Goed gaar asb.

Dis maaiers wat daar op die grond le se ek vir een van my mede-reisigers.

Nee, dit is blare, beweer sy.

Dis maaiers, se ek.  ‘n Mens kry altyd avontuurlustiges, diegene wat wil verken, selfs onder maaiers, netnou spring een op….jy weet. (Ek ken van daai wat so buite die trop hol. Dis een van die redes hoekom ek hier is, soek iets nuuts.)

 

malii-048

 

Dalk is dit teen die wet om in die bos te PP, maar nouja, my drie kosbare toiletrolle het my ver gebring.

Is die kos in die yskas vra ons? Die eetplek is knap langs die toilet….maar die dorp het net een eetplek en ons het nog 5 ure om te gaan. En ontbyt was al 6 uur vanoggend.

Want ons sien die eiers staan doer in die son, as mens nie versigtig is nie, word hulle sommer kuikens. En ja, mens wil half uitpass in die koelte.

Ja! se hulle. Wil julle kom kyk?

Nee wat jinne, ek dink ek wil liewerster nie die kombuis sien nie…hehehehe. Bring maar daai stuk plat vleis wat daai ou eet. Well done, asb. Maak dit net goed gaar vir die madame, maak dood alles wat nog lewe, dankie. Merci.

malii-054

En die plat vleisie was toe lekker, wat ookal dit was, sommer baie lekker.


  1. Andrew

    Lyk soos ‘n groot Wimpie pattie met … ehr … gerkins? 🙂

  2. Anoniem

    Jip honger het nie fiemies nie!!! Daai boontjies lyk ook sommer eersteklas, nie te sag nie, nie te hard nie! Nee wat Rosatjie, dit lyk oor die algemeen soos ‘n bord kos wat ek gekook het! 😳 😆

  3. Krista

    Daai boontjies(?) lyk maar self half wurmrig . . .

  4. 😆 Somtyds, en as die noot druk..is dit beter om nie te weet nie.

  5. Haai! Is Rosalind toe al die tyd linkshandig?

  6. Dagse Rosalind

    Ja in vreemde plekke maak mens maar seker jy oorleef eers voor jy begin avontuurlustig raak.😉

    Buitendien wie wil nou in ‘n vreemde land staan en dooi. Die kos lyk heel eetbaar, effe verdag maar eetbaar.😆 Dalk kameel steak gewees nie😕

    Groete

  7. BB

    Hmmm… lyk vir my soos ‘n ware duitse Schnitzel daai – jy seker daai was nie ‘n ‘Bierstube’ nie😕
    Ek kon nooit vleis eet as ‘n goeie veearts die ding weer kon revive nie… maar ek het intussen blykbaar culinary finesse gekry – so ek mik-mik al na medium…
    Wat het my oom altyd gesê as hulle in ‘n restaurant vra hoe hy sy steak prepare wil hê: “Knock of the horns and wipes its ass!” LOL!!!

  8. Benoude kat maak benoude spronge. Die Angolese kan steak ook in so plat vleisie omtower. As jy oe toeknyp en inspring, smaak dit gewoonlik nie te sleg nie. Maar dit MOET goed gaar wees! 😆

  9. Ek vermoed dit was bokvleis gewees as ek sien hoe baie bokke daar was. Dit was heel lekker moet ek se. Dalk perd, dalk donkie. dalk iemand se oupa. wie weet?

    Freddels…mmm..jy kyk fyn. Ek eet links en doen baie dinge met my linkerhand. Maar skryf regs. Kan bal vang en skop ewe sleg🙂 aan biede kante.

  10. Genade, nog nooit boontjies en chips saam op een bord ge-eet nie! Als deel van die avontuur??

  11. As jy dit geëet het, sal jy seker nooit vegetariër word nie.

  12. Wel, in die advies-stukke oor die bepaalde land word daar vooraf gese: vegetariers sal sukkel daar = honger ly.
    Dit was ook die meeste groente wat ek gesien het.

    Nooit? dit is ‘n gelaaide woord. Mens moet nooit se nooit nie…..

    carina: alles deel van die avontuur…:)

  13. Lol@ “iemand se oupa”😯

    Wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie, né?😉

  14. Ek is orals bang vir rare vleis! In restaurante verkies ek my vleis eerder charcoal! Veiliger!

    Iemand se oupa!! whahaha😆




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: