en nie ‘n konkoksie oningeligte nonsens soos gesien deur ‘n individu se bepaalde agenda-bril nie.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: