Daar is ‘n paar geheime, wat niemand hard-op wil se nie, oor hoe ‘n mens maer(der) kan wees. Dit is ongelukkig nie in honderde botteljies op die rakke wat baie van ons al probeer het nie.

Inteendeel ek wil vandag ‘n waarskuwing rig aan almal wat al dieetpille of die sogenaamde natuurlike middels, “fat-burners”, metabolisme-versnellers of enige ander van die middels gebruik wat daarbuite te verskwansel word. Kom ons kyk daarna, stap vir stap.

Fat-burners, diete en jy:

Daar bestaan nie so iets soos ‘n “fat-burner” in pilformaat nie, regtig. Dit is alles ‘n geldmaakfoefie, lees mooi, dit moet saam met ‘n dieet geneem word.

Daar is net een manier om vet te verbrand: Die liggaam moet dit self doen deur energie-verbruik. Jy neem een koppie kos in, maar jy spandeer die hoeveelheid energie (oefening) wat een en ‘n halwe koppie kos verteenwoordig. Om dit te doen gaan kry jou liggaam die brandstof in jou reserwes, jou vet. Wanneer die vet op is, sal jou liggaam sy spierweefsel verteer (wat baie gevaarlik is). En al hoe om dit te doen is oefening of minder eet.

Indien die dieet te streng is (te min kos) sal jou liggaam juis vet begin stoor, omdat die brein dink hy is in ‘n oorlewingsituasie en al minder energie verbruik. Dit is hoekom jy traag voel, kopseer kry, naar voel en dies meer. En gewig optel as jy meer as twee krummels eet. ‘n Dieet moet oor ‘n lang tydperk geskied. Of, dit moet nie eens ‘n dieet wees nie, maar ‘n verandering in leefstyl.

Die antwoord is ook nie hope pille en aanvullers nie, jy moet dit deur kos inkry: Suiwel, stysel, groente, vrugte, proteiene, vet (dis nodig).

Diete waar mense net een ding eet, soos druiwe, vleis, bruinrys of watookal is hoogs ongesond en ontneem jou liggaam van sy nodige. Dit is dom. Jy moet iets van alles inkry. Dit is mode om suiwel uit te sny, dit is seker een van die domste dinge wat vroue en mans kan doen, omdat dit lei tot osteoporose. Almal van ons begin been verloor.  (Een uit vier vroue en een uit agt mans oor 50 jaar kry osteoporose en meer as 70% van alle heupbreuke is weens die siekte).

Kalsium en magnesium-aanvullings gaan jou nie help nie – nog ‘n lekker geldmaak-bedryf. Die “aanvullers” se beste opsie is swak, dit beval kalsium-karbonaat (eet liewer ‘n stuk bordkryt – is goedkoper) wat op sy beste 40% kalsium bevat, die ander opsies kalsium-sitraat is nog swakker.

Drink melk, eet kaas en yohurt, en groente waarvan die kleur groen is.

 Jy moet jou bene bou voor 40 (deur bogenoemde te eet, oefening te doen en sonlig te kry). Indien jy die siekte het (doen ‘n beendigtheidstoets as jy oor 50 is) kan jy ‘n bepaalde middel (behoorlike getoetsde medikasie) weekliks neem, of die jaarlikse binne-aarse toediening kry. Dit keer die verbrokkeling van bene en bou dit effe. Voorwaar, tans een van die mediese wonders.

Herhaalde diete ontneem jou bene van die allerbelangrikste voedingsmiddels. Been is lewende weefsel wat voortdurend hernuwe word in ’n proses waarin ou beenweefsel verwyder en deur nuwe been vervang word. Bepaalde selle (osteoklast) verweer die been en laat klein gapings, waarna ander selle (osteoblast) die gapings met nuwe been aanvul.
Wanneer ’n mens nog jonk is, werk die twee tipes selle in ewewig met mekaar, maar ná die middel dertigerjare is die proses nie meer so effektief nie. Mense verloor al hoe meer been, wat die skelet dunner en swakker maak.

Dieetpille is niks meer as kaffeine, lakseermiddels en waterafdryfmiddels nie, om dit eenvoudig te stel nie. Dit versnel g’n jou metabolisme nie. Dit is uiters gevaarlik, kan jou ontwater, is sleg vir jou organe en kan verslawend wees. Boonop bevat sekeres van die onwettige middel efedrien. Omdat dit nie deur die mediese raad goedgekeur hoef te word nie, is enige van die middels (OOK, sogenaamde natuurlike middels nie een goedgekeur of klinies getoets nie). Dit kan lei tot hartkloppings en ‘n rits ander newe-effekte.

Net omdat daar natuurlik op ‘n ding staan beteken nie dit is veilig nie! Hoodia, is een van die slap rieme. Daar is meer van die sg Hoodia in “bottels” op die rakke as wat daar van die betreklike skaars spesie ooit in die veld kan groei.

Van die middels kan inwerk op ander medikasie waarop jy mag wees.

Daar bestaan werklike medikasie wat deur kliniese toetsing gegaan het en voorgeskryf word vir vetsug. Jy ly nie aan vetsug as jy 10kg oorgewig is nie. Dit word meestal voorgeskryf vir mense wat so vet is dat hulle lewe in gevaar is. Dit werk op die brein wat alles beheer. Dit onderdruk die honger deur presinaptiese opname van bepaalde neurotransmitters in die brein.

Dit moet goed gemonitor word en het hulle eie newe-effekte. Dit is nie vir iemand wat vinnig ‘n paar kilogram wil afskud nie.

Wie word vet? en hoekom?

1) Kyk eerste na jou ouers, 4 grootouers en indien moontlik die 8 agter-groot ouers (se fotos). Dit sal jou ‘n goeie aanduiding gee oor waar jy staan met betrekking tot jou genetika. As die meerderheid maer is, eet jy verkeerd. As hulle dikkerig is, moet jy harder werk🙂

2) Daar is ‘n nou verband tussen vetsug in kinders en te min slaap snags. Laat jou kinders/babas/tieners lank slaap snaaks. Vroeg bed toe met hulle. Behalwe dat dit tot vetsug lei, het die brein slaap nodig. Dit het te doen met die afskeiding van metaboliese hormone. Vetsug in kinders hou ook nou verband met diabetes tipe 2.

3) Dit blyk dat gene wel betrokke is soos genoem het bo, een is die FTO-geen. Maar werk in die area is nog baie nuut.

4) Dit is nie waar dat ons vet is omdat ons ryker is en dit beter gaan met die wereld nie, baie arm mense is ook vet. Dit het te doen met wat ons eet, wanneer en hoe. Inteendeel van die armste mense is vet, omdat die goedkoopste kos, van die grootste gemors is, soos blokke margarien ect.

Later meer oor mikro- en makro nutriente. En oi vei, moet tog nie selenium-pille, koper of chroom drink nie, jy het spoorelemente daarvan nodig. Jy het nie die pil nodig nie! Jy maak iemand ryk en jy lyf ongelukkig.


  1. Sjoe, ‘n baie goeie artikel! Ek het dit baie geniet en sommer baie geleer. Dankie🙂

  2. Plesier Paula, jy kan enige tyd vrae vra sou jy wou. Ek het ook ‘n lys van gereigstreerde kenners waar mens vir hulp kan aanklop, sou jy of jou kinders spesifiekte probleme he. En dan is daar inligtingsentrums wat gratis navrae hanteer (ek dink ek het al oral by julle eiers gele, so epos my gerus)

  3. Naandse Rosalindfranklin

    Trap jy ons uit of raas jy maar van nature so?😕

    Baie dankie vir ‘n goeie artikel, sal dit bietjie in gedagte hou in die vervolg, veral as die oumense begin met hulle pille en rate.😆

    Groete

  4. White Knight,🙂 nee ek probeer my punt maak. jy weet dit maak my seer as ek sien hoe mense hulle geld mors, omdat daar mense sit in ‘n bedryf (toonbank-nutrition) waarin hul daagliks lieg sonder om daaroor te dink.

  5. Hallo rosalindfranklin. Alhoewel ek nie kennis dra van die wetenskaplike goed nie, werk my oë baie goed. As die bottels vol muti gewerk het, sou vet mense nie bestaan het nie. Sou daar nie so baie pille gewees het om van te kies nie. Ek het my eie, dalk verwronge, teorie rakende oorgewig mense. Emma

  6. Sjoe! Hier word ek nou uitgetrap oor die bottels en bottels verslankings pille wat oral in my huis rond lê! Want elke bottel belowe jou die son, maan en pragtige lyfie op die strand!!!😆 Dadelik ruk ek my beursie oop!:mrgreen:

    Jy het nou ‘n lekker onderwerp begin en ons is vele vroue wat meer van hierdie onderwerp wil leer! Komaan Rosie help ons om hierdie lywe reg te kry vir die somer! Dankie ek sal dit baie waardeer! hie hie

  7. Dit is waardevolle inligting hierdie Rosa. Ek kom nou op ‘n ouderdom waar ek sal moet aandag gee aan die saak.😉 Sien uit daarna om hier by jou meer te leer oor die onderwerp.

    Wipneus dis nie net vrouens wat die lywe moet regkry nie.😆

  8. Andrew

    Hi Rosaland,

    We often hear the term ‘clinical studies’ being used in commercials. Is this to be considered legitimate scientific research?

  9. Dis so waar wat jy se. Daar is nie ‘n quick fix nie en dis ‘n hele lewensstyl verandering.
    Ek het ‘n vriendin wat op Universiteit die leanor herbal druppels so gebruik het (nie dat sy dit nodig gehad het nie). Sy het dit baie langer gebruik as wat mens veronderstel is en op die ou einde het sy ernstige hartprobleme opgetel. Haar rustende pols het by die 200 gedraai party aande as ons rustig sit en TV kyk. Sy moes op die ou einde ‘n hartoperasie kry en dit agv simpel dieetmiddels! Ek bly weg van al daai gemors af, dis gif! Eet wanneer jy honger is en eet gesond. Wees aktief!!!

  10. Baie interessant. Dit is eintlik nogal scary dat daar nie strenger wetgewing is oor sg. aanvullings nie nê?

  11. Ja, dis sommer foefies. Nadat jy met groot hoop die botteltjie wondergoed gekoop het en die pamfletjie oopvou, sien jy hulle beveel ‘n dieet aan wat net uit blare en wortels bestaan. So, die pille gaan NIE werk nie, tensy jy die hongerly dieet ook volg nie! Go figure! 😆

  12. Ek het omtrent 8 jaar terug baie gewig verloor (± 25kg) terwyl ek Bio-Slim gebruik het. Maar ek besef nou dat dit nie die wonderlike pilletjies was nie, dit was die gesond eet! Ek het dit vir so twee maande gebruik, en daarvandaan net reg geëet en oor ‘n lang tydperk die gewig afgeskud. Hoe op aarde dit weer teruggekruip het, weet die vet alleen!:mrgreen:😆

    Ek weet alles wat jy sê is waar, ek moet net weer selfdissipline toepas en gereeld en reg eet. Wil jy nie asb gaan loer na hierdie dieet http://die-werf.co.za/?p=1301 en vir my jou mening daaroor gee nie? Dankie, Rosie!😉

  13. Andrew: In ads? All lies (maybe just in-vitro testing which is not a proper clinical study.) proper medicine S3 and upwards may not be advertised. Just try and email them and ask for: the dubble blind placo study, that was published in a peer review journal. You will never receive it.)

    Die medikasie wat ‘n dokter voorskryf S3 en hoer is almal klinies getoets. (selfs S1 en S2) Evidence based medicinice goes throught several phases and are subject to the most stringent evaluations under the sun. To develep a medicine takes about 10-20 years and costs $1,2 billion.

    That is why I take them (evidence bases medicine) and will never, ever put any “natural product”, health shop products, homeopathic crap, alternative medicine so-called supplements ect in my mouth!!! The DON’t go through clinical testing. So what is in them?

    Could we horse sh-t. Or toxic herbs, which it is in many cases that damages my liver and kidneys.

  14. Emma; Daai industrie teer ongelukkig op mense se nood en soms hul depressie en gee nie ‘n duit om nie.

    Dellie: Kyk ek is nie ‘n voedingskundige nie, maar dit lyk soos een van daai proteien diete met die koffie by sodat jou wiele kan spin. Ek persoonlik sal nooit, ooit so dieet volg nie.

    Wippie: Ai jong ek trap jou nie uit nie, ek wil probeer keer dat jy jou geld mors op nonsens. Ek gaan vir jou nou ‘n geheim vertel oor hoe jy ‘n hele paar kilos kan afskud in 3 maande okay?
    As jy Rosalind se trip volg, waarborg ek jou sal gewig verloor. Maar as jou kroek verval my waarborg. Kapish?
    Tip vir Wippie: “Drink vir 3 maande GEEN drank nie, niks. Nie nagmaalwyn nie en nie whiskey en water nie. Niks. En die vet sal wegrol.”

    Flippie: Sal weer wenke gee, vir die mans ook. Dit is makliker vir mans om spiere te bou.

    Kaalvoete: So waar wat jy praat, dankie vir jou inset. Rustende pols van 200, as sy ouer was kon sy aan ‘n hartaanval gesterf het. Daai middels is gif, ek wens iemand wil dit verban. Maar ons SA-ners vat moes nooit iemand hof toe nie.

    Carina” Baie scary, en ons ministers het gworry oor rook! Dit moet die laaste op die agenda wees Die goed is baie gevaarliker. En geveg om nie MIV te behandel nie.

    Boendoe: Presies en tog koop nie mense dit. Ek verstaan dit nie.

  15. Hier kom agterossie ook ingehardloop…. Heehaa, wel ek het in die laaste 4 maande 11kg verloor. NIE deur enige pille, shakes, strope of niks nie. Eenvoudig, ek eet soos altyd, (ek is ingestel op gesonde kos), en drink baaaie water, want dit is bitter warm hier. Verder is dit goeie ou oefening, niks van gym, en rondhol soos ‘n springhaas nie. Ek doen eenvoudig my huiswerk self. Was wasgoed en hang dit op, stofsuig, vee, stryk, maak beddens op ens… Natuurlik het ‘n goeie dosis stres ook iets daarmee te doen, maar dis eenvoudig die vet van na my swangerskappe wat ek nou afgeskud het. En ek is nie bietjie trots op myself nie!!!

  16. Ons kyk noudie aand ‘n DVD oor die gebeure rondom die Laingsburg vloed, en wat geweldig uitgestaan het, was dat daar byna geen maar geen oorgewig mense te sien was nie.

    Almal was lenig en het gesond gelyk.

    Neem vandag ‘n videokamera en gaan neem iewers in ‘n straat af, en vergelyk die persentasie oorgewig mense met die wat jare terug sigbaar was!

    Die onveilige kitslewe wat ons deesdae lei, veroorsaak dat ons sommer uitsit van ‘n jong ouderdom, en vet doodgaan.

    En hoeveel voedingswaarde het vandag se voedsel teenoor 20 jaar terug se voedsel? Dan kom neuk GM ook nog tussen-in.

    Jong, ek sluk maar my ou aanvullertjies getrou, bordkryt is darem te arrig. Yuk. En netnou pass ek op die hogere ouderdom uit daarvan. Onthou jy dan nie hoe daar vertel is, as jy wil uitpass, sit bordkryt onder jou tong, nie! Ek sal so nervous wees met die sluk slag, die ding sal net so loop dwars draai en van my ‘n kostelikheid maak!

  17. Pikkie: Dit is nou maar waar, swangerskap maak vroue vetter en die rede is evolusioner en sodat die kind ‘n groter kans het om te oorleef.

    Ons babas glo dit as jy wil het tot nie lank gelede nie, tot op 4/5 jaar aan hulle ma’s gedrink. Die ma moet baie energie (vet-reserwes) he om aan dit te voldoen.
    Eerstes kry dit kind so immuniteit van die ma, ‘n kind onder 5 se immuunstelsel is nog baie swak, hy kry addisionele kos in ‘n omgewing waar dit swaar gaan, waar groep rondtrek en dit verseker sy oorlewing.
    Want terwyl die ma hom soog, raak sy nie sommer weer swanger nie en daar is nie ‘n ander baba in die pad wat sy kanse verminder nie.

    Maar selfs lank daarna het kinders nog lank gedrink, paar honderd jaar terug.

    Maar die ma het daai ekstra vet nodig. Vandag het die prentjie verander, maar ons het nog nie aangepas nie. Nouja, einde van my lang storie.

    GELUK!!! jy sal die 11 kg nie optel nie want jy het dit op die regte manier afgeskud.🙂

  18. Skoor: issie waar dat mens van bordkryt uitpass nie,🙂 ek onthou daai ene baie goed. ek sal dit ook nie eet nie, ek eet liewer kaas.

    Ek is pro-GM foods. Want ons eet dit al vir honderde en duisende jare, mense weet dit net nie. Ons het 10 000 jaar gelede toe landbou begin het die eerste GM geskep: koring soos ons dit nou ken. twee tipes kultivars in een.

    Al die vrugte en groente op die mark die afgelope 100 jaar is gekruisteel, dus niks anders as goeie gene-uitruil nie.

    GM foods: beteken om hulle weerstandig teen peste te maak en teen droogte. dit gaan die wereld red teen oorlog oor kos. want daai oorlog kom. en die oorlog oor water. nog in ons leeftyd en daai oorlog gaan in afrika en suid-oos asie begin.

    ons moet soveel per hektaar kry as wat ons kan. binnekort is ons 7 miljard. tensy nog ‘n siekte ons met die helfte verminder, is dit ons enigste keuse.

    hoekom mense bang is vir GM foods is weens oningeligte agendas van sg alternatiewes wat ryk word uit groente wat hulle ten duurste verkoop wat net so min natuurlik is as ‘n pruik.

    vandag se kos het baie meer voedingswaarde in as 100 jaar gelede. elke liewe brood in elke liewe winkel is van GM-koring (al se dit geen GM nie). daar is nie meer so iets soos koring wat nie gemodifiseer is nie.

    maar dalk post ek later iets daaroor..;)

  19. Jy moet eerder pro-organic raak en erdwurms begin boer. 🙂

    Dit stoot yields op, en is baie natuurliker as al die sogenaamde ‘veilige’ produkte wat gespuit word op vrugte en groente.

    Kort-kort is daar fly-by-night companies wat ewe skielik organiese voedingstowwe verkoop met moerse mooi resultate. Jy betaal maar want die uitputting plaas stres op jou gewas, en jy wil so graag optimale dra-krag he. En kunsmus is duuuuur.

    More, oormore bestaan daai company nie meer nie, en sy bleddie beloftes is saam met hom ‘poefff’ die ewigheid in.

    Daai GM goete se dra-krag sal net optimum bereik met chemiese bemesting, en te veel vingers is in daai paai om organies te preek, en daardie miljarde te verloor.

    En wat maak dit aan die grond waaruit jy volgende jaar weer wil oes? ‘n Demitse klipharde kors vol chemiese neerslag.

    Teel erdwurms, dan gee jy die beste saad uit, en dan sal jy sien hoe lekker eet ons. ‘n Gesonde plant is anyway minder vatbaar vir siektes, en gesonde grond huisves ‘n gesonde plant.

    Sjoe, klink soos gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees!

  20. Krista

    “Hoodia” werk nie vir ons nie . . . want ons is nie Boesmans nie! Bwhaaaaaahahahahaha!

  21. “binnekort is ons 7 biljard.” Sjoe Rosa jy bedoel seker 7 miljard (7 duisend miljoen).

    Voor ons die voedsel oorloe beleef gaan ons seker die energie oorloe beleef.😦

    Vandag gesien hulle maak nou lasertegnologie waarmee hulle beendigtheidstoetse kan doen wat nie net alleen na die kalsium kyk nie, maar ook die matriks wat die been materiaal vashou.

    Ook vandag geleer dat die boustene van DNA feitlik die stabielste organiese molekules is wat daar is. Baie interessant.

  22. krista:🙂 en ons hardloop ook nie!

    flippie: dankie ja het dit reggemaak het aan billion gedink en toe biljard geskryf.

    Dit is ongelooflik wat hulle kan doen met beendigtheidstoetse en dies meer en die behandelings met middels soos fosadvance is ongelooflik. ek het al toetse gesien van iemand wat jaarliks been verloor het en nou been bou!

    Ek dink die wateroorlog en kosoorlog is nader as wat ons dink.

  23. Daai tyd van die jaar – dieet seisoen. Boude moet kleiner, pens moet weg en o, daai bo arms moet styf en vol spiere wees. Vir jare het ek gedink dit is maar normaal om die tyd van die jaar te wil maer wees – nou weet ek, die geheim is om die hele jaar so te voel.

    My wegspringplek was ‘n reuse 128kg. Baie van my. Die geheim, verander jou leefstyl nie jou dieet nie. Gebruik jou lyf om dinge mee te doen – gooi weg die remotes, stap deur jou tuin en pluk onkruid uit, gebruik die trappe en skerp jou sekslewe op.

    Daar is geen beter oefening as seks nie – vir albei. Dit is lekker, laat jou goed voel en die kilogramme smelt weg. Na seks word daar nie in die yskas ingevaar nie, maar vars vrugte word saam saam geeët, wat dalk lei tot ‘n volgende ronde. Nog koligramme af.

    Julle verhouding word ook sommer sterker en beter en daai ou vergange gevoelens van verliefdheid kom mettertyd weer terug. Albei wen.

    So vergeet van gym, kits diete en allerhande aparte wat net die huis volstaan en seks daai pense weg. Glo my, dit werk. Ek is nou 92 kg, ferm en erg gelukkig.

  24. Daar hoor julle wat Karl se!🙂🙂🙂
    wikkel daai boude weg

  25. Dankie vir die inskrywing. Ek sukkel om gewig op te tel. 60 kg vir die afgelope 8 jaar al. Moet sê dat ek vrek oor suiwel produkte. Vermy enige kosse met een of ander vitamin byvoegsel. Ek glo dat mens moet net goeie eet gewoontes hê en kyk wat jy eet.

  26. Rustig jy dink reg oor die saak. As jy wil optel, eet nog ‘n maaltyd per dag en kry vir jou ‘n proteien shake (of van die drankies wat kan instaan as ‘n meal substitute) by die apteek.

  27. Blixer

    Hallo Rosalind, weereens ‘n wonderlike stuk! Belangrik ook om te noem is dat die simpatomimetika wat gebruik word as eetlusdempers eintlik die basale metabolisme verhoog- kortstondig- aanvanklik, waarna die ‘metabolisme’ weer na normale vlakke terug keer agv die opgradering van die reseptore. Indien jy dan die middel sou staak sal jou metabolisme nog stadiger wees as wat dit was voordat jy begin het met die pille en/of strope. Dit is die rede hoekom die meeste mense meer gewig optel na dieete as wat hulle verloor het. Die enigste manier om gewig te verloor is as jou inname in kilojoules minder is as jou verbranding.

  28. Ek is iemand wat al alle pille en dinge probeer het om gewig te verloor. Niks wou werk nie. Nou eet ek net minder en meer gereeld en skielik verloor ek bietjies-bietjies😉 what gives?!😆

  29. Blixer: dankie vir jou inset!

    Cebella, jy is nou op die regte pad.

  30. Ek drink my USN pille as ek gaan duik. Dan is die water darem nie so erg koud nie…

  31. Zee

    Ek wil maer wees!!!

    Ek probeer baie hard om soos cebella te eet maar kry dit nie reg nie! Dis net te veel vir my. Maar ek gaan aanhou probeer.

    Kuier jy lekker…

  32. cw

    Ek het die artikel baie interessant gevind en ja al waaroor my gedagtes gaan is ek wat die 15kg wil afskuf wat ek in 8 maande sonder beheer opgetel het. My skilklier is getoets en het hy die skuld gekry en nou met elke bloedtoets bevestig my dokter dat my skildklier nou gestabiliseer is maar nogsteeds sukkel ek om die metabolisme aan die gang te kry. Ek eet reg en ek dink ek hanteer ‘n gesonde leefstyl. Ek oefen minimum 4 dae per week en stap 6 dae van die week en kon net 5kg afskud en ry dit wip plank. As ek self moet oordeel, dan is dit my metabolisme wat stadig is. Ek het my lewe lank ‘n vinnige metabolisme gehad en het my lewe lank 52kg geweeg. Ek weet as die ouderdom intree, weeg jy meer maar is 15kg meer normaal? Ek dink nie so nie want dit het beteken dat ek ‘n hele nuwe klerekas moes aanskaf. Wat kan ek doen om die metabolisme weer aan die gang te kry of is dit dalk die eltroxin wat dit demp?

  33. Worcester

    Ek het die artikel gelees en baie interessant gevind. Ek stem saam met CW, Rosalind gee asb. vir ons raad hoe om die metabolisme aan die gang te kry, hy is soos ‘n kar se battery wat pap geword het.

  34. SJOE!! Ek kan aan 2 mense in my onmiddelike, ag nee wat. My skoonma en skoonsuster is groot. Hul huis dr het vir hul gesê hul moet die helfte minder eet en dubbeld soveel oefen. Arme dr. Van daardie dag af was hy die slegste wat die UOVS nog ooit opgelewer het in skoonma se oë!!! Want volgens haar is dit vir hom maklik om te praat. Maar sy wat ‘n “probleem” het, kan nie sommer net so gewig verloor nie. My skoonsus eet haar eie ete, dan skep sy nog so ‘n blertsie na haar bord leeg is en as haar 3 kinders se left overs verby kom, maak sy dit ook leeg. En die naaste wat sy aan oefen kom is om van haar kantoor af na haar kar te loop.
    Ek is op die oomblik 18 kg swaarder as 7 jaar terug. (voor my man en kinders) Maar ek weet presies hoekom. Ek eet 3 tjoklits in die aand as ek in die bed klim!
    Sommer net so ‘n terloops vragie. Skoonma drink tot 10000 mg vit c ‘n dag. Sy’t my byna onthoof toe ek vir haar sê sy mors haar geld, want sy pp alles uit!! ???

  35. CW: moeilik om te se van 15kg as mens nie weet of jy n man of vrou is, al in jou menopouse is, hoe oud jy is en hoe lank jy is nie. Maar 67 klink nie so baie nie😉 maar dit klink of jy baie gesond leef.
    Tog as dit jou skildklier is, is dit raadsaam om ‘n endokrinoloog te gaan sien van die skildklier is werking is chemies. Dit is wat ek sou doen.

    Worcester: hallo, jong ‘n mens se metabolisme is die chemiese prosesse wat selle gebruik om energie en hitte te vervaardig sodat jy aan die lewe kan bly. dit bou proteiene vir groei en dit maak weefsel reg. ensieme reguleer dit. hoe vinnig/stadig jy dit doen, is eintlik maar net hoe jy is. as sulks kan jy nie ‘n mens se metobolisme regtig verander nie, maar jy kan vet verbrand op twee maniere: hongersnood (wat uiteindelik vreeslike, vreeslike nagevolge het), gekontroleerde hongersnood😉 – ‘n dieet; en oefening.

    Ogies: daai huisdr is reg! ja daai tjoklits…ek ken van.

    jou skoonma kan maksimum, maar eintlik kan mans net 1000, soos in duisend opneem mg vit C opgeneem per dag. vroue veral as hul klein is minder.

    Sy PP dit uit, jy is 100% reg. Sy mors haar geld, laat sy eerder ‘n paar goeie tekkies koop. Jy liggaam kan net soveel opneem en dan is dit klaar. kapish, finish.
    Sy kan bly wees, vitamien C is wateroplosbaar en dus kan jy dit uit PP, van die goed bly sit in jou. toksies.

  36. Dit is baie interressant dankie

  37. Anoniem

    Ek was daai tyd toe ek wou swanger raak, agtergekon ek is insulien weerstandig agv PCOS en endometriose…. hoe dit ookal sy – my gewig klim nou weer aanhoudend. Dr het gesê my insulien is vreeslik hoog, my suiker baie laag, ekmoet alle suiker sny. Terwyl ek dit gedoen het, het ek net slegter gevoel. Gewoonweg begin eet (suiker in my koffie ens) toe voel ek fine, maar my gewig klim en klim, al probeer ek reg eet. Iemand het genoem dat ek ‘n Endokrinoloog gaan sien, enige advies??

  38. Samanta

    Ek stem. Ek het Jare gesukkel met pille en sulke goed. Tot baie baie minder GE eet. Maar dis waar my fout Le. Sukkel met insulien weerstandigheid. Het glucophase gekry en duromine en dit het net mooi niks gehelp nie. Het toe NA n aaklige dokter vir my gese het dat ek soos die boesmans moet maak en net op water Leef vir 3 weke en Dan n dag my trommel duk eet en weer daarna op water gaan n groot skok gekry en besluit dat ek self iets daaran Sal doen en daai dokter n zap gooi lol. Het n personal trainer gekry wat behoorlik my gal werk by die gym en vir my nie n “dieet” gegee het nie maar n gesonde leefstyl. Ek doen dit nou al vir amper 3 weke en is 5kg af. Wat ek ook nie eintlik Mag weet nie “Haha” want ek Mag my nie weeg nie so daar het ek n bietjie gekroek. Gaan die einde van die maand my weeg en vetpersentasie vat. Kan nie wag nie. Het begin op 54% vet. (sjoe baie Erg) en julle ouens ek moet net vir julle se, ek het my duromine en glucophase gelos want ek voel sooooooo goed. My suiker Val en styg nie meer nie en ek het weer energie vir n slag en ek eet nou Sommer 5 keer n dag! Daai boesmans moet maar gaan Le! Ek eet soos n koning en verloor vet!

  39. Annatjie Pretorius

    HI, EKS RAADOP. My dogtertjie van 12 eet bitter min geen soetgoed in die week slegs naweke en dan ook matig maar sy het ‘n vetrol om haar heupe, bene is maer. Is sy Insulien weerstandig en hoe kan ek haar help. Sy is ook nogal besig ry perd , speel hokkie

  40. delilla

    Ai ek lees en lees en lees almal se raad en wonderlike resultate.
    Ek is ‘n ma van 3…. (het so 5 maande terug ophou rook) en is ‘n hele 15kg swaarder as 5 maande gelede.
    Ek probeer maar ai dis moeilik. ek maak gou vroeg oggend ‘n pot mieliepap. ons het nooit tyd gehad vir eet in die oggend nie. nou eet ek saam met die kinders. by die werk het ek kort kort ‘n pepermintjie in die kies. middagete is net ‘n halfuur . . . . jaag gou skooltoe om my jongste te gaan optel, stop by die windel en koop ‘n paar “chicken strips” of “slap Tjips” dis mos makliker. jaag 5 uur huistoe, maak bo-langs huisskoon en begin met die volgende sarsie kos….. macoronie en maalvleis, tuna en macoroni, hotdogs, hamburgers, alles vinnige kos. sondae eet ons lekker kook kos, ek en my middelste sukkel met die vetjies.
    Help tog en gee my raad. ek het kamptig begin stap, maar daar is net dood eenvoudig nie tyd nie, want dan is die kos te laat klaar en die kids kan nie so laat eers eet nie…..
    Ek is moedeloos ….. en nogsteeds rond . . . .

  41. Weet jy dit is waar dat als net geldmaak storie is. Ek het gewig verloor deur rou vrugte en groente saam met vleis te eet. Natuurlike suikers is baaaaaja gesonder as die wat te koop is. Rooibostee en water is die gesondste om te drink. Jou vel lyk jonger,jou vet verbrand homself, so ja dis vir my gesondste manier om gewig te verloor én jy kry nog steeds al die vit. en ander voedingstowwe in v jou liggaaam. Sterkte

    Van Mikki

  42. anoniem

    Halo ek wil net weet as ‘n dokter jou op dieet pil sit om jou te help gewig te verloor en dieet plan saam gee, ,,,, en die dr weeg dit isi goed vir jou nie,,,, kyk dr Oz Van oor see hy hy praat bje van verslankings pille soos sy Raspberry ketones dit is net raspberry nou maaj niks meer sin vir my nie kan jy my antwoord asb op my vraaag!!!!!!!!!

  43. my ouers en voorouers aan moeders kant is baie groot mense as kind was ek baie aktief het n ordentlike bord kos geeet ,maar ek was so maer mense het gedink ek het anaroksia ek is getroud met 2 seuns ek het begin rook vir 17 jaar 7jaar terug gooi ek die sigarette weg en daar tel ek op van 45 tot 120kg ek eet nou n jaar en 3 maande gesond 5 klein etes n dag en ek het al 35 kg afgeval ek eet alles maar ek het my suiker en my slegte vete uitgesny ,eet baie vrugte groente vleis sonder enige dieet pille of shakes dit werk en is boonop gesond o ja en moenie vergeet van baie water nie

  44. Hi ek wil graag gewig verloor my man is nie meer gelikkig met my lyf nie en ek het net 1 kind en ek wil net bietjie verloor ek het gedink om minder te eet of op te hou eet ek eet op die oomblik net brood en warem water met 1 tlp suiker met n bietjie melk 3 maal per dag en gekook te mix veg dis ek is nie meer gelukig met my self nie asb enige iemand help met raad email my Latachakruger8@gmail.com asb.

  1. 1 Verslanking « Eelt

    […] is mos baie onredelik of hoe?   Veral as jy agterkom dat hierdie verslankingsprodukte nie werk nie, en boonop baie sleg is vir jou.  Dis onredelik genoeg om oor kwaad te word!  En dis hoekom die vetaanvaardingsbewings opstaan […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: