wederom na outentiek

ek  gaan vir lank weg, ek sien julle eers teen seker begin desember.

na ‘n land waar glo vroue verkieslik nie alleen moet reis en “very modestly moet dress”. na ‘n antieke beskawing waar die eerste sterrekundiges fenominale observasies gemaak het. waar mense soos nomades in die woestyn woon

 

 

en uniek modderstukture is.

waar die hoofstad net een OTM het en polio, meningitus, geelkoors en tifus nog alledaags bestaan.

dalk vind ek ‘n rekenaar en stuur ‘n boodskap, dalk nie. maar vir nou roep die woestyn my. die mense kan nie my taal praat nie en ek nie hulle s’n nie, behalwe vir ‘n paar woorde. pas my, ek laaik nie van twak praat nie. dus kan niemand met my sit en geselsies maak nie.

speel mooi met mekaar. baai


  1. Carina

    Geniet jou gate uit!

  2. Hallo Rosa. Pas jouself mooi op en kom tog weer terug ook! Emma.

  3. Oe, oe, oe!

    Begin Desember…dis ‘n laaaang tyd sonder jou, Rosatjie! 😦

    Maar…ek is JALOERS! Geniet dit! Neem baie foto’s! (En bring vir my ‘n klippie saam?) 😆

  4. Jis, ek beny jou. enjoy!

  5. Dagse Rosalind Franklin

    Ek kan nie onthou dat jy enigsins toestemming gevra het of jy iewers heen mag gaan nie.😕👿

    Ag nou ja aangesien jy so aanhou nag, gaan nou maar en pas jouself op. Kom veilig terug en vertel ons alles. Hmmmmm nee dalk nie alles nie.😉

    Geniet dit ten minste🙄

    Groete

  6. ICE

    Sterkte & enjoy to the max!

  7. Jaco

    Geniet dit, reis veilig en kom tog asseblief terug met nog amazing stories om te vertel.

  8. Mefri

    Liewe dierbare Rooskindjie, geniet dit en rus heerlik uit! Ek gaan jou geselsies, wyshede en jou sin vir humor in ʼn erge graad mis.

  9. Andrew

    You have a very interesting life and I can’t help being envious. Max it out.

  10. maxie

    Geniet dit, veral die stilte!
    Gaan jou mis.

  11. Jenny

    Geniet dit, en kom veilig terug! Ons gaan jou mis!

  12. Ek is groen, groen, groen, groen!!! :mrgreen: :mrgreen: Geniet jouself gate uit en moenie die sonblok vergeet nie!

  13. Whoo hoo! Dis amazing! Ek hijack sommer die vlug Hong Kong toe en maak hulle woestyn toe vlieg!!! Dit klink na ‘n heerlike avontuur om na uit te sien! Ek sien baie uit na die stories wanneer jy weer terug is! Ek gaan ook egter ‘n lekker laaaang vakansie vat, maar die bestemming is nie so glamorous nie…net gewone ou SA!

  14. O ja, voor ek vergeet…If I can give you one piece of advice, sunscreen would be it!:mrgreen: 8)

  15. Het jy nie dalk nog vir my ‘n plekkie in jou tas nie?:mrgreen:

    Geniet dit Rosie! As jy terugkeer gaan ons mooi foto’s sien😛

  16. Ai. Dit klink erg opwindend. Ek kry die idee dat jou werk ‘n genesende krag in jou lewe is. Dit klink of jy geniet wat jy doen.

    Reis veilig, geniet elke oomblik, neem baie foto’s en pas jouself mooi op. Die laaste een is ‘n opdrag!

    Gaan jou rerig mis.

  17. Geniet dit, kom veilig terug! (Oor ‘n maand is dit my beurt vir vakansie.)

  18. Krista

    Ons gaan jou mis, RF, moet tog nie te lank wegbly nie!

  19. Klink na iets om op jaloers te wees.😉 Geniet dit en kom terug en vertel.

  20. Is daar dalk plek in jou tas? Gaan jou mis. Moet tog net nie dat iemand jou deel van ‘n harem maak nie, Rooskind😆

  21. O aarde! Moenie die natives ontstel nie. Jy moet terugkom.

  22. Gaan geniet dit Rosa … en bring stories saam🙂

  23. Geniet dit, wees veilig! Geniet die stilte en rustigheid! Hoop daar is baie daarvan!

  24. Ai, ek is jaloers. Hoe verlang ek na die weste van Afrika! Geniet … as jy kan!

  25. Geniet dit Rosa. Kan nie wag vir as jy terugkom nie, jy gaan seker baie stories hê!

  26. BB

    Ma’a salaema! reHLa saeeda!! x

  27. BB

    Rosie – ek kyk nou net na useful phrases when travelling in Egypt – hoor hierdie:
    Min Fadlak Takallam Ala Mahlik = Could you please speak more slowly please.
    Ana Laa Atakallamu Lughataka Jayyidan = I don’t speak your language very well.
    Goeiste moeder Aarde!! Good luck, girl!:mrgreen:

  28. Jinne, dit klink vreeslik opwindend, maar effens scary ook! Miskien kry jy jou stukkie stilte ook daar. Kom veilig terug.😉

  29. ‘n Vinnge inloer. Baie dankie vir almal se mooi wense.

    BB, is baie, baie wilder as egipte, I wish… egipte is 1ste wereld.

    ek sal stories en foto’s bring ek belowe, hoe ken julle my?? LOL. (ek is seker iets belaglik sal gebeur:)

    (dink tog aan my want ek het gisteraand my toon verstuit, hy is potblou en geswel, dalk is hy gebreek….ag tog..nice, dis nou al wat ek nodig het)

  30. Klink baie interessant! Wees tog versigtig, dress veral baie modestly!

  31. maxie

    Ouch! Hoop jy kom reg met die seer toon!

  32. ICE

    Pas jou blou toon op!

  33. BB

    Wilder as Egipte???😯 (daar’s geen so ‘n wilde experience as being a blonde in Egypt nie!!:mrgreen: ) – hulle wou my KOOP for crying in a bucket! ek dink ek’t amper 1000 kamele gehaal – my destydse boyfriend sê dit was sy allersnaakste ervaring nog ooit in die lewe…🙄
    Kry vir jou liewe-Jesus sandale skat… hulle cater vir opgeswelde groottoon-sindroom😆

  34. Geniet Roos! Kan nie wag om die stories te hoor wat jy terug bring.

  35. Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  36. Alta

    Hoop jy geniet dit!

  37. flipp….my toon IS gebreek…ek praat later weer met julle en hopelik sal ek ‘n foto kan post. het net vinnig kom inloer.

    die oorspronlike 2-ster hotel is vol en nou is ek oorgeplaas na die 3 ster hotel….ek kla nie🙂

    johan…dankie ek is mal oor ponies🙂 sal hy in ons erf kan bly? ek is so bly hy is silwer!!! (wat is die/’n silwer ponie). en ons honne gaan bly wees oor ‘n nuwe maatjie.

    baai julle

    baai julle ek

  38. Haai, Rosatjie! So goed om weer van jou te hoor! Ek hoop daai 3 ster het internet! 😆

    Laat dit baie goed gaan!

  39. Daar is blykbaar in daardie deel van die wêreld (as ek die regte land ingedagte het) ook mense wat stories vertel dat hulle wit voorvaders gehad het wat in die Middeleeue van oorkant die Sahara daar aangekom en daar kom woon het. Van hulle dra nog drag wat baie aan Middeleeuse Europese klere herinner. As jy so een sien, neem asseblief vir jou lesers ‘n foto.

  40. Rosa? Hoop nie jy is verruil vir kamele nie?

  41. flip dit was hel om hier te kom. hoop alles is wel met almal en dankie vir AL julle inloere, die woestyn le nog voor vir my, groete.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: