Meneer by die mark

Gisteraand is ons by ‘n tipe funksie – later moet ek na die toilet, sien hier is westerse toilette – soos in ‘n troon, maar die plaaslike vroue gebruik dit anders. Hulle mors ‘n weens geloofsredes. Daar staan so ‘n kettel langs die troon en dan was hulle. Dus is alles ‘n gemors op die vloer. Maar ek moet PP.

Dus sweef ek oor die toilet soos superwoman en zip gou toe. Uit met die  Detoll Hand Sanitizer wat ek sommer orals smeer, net ingeval iets besluit om op my te spring.

‘n Vlaag muskiete volg my oral waar ek gaan, so ‘n grys wolk. Hulle smaak wit bloed om een of ander rede, want hulle draai glad nie om die plaaslike bevolking nie, maar ek is soos heuning vir ‘n mier. Tabard? Werk so 20%.

Laat die malariapille asseblief tog net werk, asseblief, want anders sal die groot koors my verseker kry.

img_0208

 

‘n Tuareg-musikant

Vandag besluit ek en my toevallige reisgenoot om na die mark te gaan. In die middestad is ons die enigste wit gesigte. Maar die mense is ongelooflik vriendelik en behulpsaam.

Die verkeer is ‘n georganiseerde chaos en die groen taxis waarin die gewone mense ry, stop vir jou sodat jy oor die pad kan loop! Hulle val omtrent uit mekaar maar hulle ry.

img_0220

Drie van die groen plaaslike taxis en motorfietse wat baie gewild is.

Die mark is ongelooflik, maar baie, baie duur, maak nie saak hoe jy stry oor die pryse nie, aangesien die kuns wereldwyd hoogs uniek en gesog is. Sodra jy jou voete in die mark sit storm die handelaars op jou af trek jou aan die arm en pleit by jou om na hulle winkels te kom.

Hulle hou nie een oomblik op nie en hoe meer jy verduidelik jy wil eers rondkyk en dan besluit hoe meer probeer hulle jou oortuig. Orals le honderde slang- en akkedisvelle wat hulle brei om handsakke en beursies van te maak, asook krokodilvelle. Dit was vir my nogal erg. Ek het ‘n luislangvel gesien van seker drie meter. Baie mooi leersandale, maar baie duur.

Mens kan geen foto’s neem nie, weens geloofsredes is dit sonde om ‘n beeltenis te maak, al die kuns is animalisties. Sover was al my foto’s nog steelfotos.

img_0229

Moet my nie afneem nie, keer die man op die motorfiets. Kort daarna het ek in die taxi gespring.

 

By die mark koop ek ‘n Tuareg-hooftooisel vir R450. Ek hou van die wat die mans dra. Dadelik begin die handelaars my as monsieur aanspreek en ek bly meneer in hulle oe. En twee bronsfigure, ‘n onmoontlike prys na ek onderhandel het. Daarna het die mense so my uitgemergel ek kon net nie meer nie, twee is agterna tot in die taxi.

img_0218

Die vrugte en groente mark.

 

More le die Sahara voor, nog warmer en onbekend. Nog meer vreemder as die stad, oop vir ontdek en ervaar.


  1. Dis ‘n belewenis – plaas ek in jou suitcasie geklim het!

    Rosie ek het ook daardie Dettol sanitiser ontdek! Ek ontsmet alles en almal!!

    Wow ek kan nie wag om van die Sahara te lees nie. Onthou asseblief om vir my ‘n kameel af te neem! Jy gaan seker ‘n kameelrit doen. Ag nee ek sê nogsteeds ek moes in jou suitcasie gewees het! Ek is sooooo jaloers!

    Geniet dit maatjie!!! Onthou net om genoeg water te vat vir die woestyn! Ek is opgewonde vir jou part!😉

  2. Dagse Rosalindfranklin

    Baie dankie vir jou moeite om alles met ons te deel. Klink na ‘n wonderlike ervaring. Wees veilig en versigtig daar in die vreemde.

    Alles wat mooi is en geniet dit.

    Groete

  3. Wippie dit is die een ding wat ek nie gaan doen nie – ‘n kameelrit. ons gaan nie die tipiese toeriste-ding doen wat hulle in egipte doen nie (ek is werklik duisende km van egipte af) in die boendoes.

    Weens die gevaar van rabies (hondsdolheid) vermy ek enige nabye kontak met alle soogdiere. Mens kan in-ent word, maar dit is ‘n entstof want mens net neem as jy werklik in gevaar sou wees omdat dit ‘n onaangename entstof is. Maar ek sal vir jou een afneem🙂

    Dankie vir jou mooi wense Wippie! Ek sal kom skryf oor die woestyn en sy mense.

    Dankie White Knight waardeer jou inloere hier en die mooi wense.

  4. maxie

    Sjoe daai handelaars klink uitputtend…
    Hoop jy’t genoeg water vir die Sahara, en veral dat die malariapille 100% effektief sal wees!
    (Hoe voel ek nou soos ‘n regte besorgde hoenderhen?)
    Mooi loop Roos!

  5. Daai shopping klink interessant!

    Koers hou in die woestyn – dink net hoe mooi gaan die sterre wees!

  6. Krista

    Dankie dat jy met ons deel – so deur saam met jou te travel verbreed ons horisonne ook!

  7. hemel engel war op gods aarde is jy nou ou?

  8. rianabrand

    Heerlik geniet van jou reis…en dankie dat ons almal met jou die ervaring deel…al is dit dan net op papier. lekker dag. Riana

  9. Jislaaik…hoe lekker klink dit nou nie! Geniet dit Rosalind!

  10. Neem BAIE steelfoto’s! Met wat gaan julle deur die Sahara reis, Rooskind, as jy nie kameel gaan ry nie?😆

  11. wagnbietjieoomblikke

    Ai tog, ek hoop nie dis te voet nie!?!?

    Dit klink na een van daardie ervarings wat net in retrospek sjoeamazingonvergeeliklekker is?

    Pas jouself tog net op! Dit klink alles behalwe 100% veilig?

  12. BB

    Jinne tog Rosie – hoe lyk jou budget??? Kom nou maar veilig terug, toe??!!😀

  13. Oe dit klink so lekker! Ek onthou toe ek ‘n kind was was ons een keer Egipte toe vir ‘n ruk. Al wat ek kan onthou nou (ek was 9) is die piramides, die hitte, die vlieë (was eerder sitte as jy my vra) en die verdekselse bidet’s!

  14. Zee

    Dit klink omtrent of jy jouself geniet Rosie.

    Ek wonder nou nog die hele tyd hoekom moet die vrouens so mors… wat sal hulle rede wees vir die snaakse geloofsrede?

  15. Dankie vir die steel foto’s! Wat sal gebeur as hulle agterkom jy neem wel foto’s? Ons wil nie ‘n soekgeselskap uitstuur nie hoor!😆

    Jou hele trippie klink vreeslik opwindend, maar ook lekker scary. Wat ‘n ondervinding!

  16. Ek weet nie of jy al terug is, maar vars knoffel, gesluk teen ‘n heel huisie op ‘n slag, per dag, behoort daardie muskiete twee maal te laat dink voor hulle weer hulle snorkies in jou indruk…

    Jy sal nie sleg ruik nie, maar daai wolk k*tsende muskiete om jou sal groot vermaak besorg. Muskiete haat bloed met knoffel in!

  17. Hoe gaan dit???? ANTWOORD MY!!!!! Is jy nog nie ontvoer na ‘n ryk sjiek se harem toe nie??? Moenie so stil wees nie, jy laat my worry!!!!!

  18. Jinne, man, ek beny jou die voorreg om die Sahara te ervaar. Neem tog baie foto’s!

  19. Nee man, Rosalind, daai kamele sal jou nie byt nie, hul tande is te stomp. “Go for it”!! ‘n Kameelrit klink na vet pret. 😉

  20. Roer

    Wat ‘n ervaring. Klink soos Kuifie!😆 Geniet dit en kyk mooi na jouself. Eet maar daai knoffel soos Skoor se^.

  21. hallo is terug…sorry pikkie, daar was GEEN internet nie… nie eens halfpad in nairobi nie.

    flippitie…wat ‘n ervaring. ek skryf binnekort belowe. OOR IETS ALLER-UIT-DIE-HEL (wat anders??) wat my tref het en ook oor al die fun.

  22. Baie welkom terug Rosie, ek het jou gemis!!!!!😆




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: