Ek fliek nie meer nie

want dit is nie meer lekker nie.

Om fliek toe te gaan het verander. Dit is nie meer soos dit was toe ek klein was nie, selfs nie meer soos dit was toe ek in my twintigs was nie.

Want die fliek het vieslik geword, omdat die mense vieslik geword het. Wanneer het die fliek ‘n roadhouse geword waar mense burgers, tjips, pizza en roomys vreet? Gaan fliek jy of vreet jy?

Toe ek klein was mag jy net popcorn en coke ingevat het.

Die mense kou met oop monde. Laat hul gemors agter.

Die laaste keer wat ons gaan fliek het, het die vrou agter ons se sel gelui. O sy sal die foon nou dooddruk, sy het net vergeet, het dommie gedink.

Nee! Sy het ‘n hele gesprek: “Ja julle moet tjops bring vir die braai. Nee, ons het bier ect ect” gaan sy aan.

So het dit deur die hele fliek gegaan, almal het op hulle selfone gepraat. Smse gestuur. En toe ons hulle wou stilmaak, het dit gelyk of hulle ons met messe wou steek. Daar is op ons gevloek.

Op ons tone getrap. Jou stoel word so geskop deur mislike tienerseuns en ongeskikte, lomp mans. Sommer aspris. Of stink tekkies kom tussen die stoele deur. Omtrent almal sit met hulle pote op enige iets behalwe die grond.

Mense lag as iets hartseer is. Op die ernstige plekke gee hulle ongevraagde, onsensitiewe kommentaar. Agteruitwaarts mars.

Die meem van ongemanierdheid muteer elke dag, vinnig al vinniger. Ons word die barbare waarvoor ons die generasies voor ons aangesien het.

Ons is monsters. Sies.


  1. Ek het vir ‘n paar jaar (± 4) in ‘n video winkel gewerk as student – vrek oor goeie flieks. Die biscope was nog altyd net ‘n vryplek vir kjenners – dít kan ek sommer by die huis doen😉

  2. Rosa

    Jy skrik my amper af van fliek. Tog deel ek nie dieselfde ervaringe nie. Ek fliek eerder by sterkinekor as by numetro. Daar is 6 teaters wat ek gereeld besoek, 4 van hulle is sterkinekor en 2 numetro – waar ek eintlik selde kom. Sterkinekor het meer ruimte. In numetro land my kniee altyd in iemand se rug.

    By sterkinekor (waar ek fliek) mag jy net goed wat jy by hulle gekoop het inneem. Die rebel in my smokkel soms ander lekkers of biltong in, maar ek kan nie onthou dat iemand kos invat nie. Dit word by die ingang gekonfiskeer.

    Transvaalse fliekers is seker beter gemanierd. Ek sien nooit dat iemand in die fliek op hulle sel praat nie (sms ja). Hulle praat ook nie in die fliek nie. Van op of aanmerkings op die fliek is nie sprake nie.

    Voete op die sitplek voor jou? Self skuldig. Ek doen dit nie as daar mense voor my sit nie.

    Ek hoop jou beskrywing is n geisoleerde voorval. Anders kry ek die kapenaars baie jammer.

  3. Dit klink vir my asof jy in Tygervallei gaan fliek het. Dis waar al die common mense fliek. Dis die enigste plek waar dit so gaan. (O wag nou lieg ek – die fliek onder in die Waterfront en die fliek bokant in Cavendish is ook erg). Probeer Canal Walk of die Cinema Nouveaus of Somerset Mall.

  4. Ek stem Rosie hulle vreet in die flieks! ROFL En die geluide wat uit daardie monde kom, gee my die horries. Ek het ‘n ding oor “vreet” geluide. Die tong, kake en lippe klap soos vuurwerke! Sies!

    Adrie ek stem hier in Gauteng is darem nie te veel van hierdie barbare nie. Mind u, ek kyk hulle sommer byvoorbaat kwaai aan, as ek sien hulle wil aan die “vreet” gaan soos beeste wat herkou of varke wat 3 weke laas kos gesien het.😉

    Hoop jy het ‘n “magical” jaar Rosie!

  5. Mefri

    ((((((Rooskindjie)))))) Voorspoedige Nuwejaar! Ek wens vir jou die room van alle goeiewense toe.

    Ek sien verskriklik baie uit na jou inskrywings vir 2009.

    Daar is sekere dinge waarsonder ek nie kan lewe nie, maar fliek is nie een van hulle nie.

  6. RF, ek dink jy fliek dalk net by die verkeerde teaters. Gelukkig gaan dit rustiger hier in die Oosterse teaters (in elk geval die wat ek sporadies besoek)

    Piesangverkoper – jy veralgemeen lekker!

  7. Wat my viesmaak hier in Pretoria is dat die tegniese kwaliteit van die fliek partymaal verlore gaan as gevolg van die onbevoegdheid van die mense wat die teater bedryf. Een keer moes ek ‘n hele fliek deurkyk wat uit fokus was. Dit ten spyte daarvan dat ek buite gaan kla het daaroor. Ek het besluit om daardie teater in vervolg te boikot.

  8. Ek hou meestal van die Nouveau-flieks by die V&A en die ander.
    Maar oral is daar sulke mense. Ons koop wat ons wil sien en kyk dit tuis.
    Of gaan na die regte egte teater toe, maar daar gaan dit ook deesdae treurig.

    Eintlik gaan die stuk ook oor die algemene gebrek aan maniere.

    Cebella: ja ek stem met jou.

    Adrie: nee hier doen al wat ‘n muishond is wat hy wil, veral in sommige flieks. mense het nie meer maniere nie. maar dit is nie net in flieks nie. ook op die pad en in restaurante.

    Piesang: dankie maar somerset-wes toe ry vir fliek? te ver vir my.

    Wippie: ek het ook ‘n ding oor vieslik vreet. en ek sal altyd die een in die restaurant sien wat die vieslikste vreet met ‘n oop bek dat dit klap. stunning jaar vir jou ook.

    Mefri: dankie ek hoop ek stel jou nie teleur nie. mooi jaar vir jou ook.

    Bib: Ek veralgemeen ook🙂 dis meer ‘n refleksie oor die algemene veral van dissipline en maniere.

    flippie: ja hulle sit die movie op en gaan slaap. soms is die klank ook te hard.

  9. Ingrid

    Ja, dis jammer dat ‘n goeie fliek deur minder ordintlike mense ontsuur moet word. Ek kry ook eerder deesdae die dvd en kyk by die huis, maar dis darem nie dieselfde as op die big screen nie en die lekker van koeldrank drink na die tyd of sommer net so bietjie in die centre rondstap is dan ook weg, plaas die ouens met hulle selfone eerder die dvds kyk.
    Lekker flieklose naweek

  10. Jong Piesang, al daai plekke is waar ek maar ook uithang. Veral Noveau – lekker “kunsfilms” (wat dit ookal mag beteken. In my boekie, films met substansie!).

    Rosalind, het jy gelees van die een ou wat sommer ‘n ander in die fliek geskiet het? Ek het ook al vir mense gevra om stil te wees. Ek kan soms daarmee saamleef, want die klanksisteme in die goeie teaters verbloem meestal die gekef en gekraak van ander se onwelvoeglikhede. Maar wat my regtig dwars in die krop steek, is wanneer onderontwikkelde oeranoetangs en onafgeronde chimps hulle selfone laat lui, of die donker, atmosferiese abieance versteur met die verblindende en afwykende lig van hulle selfone se skerms – die ding hoef nie eens die nuutste snotkop liedjie te speel nie. Genetiese afwerpsels!!

    Ek het gelukkig ‘n lekker omsingelde klankstelsel – DVD!!!

    Die teaters raak werklike ‘n “truckstop” (met alle respek aan alle truckers). Ek dink ons moet briewe skryf en kla.

  11. katjiepiering

    Ek hou nie so meer veel vannie popcorn reuk nie, cappucino en soms muffin. Love cinema nouveau as dit stil is. Hm kry bitter min tyd daarvoor.

    Mense eet te veel. !

  12. Andrew

    Dis so jammer ‘n mens kry nie meer ‘n inry nie. Toe ek ‘n student was het ons my geroeste Datsun 1200 bakkie vol mense gepak en so inry toe gery om koste te bespaar. Dan het ons almal buite op komberse en kussings gesit en vliek kyk. Ons het niemand gepla nie en niemand het ons gepla nie.

  13. Stem saammet Adrie – die Transvalers is (vir eenkeer?) meer gemanierd!

    Ons kyk meer DVD’s – het ‘n lekker bank, projector & ons popcorn is vars!😉

  14. Andrew

    Netjane jy is so reg, huis popcorn is vars en jy kan enige iets daarop gooi. Ek begin myne maak met knoffel botter en dan gooi ek Robertson Sout en Asyn of Salad Sprinkle of Cayenne Pepper daarop … of net soos die gemoed my vat. Eerste klas.

  15. Pretoria het n inry, bo-op Menlyn se dak. Was nou nog nie self daar nie.

  16. O hemel, waar fliek jy? Ons fliek deesdae min, omdat die naaste fliek meer as 100 km ver is, so as ons gaan, is dit in die middel van die week by die Labia, waar dit nie so is nie.

  17. maxie

    Ek gaan slegs fliek toe as ek ‘n daggie se verlof het en vroegoggend kan gaan.

    Dis heerlik stil…. bliss. Ongeveer 5 ander fliekgangers op ‘n slegte oggend. Hemels.

    Maar… die prys van versnaperinge is lagwekkend, en die keuses uiters beperk, veral vir iemand wat nie suiker eet of nie van popcorn hou nie.

    Flippit ek mag nie eers my botteltjie water invat nie (en dis al wat ek drink)….

  18. My beste fliekervaring was toe ek The Passion of the Christ gaan kyk het en die res van die teater vol was van die lede van een of ander swart Pinksterkerk. Man, het hulle pret gehad. Elke keer as Satan op die skerm verskyn het, het almal opgespring en geboe en hom met popcorn gegooi. Wanneer Jesus die kruis moes dra het mense gegil en in sommige gevalle flou geval. Dit was ‘n roller coaster van ‘n fliekervaring.

  19. Ek eet/drink nie in ‘n fliek nie want dit is ‘nie ‘n restaurant nie.

    Ingrid: Is waar die big screen is baie nicer. Maar ek is bang vir die volgende koerantberig: ” ‘n Man het in sy Steersburger verstik, toe ‘n vrou van Kaapstad, hom in die fliek gebliksem het.”

    Emil: Ek mag dalk iemand, vir een keer in my lewe, hard en duidelik moer. Oor so iets eenvoudig soos kekkel in die fliek oor ‘n selfoon. Dink net….

    Andrew: oooeee ek het Dirty Dancing by die die inry gesien/gesoen. Jinne.

    Maankind: Ek hou ook van die Labia. Die ou ene het harde stoele! Die nuwe een is fine. Maar dit gestel, vroeer kon mense enige plek fliek en dit was nie so nie.

    Maxie: Steek jy water in jou handsak weg😉

    Piesang: dit so vir my al te erg gewees het. hoe lyk satan?

  20. Androgonous. In die fliek – go figure.

  21. Hi Rosa. Beste Wense vir 2009!! Mag dit ‘n GROOT jaar wees! Ek gaan ook nie meer fliek nie, juis oor die redes. Ek was laas jaar 1 keer in die fliek, soontoe gesleep om Mamma Mia! te sien…. en ek sal erken ek was deel van die bohaai toe almal hardop aan die lag gegaan het en vingers na die screen gewys het toe Pierce sy eerste paar woorde gesing het!😆

  22. Krista

    Ons gee die nuwe uitreikings so 2 maande voor ons gaan fliek sodat ons at least ‘n stiller fliek experience kan hê . . . Ek dink ons was in totaal 6 mense wat Madagascar2 gaan kyk het . . . heerlik!

    Gelukkig is die flieks in die sentrumpie naby ons huis redelik stil, die meeste ouens mik vir die groot sentrums waar daar baie happenings is . . .

  23. Vreemd, ek het nog nie sulke ervarings gehad in ‘n teater nie. Waar het jy gaan kyk?

  24. Ek’s een van die common mense wat fliek by ster kinekor in Tygervallei.
    Het verlede Vrydag “Australia” gaan kyk. Dit het gelyk soos ‘n matinee vir die bejaardes.
    Almal was rustig en het toe-mond hulle popcorn gekou……..

  25. Andrew

    Johan dis omdat jy so meegevoer word deur jou wip te shape dat niks anders jou steur nie. 😉

  26. Merfi

    ♪ Goeiemôre ((((((Rooskindjie)))))) ♪ My dag kan nie mooier wees nie, ek hoop joune skitter ook. Ek bring vir ‘n hele streepsak glimlaggies sodat dit joune ook kan opkikker met lewensvreugde. Ek is nie verlief nie, net ingeval jy daaroor wonder🙂 ek wil dit sommer net met jou deel omdat jy vir my so dierbaar is.

  27. Paula

    Gelukkig het ek nog nie daardie ervaring gehad nie. Net een keer toe iemand my kort kort in die rug geskop het. Ek was omtrent woedend! Maar na ek en manlief sitplekke omgeruil het het die geskop sommer dadelik gestop … hulle het nie kans gesien vir manlief nie🙂

  28. Blog jy ook nie meer nie, vra maar net?

  29. Demoerin,🙂 ja ek blog maar ek moet mooi dink. ek wil sommer lostrek….! ons maak dit sommer ‘n groot jaar.

    Paula en Johan: Dalk is dit my gesig, ek word altyd geskop, getrap en bemors in die fliek.

    Mefri: jinne maar jy is vrolik vandag🙂

    Koeksister: kan dit waar wees?

    Krista: is mal oor daai fliek.

  30. Haai Rosalind, jammer oor jou ervaring in die fliek – maar daar is orals diegene wat dinge onplesierig probeer maak vir andere… maar wat hulle nie besef nie is dat Die Doel van Ons Lewe Vreugde is – Hul kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal hulle groei; en in hul wasdom sal hulle bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is hulle ook vry om gebondenheid of pyn te kies… maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.) Lees meer by http://www.oorvloed.co.za

    Groete

  31. Hallo watopaarde, welkom hier en dankie vir vreugdevolle inloer.

  32. Sies ja! Ek kyk eerder movies by die huis. En pla die bure met my surroundsounds.

    As ek pms het, kan ek nie gaan fliek nie, want gewoonlik kry en iemand met ‘n probleem in sy voet, agter my: hy moet die hele tyd teen my donirse stoel skop!

    Anyway, ek het ‘n wonderlike duikmes die ander dag gekry, so ‘n laaaange. Miskien vat ek dit next taaim saam, en steek so ‘n hou in die donker agter my sitplek…

  33. Ek was self verbaas Rosalind, toe ek daardie skare mense buite sien, toe kry ek my bedenkinge. Maar wat ‘n suprise toe ek instap en al hierdie rustige mense aanskou.

  34. Skoor: Blik idee, die duikmes,LOL steek so links en regs na agter. Ek hoor almal praat so van PMS, ek het dit nog nooit in my lewe gehad nie. tel dit as jy elke dag van die jaar moerig is?

    Koeksister: wys jou, mens moet nie ‘n haas op sy fur traktreer nie. ons het “australia” bestel. shame hulle het ook net skape, dorre aarde, kangaroes en bloekoms en nou wil almal daar loop bly…laat my dronk.

  35. RF – jy is welkom om vir ‘n wyle jou intrek in die Skoorhuis te kom neem. Blykbaar is my PMS aansteeklik, of oordraagbaar, of so iets.

    Dan kan jy vir jouself oordeel!

    hahaha

  36. Skoor: ek dink ek het ‘n interne buzzer, ek is PMS-bestand.

  37. Vir jou moet ons kloon.

    Of ontleed en die ‘short’ soek! Jy is uniek. Enige ander-half se droomvrou!!!

    Jy beter vanaand dankie se as jy bid. Jy mis NIKS.

  38. LOL, belower jou ek kry nie PMS nie. Moenie so gou praat van droomvrou nie. Ek flippen kan nie kook nie. Kan nou die aand nie die groente geroast kry in die nuwe convection oven nie. Was ‘n histeriese gemors.

  39. Maar jy kan darem seker…Bak?

    hahaha




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: