Rock, nuut en wonder

Die ene Pikkelik  wou weet waaroor ek wonder! En toe sommer moet ek dinge verklap wat ander nie weet nie. Nouja, dis net my raadgewer wat dinge weet wat ander nie weet nie.

Ses dinge:

My hare is al lekker grys

Ek kleur nie my hare nie

Ek hou nie van hare sny nie

Ek hou nie daarvan as iemand aan my kop of hare vat nie

Ek gril vir lang, los hare in openbare wasbakke – dit maak my effe gek

Ek hou nie eintlik van lang hare nie

 

Ek wonder oor

Hoekom mense nie meer boeke lees nie

Hoekom mense nie liewer vir diere is nie

Hoekom mense dink mense is spesiaal

Hoekom mense dink hulle is spesiaal geskape om aan die bo-punt van die voedselketting te sit

 

Jou blog rock

Dis moeilik om te kies, ek lees vreeslik wyd en lief vreeslik baie blogs. Dis soos om bietjies bietjies en oral te eet. Dankie vir almal.

Demoerin

Cebella

Pikkelik

Wipneus

Piesangverkoper

Riviersonderend


  1. Ek buig laag. Dis ‘n groot eer. Baie dankie….
    Maar nou moet ek byvoeg, en ek sal doodeerlik wees…. 🙄 Ek stel nie rerig belang in jou hare en ander se hare nie… 😈 Ek weet nog steeds minder as wat ek geweet het!!! 😆 😆

  2. Dit was nou regtig ‘n groot plesier. Ek blog rock groot.

  3. Pikkie, flip ek het die settings seker al 100 maal gestel maar almal gaan le in moderating. regting nie ek nie. belowe/ weet iemand dalk hoe om dit reg te kry?
    🙂😉
    die hare-ding is regtig die waarheid

  4. Rosa, ek het myne ook al ‘n honderd keer gestel. Gister gesels ek en Sammi nog so lekker toe woeps daar gaat sy in die moderation boks, en dit na seker ses comments.. Nee wat hierdie ding kielie my ook koejawelpienk! 😈 Ek het nie ‘n clue nie!!

  5. Haai Rosie baie dankie vir my toekenning, dis voorwaar vir my baie spesiaal om ‘n toekenning van jou te kry.
    Baie geluk ook met jou toekenning!
    Ek geniet altyd al jou inskrywings, soms interessant en ander kere wil ek my doodlag! “Die skoolsuster” was my gunsteling blog inskrywing van die jaar!!!

    Ek gril ook vir hare in die wasbak! Ek slaan orals hoendervleis uit. Dan gril ek ook as hulle my eie hare sny en die hare is orals op my! Ek gaan aan die juk of ek jolly scratch het! Ek het baie sulke snaakse gewoontes en geite!😯

    Iemand het my juis aangespreek oor ek alles milton en dettol, dis blykbaar nie ‘n goeie ding nie😛
    Ek soek nie klein “critters” in my lewe nie. As ek die goed onder die mikroskoop bekyk gaan skrop ek my ‘n uur in die bad! Dit lyk soos monsters!

  6. julle moet my nie herinner aan die skoolsuster nie. jinne! trauma der trauma. maar baie dankie vir die kompliment, dankbaar.

    my lewe sal leeg wees sonder dettol.

    geite? ek is die queen van geite🙂 ek sal nie sommer cholera kry nie.

  7. Lyk my ek sal Rosa maar met respek moet behandel. Of haar dye sponser dat ek nie sleg voel omdat ek op ou mense pik nie.

  8. Andrew

    Jinne, nou kan ek myself ten minste definieer. Ek is ‘n vark. Geen Dettol, geen reels, katte en hond slaap op my bed, hare wat rond le kan ek nie sien nie maar dalk kan julle. Apollo (hond) was my skottelgoed met sy tong … soms. Picasso (voel) skuit op die teels en soms op my ook. My bedkassie lyk soos ‘n biblioteek, en my eetkamer is ‘n vistenk. Ek sal dit vir niks in die wereld ruil nie … behalwe miskien vir nog ‘n vistenk. 🙂

  9. Andrew whahaha😆 Solank jy die lewe geniet!

  10. Wow Andrew!!! Dalk moet jy vir jou vistenk ‘n blad opsit??? Kan jy jou voorstel wat ‘n devine eetkamertafel dit sal maak…. /me steel met die oor en beraam plannetjies!!!

  11. Rosa ek dink die mens is spesiaal omdat hy kultuur het. Dit maak hom verskillend van diere.

    Ek het ‘n broertjie dood aan mense wat toilet toe gaan en dan nie hulle hande was nie. As ek iemand se hand moet skud dan wonder ek altyd…😯 Maar mens kan seker redeneer hoe meer kieme ek in kry hoe sterker word my immuniteitstelsel. So cholera gaan my nie onder kry nie.😉

  12. Ja Rosa, die selfopgelegde ongeletterheid van mense verstom my ook. Lees, lees en lees! Ek wonder net so daaroor.

    Die mense se meerderwaardigheidsgevoel op hierdie planeet is vir my niks meer as spesiesisme nie. Ek dink altyd aan Henry Beston wanneer hierdie “voedselketting” snobisme opduik:

    Animals are not brethen, they are not underlings; they are other nations, caught with ourselves in the net of life and time.

    Dit is jammer dat die Genesis hierdie vroom gedagte besoedel het!

    Rosa, moenie vergeet hoe belangrik hare kan wees nie. Wil ‘n paar mense nie die Mamoet kloon uit die DNA van ‘n haar nie?

  13. Dagse Rosalind Franklin

    Baie beslis geheimsinnig jy.😉

    Solank dit nie in my kos is nie pla hare my nie baie nie.😀

    Blogs is baie nice en daar is genoeg van hulle om mens behoorlik besig te hou.

    Groete

  14. Mefri

    Daar is min dinge wat my so die Halifax kan injaag soos ‘n vraatsugskêr in die hande van ‘n oorywerige stileerder.

  15. Emil ek vind dit ironies dat jy in een paragraaf die mens aankla van “selfopgelegde ongeletterheid” en in die volgende paragraaf kla jy hom aan van ‘n “meerderwaardigheidsgevoel” omdat hy homself beter as diere sien. Nou wonder ek hoeveel diere kan lees? Sou jy ooit enige dier kan beskuldig van “selfopgelegde ongeletterheid”?

  16. BB

    Ek’s maloor ‘n vrou wat waardig ‘grys’ of noem dit ‘silwer’ kan dra – dit actually soms nogal sexy… Ek hou ook NIKS daarvan as iemand aan my kop o hare vat nie – klein kinders (veral dogtertjies) wil altyd my hare kam en knippies en goetertjies daarin sit tydens kuiers – OMW!! Ek raak heel ongepoets😳

    “God only made so many perfect heads – the others He covered with hair”:mrgreen:

  17. FF, ek dink dit is ‘n sonde (teehee) vir mense wat wel kan lees, om nie ondersoekend en indringend so te doen nie.

    Die mensdom se handeling met diere is betreurenswaardig. “We have enslaved the rest of the animal creation and have treated our distant cousins in fur and feathers so badly that beyond doubt, if they were able to formulate a religion, they would depict the Devil in human form” (Dean Inge). Nuff’ said! Ek hoef net na die duidelike bewyse uit DNA studies te kyk om die noue verband en geringe verskille tussen ons en diere op te merk. ‘n Individu se integriteit word nêrens so indringend getoets soos wanneer hy mag oor ‘n stemlose wese het nie. Is dit dan nie die bedoeling agter “… hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip” nie?

  18. Dit is inderdaad die bedoeling dat die mens oor die diere, ens. sal heers. Maar dit impliseer dat dit met verantwoording gedoen moet word. Ek dink die mensdom is stadigaan besig om dit te besef. Hoop net dit sal nie te laat wees nie.

    Dit is egter steeds ‘n waarneembare feit dat die mens verhewe is bo die diere. Die mensdom se intelligensie wat hom die vermoe gee om kultuur te ontwikkel gee hom die vermoe om oor die diere te heers. Dis die mens wat kan lees en skryf en nie die diere nie.😉

  19. Ping-pong ons nog steeds almal met die moderasies en dinge saam! Dankie vir jou blogging ook, party mense moet mens bietjie laat dink ook…. die ou breintjie wil soms sooooo lui raak!
    Ek is bly ek kan lees! heeeehaaaaa!

  20. Mefri

    Rooskindjie, YOU ROCK!!

    ‘Ek hou nie daarvan as iemand aan my kop of hare vat nie’
    ‘-)

  21. Andrew

    Oooooh … vir my is kop-krap koninglik. Seblief net nie my voete kielie nie … tensy jy die nuutste Britney daans roetine wil sien.

  22. maxie

    Ja-nee ek stem!
    Roos JY ROCK!!

    As ek nou ‘n blog gehad het, was jy heel bo-aan my lysie vir dié spesifieke tag.
    En dan bietjie ondertoe… nee wag, laat ek eerder stilbly!

    Hou ook nie daarvan as mense aan my kop of hare vat nie. En om te dink dat dit vir die meeste mense ‘n absolute treat is.
    Each to his own…

  23. Die mens is juis meerderwaardig vanwee sy ongeletterdheid. Dis is niks soos die arrogansie van die onnosele nie. Lees en skryf is net een manier van kommunikasie.
    **

    BB: ek is ook mal oor silwer/grys hare.

    Flippie: die mens “heers” met arrogansie en wreedheid oor diere. Net omdat ‘n dier nie kan lees nie, beteken nie hy is stupid nie. Ek wens so jy wil bietjie, want jy is ‘n intelligte mens, oplees oor kogniese van diere.

    Ek staam 200% saam met Emil. Daar is ‘n stuk in die bybel en koran wat seg ons moet “heers” oor die diere. en dit lei tot vreeslike mishandeling. Wie is ons ons te heers? ‘n Mens kan nie eens sy eie aggressiewe, moordagtige emosies beheer nie, nou wil ons diere aan toue en kettings vasmaak. Of soos die kreasioniste se: “hulle is laer organismes”.

    Emil: daar is nog sagte weefsel van ‘n mammoet bewaar in die permafrost, maar dis is te vervalle om iets te kloon. daar is wel genoeg en dit is reeds gedoen om sy genoom te bepaal. ook uit ‘n T-rex se kollageen. Dankie vir die pragite aanhaling!

    WK: hare in kos…aaaahfggaggf

    Andrew: Ons een klein brak slaap ook op die bed, ek het al wakker geword met haar op my kop…wel ja, en soms drink hulle tee uit ‘n koppie.

    Maxie: met baie dank, en bly jy kom kuier vir my.

    Mefri: thanks🙂

    Demoerin: weet jy hoe bly is ek jy kan lees. allemagties.

  24. Twee dinge wat selfs erger is:

    Hare op ‘n toiletsitplek.

    Hare in jou kos by ‘n restaurant.

  25. Ek dink Flippie se “waarneembare feit dat die mens verhewe is bo die diere”, is nie iets wat teen selfs geringe kritiese ondersoek staande sal bly nie.

  26. hallo piesingverkoper…jip hare…as ek ‘n man was sou ek my kop kaal geskeer het. haarloos deur die lewe.

    ai. die hele debat dat diere dom/dommer as ons is. nouja ek kan nie eens fokken brei nie, kyk na ‘n spinnekop se spinnerakkie en kyk na al die kewers selfs se “nessies”, die voels s’n. die miere se tonneljies…ek wonder hoe kom ‘n voel weer by sy nes uit, seker maar GPS?

    en al die diere wat emosie toon?

    ek dink dis kognisie, want die vet weet as dit “instink” was het alles op aarde net gevreet, gevrek en gen…

    maar wag laat ek nie liries raak oor die diertjies nie.

    ek is in ‘n VIESLIKE BUI. laat ek liewer die computer uitlos. hie kom poef.

  27. Dankie vir die kompliment Rosa. Ek het al gelees oor diere se vermoe om te dink en te infereer. Dit is moeilik om diere se denkvermoe met mense s’n te vergelyk op ‘n kwantitatiewe basis. Nogtans kan mens kwalitatiewe verskille uitwys. Geen dier het sover my kennis strek ‘n oop taal nie, hulle beskik slegs oor geslote tale. Geen dier het ‘n kultuur nie. Dit is wel waar dat daar aangeleerde gedrag by dier bestaan en van hierdie gedrag kan verskil tussen verskillende groep en selfs verander met tyd, maar daar is geen groei nie. Dus geen kultuur. Party dier kan van gereedskap gebruik maak en selfs hul omgewing verander maar die vlak waarop dit gedoen word is drasties laer as wat die mens tot instaat is.

    Ek dink die groot argument wat julle hier probeer voer se probleem is dat dit verhewenheid verwar met morele gedrag. Ek sal enige tyd erken dat die mens nie noodwendig moreel beter is as diere nie, waarskynlik eerder baie minder moreel as diere, maar dit bepaal nie of die mens verhewe is oor die dier of nie en of hy oor hom kan heers nie. ‘n Heerser kan ‘n slegte heerser wees, maar steed is hy die heerser.

    Piesang, ek verneem graag van hierdie “geringe kritiese ondersoek” waarteen my stelling nie staande sou kon bly nie.

  28. BB

    Rosie – daar’s vir jou ‘n persentjie by my…😉 x

  29. Jammer al die groot primate het kultuur en dit is al bewys.

    ek noem een en dit is peer reviewed: die groep (let wel groep) chimps. of oerangs (nie seker nou nie) wat mekaar geleer het om die patats in die see te was voor hulle dit eet, dit is van een generasie na die ander oorgedra. kultuur.
    dit is in inherent nie wat dit is nie by ‘n ander groep waargeneem nie. hulle het dit ook nie van mense geleer nie.

    die uiters maar uiters komplekse kommunikasie van sekere voels, hulle het sels sinne. nie net klanke nie. en woorde vir sekere diere, soos ” dit is ‘n slang nie ‘n arend nie”.

    talle primate kommunikeer ook so.

    nee ek verwar nie moraliteit nie, die mens is die mees immorele skepsel op aarde.

    jammer ek verskil

  30. BB

    Wel,ek praat met my skillie – en sy verstaan nie net nie – sy PRAAT TERUG!!🙄 (but only ek en sy verstaan mekaar – sy praat nie met Helge nie – ek dink disse girl thing – dus ook maar baie kompleks). Seriously nou – ek praat met animals – ons het ‘n visbak by die werk gehad. Ek het die goudvisses gegroet en gechat – gereeld – hulle het so opgekom vir ‘n kuier as hulle my stem ge’hoor’ het – tot die stoere male kollegas praat nou nog daarvan… wag, ek sal anderdag daar by my reminisce daaroor. Anyways – wat wou ek seg😕 oh ja – seker die mees awesome sound (gesprekke) is die van walvisse. Ek sal ure en ure met oorfone daarna sit en luister.

  31. Maar my wereld Rosa, probeer jy my nou oortuig dat chimps en oerangs verhewe bo die mens is omdat hulle hulle groente was?😆

    Goed as jy wil kan jy dit as die begin van kultuur beskou. Streng gesproke moet hulle egter een of ander vorm van groei in die gebruik toon. Miskien as hulle vervolgens begin om hulle groente gaar te maak. Het hulle darem al vuur ontdek?😉

    Die storie van die voels se kommunikasie koop ek nie. Hulle kommunikasie is bloot geslote uitdrukking met vaste betekenisse. Selfs al onderskei hulle verskillende gevare deur verskillende klanke bly dit steeds geslote vorm van kommunikasie.

  32. Andrew

    Honde kan katte se taal leer ken al verskil dit van hul eie. bv. ‘n hond kan leer dat as ‘n kat sy stert swaai dan is die kat befok en nie bly oor iets nie.

  33. Merfi

    Andrew LOL Dis skreeusnaaks!! LOL Ek het dit baie nodig gehad.

  34. Het ek nou vir een oomblik gese, flippie, dat die groot primate verhewe bo die mens is? al ooit?

  35. Mefri

    ((((((Rooskindjie))))))

  36. flippie, ek wil nie met jou veg nie, nie nou nie. my bui is te omgekrap, jammer as ek te kwaai oorgekom het. ek is nie op ‘n lekker plek nie.

  37. (((Rosa))) Ek is nie kwaad nie en bedoel ook nie om jou te ontstel nie. Ek geniet maar net ‘n lekker redenasie.😉 Oor twee dae vertrek ek op vakansie. Hoop jy voel gou beter en dat jy ook ‘n lekker vakansie sal kan he binnekort.

    Weet nie of ek dit iewers gemis het nie, maar is jou nou al terug van jou reis?

  38. Rosalind, ek gaan op bogenoemde uitnodiging van jou reageer, maar gun my net ‘n paar dae om bietjie goed daaroor na te dink.

  39. beste liefste flippie ek geniet ook ons redenasies, ongelooflik baie.ek geniet dit om by jou te kuier en ek is bly het het begin blog. die sterfte het my net so ontkant gevang😦
    Ek is al terug van my reis. en jy moet jou vakansie baie geniet.

    piesang: dankie, ek was bang om te veel te dink hieroor😉

  40. ((((Rosie))))
    Ek is seker almal sal verstaan dat jy nog nie te lekker voel nie! Sterkte en simpatie vir jou en al die naasbestaandes 😦

  41. Ek stem oor baie dinge saam, hou ook niks van hare sny nie, maar ek hou nogal van lang hare – solank hulle vas is op iemand se kop!

    ‘n Baie gesëende Kersfees vir jou!

  42. Dankie wippie.

    lol@ mykopop

  1. 1 Ek wonder « riviersonderend

    […] a comment » Rosalind het my getag om ‘n paar dinge oor myself te onthul en dan te vertel waaroor ek […]

  2. 2 A Different View of Reality » One for Prosperity

    […] weet net nooit watter juweel op jou paadjie kan beland nie. Daar is hierdie lekker inskrywing van Rosalind jeens ‘n meem van Pikkelik wat uitsonderlike kommentaar opgetower het oor haar gewonder […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: