Jy laat my toe . . .

. . . in jou modderhut-huis om jou af te neem en vrae te vra. Ek weet jy verwag niks.

Jy laat my kyk na jou voete, jou bokke en potte. En ek sien ‘n bietjie van jou lewe, maar ek sal nooit weet hoe dit werklik is nie.

mali-217

Ek stap in die sand en die krommings en draaie van jou dorpies, tussen vis, vrugte, sout van die Tuareg en mis van die diere. Sien die leer, silwer, katoen, halssoere en beelde van jou mense. Die muskiete en vlieë volg my.

 Ek sien jou elegante, dog skamerige vroue. Jou smekende, dog laggende kinders en ek wonder.

Die sweet loop in strome teen my hele lyf af. Ek sukkel. Dit is op vele maniere ‘n reis vir my, binne en buite. Ek is binne dae 36. Ek dink al oor 40. Dit is net soos ek maar nog altyd was. Baie reise het ek al geloop en hulle begin buite en draai later na binne. Soms is hul net in my kop.

“Now there is a hungry kid,” sê ‘n reisgenoot. Ek draai en kyk. Sien die kind staan. Herken dadelik die tekens van erge wanvoeding. Dit is die soveelste honger kind wat ek hier sien en ek kan niks doen nie. Waar as ek vir een gee, moet ek vir almal gee, anders breek ‘n wrede geveg uit. Ek wens sy het stilgebly.

Hoe kwalifiseer jy vir armoede? Wat is arm? Wie is arm?

Ek en baie mense wat ek ken is nie arm nie. Baie mense in Suid-Afrika wat beweer hulle is arm, moet dalk hier kom kyk. As jy arm was en nie meer is nie, get over it.

Later stap ons hoog teen ‘n berg op, na ‘n natuurlike grot. En toe begin hulle hulle sing. Die kinders. Pragtige, skoon stemme. Hulle hoop op geld.

Met die terugslag loop ek vinnig deur die klokglasstemme. Hande op die kop sodat hulle my nie kan aanraak soos die afgelope paar dae nie.

Ek kan dit nie hou nie. Ek kan nie.

Ek hardloop na die 4×4 terwyl die trane by my wange afrol. Hoe kan ek nee se vir 60 honger kinders? Maar ek weet as ek gee kan wrede gevegte uitbreek.

Die ander roep my terug, sien nie my trane onder die sonbril en hoed waaragter ek skuil en vuil voel nie.

mali-112

Grot van die singende kinders

By die volgende dorpie kibbel ek nie soos die gebruik is oor die handgeweefde indigo-lap nie, ek betaal die eerste prys. Want ek moet iewers gee.

Later op die Niger laat jy my weer toe om jou mense te sien, jou laggende kinders wat giggel oor my kort hare en die groot oë wat ek trek. Jy laat my soveel toe en jy vra soms, maar jy bedel nie. En jy word nie woedend nie en daar is nie ‘n gevoel van “dit is alles my reg” by jou nie – al is jou demokrasie ook 14 jaar oud.

Tot diep binne jou hart nooi jy my in. Vertel my mites en geheime van jou mense. Jy groet my met sa-wa! oral waar ek gaan.

mali-028

Ma en kind

Jy is nie aggressief met my nie en stel die grense ferm maar baie respekvol. Dit werk vir my, die eerlikheid. Maar nooit is daar ‘n geskel, gevloek, ‘n dreigende houding of obsene tekens nie.

mali-236

Vrou met haar vissies

Jy laat my toe om soveel te leer van jou, want jy is oop. Jy laat my dink oor myself, my weer eens herbesin. Jy laat my toe om dankie te sê, om te waardeer. Jy het my weer klein gemaak. Dankie.

Advertisements

  1. Dit is so hartseer, ek weet nie eers wat om te antwoord nie, behalwe miskien dat dit weer tyd is vir introspeksie….

  2. Wipneus!

    Hierdie inskrywing het aan my hart geraak. Dit laat mens dink. Ons is so gewoond om oor alles te kla wat deesdae so duur is, ons ken nie swaarkry nie.
    Dit sou vir my net so moeilik gewees het om nie te mag geld gee nie!
    (((Rosie))) jou hart sit op die regte plek! Ek het nog nooit hieroor getwyfel nie!

  3. Eina. Vir hulle, vir jou, en vir ons wat so graag kla oor alles. Dankie vir jou ook Rosa, jy laat my diep dink vanmore.

  4. Sjoe, hoendervleis.

  5. Wonderlike inskrywing! Eintlik verlang ek na ‘n heelwat eenvoudiger leefwyse. Ek weet net nie van te veel vlieë en muskiete nie.

    Ek wens ek kon net die grot van die singende kinders beleef!

  6. Mefri

    ((((((Rooskindjie)))))) Dit is diep-mooi en allesomvattend.

    Kan jy die skare blameer dat hulle heeldag by jou voete wil sit en net innig-stil wil luister na jou menswees hmmmm…?

    Want, jou woorde sink dieper as die kern van die aarde, dit reik hoër as die sterre en vloei wyer as die afstand tussen Noord en Suid. Dankie vir die verrassende onverwagse vreugde

  7. Dagse Rosalind Franklin

    Jou wroeging le vlak jou menswees ontbloot in jou skrywe en die gevolglike slotsom van dankbaarheid diep gewortel.

    Baie dankie vir jou siel se kamers wat ons help om nuwe brille te kry vir perspektief.

    Groete en veilig wees.

  8. Dankie vir hierdie inskrywing. Jou menswees word werklik getoets, blootgestel en gevorm in aanraking met ander. Op ‘n sekere manier, hoe klein en gering ookal, is ons almal afhanklik van mekaar. ‘n Enkele woord, ‘n daad, ‘n uitdrukking van ‘n gevoel weerklink in wye sirkels op die oppervlak van poel, tref onvermoede vreemdelinge. Ons houding aan die begin van elke dag beïnvloed almal met wie ons in aanraking kom. Die rivier vloei sy gang. Van die nimmereindigende vloei van die water waarin ons saamstroom en die effek wat ons op alles waarmee ons in aanraking kom het, is daar geen ontsnapping nie. Ons is deel van dit alles.

    Op ‘n stadium het jy daar by my geskrywe: “Menswees is so vreemd, eintlik.” Inderdaad. Maar hierdie wêreld en sy mense is, soos Loren Eiseley skryf, ‘n plek “… where even a spider refuses to lie down and die if a rope can still be spun to a star.”

  9. BB

    *sug* Eina-mooi geskrywe Rosietjie. x

  10. Geskenkie vir jou!!!!

  11. Pikkie: dankie dat jy gelees het.

    (((Wippie))

    Dellie: ek het gesukkel, jy weet.

    Carina: Dankie vir die lees.

    Mykopop: Die mense se leefwyse is eenvoudig maar dit is nie lekker nie, glo my. As ek kon kies, sou ek nie die singende kinders wou hoor nie.

    Mefri; dankie vir jou mooi woorde.

    White Knight: my deel is my plesier.

    Emil: Ek onthou wat ek daar by jou geskryf het. Menswees, raak soms al hoe vreemder, as ek eerlik moet wees. (dankie vir jou treffende kommentaar)

    BB: ek het toe nooit ‘n kameel gevang nie 😉

  12. maxie

    Flippit, dis sad.
    Mens kan nie so iets aanskou en terugkeer na die mens wat jy voorheen was nie.
    Jy’s so reg. Ons ken nie armoede nie.

  13. Mens voel die ritme van die hartklop van die deel van die wêreld in jou vertelling. Mens hoor die nood van die mense in jou woorde. En voel net so magteloos. Maar dit is Afrika. Maak nie saak hoeveel hulp gegee word nie, die gesukkel word nie beter nie. Jy is reg, dit laat mens weer ‘n slag kyk na hoe goed dit eintlik met jou gaan en skaam kry oor kla. My aandete was sekerlik meer as wat baie van daardie mense in ‘n week kry. Dankie weer vir die deel.

  14. Dis ‘n hartseer storie… dié van die kinders van Afrika!

    Ons kla so maklik… met die witbrood onder die arm!

    “Baie reise het ek al geloop en hulle begin buite en draai later na binne” – baie mooi verwoord!

  15. Die storie is ook op ‘n manier ‘n verwysing na ons eie mense wat gratis huise, water en elektrisiteit ontvang. Wat selfone het. Wat wel arm is, maar ek het mense gesien wat waarlik niks het nie. En definitief nie saans sit en TV kyk nie. Die res van afrika is baie armer as ons, baie.

    Maxie; reise verander ‘n mens, maar ek hou daarvan.

    Jo-Ann; Mens soos Dokters Sonder Grense doen ongelooflike werk, asook die WHO. Ek glo nie dit is soseer ons wat hoef sleg/skaam te voel nie. Indien mens waardeer wat jy het is dit baie. Maar ek voel die lande in die noorde kan veel meer doen.

    Thea: Ek sukkel maar, die dinge draai altyd na binne 😉

  16. Hiers ek, hiers ek!!! Ek gaan nerens heen nie!!! Oh, you don’t look so nice!!! 😆 😆 😆

  17. ek is al weer stadig….kan jy my sien dat jy weet ek lyk nie so nice nie…. 🙂

  18. ek het my valstande in die glas gelos vanoggend…

  19. Nee man, ooooooo ek sukkel met jou!!! You don’t l 😯 😯 k so nice!!!! MAW – jy lees nie mooi nie!!! Ek gaan net hier bly, deel net solank geskenkies uit vir ingeval iemand met vakansie gaan en eers weer in Januarie terugkom… Dis mos nie lekker om ‘n Kersgeskenk in Januarie te kry nie!! 😈

  20. 🙂
    🙂
    🙂
    sukkel ek met my self daar….LOL.

    ek is bly jy gaan nie met vakansie nie…dan is daar darem iemand om mee te speel…veral as ek nie mooi lyk (LOL) nie

  21. die flippen comments gaan le nou ewe skielik weer alles in moderation…issie ek nie. is die dingeling-wordpress.

  22. Hi Rosa. Dis ‘n vreeslike mooi inskrywing – veral die ritme van die woorde maak die beelde soveel duidelik.

  23. Baie dankie Netjane, ek waardeer dit. 🙂

  24. Rosa dankie vir die venter wat jy vir ons oopmaak op daardie wereld. Jy doen dit so goed.

    Ek wonder altyd hoe kan mens ‘n verskil maak in die wereld. Selfs al kon jy ‘n muntstukkie in elkeen van daardie 60 handjies geplaas het so daardie handjies maar weer die volgende keer kom smeek. Mens moet vir hulle iets kan gee wat nie opraak nie. Iets soos kennis, die kennis van hoe om ‘n lewe te maak. Dis verg baie meer op die ou end.

    Ek dink dis hoekom daar sendingstasies is. Dis mense wat besluit het om hulleself te gee.

  25. flippie, die ding is mens word aangese om nie geld te gee nie, want dan bly die kinders uit die skool uit. En, jy sal nooit genoeg muntstukke vir elke kind he nie daar is net te veel
    vreemd genoeg, is net nie kleingeld in die land nie. niks, ek dink daar is net die geld in omloop nie. dit was ‘n vreeslike gesukkel om enige iets te koop. in die hoofstad het die Radisson nie vir my kleingeld gehad nie, hoe is daai?

    daar is omtrent geen sendingstasies in die land nie. ek het seker 2 gesien.

    die beste wat jy hier kan doen is: goeie mediese dienste, soos dokters sonder grense en education. ek dink dit bevry mense.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: