Die oujongnooi

Dit is die lot van die ongetroude vrou om ape die hel in die lei (ape-leader), so is vir honderde jare na ongetroude vroue verwys.  Dit is haar straf omdat sy nie kinders gebaar het nie.

Ek is bevrees ek gaan ‘n hele klomp ape die hel inlei. Ek bestel sommer nou al vir my en die ape piesangbrood.

Hulle sit al en wag vir my, oeps jammer hulle is nie ape (vermis ‘n stert) nie, hulle is groot primate, so hulle gaan nie hel toe nie….

(Die res van die artikel is nie vir sensitiewe lesers nie. Opruiende, liberale, vermoedelik pro-gendergelykheid-standpunte word gemaak)

 

Wanneer steek ‘n meisie die grens van meisie-wees na vrou-wees oor? Wat is ‘n vrou?

oujongmeisie, =s, oujongnoi, =ens, oujongnooi , =ens. Taamlik ouerige, ongetroude meisie.

A spinster (or old maid) is a woman or girl of marriageable age who has been unwilling or unable to marry, therefore has no children. Socially, the term is usually applied only to women who are regarded as beyond the customary age for marriage, and is generally considered an insulting term, more degrading than the term “bachelor” for males. While men can continue to have children into their 70s or 80s, women generally become less and less able to bear children as they get older. So the term “old maid” is only applied to women who are past a child bearing age but have never married. (Wikipedia)

As early as the 14th century, “spinster” was a term for a woman whose occupation was spinning thread to be woven into cloth. In the 19th century it came to denote still-unmarried women of any occupation, many of whom engaged in spinning as a respectable way for them to earn income without leaving their parents’ home. A spinster might hold the legal status of femme sole, escaping the legal doctrine of coverture which meant her earnings were her husband’s. !!!! (WOW!)

Dit blyk dat ‘n man, sommer gou ‘n man kan raak, hier teen 21 jaar, of selfs vroeer wanneer hy in sekere kulture volwasse besnydenis ervaar, of grootmensdinge (geld, seks, sport, motors, politiek ens) met sy pa kan praat. Of dalk nog belangrikriker, wanneer ‘n man op sy eie twee bene kan staan en vir homself kan sorg, sy eie motorpaaiement kan bekostig, en met sy eie geld ‘n trou- en verloofring kan koop.

Hy het ‘n mediese fonds, pensioenfonds, inkomste en so meer.  Betaal ‘n motor en sit ‘n ekstra geldjie weg. Hy is ‘n man. En besluit hy om op 24 of nie dadelik te trou nie een eers sy voete te vind, word dit as wys gesien, baie hubaar, die tipiese alleenloper, ‘n groot vangs en wat nog.

En die vrou? Sy is ‘n paar of een van die volgende: Te moeilik, te lelik, te vet, ‘n feminis, gay, vol nonsens, te koud, seker iets fout met haar, vol fieterjasies, sal op ‘n man se kop sit en stel net in haar beroep belang.

Al is sy heeltemal onafhanklik, of dan afkeurend: die hoof van haar eie huis. En soos die fundamentaliste dit graag stel: teen gesinswaardes. Die stelling is niks anders as ‘n meer subtiele manier van “ape leader’ skree nie.

Maar vroue wat nie trou  en/of kinders het nie, word oor die algemeen nooit as volwaardig vrou gesien nie. Sy bly altyd, die meisie (ek is nie in std. 6 en gekeis nie), nooi (dit is nie 1857 nie) , meisiekind (Huh?), juffrou (sy hou skool) en juffer (klink soos buffer) . En lewer sy ‘n mening of kritiek is is bitter, jaloers, krities teen die samelewing blah-blah.

So asof sy nie vroulike sekshormone, baarmoeder, eierstokke, borste en ander eienskappe sedert puberteit van vrouwees besit nie.  Asof die “deug van die vrou” bestaan uit trou en kinders kry. Verontrustend.

Want wat is werklik ons beeld van die moderne vrou as ons beeld van die ongetroude vrou so verdraai is? Dit is dit steeds wat dit al die jare was en niks het verander nie.

Die ongetroude vrou vs die getroude vrou vs ongetroude man

Die eksperiment in drie rigtings. As ons waarde dan le, soos gemeet in die ongetroude man wat bitter gou sy “wasdom” bereik, en die getroude vrou gemeet aan haar vroulikheid, danksy haar getroude status en/of moederskap. Lewer ek my persoonlike bewyse🙂

Ek kan ‘n lieflike verloof- en trouring bekostig, beskik oor ‘n mediese fonds (waarop ‘n afhanklike is en ek die hooflid), pensioenfonds van my eie, ‘n belegging, ‘n inkomste, ‘n motor en ‘n gevestigde loopbaan. Ek is dus ‘n “hubare jong man” in plaas van ‘n oujongnooi op die rak.

Ek is lankal reeds ‘n vrou. Vir jare al. Ek het gekies om nie kinders te he nie. Ek glo, nie alle vroue beskik oor die vermoe om ‘n kind te versorg nie. Ek is nie een van hulle nie. En ek is so bly dat ek kinderloos is, want ek sal nie ‘n goeie ma wees nie. Maar ek weet dat dit nie ‘n kind is wat my soos ‘n vrou behoort te laat voel nie, ekself voel soos een binne-in my. 

En met ‘n hoof van ‘n huis-dogma (gebore uit ‘n onderdrukkende patriargale gemeenskap wat gerieflikheidshalwe natuurlik behou wil word deur die wat daaruit voordeel trek) is ‘n antieke vorm van wet en orde wat ek nie nodig het nie. Ons het landswette en ek gehoorsaam dit. Ek het ‘n hoof, my eie kop, en gelukkig werk hy redelik goed. Die juridiese stelsel hou my in toom.

Nie ‘n meisie, nie ‘n kind, maar ‘n vrou – ‘n ongetroude, kinderlose een. Ek wil nie ‘n kind he nie, want ek wil my eie lewe leef. Boonop gee dit idee dat iets anders binne my kan groei, wat nie ek is nie, my koue rillings.

(ps. Hoe om nie ‘n koei te melk nie: Ek sien dit help nie om vroue in toom te probeer hou nie, selfs nie al se mrn. aartappelboer dit reguit vir karen void nie, op sy eie konsert. Sy het met haar orkes geveg (wat die hoof van haar huis insluit), haar kind gegryp, geweier om te sing en in haar land rover weggejaag!! Of so iets, sy wou nie luister vir die mans nie, hoor ek, ai-ai, die vroue wat nie onderdanig wil wees nie).


  1. Wow, baie goed gestel. Ek moet sê ek beny soms my ongetroude, kinderlose vriendinne se (klaarblyklike) sorgvrye lewe met vryheid sonder (te veel) perke. Maar ai, as ek so lekker kan lepellê op ‘n koue aand en my kinders hoor lag en gesels, dan weet ek eensklaps hoekom ek ‘n getroude, ma is. Solank jy dit geniet se ek.

  2. maeree

    woo-hoo! preach sister, preach.

    ek het êrens gehoor dat die man se ouderdom meer bydra tot iets soos bv down syndroom as die vrou s’n. weet jy iets daarvan?

  3. Nou laat jy my amper terugverlang… maar nie heeltemal nie. Net een ding wil ek sê, meisies, vrouens en en me’s wat trou net omdat hulle nie allees wil/kan/mag wees nie, maar ‘n moerawiese fout!!! Dit werk selde ooit of amper nooit! Liewers stoksielsalig alleen as met ‘n man wat jou nie kan waardeer nie, en as jy boonop heeltemal goed vir jouself kan sorg, nou ja – hoekom nie????

  4. Maeree: Down’s is ‘n trisonomie-siekte wat beteken daar is drie chromosome iewers in plaas van twee, in die geval van Downs is daar 3 kopiee van chromosoom nr. 21.
    Dit is ‘n ouderdomsverwante siekte aan die vrou se kant, geen verband met mans nie. Al die trisonomie-sindrome hou verband met die vrou se ouderdom (xxx-sindroom, turner-sindroom ect).

    MAAR, die genetiese kwaliteit van mans se sperm neem af met tyd, anders as wat voorheen gedink is die geval is. Hoe ouer hoe minder kan hulle reguit swem en die DNS blyk al meer gefragmenteerd te wees. Dit blyk dat hoe ouer ‘n man is hoe groter die kan is dat achondroplasia kan voorkom. Dit is “verdwerging”.

    Carina: Ja ek dink beide kante het sy vreugdes. Dankie vir jou inset.

  5. Okay

    Soos Rosa is ek ook ongetroud sonder kinders, maar ek gee darem nie regtig om om as ‘n meisie gesien te word nie. Ek kan baie goed vir myself sorg. Ek het niks teen die huwelik nie, maar dink nie dit is vir my nie. Die kinders kan nog gaan, maar ‘n man? I don’t think so.

  6. Pikkie: mmm verlang terug amper🙂 stem saam oor die ander tipe moet-troue.

    Adrie: Meisie? dan dra jy nog ‘n training-bra🙂

  7. Vrou klink so oud!!!!

  8. Ek was nou al aan beide kante van die draad- as sg oujong nooi en nou as getroude vrou. Die samelewing is nogsteeds erg chauvanisties ingestel- ‘n Vrou met ‘n platinum kredietkaart leen seker haar man s’n, haar motor is skere haar man s’n, as sy ‘n huivrou is dan het sy seker ‘n lee koppie! Mans!

  9. Blixer – Ek dog jy is terug, kliek met die vaart van witlig op jou naam en niks…. 😥

  10. Adrie: “ou-ouma” klink oud.

    Blixer: Bly om jou weer te sien🙂
    Jy bewys nou nog ‘n eksperiment hier… Jy wil nie weet wat ek als kry omdat ek die hooflid met ‘n afhanklike is om die mediese fonds nie (kan eintlik pret wees), die ongelooflikste stereotipes pop uit die bokse.. !!!

  11. Pikkelik, hopelik voor die einde van die week!

  12. Newton het gese^ vir elke aksie is daar ‘n gelyke en teenoorgestelde reaksie. Ek hoop net daar is so bietjie demping in die stelsel sodat die reaksie nie nou net so erg as die oorspronklike aksie gaan wees nie. Eintlik hoop ek dat daar ‘n tyd sal kom waar almal op gelyk voet hanteer sal word sonder vooroordele of verwyte. Dink julle dis moontlik?

  13. Flippie: Die naweek seg ek vir my suster se tweeling: “Eendag as ek dood is sal julle of jul kinders op Mars kan loop. Ek gaan twee pare van my skoene vir julle nalaat en belowe my julle en/of julle kinders sal op Mars gaan loop in my skoene?”

    Die twee kinders, hulle is tien jr. het hulle vrek-gelag vir die idee, maar na ‘n gesprek ingestem dit sal moontlik wees vir die gewone mens om ten minste maan te gaan. Hulle het plegtig belowe om “my spore” daar te laat.

    Ek voel so oor gelykheid ook, sal nog baie generasies neem… maar die crux is letterlik die verdeling van mag, soos in politiek. Maar om mag weg te gee is moeilik.

  14. Rosa ek sien baie soos die situasie in ons land. Ek hoop/glo dat daar ‘n tyd sal kom waar dinge reggestel sal wees, maar nes jy dink ek nie dit gaan in my leeftyd plaasvind nie. Nogtans help mens werk tot daardie doelwit.

  15. He he baie goed gestel! Ek is nogal ‘n bedorwe brokkie. Ek en my Teddie het gelyke speelvelde! :mrgreen:
    Ek sit nie op sy kop nie en hy ook nie op myne nie.
    Ek laat nie met my mors omdat ek ‘n vrou is nie, dis so laas jaar!
    Ek kan alles en selfs nog meer doen, as ‘n man! Vat my woord daarvoor ek is ‘n tom boy!!! Julle moet dit sien om dit te beleef!😉

    En mense moet my nie sommer laag vat nie. Ek is finansieël heeltemal onafhanklik! Seker omdat dit my ‘n mate van sekuriteit gee!
    Ughhh ek weet nie waar kom die lelike gewoonte van my vandaan nie. Moet ‘n los skakeltjie in my kop wees😆

    Rosie, dis elkeen se eie keuse of hy dan nou wil trou of nie! Mens moet doen wat jou gelukkig maak. Ons lewe in ‘n verligte eeu, mens moet saam die tyd beweeg:mrgreen:

    Een van my seuns wil ook glad nie kinders hê nie, ek het altyd gedink dis maar net praatjies. Maar hy is dood ernstig. Ek het my lewe gelewe, daarom moet ek hom ook toelaat om sy eie keuses te maak!

    Maar jongie daardie plek in my Teddie se arms is darem baie lekker!! En gelukkig dat hy nog met my uithou, tantrums die works!!!! 😆

  16. Wippie: Jystel dit goed,”beweeg saam met die tyd”. en “lewe jou eie lewe”. Ek smaak jou lelike gewoonte🙂 ek dink ek het ook daai los skakel.

    Flippie: ek is ‘n aktivistiese dromer.

  17. Nou wonder ek waar staan ek dan in die geveg. Wanneer is ‘n man ‘n oujong kêrel?😉

  18. Rustig nee wat ek dink nie dit hoef ‘n “geveg” te wees nie.🙂 ‘n Man is seker maar ‘n oujong kerel as hy soos een voel.

  19. Ek het al min of meer dieselfde as moeder ondervind. Oor die een of ander rede dink sommige mense (gelukkig is hulle in die minderheid) dat ek nie gekwalifiseerd genoeg is om saam ander moeders te praat, bloot omdat ons aangeneem het. Volgens hulle is ek nie ‘n ‘Ma’ in die ware sin van die woord nie. Jy moet self die kind baar om regtig te weet waaroor moederskap gaan.

    Die feit dat ek nie self geboorte geskenk het aan my meisiekind nie, beteken maar net dat my liggaam nie die fisiese wonde van swangerskap gehad het wat moes heel nie. Ek het ‘n moeder geword die oomblik toe ek haar vir die eerste keer in my arms geneem het. Van daardie oomblik was ek, net soos enige ander Mamma, gelaat met ‘n emosionele wond vir die res van my lewe, wat so rou is dat ek vir altyd kwesbaar sal wees.

    Dankie vir ‘n lekker inskrywing.

  20. BB

    Ek is MAL oor vrouens! Ek bedoel, ek is seker die mees misunderstood straight female wat ek ken. Behalwe vir een man in my lewe (en my 2 seuns) feature daar seker ten minste 18 girls op my top 20 favorite people lysie.
    It should be so natural for women to understand and appreciate other women – but NOOOOO, for some reason we don’t. We allow men to get away with almost murder, but another female has to prove herself worthy of our compassion and love in general. Ek verstaan dit seriously nie… Die meeste vrouens loop deur onder die tong en kritiek van guess who?? Die meeste vrouens word seergemaak en verneder deur guess who?? Die meeste vrouens word deur hulle mans verlaat en verneuk vir guess who?? Jip!! Ander vrouens!!
    There is a special kind of hell for women who do not regard other women’s worth – for in every other woman, I see a piece of myself and that which I commit to another woman has always in every way proven itself to be more than her weight in gold. I have yet to meet a woman who does not react positively to a little loving kindness from a fellow female human being…
    My liefie is ook ‘n bachelor (in disguise) wat die keuse gemaak het om nie kinders van sy eie te hê nie – not much unlike you – then he thought he’d have a little fun and chased me around until I caught him😉 – en toe kry hy sommer ‘n spul kinders; at least that allowed him to realize that he really hadn’t wanted kids and was sure he’d made the right choices in life – klink moerawies ingewikkeld en mystifying, but he compromizes amazingly en dit alleen bewys sy totale adoration en commitment vir my and that’s more than I could ever hope for and be deservant of. I’d rather have a staunch non-reproducing partner and respectable example thereof for my kids in my life, than a useless husband on paper and an incompetent model for my children.
    Oh stop me! I’m babbling!! (maar jy kry dit darem keer op keer reg, Rosie!😳

  21. Interessante stukkie Rosa, ek weet ook nie. Ek is happy met my lewe soos hy nou is. Content is die mooi Ingelse woord. Die gedagte aan ‘n vrou en kinders maak my angsaanvalle kry… ek voel veels te jonk vir sulke verantwoordelikheid. Ek dink ook ek is bietjie selfsugtig…wat myne is is myne en basta.😆 Eendag as ek groot is……

  22. Fawk hulle wat jou so viessss maak man. Kyk reguit terug vir die wat jou skeef aankyk, en lag harder as die spotters.

  23. Rosa, jy weet ek is baie lief vir jou, ne? 😆

    Ek wil ‘n man he. En kinders. Ek wil iemand he wat my kan help met besluite. As dit op die push kom, wil ek iemand he wat my in die bek kan ruk. ‘n Lewe sonder man en kids, klink vir my…terrible. Eish. Ek is enige feminis se nagmerrie!

    Maar…ek het nie pyne met mense wat NIE soos ek voel nie. 😉

  24. BB

    Ek haat daardie woordjie : feminism. Is there a male equivalent word??? Why not? Hoekom moet ek as female fight vir my reg om dieselfde salaris te verdien vir dieselfde werk, maar die loodgieter, die elektrisien en elke ander man wat ‘n taak vir my verrig charge my niks minder vir sy dienste on account of my gender as my male counterpart😕 Maakie sin nie.
    Ek wip my sommer!!:mrgreen:

  25. Aggg, oukei, BB! 😉 Sien, ek is die hele vroulike spesie se vyand! 😆

  26. Daar is gelukkig ‘n definitiewe maatstaf vir wanneer ‘n seun ‘n man word. Dit is die dag wat hy die toilet vol skuim kan piepie.

  27. BB

    EEEeeeeewwwwwww PZ!!!

  28. Nou wat kan ek sê!

  29. Ekke wil nou nie snaaks wees nie ne, julle mense, maar soggens as ek laatslaap en eintlik al lankal moes gaan piepie het (Pienk Zuit🙂 ) en ek loop al skeef-skeef toilet toe, dan kan ek ook skuim piepie.

    Emil: Nee my aarde jy van alle mense… stom? of is jy versigtig. LOL>

    Boendoe: Ek is ook lief vir jou, jy weet dit ne? En is is helemal okay dat jy ‘n man en kinders het. 200% met my,
    maar my punt is net mense moenie dink ek is nie volwaardig vrou net omdat ek nie dit als het nie, verstaan?

    BB: Jy maak ‘n geldige punt oor feminisme, dit is eintlik iemand wat veg vir gelyke regte. Jy babble nie BB, jy gee lekker input, dankie baie vir jou deel.

    Skoor: Nee ek worry nie meer oor spotters nie. Dit gaan eintlik oor persepsies.

    demoerin: Ek wonder soms hoekom wil party mans meer as een vrou he! hulle moet gek wees! en hordes des hordes kindes. ek hol weg. dink net, almal wil die hele tyd iets van jou he!

    ((Wag ‘n bietjie)): Baie dankie vir jou deel, dit moet so bitter pynlik wees wat jy ervaar. Ek kan nie meer met jou saamstem nie. Jou kind is JOU kind en JY is haar ma. mense is wreed, ek verpes dit.

    Rustig: Welkom die eerste oujongkerel wat ‘n draai kom maak😉 in die gesprek. Nee ek dink jy is eers een na 40, of so iets.

  30. Rosalindfranklin

    Dis al klaar ‘n hele opstel om net jou naam te skryf.😉

    Ek dink dat jy is eers mens, dan is jy man of vrou. Die meeste mense se idees is juis deur ander mense uitgedink en verdraai deur die eeue om sekere standpunte af te forseer op die onderdane en volgelinge.

    As ‘n vrou / man graag wil kinders groot maak maar die natuur besluit anders? Dis mos glad nie verskillend van die wat self besluit om dit nie te doen nie. Ek weet daar is by die een ‘n behoefte en die ander nie, maar die persepsie van mense bly in albei gevalle dieselfde.

    Nee wat, solank elke een met hom / haar eie keuses kan saamleef het ek vrede met die res.

  31. Wag-‘n-Bietjie – dis dwase wat dink soos wat jy beskryf – onthou jy wat ek eendag vir jou geskryf het? – jou kind is uit jou hart gebore. Ek glo dat jy meer moederlike instink in jou pinkie het as wat ek in my hele samestelling het. Ek is ook een van die mense wat nie ma-erig is nie, al is ek baie lief vir my kinders.

    Rooskind – min woorde vir jou – ek sou vir jou ‘n standbeeld wou oprig.🙂

  32. Ek wil nou ‘n klip in die bos gooi. Rosa vergewe my.🙂

    Hoe weet mens wanneer jy nog jonk is en besluit dat jy nie wil kinders he^ nie of jy nog so gaan voel wanneer dit eendag te laat is om kinders te he^? Maw, gaan jy nie jouself dalk verwyt as jy eendag oud is en nie kinders het nie?

  33. (((Sonkind)))

    Flippiefanus, dit wat jy hier noem het met my stief-skoonma en skoonsus gebeur. My skoonma is amper dertig jaar gelede met my skoonpa getroud, na sy drie seuns wou hy nie nog kinders hê nie en dit was toe vir haar nie belangrik nie. My skoonsus wou weer nooit kinders hê nie, sy het geglo sy sal nie ‘n goeie ma wees nie, vergeet van die feit dat haar honnekinners soos konings behandel word. Albei is vandag spyt oor die keuse wat hulle in hul jeug gemaak het. Miskien gaan hulle seer en verlange dalk nie net oor die feit dat ‘n kind ‘n uitbreiding van jouself is nie, maar eerder oor hul vrees vir eensaamheid…

    Rosa’tjie, het aan jou gedink toe ek vanoggend hierdie via epos ontvang:

    Woman has ‘man’ in it,
    Mrs. has ‘Mr.’ in it,
    Female has ‘male’ in it,
    She has ‘he’ in it,
    Madam has ‘Adam’ in it.

    Ever notice how all of women’s problems start with MEN ?

    MENstrual cramps
    MENtal breakdown
    MENopause
    GUYnecologist
    and when we have realtrouble, it’s a HISterectomy .

  34. Wag-‘n-bietjie, jy’t vergeet van eMANcipation.😀

  35. White Knight: Natuurlik is menswees eerste, maar ek het die element van vrouwees as deel van menswees hier bespreek. Dit is erg as mense wil kinders he en hulle kan om een of ander rede nie. En ek stem met jou saam dat mense in vrede moet kan leef met ander en hulself, maar verbasend dink almal nie so nie.

    Sonkind: Ek laaik jou nuwe hoed! Is cool! Ehheh, ‘n standbeeld…

    Flippie: Ek weet nie hoe weet ander mense dit nie. Maar ek weet dit. Ek word 36 vanjaar en ek sal nie kinders he nie/ek is ook nie meer biologies instaat daartoe nie.
    Maar ek kan nie vir ander mense praat nie. My besluit is diep-diep uit my “gut” uit, dit was nie eens ‘n besluit nie, dit is ‘n oordonderende gevoel wat NEEE skree (maar dit tel net vir my, ek lief my suster se kinders).

    Maar ek dink mens moet of die een of die ander kies en dan daarmee leef. Ek dink dis vreeslik om met spyt te leef, dit vreet jou lewe op.

    Wag’nbietjie: Ek is so bly jy kuier weer saam met ons, dit kan ek vir jou se!!

  36. Andrew

    Hi Rosland,

    I loved your article and am with you 100%.

    Just in case you are not aware of it, you can have your name placed on a DVD and sent to Mars, a comet ect. depending on the mission.

    I participated (sent my name) in the Deep Impact mission with Comet Temple 1 and also this MARS project: http://spacekids.hq.nasa.gov/2003/home.htm

    Here is a photograph of the DVD, it is the small pinkish oval object in the middle far right on the lander. http://spacekids.hq.nasa.gov/2003/empty_nest.jpg

    Keep your eyes peeled for the next one.

    (We were born too soon. :-))

  37. Hallo Andrew, glad to see you here, if 2 or more links are in a comment it goes to spam.

    Yes there are various send your name projects, it is nice😉

    Sometimes I think too soon, other times too late, its weird.

  38. Louwie

    Ek dink androgenisiteit is die enigste oplossing vir die gender war. Of ons daar kom deur evolusie of genetiese manipulasie is om’t ewe. Dink net daaraan, almal is eenders, seks is vir ewig uit ons lewens en kinders word in die lab gekweek en gemaak soos ons hulle wil hê!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: