Is dit?

Is dit wat om ons is werklik? Of straal dit net lig uit?

Is ons? Dit kan ons nie verseker se nie, ons dink ons is – nogal intelligente lewe, noem ons onself, heel astrant. Se wie?

Ons kan donker materie nie sien nie, net omdat dit nie lig uitstraal nie, maar dit beteken nie, dat donker materie nie bestaan nie. Dit bestaan wel.

Ons weet daar is donker energie, ons sien deur grativasie ,die invloed wat dit op die heelal het, maar dit is nog onbekend aan ons. Maar dit is wel daar.

Is dit wat jy dink jou eie gedagtes? Of jy dit maar net iewers gelees of gehoor? Is daar enige iets wat nuut is? Of is alles oer-oud?

En tyd, wat is dit werklik.

Dalk is alles van alles – onvernietigbare klein deeltjies. Dit wat in die begin was, is steeds hier, in deeltjievorm en sal altyd hier wees.

(Reality, in everyday usage, means “the state of things as they actually exist”. [1] The term reality, in its widest sense, includes everything that is, whether or not it is observable or comprehensible. Reality in this sense may include both being and nothingness, whereas existence is often restricted to being (compare with nature). In other words, “reality”, as a philosophical category, includes the formal concept of “nothingness” and articulations and combinations of it with other concepts (those possessing extension in physical objects or processes for example). ) – Wiki

Is hierdie die realiteit…of nie?

salvador20dali20-20autumn20cannibalism20-201937_t1

Salvador Dali (Autumn Cannibalism)


  1. Dis nou ook nogal iets waaroor ek in die verlede baie gewroeg het, maar heelaas, jy weet wat my siening vandag is. 😳 Maar vriendin, dit wil ek darem sê, daardie skildery/prentjie is downright scary!!!

  2. BB

    Ek is… ek is. Beslis!😉

  3. Dis ‘n baie interessante onderwerp Rosa. Goed geskryf. Vir my is dit natuurlik so dat mens nie die vrae wat jy vra op wetenskaplik bevredigende manier kan beantwoord nie. Mens kan bloot daaroor filosofeer en die mate waartoe so gefilosofeerdery mens bevredig … wel dit hang maar van elkeen self as. Wat my betref is die feit dat so baie daarvan sin maak ‘n aanduiding dat dit ‘n werklikheid is. Dit beteken nie dat alles sin maak nie, maar dit wat wel sin maak is genoeg om die res te kan dra. Nou wonder ek of ek sin maak?😉

  4. Dagse RosalindFranklin

    Moet ek nou wonder of dit jy is wat die vrae gevra het of was dit daar geplant deur iemand of iets anders?

    Sal eers meot gaan herkou aan jou kwelling voor ek dit kan verteer en dan moontlik of nie sinvolle kommentaar lewer.

    Net in geval jy wonder, White Knight het my maak die dinge skryf.😡

    Groete

  5. Nie dat ek sy werke goed ken nie, maar dit van hom wat ek sien interesseer my.

  6. White Knight? Geplant deur iemand of iets anders, nee wat is maar my eie goers. Net vir vir ingeval jy wonder🙂 die goed kwel my nogal nie, ek is heel gemaklik met hulle al is dit vrae….🙂

    Adrie: Ek smaal Dali oor ‘n 100

    BB: LOL, ek is so bly jy is!! ek’s mal vir jou.

    Flippie: presies…maak ‘n sin, dan/dus sin?🙂

    Pikkie: nee moenie worry nie, ek wroeg glad nie….ek sit maar net en wonnir.
    ek vat eerder ‘n skildery wat my bang maak as een wat my bore🙂

  7. Andrew

    So bly ek is nie al een wat van Dali hou nie. Het al gewonder of ek nie ‘n psigiater moet gaan sien nie. 🙂

    Adrie en Rosa, hou julle ook van Keith Alexander? Van sy werke is nou beskikbaar in druk vorm.

    http://www.desertart.co.za/html/sale.htm

  8. Andrew, bly jy het ingeloer. Ek is mal oor Dali en Keith en sommer ‘n paar ander ook. Nee wat ek kan aan ‘n paar ander dink wat dr toe moet gaan vir raad😉

  9. As ek ‘n rand gehad het vir elke keer wat ek al hierdie gedagtes gedink het, kon ek nou al die hele week lank lunch koop :p

    Great post. Ek dink een van die mensdom se grootste vrese is om nie te weet nie en ‘n greep op die werklikheid te verloor.

  10. Dali rocks!

    Rosalind rocks!

    Johan, ons was dan al lankal miljoenêrs oor en oor😉

  11. Johan: met dank, ek sal vir jou lunck koop uit my spaarvarkie.
    As mens eens een keer weet, oh vet!

    Emil: daar praat jy nou ai, mmmmiljoeners. ek is ‘n rock ek dink (‘n organiese ene, wel)

  12. Mmmmm .Ek wonder maar nog altyd. Sê nou maar net ons is verkeerd, en ons is nie regtig nie..of ons is almal op die oomblik in Dali se droom?

    Die ou voorbeeld …. as die boom in die middel van die bos omval, maak dit geraas as daar niemand is om dit te hoor nie?

  13. Ek is altyd besig met die vrae😉

  14. Demoerin: ek vermoed ja. die boom sal ‘n geluid maak (gravitasie) maar mens kan dit nou nie toets nie. dalk gaan le die boom net! dalk is dali in ons droom?

    wippie: jy sien dit is wat nice is…besig wees daarmee.

  15. Demoerin: “… as die boom in die middel van die bos omval, maak dit geraas as daar niemand is om dit te hoor nie?”

    Dis wetenskaplik baie eenvoudiger om aan te neem dat dit wel ‘n geraas maak. Die alternatief sou baie moeilik wees om te verklaar.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: