Gogga uit die hel

malii-169

Maar droog, was bitter ver om hier te kom.

malii-078

 Huisie aan die Niger

malii-197

 Huise met bokkies

malii-093

 Die plaaslike Pick & Pay (hier issie winkels nie…as jy iets wil koop moet jy maar hier soek…)

malii-226

 Wie het gekla oor ons taxi’s??? hmmm?

malii-254

‘n Kossie vir julle? Op die menu: Rys, uie en hoender, of hoender, rys en uie. Daai was sulke lekker wilde plaashoender, jy kan proe hy het al gehol in sy lewe. Njam.

******

Ok, al wat ‘n kind is het aan my gehang, later het ek maar met my arms op my kop geloop sodat my kieliebakke ook kan lug kry.

Maar daai Detoll anti-gogga-gel het ek gesmeer dat ek soos ‘n apteek ruik. Niks ysblokkies nie, niks slaai nie, mooi gekyk.

Ek sit nog so en eet, mens eet maar wat jy kry by die “hotel” want daar is nie ‘n Steers nie. Toe voel ek maar nou moet ek toilet toe. En is nog elke dag oor 40 grade, so dissie lekker nie.

Eers dink ek nee wat, ek gaan okay wees. Kyk, vier jaar gelede het ek vrot sushi geeet. Ek het gedink dit was erg. Dit is niks, nada!

Die diarree uit die donkerste kamers van die hel vaar oor my. Ek ruk, ek bewe met ‘n handdoek oor my in die hitte, ek is naar. En, my neus bloei! Binne drie ure is ek 20 keer in daai toilet. Ek dink water en nog water. Rehydrate en wat nog. En my maag staan boep….liewe jimmel ek gaan doodgaan hier.

Vyf ure later, ek is nog heel kalm want ek weet as ek panic gaan dit nog erger raak. Die ander mense saam met my kyk my sooooo. Hulle dink seker, ons gaan meer plek in die 4×4 he more. Sy gaan dit nie deur die nag maak nie.

Laat daai aand toe het ek 8 Immodiums in. En toe is dit oor.

Wereldrekord se die ander oor die Immodiums. Dit was of dit, of ek gaan dood, seg ek. Ek stop eerder ‘n olifant as gaan dood.

48 uur later eet ek vir die eerste keer weer. Voel soos koue snot vir twee dae. Le vir ‘n dag in die bed en vir nog ‘n dag sleep ek myself agterna…

Terug by die huis…hele 5kg ligter.

Tja, se die dokter, sy wonder ook. Klink nie soos voedselvergiftiging nie. Klink soos parasiet.  (flip en ek het nie eens geswem nie). O hel…maar sy gee my ‘n doepa dat ek ontslae kan raak van die ding. Bloedtoetse. Alles wel.

 

Dankie vir almal se inloere. Later vertel ek meer oor die res. Ek dink nog, verwerk nog.

 

En die blokkie is ‘n jaar oud, maar vir twee maande het ek geen hits gehad nie want ek was te stupid om te weet ek moet comment by ander mense. LOL.


  1. Hi Rosie, dis erg!😯 Ek is darem bly alles is nou wel!

    Kan nie wag om van alles te hoor nie!

  2. Oeps!!! Baie geluk met jou bloggie se verjaarsdag! ♪♫♪

  3. dankie wippie…voel weird alles voel so ver en vreemd.

  4. Ag shame, amper verloor jy jouself deur jouself!!!! 😯 Ek is bly jy is OK! Maar laat jou vingertjies nou oor daai sleutelbord sing. Ons wil alles hoor! En Happy Birthday Bloggie!!!! Whahahahaha @ die stupid storie! 😆

  5. Hie-hie, sorry ek kon nie help om te lag vir “Voel soos koue snot vir twee dae” nie!😆 Shame Rosa, dit moes aaklig gewees het om so siek te voel in die vreemde. Darem bly jy is terug in een stuk!😉

    Daai ryshopie lyk darem eetbaar?

  6. O ja, daar submit ek ook voor ek klaar is – happy blogging bifday! Hier gaan nog lekker gekuier word!

  7. Is reg julle kan maar lag, mens kan ook nie sonder humor nie. Pikkie? Wat wil jy als hoor – dat ons nooit geweet het watse vleis ons eet nie…bok, perd, donkie?? hehehe

    Ek is deur daai stof en oor die klippe met gebreekte toon en al.

  8. Welkom terug! Weet nou nie of die gewigsverlies welkom was of nie, maar nou’s jy gereed vir jou bikini. (haha!)

    Veels geluk met die blog verjaarsdag!

  9. Ek is bly jy’s terug! Sê ook maar “happy, happy” oor die blog…. jy skuld ons ‘n groot vertel oor alles wat jy gesien het en gedoen het.

  10. Netjane…jy weet mos, ek is dit bikini-tipe!!! (dankie)

    Dankie vir die happy, het ‘n jaar oorleef.heheh. ek sal vertel aanstons.

  11. ICE

    Welkom terug en Happy Blog B’Day!

    Vinnige diet wat jy gevolg het om die 5 kgs af te skud!😉

  12. maxie

    *sug van verligting*
    Jy’s terug.
    En veilig.
    En kan soveel water drink as jy wil.
    Shame man, moes erg gewees het om so siek te wees in die vreemde.
    Gelukkige blog birthday, hoop daar’s nog vele!

  13. Jinne, Rosa, dis pragtig daar! Hoop daar’s nog foto’s in die vooruitsig?

    “Koue snot” Ja-nee, ek weet nou presies hoe jy gevoel het.😆

    BTW, jy jok. Jy moenie comment om hits te kry nie, jy moet SKRYF! :mrgreen:

  14. Ag toggie. Daar’s ek ook traag met die gelukwensing…😳

    Baie geluk, liewe Bloggie
    Omdat jy verjaar!

  15. Krista

    Welkom terug!
    Happy birfday, rosalindseblog!

  16. Baie geluk, met die eerste jaar. Sien uit na die volgende een.

    Die land waar jy was is toevallig een wat ek nogal graag sal wil besoek. Moet my net nie vra presies hoekom nie.🙂

  17. Roer

    😆 Bly jy het die ervaring oorleef. Mmm, tastes like chicken! Ek dink ek sou meer as 5kg verloor het. Daai kos lyk dodgy.😉

  18. Sjoe, dit klink wild. Bly jy het daai ordeal oorleef!😆 vir die hoender wat proe of hy al gehardloop het!

  19. Welkom terug Rosatjie!
    Ek is baie bly jy het die gogga oorleef!
    En Baie Geluk met jou bday, bloggie!

  20. Jis jong, nou is ek darem spyt ek was jaloers! Hulle kan maar hulle parasiete hou. Bly jy is ok!

  21. Dagse RosalindFranklin

    Eerstens baie geluk met die blog se verjaarsdag. Hoop jy gee ons nog jare se goeie inligting.

    Klink vir my jy was sterk oppad om jouself uit en om te dop daar in die vreemde.😯

    Bly jy is veilig en weer terug.

    Groete

  22. Dankie almal bly om terug te wees. Em dankie vir die verjaardagwense, ekke een jaar oud..

    Nee moenie spyt wees julle was jaloers nie, dis ‘n fab land (george gaan gerus, maar jy moet ‘n plaaslike gids he van ‘n goeie reisagentskap en ‘n 4×4!)




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: