Sorry mnr. Irak

Die toer van my was darem nie alles net honger kinders nie😉

Die eerste deeltjie van die hele ding was natuurlik werk en die laaste deeltjie was die rondrits.

So, sit ‘n groep van ons soet en werk hier by dag drie. Ek is baie ordentlik, dra tot plakkies met by gebreekte toon in plaas van kaalvoete. En tydens middagete help ek myself, soos die res, ruim aan die gratis gebottelde water.

Ek staan nog buite en maak ‘n rokie (ek was seker die enigste vrou in die hele land wat gerook het) toe kom hier drie ouens aangestap. Met mening, in die rigting van die kantoor waar so 20 van ons werk.

Hulle kondig baie belangrik aan dat hulle drie ministers van Irak is. En dat hulle die president verteenwoordig.

Okaaaayyyy.

“You must type this letter for us,” se die een vent en wys ‘n brief.

Ja-nee. Dog ek, ek was al vir baie dinge aangesien, maar nog nooit vir ‘n tikster wat sommer gratis werk nie.

Nee, ons is nie tiksters nie. En nee ons tik nie briewe vir mense nie. Dis nie hoekom ons duisende kilometers ver drie vlugte geneem en 24 uur lank gereis het nie. Verstaan jy?

“Yes but we are the ministers.”

Ja-nee dit verstaan ons en dit beindruk nou nie juis vir Rosalind en die ander mense hier nie. Dit maak nog steeds nie van ons tiksters nie.

“Yes. And we are XYZ, you see, and that is why we don’t type letters,” se ons.

Hulle stap vies weg. Maar na ‘n rukkie is hulle sowaar terug, om spesifiek vir ons swart, vroulike kollegas te vertel dat hulle alleenlopers en baie beskikbaar is. Sies ga!

Latter kom ‘n vrou van ‘n bekende internasionale organisasie ingehol en vra of ons nie maar die brief wil tik nie. Ek staar haar met glasige oe aan. Maak of ek nie Engels verstaan nie. Die res duik ook weg.

Die brief word net vir ingeval by ons agtergelaat.

Ons het natuurlik dadelik almal die brief gelees en ons gekraak vir die inhoud en spesifiek die aanmatigheid van die inhoud.

‘n Week later vind ons die brief. Opgefrommel in iemand se tas, en ja sowaar gebruik om ‘n sosatie in toe te draai. Ja, ‘n sosatie.

*****

mali-042

Eet ‘n kola bean en kry ‘n high….hy is baie bitter (let op die fur oor ons4x4 se sitplekke!)


  1. Whahahahahaha!!! Tik ‘n brief!!!! Whahahahahaha!!! Rosa, hoekom het julle nie die arme ‘beskikbare’ siele maar uitgehelp nie! Julle moes net baaaaaaie spelfoute ingesit het, of beter nog!… Die brief in Afrikaans getik het!!! :mrgreen: 😆 Want hulle is darem ‘ministers’! 😈

  2. Ag Rosie, gaan haal my net asseblief uit die moderate boksie uit…. Ek weet nie wat het ek nou weer gesondig nie, maar ek moet ‘gemoderate’ word! GRRRRR!!!!!!!!!

  3. Hiehie… 😆 Ek kan nogal dink dat as daar EEN ding is wat vir me. Rosa die hoeners in kan maak, is as jy haar summier ‘n tikster wil maak! 😯

  4. Het jy so ‘n boontjie geëet? (Ek sal vir niemand sê nie.)

  5. Ai, ek sien nou eers jy is terug. Dit gaan vreeslik dol hier by my, sal anner dag moet terugkom om op te vang, wou net gou kom hello sê. Ek’s bly jy’s veilig terug.

  6. Aag jinne, ja!

    Die drietjies het seker ‘n kola gehad voor hulle met die stormloop begin het. Spyt ek was nie daar nie. Op my beste kan ek darem ook ‘n teenvertoning van ‘n soort opgesit het, terwyl julle tyd gegun is om na woorde te soek.

    Weet nognie wat ek sou doen nie, maar dit sou nietemin ministers Irak se seile pap gemaak het vir ‘n wyle.

    Dis nou voor ons sou gaan sosaties eet het…haha

  7. Pikkie: Daar was al klaar omtrent 30 spelfoute in die brief. Ek sal ‘n brief tik as iemand vra: “Hallo, kan jy my uithelp hier en asseblief vir my ‘n brief tik. dankie”.

    Is die houding wat die verskil maak jy sien?

    Boendoe: Dit was die 3 se houding: “Jou moet die brief tik” Ek gee nie om nie maar ek gee om as ek soos ‘n vloerlap rondge-order word!

    Piesang: LOL

    Wag’nbietjie: dankie en hello, lekker om jou weer te sien.

    Skoor: Nee ek dink dit is teen die drie se geloof om opkikkers te neem.
    Ek het oorweeg om te se ek sal dit vir $500 kontant doen…

    Tja, die sosaties, ekke was nie so seker oor watse vleis dit was nie.

  8. Dagse Rosalindfranklin

    Ekke is baie bly om te sien jy het darem pret ook gehad daar tussen die rok en kopdoek draers😯

    Kan nie te erg gewees het as jy nou daatoor kan lag nie.😉

    Groete en alles wat mooi is.

  9. BB

    Is seker ook maar die male chauvinist ding wat daar deurkom… daai midde-ooste manne kyk jou so… het sy ti3ti3s?? Jip!! Nou toe!! Gaan tik daai brief!!:mrgreen: – daai manne hettie ‘kola’ nodig nie, Skoor – net ‘n t*ttie – dis al😆
    Ek is baaaaaaie bly jy’s veilig terug Rosatjie!!

  10. Nou moet jy nog net vir ons vertel wat het in die brief gestaan😉

    Jy kan ons mos nie net so nuuskierig maak nie😆

  11. Hie-hie, classic!😆

  12. Hi almal, ek weet nie hoekom gaan le julle in moderate nie. regtig dis nie ek nie, belowe!

    White Knight: ek lag maklik oor baie goed, jy sal nie glo nie. ek lag al klaar oor die siekte wat my daar geslaan het.

    BB: net so BB!! flip jy is weer vreksnaaks soos altyd, jy is so ‘n tonic!

    Sonkind: om jou die waarheid te se, daar was nie veel in die brief nie, regtig. het jy al ‘n politikus se brief gelees….’n gerammel vol lee niksseggende woorde, fluff, beloftes, en oor die algemeen groot kakpraat (oor hoe ander mense die werk gaan doen waarvoor een knaap die glory gaan kry). was so iets.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: