Kosbare water

Ek dink nie ek sal ooit weer na kraan oopdraai en die kosbare, kosbare vloeistof van die lewe wat daaruit loop nie waardeer nie, nie as jy eers dors was nie.

Sedert ek hier aangekom het was my mond nog net droog, was ek nog net dors. Uiteindelik het ek ‘n taxi-drywer opgespoor saam met ‘n kollega (wat ek pas ontmoet het) en gevra: Neem ons net na ‘n winkel/spaza dat ons elkeen ‘n kis gebottelde water kan verkoop. Dankie tog.

Die vlugte hierheen, na Wes-Afrika se mees onbegonne streek, een van die armste lande ter wereld, het ons ‘n volle 24 uur geneem. Die koffie, halfpad in Nairobi het drie Euro gekos. By die hotel aangepas was ek ontwater, ek het twee liter kosbare water gekoop in die hotel vir twintig dollar, ek het nie omgegee nie, solank ek net kan drink. Water, water! Ek het die bottel oor my mond gebring en die yskoue water het teen my keel afgegly, die water in die kraan kan ek nie eens mee tandeborsel nie, sonder ek ek bitter siek sal word nie.

Ek het nie siek geword van die vreemde stuk steak nie, So alles wel.

img_0193

Die uitsig vanuit my hotel-kamer, 3ster. Orals is halfgeboude huise. Maar die mense is vriendelik, behulpsaam en glad nie aggressief, soos ek SA ervaar  nie. Ons kan baie leer van medemenslikheid.

Die oorlog oor water sal nog in ons leeftyd kom. Dit gaan hel wees, hoor ek vanoggend by ‘n kenner.

Die hitte slaan my soos ‘n oop oonddeur, ek soek al weer water (dit was voor ek die boks met 12 bottels water gekoop het). Ek stap na ‘n straatverkoper, en wys met handgebare ek soek gebottelde water, hy verstaan gou en wys ek moet saam met hom kom. Hy neem my na ‘n donker klein kafee waar ‘n vrou twee bottels water het. Ek wys ja, ek soek dit, ek vra die prys. Sy verstaan nie,

‘n Soldaat met ‘n outmatiese geweer noem die prys, dit is ‘n tiende van die hotelprys, ek koop dit en se dankie met ‘n handeklap en glimlag.

Ons wag op die president. Daar is tientalle soldate met outomatiese gewere. Dit voel soos ‘n militere regime, maar dit is nie. Ons word almal toegesluit in die saal en niemand mag in of uit terwyl hy praat nie. Dis erg om mans en gewere rondom jou te he as jy nie die taal kan verstaan nie. Ek besluit om nie die banket vanaand by die woon nie, want meneer president gaan weer daar wees en ek sien die kans om weer onder geweer-begeleiding te eet nie.

Ons is vanoggend hoeka by die hotel opgelaai met die einste gewapende beleiding, loeidende sirenes en dwarsdeur die stad geneem terwyl alles tot stilstand gekom het. Weird.

Die dansers, met hul animalistiese geloof, antiek en vreemd is egter fassinered, Later gaan ek in die woestyn trek om hulle by hul tuistes te besoek. Maar hier is ‘n voorsmakie:

img_0203

Jammer die foto is gedraai, maar ek het nie ‘n idee om hom reg te kry nie.  Die maskerdans sal ek nog sien honderde km ver die woestyn in, volgende week.

img_0199

Die polisie, die weermag kon ek nie afgeneem kry nie, dit is verbode, en dan natuurlik die dansers.

Tot wederom.


  1. Sterkte daar in die vreemde land met jou “mission” en met die waterkwessie!!

  2. Zee

    Dankie tog vir bottel water.
    Rosie, klink of jy ‘n baie interessante tyd het op die oomblik.

  3. Geniet jou avontuur daar. Kan mens darem bad daar?

  4. Sjoe, ek stem, om dors te wees is vir my erger as om honger te wees. Dankie dat jy ‘n tydjie maak om jou ervarings met ons te deel. Ek sien baie uit na die res.😉

  5. ICE

    Dis nou toevallig dat ek gister op my blog gevra het wat water vir jou beteken.

    If you can’t see the divinity in water…

  6. Dagse Rosalinfranklin

    Sterkte daar in die Afrika plek. Maak maar seker jy ken die watergate en veilige plekke om dit te bekom.

    Dankie vir jou deel van die avontuur

    Groete

  7. jinne vanoggend het iemand amper in trouble gekom toe sy die polisie afgeneem het, gister het ek gemaak of ek die dansers afneem maar eintlik die kamera gedraai na die polisie…mens moet skelm wees.

    jammer ek kom nie by julle blogs uit nie maar sal weer in desember kom kuier by almal.

    flippie, mens kan stort hier LOL.

    ek het nog nie diarree gekry nie, ek is baie trots op my maag. touch wood die rowwe deel le nog voor. viva immodium.

    net iets oor armoede: SA is nie n arm land nie…

    en ja my toon is nog gebreek….

  8. Rosa, jy slaan die spyker op die kop. Die toekomstige oorloë sal wees oor water en kos.

  9. hi rustig, ek is bevrees dit gaan wees en dit gaan baie erg wees. want honger en dors is basiese behoeftes en as dit nie bevredig word nie kom lelike dinge na vore.

  10. Ek wonder oor hierdie oorlog stories van julle. Hoekom maak die mense in Afrika wanneer daar hongersnode is dan nie oorlog nie? Ek twyfel of die ontwikkelde lande ooit regtig hondersnood sal ervaar. Miskien wel water tekorte, maar daarmee kan mens plan maak.

  11. Hi Rosie, dit was nou lekker om van jou te hoor, net jammer jy kom amper om van die dors!

    Hierdie foto van die half geboude huise kon net sowel uit Libië gekom het. Daar is die huise ook so half gehou sonder vensters!

    Ek sien uit om te hoor van die res! Geniet dit!

    (Ek hoop net jy het genoeg water vir die res van jou reis)

  12. maxie

    Hi Roos, lekker om weer iets van jou te lees.
    Ai, pas jouself en jou toon mooi op!
    Sien uit na jou volgende inskrywing.

  13. Dors is ‘n vreeslike ding! Ek kan nie dink hoe jy moes voel nie want vandat ek hier in Upinton is drink ek seker 5l water ‘n dag! Die hitte is verskriklik, ek dink mens moet dit omtrent verdubbel om joue te kry! Eet met gewapende begeleiding, nee wat, ek sal ook nie kan nie, ek dink die kos sal in my keel vassit! Maar ek beny jou daardie maskerdans! Dit is op my ‘to do list before you die’. Soos my finansies nou lyk hoop ek nie ek gaan gou dood nie!!! 😆 😆 Lekker verder werk en hou ons tog asseblief op hoogte! 😉

  14. Eina dammit, ek lees nou eers van jou toon! Nee kriek, jy moet kyk waar jy loop!!!! En los tog die soldate uit, my alla wêreld, hoe wil jy nou blog as jy in die tronk sit!!!

  15. Ons het nog nie regtig, regtig water en kos nood gehad wereldwyd nie, flippie, dit kom nog. die VSA, USAID het elke keer nog kos gegee. dis hoekom daar nog nie oorlog was nie, maar die lelike goed kom nog.

    iemand se vanaand vir my die VSA het klaar planne om kanada se water te koop in tyd van nood en hulle sal dit vat as hulle dit nodig het. flippe die ontwikkelde lande kan NIKS doen aan die klimaat nie, geld kan nie weer koop/omkoop nie, daar is ons almal gelyk. ten beste kan hul voorraad langer hou maar hulle is ook aangewese op landbou.

    dis weird julle elke dag is my tone geswel, nie net die een wat gebreek is nie. weird sulke poffers. vannaand het die tuareg vir ons gesing en gedans, pikke en wippie. nou DIT was iets besonders.
    mense met kopdoeke soos ali baba en sulke fyn gesigte. sit op matte onder tente.

    hi maxie ek sal alles vertel as ek terug is,.

  16. Geniet dit! So bly om jou weer raak te lees.

    Die water storie laat my aan Psalm 23 dink…

  17. Paula

    Sjoe … dit klink na ‘n belewenis! Kan nie wag vir nog fotos nie🙂

  18. Daardie danse is nou iets wat ek graag sal wil sien!

  1. 1 Die Week in ‘n Neutedop… « Demoerin’s Klasak

    […] nou is dit reistyd saam met die Toerende Rosalind daar in die droë Wes-Afrika. Dan moet ons ook blykbaar regmaak vir Kaapstad se eie ala-Rio karnaval in 2010. Die […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: