Wys my jou fossiel

Die bewering is dat een hoër taksa kan nie met verloop van tyd ‘n ander hoër taksa word nie? (Makro-evolusie) Aldus onkundige, en veral swak-belese kreasioniste.

In Suid-Afrika hoef jy net die Karoo te besoek om die bewyse met jou eie oe te sien hoe sommige reptiele, na die soogdier-agtige reptiele (Therapsida) en toe die soogdiere ontwikkel het. Nou as dit nie ‘n bewys van evolusie is nie, dan is ontkennig seker ‘n genetiese siekte.

Want een klas van diere het ‘n ander klas geword.

Daar is meer as 20 spesies van net die Dinocephalia-groep alleen hier te vind.

Die gesteentes van die Karoo-supergroep dateer van die Gondwana-tydperk, toe suidelike vastelande een landmassa gevorm het en ook die tuiste van baie primitiewe reptiele was. Dié diere en die soogdieragtige reptiele het die Aarde bewoon nog lánk voordat die dinosouriërs ontwikkel het.

Die superkontinent Gondwana het tussen 700 miljoen jaar en 500 miljoen jaar gelede gevorm uit al die kontinente van die Suidelike Halfrond. Die Agulhas-see het van 500 miljoen tot sowat 380 miljoen jaar gelede ’n groot deel van die hele Suidkus tot by Grahamstad, Vanrhynsdorp en op teen die Weskus bedek (Kaap-supergroep). Die neerslae is gedateer.

Van dié mariene neerslae is tot 8 km diep. Wat vandag Suid-Afrika is, was sowat 300 miljoen jaar gelede oor die Suidpool geleë en ’n groot ystydperk is hier beleef.

Die Karoo-supergroep beslaan vandag omtrent twee derdes van Suid-Afrika (dus is die geologiese Karoo nie dieselfde as die toerisme-karoo nie)/ Die neerslae is tussen 310 miljoen jaar en 182 miljoen jaar gelede afgeset (laat Karboon tot middel Jura).

Die soogdieragtige reptiele van die Karoo kan in vyf groepe verdeel word.

Soogdieragtige reptiele het oor ’n tydperk van 50 miljoen tot 80 miljoen jaar in soogdiere ontwikkel. Van die sigbaarse transformasies is in die oorbene, die kakebene en tande

Die transformasie het begin voordat dinosouriers dominant op die aarde geraak het. Die reptiele en soogdier-agtige reptiele was algemeen teen 250 miljoen jaar gelede. Beide het saam voorgekom. En ons sien hulle le in die betrokke geologiese lae. Vandaar die akkurate datering (wat een vd metodes is)

Teen 251 miljoen jaar gelede was daar ‘n massiewe uitwissing op aarde, aan die einde van die Perm waarin, 90% van alle lewe in die see en 70% van alles op land sterf uit. Wow! So waar op aarde kom die fossiele vandaan? Van die uitwissing! Mens kan dit sien, as jy weet waar om te gaan kyk.

Die aarde het al 5 massiewe uitwissings beleef, elke keer ontwikkel lewe weer uit dit wat oorleef het. Nadat die dinosouriers 65 miljoen jaar gelede in so ‘n uitwissing dood is, het die soogdier oorgeneem.

Evolusie is soos ‘n boom se takke, dit kan groei na enige plek en lei na iets besonders, of self op niks uitloop nie – sou dit onsuksesvol wees.

Vandaar die term dat natuurlik seleksie ‘blind’ is. Kreasioniste wil dit he dat evolusie, volgens hulle misverstaning daarvan, liniêrer moet wees, wat dit natuurlik nie is nie.

Met die verloop van tyd, soos takke van die boom verder van mekaar groei, verander die spesies se embrios in verskillende maniere deur middel van natuurlike seleksie. Maar oorblyfsels van die oorspronlike voorsate sal altyd bly. Dit is hoekom die mens se embrio steeds ooreenkomste met ‘n dier sover terug as die vis toon.

Ons ontwikkel of ‘evolve’ nie van laer na hoër vorms van lewe nie. Dit is duidelik in die ooreenstemmde paaie van die ontwikkeling van die hand, poot en klou geloop het. Seker een van die grootste misverstande is dat evolusie soos die “ekologiese voedselketting” loop met die mens heel bo. Dit nie so nie. Die voedselketting moet nie verwar word met ontwikkeling nie, wat ongelukkig tipies gebeur.

Tans is die soogdier net bo. (Vroeer was die reptiele bo). Maar hy was nie altyd nie en hy gaan heel waarskynlik ook nie daar bly nie. Die volgende era gaan heel moontlik die era van die insek wees.

 

picture-080

’n Pareiasouriër (primitiewe reptiel), pragtig bewaar in die Karoo

picture-060

Humerus van die Dinocephalia-groep (‘n soogdieragtige reptiel)


  1. Baie interessant en ek kan byna nie glo dat daardie Pareiasouriër so mooi bewaar gebly het nie. Ek sal dit graag self wil gaan sien!

    Ek het nou tyd vir lees en raak heeldag weg met ‘n boek. Jy kan seker ook raai dat ek en my Teddy nou baie in Exclusive books se koffiekroeg sit! (Dankie tog dat ek ‘n liefie het wat ook so lief is vir boeke, alhoewel ek raak verlief op ‘n boek, dis ‘n vreeslik siekte)🙄
    In die aand speel ons op die maan en sterre met ons nuwe speelgoed😆

    Voorspoed vir die nuwe jaar vir jou en jou geliefdes, en dankie vir al die interessante leesstof op jou blog. Sien uit na nog baie van dit in die nuwe jaar!

  2. Grrrr…!!! Era van die insek?? Ek hoop ek is long gone teen daai tyd… 😯

  3. Andrew

    Ooh dis ‘n lekker manier om my dag mee te begin, iets nuuts te leer oor evolusie 6H00 in die oggend. Dankie Rosa vir die lekker lees inligting. Soos jy weet is daar ‘n pragtige voorbeeld van ‘n soogdieragtige reptiel in die Iziko museum wat vir my mooier as ‘n mens is. Vir ons gaste wat in die Kaap kuier, maak gerus ‘n draai daar … julle sal nie spyt wees nie.

  4. Baie interessant, maar ek stem saam met Boendoe… Long gone… 😆 😆

  5. Mefri

    Liewe Rooskindjie ek leer so baie by jou, die evolusie-ding is baie interessant en dit begin sin maak soos wat jy dit verduidelik. Ek hoop net die nuwe era se goggos bly klein,want ek sien hierdie reusagtige kokkolanders in my verbeelding LOL net ingeval daar rêrig iets soos reinkarnasie bestaan bespreek ek nou al my ‘body guard’- eeue vooruit. My verbeelding hol weg met my vanoggend. Die dogtertjie in my floreer:-)

  6. Andrew

    Aha, ek dink ek verstaan nou vir die eerste keer die kreasioniste se liniêrer argument. Ek het altyd gedink liniêrer beteken ‘ongebroke lyn’ maar wat hulle bedoel is dat daar geen vertakkings was nie.

    Rosa as die gemoed jou eendag vat moet jy meer vertel oor “… transformasies is in die oorbene, die kakebene en tande.” Dis soortvan ‘n tag sonder druk vir 2009. (Jy mag nie terug tag nie asseblief, evolusie is nie my veld nie, ek is ‘n rekenaar tegnikus.)

  7. katjiepiering

    Baie interessante werk!

  8. Dage RosalindFranklin
    Dankie vir die inligting. Jy doen voorwaar baie moeite met jou onderwerpe en duidelik is hulle vir jou baie belangrik.

    Groete

  9. Nee wat moenie worry nie, teen die tyd wat die soogdier van sy troon afgeval het sal dit miljoene jare van nou af wees. Ons sal so “long gone” wees, Boendoe en Pikkie😉 as iemand ons nog sou onthou sou hulle vergeet het om te onthou😉

    mefri: dalk is die goggas kleiner? 300 miljoen jaar gelede was daar waterskerpioene wat groter as witdoodshaaie was. dink net, van hulle fossiele le in die karoo. jy kan gaan kyk as jy weet waar.

    wippie: die ene wat hier op die grond le op die foto se volksmondnaam is handjiestand, want sy tande lyk soos klein handtjies. is baie nice. baie mooi wense vir jou ook en vir die lekker kuier by jou. (me is verslaaf aan boeke🙂 )

    Katjie en White Knight dankie vir die inloer, dit is amazing as mens na die fossiele kyk om te dink hulle is so oud.

    Andrew: Jip jy het dit! Die linier in die konteks beteken a, het gelei na b, het gelei na c. Maar evolusie werk nie so nie.
    In evolusie sal a lei na a.a.1. na b.1, na b.2 na b.3 (waarvan net twee bv, sal oorleef maar sal spesieer in twee take wat sal lei na c en d en c sal bv, heeltemal uitgesterf – weens klimaat. En natuurlike seleksie sal lei na f. MET: A steeds as die gemeenskaplike voorsaat van almal. Maar diegene wat nou leef sal nooit sien hoe f evolve nie, want dit gebeur te stadig.)

    Iziko is amazing, dat is ou voetspore van mense ook en hulle is al vir jare aan die weskus besig met opgrawings. stunnig.

    Ek dink ek het al iets gedoen oor die ore (die drie oorbene is van die oudste op aarde in soogdiere – was eers kaakbene – maar ek sal weer😉

  10. boendoe

    Rosa, ek voel so aardig om my nuwe blogadres oral te los, maar groot tragedie het my getref. In elk geval, ek is nou hier:

    http://boendoe.wordpress.com

  11. Dankie boendoe ek is so bly jy laat my weet, het jou blog gedelete? ek is so jammer. ek verander jou dadelik op my lys.

  12. Tersia

    Voorspoed, vrede, vreugde, liefde, geluk en hope ssonskyn vir jou vir 2009! Dankie vir al die lekker-lees altyd hier by jou! Liefies

  13. Hello Rosie ek het net vir jou hier op die oujaar ‘n Baie voorspoedige 2009 kom toewens! Mag jou jaar vol liefde, magic en geluk wees🙂

  14. Andrew

    Rosa, I’m not good at mushy stuff but my wish for you in the New Year is that you will keep on eating protein in order to sustain your brilliant brain. I know it’s not very poetic … but that’s all I’ve got right now.

  15. Nou ja, laat EK probeer met die mushy stuff! 😆

    Rosa, dankie vir jou unieke (soms bleddie weird, LOL) uitkyk op die lewe. Bored is ek nooit hier nie! Hoop 2009 is vir jou ‘n baie mooi jaar!
    xx

  16. Dis nogal heel interessant Rosa. Ek dink darem nie die mens sal sommer so maklik uitsterf nie. Om moet net so bietjie uit ons foute leer. Wat die mens aan betref werk natuurlike seleksie immers nie meer nie.😉

    “Ons ontwikkel of ‘evolve’ nie van laer na hoër vorms van lewe nie.” Tog was daar aanvanklik slegs eensellige goetertjies wat toe later in meersellige goetertjies ontwikkel het, ensovoort. So in ‘n mate het die hoër vorms wel uit laer vorms ontwikkel, nie waar nie?

  17. Die mens se kans om uit te sterf weens oorbevolking, siekte, tekort aan water en kos, droogte en dies meer, is BAIE goed flippie.
    Homo sapies is maar 200 000 jr op die aarde, en in hierdie kort tyd het ons daarin geslaag om mekaar, ander diere en die planeet baie mooi op te F..

    Leer ons uit ons foute? Nee.

    Evolusie loop nie noodwendig van laag na hoog nie. Insekte is al sowat 400 miljoen jaar met ons (Devoon) En hulle het ontwikkel in hulle betrokke stamboom, aangepas en geselekteer.

    Ek bly by my punt dat dit nie van laer/dom organisme na hoer/slimmer een loop nie. Jammer.

    Evolusie lei nie van die turd na die cherry nie. Jammer.

  18. Hallo Tersia, baie mooi jaar vir jou ook en dankie vir die kuier hier.

    Andrew: Ek laaik mushy stuff ook! Dankie vir jou kuiers hier. En wonderlike 2009 vir jou ook.

    Boendoe: Dit is my plesier!🙂

    Flippie. Natuurlik werk natuurlike seleksie by alle organismes. En by mense, natuurlik: Hoekom dink jy kan sommige mense nie melk drink nie, het sommige blou/groen/bruin oe? Hoekom kry party longkanker sonder dat hulle ooit gerook het? Hoekom werk anti-biotika nie meer nie? Hoekom is party mense van kleins af net vet. Komaan!

  19. Rosa dis vroeg in die nuwe jaar en hier redeneer ons alweer dat die stof so staan.😉

    “Evolusie loop nie noodwendig van laag na hoog nie.” Gee vir my ‘n redenasie wat hierdie stelling bevestig. Die feit dat insekte al so lank bestaan bewys mos nou nie dat daar nie meer komplekse goed uit hul voorsate kon ontwikkel het nie. Dus kan dit nogsteeds waar wees dat “hoog” uit “laag” kom.

    Oor natuurlike seleksie by die mens, al wat jy na verwys lyk my soos die feit dat daar steed mutasies by mens voorkom. Dit stem ek saam mee, maar dis nie natuurlike seleksie nie. Laasgenoemde is die terugvoer van die omgewing wat bepaal of ‘n organisme nasate kan produseer. By die mens is hierdie terugvoer afgesny. Kultuur maak dat ons die swakkere lede van ons spesie met sorg die kans gee om ook nasate te kan produseer. Natuurlike seleksie werk dus nie meer nie.

  20. ‘n Wonderlike proteien gevulde 2009 vir jou, om Andrew te ego.

    Dis nou ‘n lekker inskrywing, en verduidelik die “linieer” soos ek by Retha aangevoer het, pragtig. Dit verbaas my wel dat Andrew nou eers begryp😆

    Jinne, hier kom ‘n GROOT jaar😉

  21. Dankie Emil, ‘n heerlike groot jaar vir jou ook😉

    Flippie: ek gaan net 2 van die magdom voorbeelde vir jou gee dat die mens nog evolve, want natuurlike selekesie en evolusie loop hand aan hand.
    Elke lewende nasaat vandag van elke mens wat die groot dood/swart dood/plaag honderde jare gelede in europa oorleef het, is ‘n produk van natuurlike seleksie.

    En, daar is sekswerkers in Nigerie en in SA wat in meer as 20 jaar blootgestel word aan vigs. Hulle is immuun teen die sieke. Hulle het ‘n weerstand opgebou teen dit. Dit is natuurlike seleksie. Oorlewing teen ‘n dodelike virus.

    Ag en sommer ook ‘n derde een. Almal met sickle cell anemia in Afrika is bestand teen malaria. Uiteindelik sal die SCA verdwyn en net die weerstand stand bly.

    O ja en nou dink ek aan die feit dat dat ons nie meer ons verstandtande nodig het nie.

  22. Rosa, ek stem saam dat die eerste twee gevalle wat jy noem op evolusie neerkom, want dis redelike drastiese gevalle. Die laaste twee gevalle verstaan ek nie hoe dit verwys na evolusie of natuurlike seleksie nie. Jy sal ook seker dan met my saamstem dat as in die eerste twee gevalle daar medisyne was wat die siektes kon genees, ons nie hierdie effekte sou gesien het nie. Dus, soos die mediese wetenskap verbeter word die terugvoer afgesny en verdwyn die effek van natuurlike seleksie. Vandag is die effek grootensdeels weg.

  23. Daar was nie medisyne vir die plaag nie!!!!! Mense het suiwer wees natuurlike seleksie oorleef.

    En die betrokke prostitute (lees asb die literatuur) het GEEN medikasie ontvang nie. Boonop is omtrent geen medikasie wat help vir virusse nie (behalwe tamiflu teen griep en arv’s – lg. wat hul nie ontvang het nie.).

    Natuurlike seleksie kan klein wees, dit hoef nie ‘drasties” te wees nie.

    Verstandtande en swakker pinkies is natuurlik evolusie. Dit wat jy nodig het word sterker en dit wat jy nie nodig het nie verdwyn. Ons kake het ook kleiner geword omdat ons fyner kosse eet. Komaan. Natuurlik is die verlies aan verstandtande natuurlike seleksie.

    Mens kan ook nie net na “vandag” kyk nie. Evolusie en seleksie bekyk mens ‘n retrospek want dit gebeur nie oornag nie. Jy weet tog.

    Ek noem weer: laktose tolerasie is nog ‘n voorbeeld. Stadig maar seker is ons besig om as volwassenes melk te kan verteer, ons kon dit nie 10 000 jr gelede doen nie.

    Indien die mens nie meer evolve (natuurlik selekteer) nie sal hy uitsterf. Lankal uitgesterf het, en die stryd teen bakterie en veral virusse lankal verloor het.

    Dit dan nou die einde hiervan van my kant af.

  24. Dis presies my punt, die rede hoekom die natuurlike seleksie kon inskop is juis omdat daar nie medisyne was nie.

    Kan jy vir my verduidelik hoe die natuurlike seleksie werk wat verstandtande laat verdwyn? Ek kan nie sien hoe dit enige effek het op die mens se vermoe om nasate te produseer nie.

    Ek stem saam dat daar meer as ‘n 1000 jaar nogsteeds ‘n mate van natuurlike seleksie plaasgevind het maar oor die afgelope 300 jaar het hierdie proses stelselmatig afgesny geraak. Selfs oor die afgelope 10 000 jaar het die effek al verminder as gevolg van die effek van kultuur en beskaafdheid wat begin intree het.

  25. Flippie, natuurlike seleksie is die dryfveer van evolusie. Dit het nie net te doen met reproduksie nie. Dit blyk dat jy dink natuurlike selekesie het net met reproduksie te doen.
    Dit het ook niks te doen met “beskaafdheid” en kultuur nie.

    Verstandtande: Omdat jy fyner kosse eet, oor duisende jare selekteer jy geneties om nie meer die tande te ontwikkel nie. Dus: die gene wat die tande maak, selekteer weg.

    Ek dink nie jy verstaan natuurlike seleksie reg nie,

    Deur verskillende rasse honde te teel het die mens vinnge natuurlike seleksie toegepas. En VERSKILLENDE EIENSKAPPE het na vore getree nie net ‘n aantal/hoeveelheid honde nie. Daar is vir bepaalde eienskappe geselekteer.

  26. Rosa ek was onder die indruk dat jy ‘n ekspert is in hierdie veld. Na wat jy nou hier geskryf het begin ek wonder of jy weet hoe die evolusie meganisme werk. Reproduksie is ‘n essensiele deel van die proses. Jy beskou ook byvoorbeeld teling as natuurlike seleksie. Teling is ‘n vorm van kunsmatige seleksie, dis nie natuurlike seleksie nie. Carl Sagan het dit destyds baie mooi verduidelik in sy reeks Cosmos.

    Ek beplan om ‘n inskrywing te maak waarin ek die meganisme van biologiese evolusie verduidelik. Weet net nie wanneer ek kans gaan kry daarvoor nie.

  27. Nee flippie, jy verstaan nie en jy HOOR my nie. Ek het teling beskryf as:”vinnge”. Ek het dit was voorbeeld gebruik om eienskappe aan jou te verduidelik i.e. die verstandtande, sodat jy kan verstaan eienskappe is deel van natuurlike seleksie.

    Nooit maar nooit het ek gese teling IS, natuurlike seleksie nie. Ek sou nooit so dom wees om te dink dit is natuurlike seleksie aan die hand van evolusie nie, tensy ek glo die aarde is 6000jr oud en nou moet ons alles vinnig inpas.

    Ek het ook al herhaaldelik gese: Natuurlike seleksie is die dryfveer van evolusie. Organismes pas by hulle omgewing aan (adaptasie) sodat hulle lank genoeg kan oorleef om onder meer hulle genetiese materiaal aan hulle nasate oor te dra. Maar dit is nie blote oordrag of reproduksie nie. Dit is oordrag van SPESIFIEKE EIENSKAPPE (soos ek ook hier bo gese het – dit is nie blote reproduksie nie!!!).

    Dus vermeerder die proporsie van spesies met of sonder die bepaalde eienskappe (met of sonder verstandtande, vlerke, kolle, knopkoppe) met elke nuwe generasie.

    Die meeste mense verwar evolusie met die afskuwelike sosiale Darwinisme. En die mislike term “survival of the fittest” wat die hel weet van Herbert Spencer afgekom het in 1859.

    Ekspert? Min mense in die wereld is eksperts. Ek is ‘n leerder van dinge.

  28. flippifiefanus – ek het so ‘n spesmaas rosalind is kundiger as wat jy dink.

  29. Grote griet, hoe moeilik is dit tog om te verstaan😮

  30. Ek is glad nie ‘n ekspert nie, so my vraag is bloot om dit beter te verstaan, juis nie om jou aan te vat nie.

    My baie eenvoudige verstaan van evolusie is dat natuurlike seleksie veroorsaak dat eienskappe wat ‘n spesie help om langer te leef, of beter voort te plant, vermeerder word in elke opvolgende generasie. Dit gebeur omdat die lede van die spesie wat nie daardie eienskap besit nie korter gaan lewe, en dus ‘n kleiner kans het om voort te plant, en so gaan die lede van die spesie wat wel die eienskap het se getalle met tyd oorneem. My verstaan is waarskynlik verkeerd en te eenvoudig, so waar gaan ek verkeerd? (Ek raai ek is een van die wat dit soortvan verstaan as “survival of the fittest”)

    Hoe word iets soos verstandtande dan dan “uit” geselekteer? Hoekom sal die groep met kleiner verstandtande se getalle oorneem as verstandtande nie ‘n effek het op hoe lank jy leef of klein verstandtande jou nie ‘n groter kans gee om voort te plant nie?

    Ek is bietjie laat vir hierdie gesprek, so miskien kan dit ‘n nuwe inskrywing word?

  31. Pienk Zuit: Seleksie, hetsy positief of negatief, het nie noodwendig met oorlewing te doen nie.
    Dit is nie kleiner verstandstande wat “uit geselekteer” word nie, maar geen verstandtande nie. Ons het verstandtande eenvouding nie meer nodig nie, almal van ons. Daarom selekteer ons hom uit. Natuulike seleksie kan binne een bevolking werk, sonder dat iemand “wen”.

    En evolusie werk mos so: dit is nie een dag daar en die volgende dag weg nie, dit is stelselmatig en baie lank. (behalwe by virusse en bakerie)
    Dus vandat ons sowat 1 miljoen jaar gelede vuur uitgevind het, het ons kos gaar gemaak, wat betekend ons het minder kiestande nodig (en kleiner kake). Want gaar kos is aansienlik makliker om te eet. ‘n Verstandtand is net nog ‘n kiestand. Beter en meer kos het ook gelei tot ‘n groter brein.

    En ons sien dit deesdae fisies. Die tande kom nie meer uit nie, of is skeef en moet verwyder word ect. Uiteindelik sal dit heeltemal verdwyn.

    Dus is dit iets wat by almal gebeur en het niks met survival of the fittest te doen nie.

    Nog ‘n voorbeeld is hoe die vrou se pelvis aangepas het om regop te kan loop terwyl sy swanger is. Haar hele centre of gravity moet verskuif.

  32. ok, maar watter meganisme selekteer die tande uit? Wat neem die besluit dat die volgende geslag nader aan geen verstandtande moet wees? Dit sal vir my logies klink as ons ons voorplantingsmaats gekies het op grond van verstandtande of nie op een of ander manier (al was dit onbewustelik), maar ons doen nie. Die genetiese boodskap word tog van die ouers na die kinders oor gedra? Of word die kinders se genetika beinvloed bloot deur die feit dat die ouers kos eet wat nie verstandtande nodig het nie, en dan op een of ander manier word daardie boodskap na die kinders oorgedra? M.a.w. is die kinders se genetika nie by die ouers se geboorte al vas gestel nie (en word dan bloot bepaal deur die kombinasie van ouers)?

  33. Natuurlike seleksie is die meganise wat die tande selekteer. Wat weer die dryfveer van evolusie is.

    Klein veranderings oor ‘n lang tyd. Al wat die verstandtande is, is ‘n voorbeeld van evolusie, wat TANS sigbaar is.

    Jy moet langer en verder dink is net een generasie. Ouer na kind – oor honderde generasies of meer.

    Die kind se genetika word nie net bepaal deur die ouers nie, maar deur die oupa en ouma (X4), die agter-oupas/oumas (8) en dan 16 en dan 32. Jy is dus ‘n kombinasie van al die mense, hulle genetika (wat mutuasies, deletions, herrangskikkings ect insluit).

    Maar onthou, gene word aangeskakel en afgeskakel. Dit beteken nie jy verloor noodwendig die geen nie. Die mens het baie gene van goed wat hy nie meer gebruik nie.

    Die kind se gene kan nie by die ouers se geboorte al vasgestel wees nie. Onmoontlik. Want twee ouers, bring ‘n kwart van die oupas en oums se gene. ‘n Agtste van die agter-oupas en oumas, ‘n 16de ect ‘n 32ste ect.

    Die ouers paar en mitose en meiose vind plaas. Daar kan veranderings in die proses plaasvind. As ‘n kind die presiese weergawe soos voorgestel deur jou (al bepaal by sy ouers se geboorte) sou ons nooit chromosoom-afwykings gehad het nie.

    Omgewingsdruk en wat gebeur speel ‘n rol. Ons sien dit vandag: meer en meer kinders word gebore met diabetes tipe 1, ‘n genetiese siekte.

    Dus as generasie op generasie nie meer sy verstandtande nodig het nie, word die enkoderende geen)gene uiteindelik afgeskakel.
    Dit het gebeur met ons kakebene, ons pelvis, heupe, baie ander anatomiese stukture. En mens kan nie oorgang nogal mooi sien in die fossielrekord. Dit is hoe ons uiteindelik regop geloop het. Was dit nie daarvoor nie het ons nooit evolve nie.

    Hoop dit antwoord die vraag?

  34. sarah luiters

    hi kan enige iemand help my peetkind moet ‘n skoootaak maak oor 2diere van 1000jaar gelede wat op ‘n eiland was dan moet hy verduidelik hoekom hulle moet terug amerika toe gaan en ook prente as iemand kan help asb ek weet nie meer waar om te soek ni

  35. nee jirre tog die diere wat ‘n 1000 jaar gelede op ‘n eiland was is maar dieselfde diere wat nou nog op dieselfde eiland is. maak dit eerder ‘n miljoen jaar gelede.
    ag vader in die hemel help ons met die biologie-opvoeding in die land.
    die mense het wel 14 000 jaar gelede oor die beiringstraat na die VSA toe geloop (daar as ys) maar die diere was al klaar daar, vir dermiljoene jaaare.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: