Slagterseuns

Ek hou nie van wollerige, fladder-kuns nie. Ek hou van rou, lewende kuns wat emosioneel ‘n denkproses en/of gevoelsproses by my aanwakker. Iets wat ek nie voorheen ervaar het nie, of dan ‘n gevoel wat voortbou op my bestaanslewe.

Ek dink egter ook nie ‘n paar strepe op doek of ‘n bol gesmelte plastiek is kuns nie. Vir my moet dit eintlik voor die bors ruk en tot my sintuie spreek. Eintlik hou ek daarvan as kuns my ontstel. Dit moet my weer wakker ruk.

My gunsteling, lewende, Suid-Afrikaanse kunstenaar is die Kapenaar, Jane Alexander (1959 -). Ek glo nie haar werk is te koop nie, maar haar allerlieflikste installasies is te sien in die Nasionale Gallery in die tuine. Indien dit te koop sou wees, sal ek dit nooit kan bekostig nie.

Kyk mooi na die uitdrukkigs op die dier-mense of is dit mens-diere se gesigte. Dit is nie, neutraal nie, al kom dit aanvanklik so voor.

Sentraal in hierdie boonste een is die figuur wat ploegskare ager hom aansleep, die merke is in die grond te sien. Elkeen kan hiermee maak wat hy wil. Sy gesig is weer vormloos en toegegooi met ‘n doek. Haar figure dra altyd outentieke, outydse klere en skoene.

Maar ek hou nie van kuns van te veel verduidelik word nie. Ek kan nie ophou om vir haar werk te kyk nie, dit bly fassinerend, pragtig, betowerend mooi.

 

Seker haar bekendste werk is The Butcher Boys hier onder, maar die werk is nie so boos soos dit lyk nie. Dit is ongelooflik treffend en groter as lewensgroot. Wanneer ‘n mens voor dit staan spoel ‘n ongelooflike gevoel van jammerte vir die drie oor ‘n mens, simpatie en empatie. Hulle oe is byna smekend… dit is as jy dit regkry om verby die sogenaamde ‘gruwel’ verby te kyk.

Loop jy om hulle sien jy tot jou skok, hulle rugwerwels steek horing-agtig uit. Seer, vermink. En monde, wat nie kan praat nie. Die werk is aangrypend. Hulle sit saam, maar elk is ook op sy eie.

 

The Butcher Boys – Jane Alexander

 

Die boonstes staan almal staan saam bekend as: African Adventure (behalwe die Butcher Boys) en is afgelaai by http://www.universes-in-universe.de/english.htm en www.arthhrob.co.za


  1. ICE

    Wow!

    Dit is treffende kuns!

    Ek sien dat die 3 met die pakke aan, op “Springstof (explosives) bokse staan.

    Dis die eerste keer dat ek Jane Alexander se kuns teë kom, haar kuns is beslis meer as besonders.

    Thanx Rosa!

  2. ICE

    Ek sien dat daar baie sekels en pangas in die kuns werk is.

    Is dit veronderstel om iets te simboliseer? Plaas werk implemente of wapens?

  3. Ek het so ‘n jaar of wat gelede saam met skoonma en manlief na die Iziko Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad gegaan en die einste Butcher Boys etc raak geloop. Ek het my dinges los geskrik toe ek omdraai en hier sit die drie manne gehoring op ‘n ry!

  4. Ek’t dit nog nooit gesien nie, dis die eerste keer. Ek wil bietjie na die link gaan kyk, maar ek moet erken dis vir my te ontstellend om mooi te wees. Nice om in ‘n gallery/museum na te kyk, maar nie vir koop nie… Maar dit IS uniek en anders… Baie interessant!

  5. Ek dink ook haar werke is iets om te sien. Dis werklik uniek en mens kan soveel daarin lees. Die Butcher boys is aanvanklik scary,maar as mens lank genoeg daarna ky sien ek dit ook nogal soos jy beskryf het.

  6. Andrew

    Hi Rosland,

    I’m posting this here as I received an error when I tried to post it under “Dieoujongnooi”.

    ———

    “Eendag as ek dood is sal julle of jul kinders op Mars kan loop. Ek gaan twee pare van my skoene vir julle nalaat en belowe my julle en/of julle kinders sal op Mars gaan loop in my skoene?”

    Just in case you are not aware of it, you can have your name placed on a DVD and sent to Mars, a comet ect. depending on the mission.

    I participated in (sent my name) the Deep Impact mission with Comet Temple 1 and also this Mars mission: http://spacekids.hq.nasa.gov/2003/home.htm

    Here is a photograph of the DVD, it is the small pinkish oval object in the middle far right on the lander. http://spacekids.hq.nasa.gov/2003/empty_nest.jpg

    Keep your eyes peeled for the next one.

  7. Ice: Dit is inderdaad mooi, bly jy geniet dit. As jy ooit in Kaapstad kom, haar werk is hier in die Nasionale Galery in die Kompanjie Tuine. Ek dink die sekels en pangas is nie werktuie nie, maar simbole van oorlog en pyn (maar dit is my leke-opinie).

    Cebella: Ek dink mens skrik eers, maar as jy mooi na die Butcher Boys kyk sal jy sien hulle is hartseer.

    Pikke: die link is nou reggemaak, jammer ek sien hy was vroeer nie reg nie. As ek kon sou ek dit koop.

    Kaalvoet; Vir my is die butcher boys baie soos wat ons na sogenaamde “monsters tussen ons kyk”. Op sigwaarde is hulle dalk vol gebreke, maar eintlik is hulle nie. Dit is vooroordele en vrese wat ons oordeel beinvloed.

  8. Hier val ek nou ver uit die bus, ek het niks van die kuns geweet nie. Baie interessant!

  9. ICE

    Sal beslis nie hierdie jaar in die Kaap wees nie. Miskien kom sy eendag Ukay toe…😉

    Stem saam Rosa, ek dink ook die pangas het iets met tradisionele wapens/oorlog te doen.

    Snaaks genoeg, die PangaMan van Pretoria in die begin 60’s “springs to mind”…

  10. Sjoe, great post, dankie.

  11. Ai, waar’s my dae!

    Ek was jonk en verlief toe ons eendag in die 90’s, die Kaap met al sy fasette aandurf.

    En so land ons in die kunsmuseum. Dit was die jaar toe hierdie virgin siel aan kuns en kultuur blootgestel is. Skoolkonserte en koortoere opsy, die KKNK met sy hartklop soos ‘n wilde hoer s’n was pas agter die rug, en ons wou meer he.

    Die ingang had ‘n swart bord voor. Jy kon links of regs-om. En die ingangsaal was donker.

    Ons wals om die hoek, en hier sit die drie gedroggies in ‘n ry, belig met ‘n vaal straal. Ek het byna ‘n nat straal gelos.

    So as ek aan Jane Alexander dink, is dit eerstens die ‘Butcher Boys’ wat uitpop uit my kop, en dan die ‘aikona!’ daaragter.

    Ek sit eerder my dag om voor James Ford in daai einste museum. Om kort-kort in ongeloof op te vlieg as ek iets nuuts raaksien, en my kop te skud oor die man se waarnemingsvermoens en bitter mooi manier van ‘n tydperk oordra op een doek.

    Maar Jane se bobbejane en oe friek my te veel uit.

    Is dit weer op uitstalling, of het jy dit ook ‘n tyd terug daar aangetref?? Wanneer laas is die uitstallings vervang? Ek raak so ontsteld as dieselfde twak vir my van die mure grynslag as ek so smag na iets nuuts. Nou gaan ons maar minder gereeld.

    Maar daai Nasionale Museum aan die ander kant van die paadjie, daai plek kan mense my in toesluit. Van baksteenhoogte kind is dit vir my ‘n towerwereld. Van die hordes voeltjies in die versamelnes, tot die dino’s in die swak verligte kamers.

    Ek dwaal af…

  12. Wippie: die bus het gestop en jy het opgeklim.

    Ice: As jy ooit in PTA kom, gaan loer in die polisie-museum, daar is iets oor die panga-man🙂
    Iets oor hom: Hy was een van die min mense wat ooit in SA, Tsafendas was ook een, wat tegnies nie verantwoordelike gehou is vir sy dade nie, omdat hy psigiatries verteurd was. Duisende probeer die verweer, maar bitter min kom daarmee weg. Die Panga-man as werklik versteurd wees sifillis.

    Fredells: dankie en dis ‘n plesies.

    Skoor: Ek moet erken ek was lanklaas by die Nasionale Gallery. Die museum met die dino’s van Iziko is tans pragtig, baie nuwe dinge daar. (ai dat mens nou so moet skrik vir kuns🙂

  13. Rosa, ek gaan maar net ‘n voetspoortjie los. 😆 Dis vir my afskuwelik.

  14. Weirdness… Sou dit graag van naby wou beloer om beter te verstaan. Emma.

  15. Hi Emmma en welkom hier!

  16. ICE

    Ken die SAP museum baie goed Rosa. Moes ‘n paar aande daar wag staan toe ek ‘n student in die SAP kollege was.

    Was hy nie tereg gestel nie? Ek verbeel my ek het iewers gelees dat hy ‘n skoonmaker by die Speurtak in Pretoria was…

  17. Sover ek weet was hy ‘n konstabel gewees en het iemand hom toe later vermoor. Maar ek kan verkeerd wees?

  18. Die African Adventure is stunning!En soos jy sê: betowerend.

  19. ICE

    Dis ook moontlik. Sal maar moet gan kyk as ek eeeeendag weer in Pretoria is…

  20. Thanks for the introduction to Jane Alexander. Her work seems very interesting. I love art, watching and enjoying it, terrible at actually doing it, and I agree art should say something. The more in your face, the more electrifying.

  21. Frankie. Dylan Lewis se beelde staan my dorp vol! Dit is asemstelend.

    Maak dat julle bietjie deurkom vir kom kyk.

  22. welcome bluegrassBaobab, I am not artistic as well. You put it well: the more in one’s face the more electrifying.

    skoor: as ek weer in jou dorp kom sal ek loer. dankie




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: