Kaddish vir jou

Kaddish 

(rouklaag-gebed, in Hebreeuws, vir diegene wat behoort tot die Joodse geloof na hul afsterwe – vir die wat nie die Kaddish ken nie.)

Ai tog, my hart is seer. Ek dink die water is blou daar en die plante, oi, die plante groei ruig daar waar jy nou is. Groen. En lower. Allerhande nuwe soorte vir jou om te ontdek. Tot siens my groot fan. Dit was wedersyds.

En jou my lief, hoe troos ek jou?


  1. maxie

    Al wat ek kan aanbied, is dit:

    (((Roos)))

  2. Merfi

    Ek het die link ontdek maar, die taal (Indies?)wat ek wel verstaan is dat ‘n gebed is wat rouklaag betoon. Mourners Kaddish (shkasa)Wie het jy verloor of eerder wat Rooskindjie?

  3. Merfi

    Ek het dit gevind Rooskindjie, sjoe nou is ek hartseer.

  4. Ek is so jammer oor jou/julle verlies (((Rosie)))!

    Dit voel nou heeltemal uit plek om jou verjaarsdag wens hier oor te dra. Veels geluk met jou verjaarsdag, mag al jou drome waar word en ‘n wonderlike jaar vorentoe!!!

  5. Ek wou ook kom geluk sê Rosiekind, nou sê ek maar geluk en baie baie sterkte… Vir julle altwee…

  6. BB

    Nee man Rosie – die inskrywing het gisteraand vir my anders gelyk/gelees😕 daar was ‘minder’ vir verstaan – nou voel ek seriously sleg😦 “Oh Lord, help me keep my mouth shut until I know what I’m talking about” comes to mind just about now…

  7. BB

    /me sluip weer in…
    Rosietjie – baie geluk met die herdenking van jou geboortedag – mag jy ryklik geseën wees in die lewensjaar wat voor jou lê – ‘n hele 365 dag-trips alom die son!! xx

  8. BB: als reg, ek het die inskrywing later verander toe ek sien nie almal weet/verstaan wat die kaddish is nie.

    Dankie vir almal se inloere en mooi verjaardagwense.

  9. Zee

    Happy B’day Rosie.

    (((((Rosie))))

  10. Krista

    ((Rosalind))

  11. Andrew

    Happy Birthday Rosalind, I hope to read your blog for many more years. Love from us.

  12. Baie dankie vir almal van julle se drukkies en verjaardagwense. waardeer dit.

  13. maxie

    Die verjaarsdagwense is bitter laat, jammer, het nie geweet nie…

    Baie, baie geluk!

  14. Ek was ook hier, Rosie. Ek het eintlik nie woorde nie – ek sê maar geluk vir jou, en sterkte ook. Jy weet mos wat my hart bedoel…😉

  15. maxie

    Shalom Roos en haar geliefde.

  16. Rosa geluk met jou verjaarsdag. Dankie vir al jou wonderlike inskrywings. Ek geniet dit baie om hier by jou te lees, ook die stryery (moenie my te ernstig opneem nie😉 ).

    Ek groet nou vir eers tot volgende jaar. Ek hoop jy gaan ‘n baie genotvolle tyd saam met jou geliefdes he oor die feestyd.

  17. Merfi

    Rooskindjie, ek het vir jou ietsie in Kersvader se posbus gelos – dis sommer net mooi wense wat te veel is om hier te plak. Geseënde Kersfees liewe Rooskindjie.

  18. Dagse Rosalind Franklin

    Liewer laat as nooit😦

    Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy vandag ervaar as die draaipunt in dit wat jy na strewe en lankal van droom. Jy jou droom sien groei en in volle blom sal gaan sodat die vrug van dit selfs groter sal wees as wat jy voor gehoop en vra het. Die seen daarvan die grense van jou verbeelding sal oorskrei en jy verstom sal staan oor die omvang van die grootsheid daarvan.

    Dit alles oor jy volhard en bly glo het en nooit gewankel het in jou geloof dat die uitkoms wel moontlik is en juis oor jy ander se nood bo jou eie behoeftes gestel het in dit. Daarom sal jy self bo jou eie verwagtinge in dit geseend wees.

    Groete, vrede, voorspoed en liefde vir jou.

  19. ding

    En daar kry Ding darem toe nou ook EINDELIK ‘n kans om voor in die ry te wees, al is dit nou eers! Baie geluk met die nuwe lewensjaar, Frankie. Mag jy die stem van wysheid in jou steeds duideliker hoor. Mag jy nog nader beweeg aan jou lewensdoel. En mag jy ‘n uitsonderlike gade vir jou gade wees en bly.
    Verlies se hartseer het ‘n manier om homself te laat lewe, platwoed en troos – in siklusse. Die enigste werkbare wyse van hartseer troos, Frankie, is om daardeur te lewe. Eerstehands, rou, ongeredigeerd. Geseënd is elkeen wie nie stoksielalleen daardeur hoef te lewe nie.
    Ding dink aan jou.

  20. Geluk en sterkte. Die kaddish is ongelooflik mooi.

  21. Dankie almal vir die inloere, vir al die pragtige wense, ek waardeer dit meer as wat julle besef.

  22. Ai ou Rosa, hoop die b’day was lekker. Dis nie ‘n lekker tyd van die jaar om met hartseer te deel nie (asof dit ooit is). Dink aan julle.

  23. Gelukkige verjaardag.

  24. Rosa, baie laat, maar ek hoop jy het ‘n baie gelukkige verjaardag gehad. 😉

    En ek moet bieg. Ek weet jy treur oor iets, maar waaroor – dit ontgaan my nog. In elk geval…sterkte. 😦

  25. Zee

    Rosie, ‘n baie geseënde Kersfees vir jou en jou geliefdes.

  26. Beste Seënwense vir ‘n wonderlike dag more!

  27. BB

    Rosie – mag jy vreugde en vrede ervaar tussen jou geliefdes in hierdie tyd en mag 2009 vir jou alles bring wat jy voor wens en jou wildste drome oortref! Be safe, be loved, be blessed!! xx

  28. Rosa, vir jou wens ek toe die vrede van Kersfees, mag jy en jou mense ‘n wonderlike vreugdevolle tyd beleef!!! ((((Rosa))))

  29. Rosa, so tussen die hartseer deur wens ek jou en jou geliefde tog ‘n geseënde kerstyd en vrede toe, hoop julle vind vertroosting. 2009 gaan ‘n interressante jaar!

  30. Die b’day was baie lekker dankie, ons het baie lekker gaan eet🙂

    gaan beter dankie Johan.

    Boendoe, die Mouner’s Kaddish word opgegee vir 7 dae nadat iemand gesterf het wat aan die Joodse geloof behoort het. Die volle Kaddish word by die graf gese en tydens die eerste gebed daarna.

    BB, eilandlind, Emil, Pikkie, demoerin, Zee almal baie dankie. mooi wense vir ieder een wat Kersfees vier. Mag almal ‘n besonderse jaar he.

  31. katjiepiering

    xxx




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: