Aarde, sluk my in!

My Ouma se suster, Ous – soos ons haar genoem het, kon nie bestuur nie. Maar sy was die trotste eienaar van ‘n two-tone Holden. Grys onder en wit bo. So ene uit die sestigs.

In die tagtigs het niemand, sulke karre gery nie, het ek geglo.

Ous, wat twee mans oorleef het en die derde een geskei het, omdat “hy agter haar geld aan was”, is in haar eie motor rondgery indien sy dorp toe moes gaan.

My grootste vrees is om in die Holden raakgesien te word. Om naby die Holden te kom. Of selfs, dat dit sou uitlek dat iemand in ons familie, na my mening die allervieslikste kar op die aarde, besit.

Hy het een reuse, lang bank voor gehad? Ek meen watter tipe kar is dit? Soos ‘n bakkie. En dan, het hy ratte langs die stuurwiel gehad. Duh!

En, die ergste van alles, mens kon hom so, bwruuummm hoor aankom, so lae, grommende klank.

As ek hoor my pa trek die Holden uit Ous se garage, dan is ek net weg . . . netnou sien iemand my. Boonop was Ous doof, en sy het altyd kliphard van ander mense gepraat, terwyl die teekoppie op haar reusagtige borste gerus het. Sy was ‘n liewe mens, maar as sy so kliphard “geskinder” het, het ek vir haar part skaamgekry – koppie en soetkoekie al trillend op haar borste.

Maar my vooroordele oor Ous, haar dowe ore, en reuse borste en natuurlik die vieslike Holden het my ingehaal.

Een dag wag ek vir my Pa by die skool. En doer om die draai, kom die Holden stadig nader gekruip. Brrruuummmm…. Met Ous, kiertsregop langs my pa.

Ag nee! Ag kak. Hulle draai sommer by die skool se erf in. Bruuuuum. Al wat ek sien is die een, groot, stupid, bank voor-in.

Grys-en-wit two tone. Sies.

Ek wys vir my pa met my kop diiieeeee kant toe. Ry weg dat ek daar opklim, maar my pa sit soos ‘n mossel agter daai stuurwiel.

Hulle kyk vir my en ek vir hulle. TOET! blaas my pa die toeter vir my. Ek hol nader dat hy net moet ophou, spring in die kar en le so laag ek kan.

Ek is dikbek tot by die huis. Later toe my ma huistoe kom is ek nog vies en sy wil weet wat gaan.

Sy probeer my emosionele snaar: “Jy kan bly wees, ander kinders moet busry,” probeer sy.

Ghmf! Dis nie die punt nie.

My grootste vernedering: My Ouma, se suster, se 1960’s two-tone Holden, as ek in hom moes ry!


  1. Zee

    ๐Ÿ˜† @ Rosie. Ek kan myself net indink, Oupa het ook so iets soortgelyks gehad en ek sรช vir jou, ons het lekker geduck as hy ons kom oplaai het Sondae vir Sondagskool. As hy by die kerk gestop het, moes hy eerste loop, en dan het ons so leapordcrawl uit die kar gemaak๐Ÿ™‚

  2. ICE

    Sal nie nou mind vir so een nie.

    My Pa het ‘n Toyota “Stout” bakkie gery, ‘n nice een, volgens my. My suster wou om die dood toe nie in hom gesien word nie, want dis dan ‘n bakkie!

    As my Pa ons skool toe gevat het moes sy by die hoek afgelaai word. Ek sou alspris lank vat om by die skool uit te klim en my fiets agter af te haal, teen die tyd dat ek klaar is was sy al amper by die hek van die skool, en moedswillig het my Pa dan altyd getoet en vir haar gewaai.

    Eish maar het sy rooi geword!

    Ek kan nie glo sy het nie geleer nie, want elke Maandag oggend was dit dieselle storie….๐Ÿ™‚

  3. Whahahaha hillarious!!
    Toe ek in St 6 was het my ouers besluit om ‘n bakkie te koop vir besigheids doeleindes. Dieselfde storie, ek het geweier om in daardie bakkie te ry. Daar was vreeslike argumente in ons huis oor die storie. Maar ek het geweier. Ek sou my morsdood geskaam het. Ek ry vandag nog nie in ‘n bakkie nie! :mrgreen:

    Rosie mense gaan dink ons is snobs๐Ÿ˜ณ ๐Ÿ˜†

  4. reisiger

    ๐Ÿ˜† Oe, ek kan my hierdie storie net voorstel!! Jy’t darem maar ‘n gawe om ‘n storie te vertel Rosie!!

    “my pa sit soos ‘n mossel agter daai stuurwiel” ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜†

  5. maxie

    ๐Ÿ˜† Nou’t ek lekker gelag, dankie!

  6. Jinne dis snaaks!!!

  7. ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜†

    Nou het ek weer lekker gelag vir jou Rosa!

    My pa moes my soms skool toe vat met die plaas lorrie – so ‘n ou blou Bedford. Die kerk was langs die skool. My pa het baie goed geweet hy laai my AGTER die kerk af met die lorrie. Ek sou tien dode sterf as die ander kinders my in die lorrie sien.

  8. krista

    /me sal haar voortande gee vir ‘n ou spierkragkar met vlamme op die bonnet!๐Ÿ˜€

  9. Nou wil ek net weet, hoe lyk dit as mens soos ‘n mossel agter ‘n stuurwiel sit???๐Ÿ˜†

    Dit was nou ‘n lekkerlag storie!
    EK en my pa deel ‘n voorliefde vir ou karre en hy het eenmaal so grot ou, wit chevy trok gehad! Die “spedometer” was nog in myle gemerk! My ma is natuurlik nie dood daarin gesien nie, maar sy het eenmaal skelm die ding probeer dryf en ek het my vrek gelag! Ek was so vies toe dad die ding laat gaan het!

    Ek gaan nog eendag vir my ‘n Morris of Anglia koop!

    EK kry meer skaam vir mense as vir die kar waarin ek ry of rongery word!

  10. Snaaks! Veral die ‘mossel-pa’! ๐Ÿ˜†

  11. Dankie R.

    Ek het myself nou tonekrul van plesier gelag. En jy het my na my ouma se ou Peugot laat verlang.

    Sy kon ook nie bestuur nie en moes in die moerse ou skip rondge-chaufer word, nes ‘n queen. Ek het haar tydens my Univ-vakansies rondgery en kon as beloning die kar leen om mee te gaan kuier.

    Ek was nie skaam nie, want my skaam was uitgekanseleer deur die wonderlike reuk in die kar. Die kar het soos my Oupa geruik. En hy was lankal dood…

    K ‘-)

  12. Whahaha – baie snaaks!๐Ÿ˜†

  13. Ag jinne … ek kan net daardie verlee gesiggie sien!

  14. Wat ‘n skrywe. Rosa, jy sal dat ek van die stoel afval soos ek lag.๐Ÿ˜†

    Maar ek sal wat wil gee vir so ou motor. Hulle was nog gebou om te hou en het maar net iets anders as die nuwe modelle, baie minder “gadgets” maar so solied.๐Ÿ˜•๐Ÿ˜›

  15. Ja ek sal ook vandag wat wil gee vir so ‘n ou motor, maar youth is wasted on the young, of so iets se die slim mense.

    My ma en pa het my baie laat skaam kry, ai. veral op die strand, ten volle geklee het hulle op die strand onder die sambreel gesit. Wou nooit swem nie. Dan is dit 38 grade op Durban se strand en daar sit my ma en pa opgedress, bliksem dan wil ek sommer die piep vang.

    Mossel? My pa het gesit soos ‘n mossel aan ‘n rots. Beweeg nie. flippen hardkoppig.

    Dankie vir die inloere julle, en vir julle stories se tien dode sterf.

  16. Mmm, ken die gevoel, maar dit was nie my Ouma se suster se kar nie… Baie snaaks Roos. Ek moet se^, my Ouma het ‘n oulike karretjie gery, so dit was nie haar KAR wat my laat skaam kry het as ek saam met haar gery het nie. Dit was eerder haar bestuursvernuf…or lack thereof.

  17. Hie-hie, Rosa, noudat jy praat van opgedress oppi beach… my pa se tweede vrou het dieselle ding gedoen – sykouse, hofskoene, blomborsspeld, the works… oppie beach of langs die swembad!๐Ÿ˜ฏ

  18. BB

    Og ou Rosie, dit is darem nou wragtig nie ‘n mooi kar nie… maar ek hettie issue met karre nie – if it takes me from A to B – I’m in!! Maar ek het in my meisiekind se laerskool jare so ‘n ooooouuuuu Beetle gery – en sy’t plek-plek geroes en sy was regtig al so baie gestamp alom – sy was al amper square – hahaha!! En Monique sou ook dat ek doer onner op die hoek haar aflaai – amper so in die ry al uitgeklim – tog net nie gesien wil word nie๐Ÿ˜€ – shame! ek het haar in my hart sรณ jammer gekry, ek het regtig verstรกรกn. But ja, teen die tyd (sy’s nou al 22) het sy ‘n ou Taz wat sy so into box-shape stamp:mrgreen: (ma se kind).
    Anyways, sy sweer hoog en laag VOOR sy trou en kinders kry, ry sy iets ordentlik๐Ÿ˜†

  19. My ma se sussie moes my eendag by die skool kom haal, gelukkig nie met ‘n ou kar nie!… Maar sy kon nie bestuur nie en het heeltyd – permanent – ongestoord in eerste rat gery!!!! Ek wou ook suutjies wegsink… Genade tog die vernedering!!!!

  20. oe julle praat van swak bestuur, daai is weer my oupa gewees, hy het by die venster gesit en uitkyk en dan dwaal die kar/bakkie sommer sooooo oor die pad.

    In al die jare wat ek saam met hom gery het, het ons net een keer teen ‘n walletjie vasgery, ongelooflik๐Ÿ™‚ en een keer in ‘n ystervarkgat in…

  21. Ons eerste bakkie in 1982 was ‘n bruin-bruin Toyota met sulke home-made traliewerke. (het ek gese hy was bruin?)Ons wilde plaaskinders het daai bakkie gelike, want ons kon agterop staan en aan die traliewerke hang en swaai!

    Ek kan nie regtig se ek was skaam vir ‘n voertuig nie, dit was vir my altyd avontuur. Vandag jag ek sulke ou karre, dit is vir my net te mooi.

    My pa het ‘n hele versameling Holdens, maar die groot Australiese Monaro’s. En hope ander ou bakkies en lorrietjies. Ek ken nie die een soos jou tannie gehad het nie.

    Jou storie het my laat dink aan die Ingilse reeks ‘Keeping up Appearances’ As jy dit nognie gesien het nie, neem dit tog uit – jy sal so lag.

  22. Ek ken die reeks, Keeping up Appearances๐Ÿ™‚

    Tannie Bucket!

  23. Bouquet. It’s Bouquet dear…

  24. “It’s my sister in the country, with a jacuzi and room for a pony…”

    EK love daai reeks!

  25. Die annir helfte van die familie is buckets

  26. Snaaks, ek was weer skaam oor ons huis, en miskien ons klere, maar nooit oor my pa se ou bakkies nie.

  1. 1 Ou kar, hou verby!

    […] die lees van hierdie by Rooskind, skater ek van die lag en toe loop my eie onthou ver terug. Daar was twee keer in my lewe wat ek so […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: