“Gif” in jou vet

Meer is nie meer nie, en hoegenaamd ook nie beter nie. ‘n Mens kan deur te veel van sekere vitamiene in pilvorm in te neem jouself vergiftig en selfs sekere tipes kanker aanhits.

Jy kan dit nie te veel vitamiene inkry deur kos nie, onmoontlik (tensy jy ly aan een van ‘n paar uiters unieke genetiese siektes – maar jy sal dit teen die tyd weet as jy so siekte het, want dit word al by babas gediagnoseer). Die gevaar le in die vitamine wat jy by apteke en gesondheids winkels koop en indien jy oor ‘n tydperk die maksimum aanbevole dosis oorskry, van bepaalde tipes vitamiene, is dit soos toksiese elemente in jou vet.

Wateroplosbare vitamiene – Die liggaam gebruik wat hy nodig het en die res word op die gewone manier uitgeskei en eindig in die toilet.

Vitamiene C, B6, B12, foliensuur, niasien, pantoteensuur, B1 en B2 en biotien.

(Rokers behoort ekstra vitamien C in te kry: die beste bronne is: sitrus, aarbeie, tamaties, pepers, aartappels, kool, koejawel en “paw-paw”.)

 

Vetoplosbare vitamiene – die liggaam gebruik wat hy nodig het en die res word gestoor in jou vet, moet nie te veel antioksidante gebruik nie.

Vitamiene: A, E, D, K (A, E en betakarotee is natuurlik gewilde antioksidante, wees versigtig).

Dit het mode geword om antioksidante te neem asof dit die suksesverhaal tot alles is. Daar is al herhaaldelik bewys dat dit verband hou het kankers en hartsiektes. Te veel antioksidante lei daartoe dat jy geen vry radikale het nie. Dit is sleg vir ‘n mens omdat vry radikale die liggaam se vullisverwyderraars is. Of, neem jy te veel tree die antioksidant soos ‘n abnormale vry radikaal op.

Ek self neem geen antioksidant  nie, ek vermy dit op alle produkte, omdat ek meen nie vry radikaal en antioksidant balans in my liggaam is soos dit is. Dit sorteer hom self uit. Hoekom sou ek met dit wou lol? Dit raak al moeiliker dit word in alles geprop. Ek kry dit in deur gewone kos en dit is vrekmaklik ook.

Die neem van antioksidante in groot dosisse, soos wat mense deesdae doen, oor ‘n lang periode is nadeling (Jama meta-studie 2007).

Daar is bewyse dat meer as 500mg vitamien C skadelik is vir DNS, mense soos Patrick Holford, is voorstanders hiervan.  Hy het nog nooit kliniese toetste gedoen nie, en sy werk is nog nooit deur portuur evualusie goedgekeur nie, mens soek verniet na sy navorsing by PubMed.

Wie behoort aanvulligs te neem?

Kinders onder 6 jaar is seker die belangrikste (hoor by ‘n pediater wat presies), mense met enige siekte wat die immuniteitstelsel aanstas, mense bo 65 jaar, indien jy ‘n bepaalde genetiese toestand het wat dit vereis soos deur ‘n dokter aanbeveel. Maar dit moet ‘n multi-vitamien wees, bly weg van enkel-aanvullers. Swanger vroue en vroue wat borsvoed, maar hoor by jou ginekoloog watter een is die beste.


  1. Ai tog.

    Ek was juis so trots op myself dat ek so gereeld my Cal-C-Vita drink.

    GRRRR

    Ten minste gaan my begroting nie op sy tande kners nie.

  2. Adrie as jy dit gedrink het om verkoue te keer dan is dit verniet gewees want daar is geen bewyse Vit C keer/voorkom verkoue nie.
    Eet maar jou lemoen wat jou ma inpak skooltoe.

  3. Andrew

    Prof Harry Seftel waarsku ook dat vitamiene in pilvorm geld mors is. Hy praat gereeld op Radio 702 in die program A Word On Medical Matters. Ek geniet sy eksentriese maniere. 🙂

  4. Ek is versot op lemoensap. Sal as ek voel ek wil verkoue kry Vit C drink en as ek moeg voel dan drink ek ‘n Vit B tablet. Laasgenoemde kan mense regtig voel werk. Verder drink ek nie pille nie.

  5. Die enigste lemoen wat my ma inpak skooltoe is lemoensap verdun met vodka.

    Ek het eindlik gedrink vir die Kalsium. Heup vervangings lyk seer en ek wil nie ‘n liter melk ‘n dag drink nie. Vit C help glo ook met ysteropname.

  6. BB

    Nice inskrywing! Ek drink maar my multi-vit en vir PMS ‘n produk met die naam Prozen – it works like a bomb!! (Helge sorg dat ek altyd daarvan in voorraad het – hy sweer dis die wonderkuur van die 21st century😀

  7. meermin

    Ekke eet nie juis baie nie, sluk maar elke oggend my multi vitamiene pilletjie!!

    Geniet die naweek!! SHARKS.😆

  8. RosalinFranklin

    BAie dankie vir die reeks inskrywings. Baie interessant en stof tot nadenke.

    Paar mense sal my nou wil skiet, maar rooibos tee in groot hoeveelhede is ook gevaarlik, dit lei tot yster tekorte by mense.

    Groete

  9. My immuniteitstelsel werk nie meer nie, hy het sy tassies gepak en geloop! Daarom moet ek vitamiene drink!

    Baie mense kry deesdae kanker, iets wat my deesdae pla en laat wonder, is dit dalk iets in die kos of water? Nou wonder ek verder…. is dit nie dalk al hierdie vitamien aanvullings wat ons neem nie.

    Ek/ons drink elke dag Spirulina.

  10. Nou ja, laat ek maar uit die kas klim en erken: ek is ‘n Patrick Holford aanhanger. Big time! Iets moet werk: kyk hoe lyk die man en hy is al in sy sestigs! 😉

    Wip, ek weet darem nie of mens vitamienaanvullings die skuld kan gee vir kanker nie. Wat van ons swak eetgewoontes? Kos vol olie, preserveermiddels, geurmiddels, en chemikaliee wat gebruik is om grond te bemes en plante mee te spuit. Oor ‘n lang tydperk vergiftig ons onsself sistematies.

  11. Ja, Rosa, ek gaan jou seker ‘n hartaanval gee, maar in my poging om my man vir so lank as moontlik aan die lewe te hou,😉 drink hy handevol aanvullings elke dag. Hy spot altyd en se hy het ‘n groter kans om aan ‘choking’ dood te gaan as aan siekte! 😆

  12. 😆 @ Boendoe!!!! Rosa, dis vreeslik interressant, (heng wil iemand nie vir my sê hoe om daai woord reg te spel nie! 😈 ) My kinders drink gereeld hulle Viral Guard, maar ek en Mynick drink niks. Ons glo aan gesond eet en water drink. Maar ek moet bieg ek het al ‘n hele paar keer in die versoeking gekom om sommer ‘n hele paar bottels Turbovite of iets te sluk net om by die kinders te bly….

  13. Ginseng is die antwoord.

  14. Kanker word in by verre die meeste gevalle veroorsaak deur gene. Jy word daarmee gebore en ontwikkel dit later in jou lewe. Ons weet vandag ook dat daar triggers is wat kanker begin, en onlangse studies het gewys antiokdisante is een van hulle, maar kanker het definitief ‘n genetiese basis.

  15. Chemikalie is moet nie noodwendig ‘n vloekwoord wees nie. Ons hele lyf bestaan uit chemiese middels, die basis van DNS is chemikalie.

    Dankie vir almal se inloere.

  16. Aflatoxins are mycotoxins, secondary metabolites produced mainly by Aspergillus flavus and A. parasiticus. There are four naturally occurring aflatoxins. Aflatoxin B1 is the most toxic and carcinogenic of the these structurally similar compounds.

    Hierdie goed groei op sogenaamde natuurlike produkte. Jy kry dit in en dit is ‘n trigger vir kanker. Van die skadelikste middels kom in die natuur voor, wat my punt is.

    http://www.cfsan.fda.gov/~dms/ginseng.html

    Gaan lees hier oor Ginseng. Die punt is, dit goed is nie klinies getoets nie. Dit beteken dat jy nie weet waar dit vandaan kom nie, wat daarin is nie. Soos mikrobiese toksiese elemente soos hier bo getoets deur die FDA, wat al in 2004 verbied het dat ginseng van oorsee ingevoer word.

    Almal kan doen wat hulle wil en drink wat hulle wil ek se maar net hoe ek voel en voel genoop om waarskuwings te rig oor inligting wat ek raakloop. Veral as ek weet mense word vir ‘n ride geneem, ten duurste. Vals inligting wat herhaal word,raak nie uiteindelik waar nie🙂 Wees ligtig vir alternatiewe medisyne.🙂

  17. Dankie Rosie, ek sal nou definitief nie anti-oksidante gebruik nie!😛
    Mens moenie soek vir ‘n ding wat kon bly nie!

    Lekker week!

  18. Ginseng is in elk geval nie baie lekker nie! Dit maak my naar, nes gemmer!

  19. Rosalind, hoe meer ek hier by jou lees, hoe meer kom ek agter hoe lig gelowig ek ook maar is. Ek stel ook nogal ligtelik in Patrick Holford se idees belang. Hy klink en lyk altyd so oortuigend!🙂

    Weet jy iets van Dr. Oz wat deel van die Oprah kring is? Het ‘n boek van hom en iemand anders, iets soos “staying young” moet eers uit gaan haal om die feite reguit te kry. Het nog net begin om dit te lees. Het dit nie noodwendig gekoop omdat ek jonk wil bly nie, maar omdat ek hom toevallig een dag gesien het toe hy vir mense wys hoe organe werklik lyk. Die eerste gedagte wat ek gekry het toe ek die boek begin lees, was “Hiervan moes hulle ons op skool geleer het!”

  20. Enige iets waar daar ‘n té aankom is mos sleg vir jou. Ek glo ook nie aan aanvullings nie, ek eet eerder gebalanseerd (wat sjokolade en chips insluit!) want ek wonder werklik waar al die skaars Hoodia ewe skielik gekweek word as ek al die botteltjies so op Clicks se rakke bekyk. Voor daar nie baie strenger opgetree word teen die vervaardiging van die goed nie, sal ek dit nie sommer drink nie. Baie interessant.

  21. Carina ek stem saam, so te veel balans is ook nie goed nie. Dis hoekom die sjokolade en aartappelskyfies moet bykom. Ek hou daarvan.😀

  22. Sjokolade is ‘n gebalanseerde ete.

    Dit word van bone gemaak wat groente is. Dit het melk wat protiene het en dus vleis is. As daar wafer in is, het sy sommer jou stylsel ook in.

  23. Flippie: Het jy geweet Holford het aan sy eie wiki-page ge-tinker en het klomp erge onwaarhede daar ingesit, is uitgevang en is toe wiki vebied??? Ben Goldacre skryf daaroor op sy skitterende Bad Science blog.

    Net omdat iets wyd verkoop word (sigarette, drank, tik, ect, beteken dit nie dit is reg nie. goeie charismatiese bemarking is al wat jy nodig het).

    Met respek Oprah verkondig baie twak, sy was een van die mense wat na een anekdote (die laagste vorm van ‘bewys’) geluister het van ‘n gek celebrity en toe aan die wereld verkoding het in-entings (vaccinations) gee jou kind outisme. Wat totale kak is. Outisme is geneties.
    As jy jou kind nie laat ent nie – die nuuste mode – stel jy sy lewe in gevaar en ander mense s’n. Ek ek is bereid om openlik en hardop te se, mense wat nie laat ent nie is = dom.

    Dit is een van die redes hoekom polio, wat eens uitgewis is, weer teruggekom het. Binnekort reis ek na ‘n obskure land en moes weer polio-entstof kry (al het ek as baba gekry) juis omdat mense opgehou ent het.

    Ek ken nie vir dr. Oz nie, nee, maar alles wat Oprah se neem ek nie ter harte nie.

    Carina” Ek stem, as dit streng beheer word en dit is behoorlik getoets en ek kan die akademiese materiaal lees, sal ek dit oorweeg. Ons pomp goed in ons lywe wat dit nie nodig het nie.

    Flippie: ek hou van biltong en droe wors en pizza…

    Adrie: dus le sjokolade ook eiers?

  24. Rosa

    Ek weet nie, ek sal volgende jaar paasfees die paashaas fyn dophou en jou laat weet.

    Ek stem 200 % saam met jou oor inentings.

  25. Andrew

    Hi Rosalind, have nothing to say except thank you for a great blog, especially when you use expletives.🙂

    http://www.inthenews.co.uk/News/reviews/books/non-fiction/the-seven-words-you-cant-say-on-television-by-steven-pinker-$1240445.htm

  26. 🙂 Andrew🙂

    Adrie neem ‘n foto van die haas asb

  27. Andrew

    Rosalind, did you go to the Darwin Seminar at UCT this evening? I missed it, my car was in for a service and I left CT too late.

  28. “Het jy geweet Holford het aan sy eie wiki-page ge-tinker en het klomp erge onwaarhede daar ingesit, is uitgevang en is toe wiki vebied???” Nee ek het nie geweet nie. Goed so, dit sal hom leer.🙂

  29. 😆 @ Flippie! Ek dink daai een was vir my bedoel!

    Ja, Rosa, ek weet van al die negatiewe kritiek wat PH kry. Dit gaan my egter nie keer om steeds ‘n ondersteuner te wees nie. Sedert ek sy aanwysings/raad volg, lyk en voel ek 100 % beter. ‘Alternative medicine’ het nog altyd ‘n uphill battle gefight. It comes with the territory!

    Ek waardeer die feit dat jy mense wil waarsku. Ek het net lankal my vertroue in mediese dokters verloor.

    Elkeen moet maar sy eie kop volg – en stamp, indien nodig.😉

  30. Andrew….yes I was at the darwin seminar, I always go, but try to remain unseen🙂

    Nee boendoe daai een was nie vir jou bedoel nie🙂 dis my fout was vir annderkant bedoel!!!! oor annerkant gepraat her van holford. jammer julle twee.

    boendoe, volg jou eie kop, en gut, ek probeer nie vir jou preek of jou bekeer tot iets anders nie. regtig. dis eintlik net share van info. ek raak vies vir dokters wat kwakke is.

  31. semisoet

    Baie interessant! As ‘n dieetkunde student gaan ek nog baie hiervan leer. Sal bietjie meer kan se sodra ons by dit gekom het! dankie vir die inskrywings.

  32. semisoet, dankie vir die inloer, mense wil al meer pille drink en nie hul wortels eet nie🙂 jou veld is besig om baie te ontwikkel

  33. Andrew

    Good, I want to remain unseen too. Just hope the sunglasses and fake mustache don’t give me away. I’m kidding of course.🙂

  34. Ina du Toit

    Epilepcy man 36 years old, seizers not controled, always very thursty, doesnt eat well, 2 eggs every morning. Thought its necessary to give him vitamins, dont now what kind is save? they say that Magnesium keep Epilepcy away is this true? can one use to many, what wil hapen? Thanks

  35. Dit is lonend om moeite te doen.Hy het die taal gou aangeleer.Hy het grieg opgedoen.Jy het gelyk.Jy het reg.Hulle het ru gespeel.Hulle het beter dae geken




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: