Die Wolf en die Woef

Ek is nie bekend daarvoor dat ek van groepe mense hou nie en toe ek so paar jaar gelede van die ‘groep’ kon ontsnap in Washington, is ek reguit (en alleen) na die National Geographic-museum.

Ek was verheug om te sien hulle het ‘n hele uitstalling (dit word gereeld vervang) net oor honde en hulle voorsate die Asiese wolf.

Die ongelooflikste oomblik van liefde en vertroeteling was daar vasgevang in rots. Die versteende fossiele van ‘n vrou en haar hond. Net so presies bewaar. Die hond is saam met haar begrawe, duisende jare gelede en hulle is saam deur paleontoloe in een groot stuk uitgehaal. Haar arms was om die hond gevou, in liefde.

 Ek kan nie meer onthou hoe, waar en wanneer, hulle uitgegrawe is nie. Maar dit is tans die oudste fossiel-bewys van wat navorsers “co-habitation” met honde noem.

Alle honde vandag op aarde, ook die een wat nou hier by my op haar kombersie le, is direkte afstammelinge van die wolf. Teen sowat 14 000 jaar gelede was die prosess van “domestication” al baie goed onderweg, dus was die wolwe al soort van huislike honde. Dit kan sover terug as 20 000 jaar gelede al begin het.

Daar is twee maniere hoe dit kon gebeur het. Die wolwe het op die rand van die jagter-versamelaars se groepies gewoon en stelselmatig al nader gekom, agter die oorskietkos en rommelhope aan, tot hul al makker was, of die mense het die kleintjies geneem en natuurlike seleksie het voorkeur verleen aan die wat die beste kon bedel en aanpas by die mense. Hoe dit ookal sy, die diere het die eienskap geeerf van vleiseters wat in die teenwoordigheid van mense kon eet. Vandag is hul omnivore.

Honde is nou so mak hulle kan nie sonder die teenwoordigheid van mense oorleef nie. Van hulle kry swaar buite die huis. Hulle kry hartsiektes, kanker, epilepsie, allergies en katerakke. 350 siektes in totaal.

Hulle het 39 pare chromosome en deel 5% van hulle genetiese samestelling met die mens. (Die erg bedreigde Afrika wilde hond is nie die voorsaat van die hond nie, hy het net 4 tone ect)

Tog toon die DNS tussen die wolf en die hond min verskille. Die gene wat vir haarkleur, grootte en dies meer enkodeer is nie so baie nie. Daar is soveel verskillende tipes “breeds” van honde, wat so verskillend lyk. Maar onthou dit is steeds dieselfde spesie Canis familiaris . Hulle is steeds almal honde. Dit dui op klein genetiese variasies en dit gaan baie keer saam met bepaalde siektes.

Honde kommunikeer deur te piepie (so moenie te kwaai wees nie – nou en dan moet hy sy huis merk🙂 ), ook deur liggaamshouding en posisie, gesigsuitdrukkigs, beweging en vokalisering (uithaal van stembande sal ek persoonlik nie doen nie). ‘n Hond moet reuke kry as hy stap, en piepie, eerder as vreeslik baie oefening (behalwe spesifike tipes wat moet hol). Wag maar dat hy ruik en snuffel, hy ruil briewe uit met ander honde uit.

Terug by daardie uitstalling. Mens kon jou neus in ‘n spesiale buis druk, om te ruik hoe sterk ‘n hond ‘n hamtoebroodjie ruik en ook sien wat ‘n hond sien. Dit was nogal oulik.

En ja, honde het emosies, sommer baie.

Help ‘n arm hondjie/katjie  hier, ek doen met ‘n geldjie elke maand, in ‘n debietorder, hoef nie baie te wees nie. Elke bietjie help.

Het julle geweet dat wanneer daar ‘n brand in ‘n plakkerskamp is verbrand van die diere ook? En dit is die DBV wat gaan help.

http://www.spca-ct.co.za/

Foto: www.nationalgeographic.com Robert Clark (foto is nie gedokter, hulle sit/staan regtig so)

Bronne: National Human Genome Institute, National Geographic


  1. maxie

    Sjoe, die uitstalling klink amazing, sou dit so graag wou sien.

    Moet erken: ek is eintlik ‘n katmens maar gek oor alle diere en selfs gediertes. Ons het darem al 2 honde gehad en was/is baie, baie lief vir hulle. Tans het ons ‘n Labrador (hoogs opgelei), love him to bits!

    Dankie vir die verwysing na die DBV. Jy’s reg, elke bietjie help.

  2. Zee

    Ag jinne die Woof is te cute!!

    Ek gee nie geld elke maand nie, maar dit is miskien ietsie om te oorweeg!

    Interessante inskrywing Rosie!

  3. Dis baie interessant! Ek sal egter moet werk aan die piepie kommunikasie ding…

  4. Aag moeder, daar sit my Wollie ook!

  5. Aarde tog, nou probeer my brein ‘n wolf en ‘n miniatuur Doberman Pinscher bymekaar te bring… 😆
    Ek sou ook gladnie omgegee het om daardie uitstalling te sien nie! Thanks Rosie

  6. Baie nice. Ek is baie lief vir honde, seker maar oor ek nie met katte grootgeword het nie. Ek het niks teen ‘n kat nie, maar ek dink hulle is vir mense bedoel wat daarvan hou om ge-ignoreer te word.
    Ek is mal oor wolwe ook! Sulke mooi diere…die Wolf sanctuary in Knysna doen ook baie goeie werk.

  7. HOE kon die wolf uit by die klein honderasse van vandag? Die klein honderasse en ook die meerderheid van die ander rasse is die afgelope 200 jaar geteel, op Pikkie se vraag te beantwoord. Daardie eerste honde was baie soos Afrika-hond wat ons nog vandag sien: Van middelmatige groote, kameelkleur (of spikkel-kolle), stert wat opkrul, lang skerp neus, wat mens baie in townships sien, lank op die been. Vandag is dit sy eie ras: Africanis (en dan is daar ander ouer rasse soos die Saluki, Afgan)

    Die mens die eie ander rasse ingeteel, vandaar die baie siektes.

    Maxie: Ek is gek oor elke liew diertjie🙂

    Zee: Mens hoef nie te gee nie, dit is ‘n persoonlike keuse, ek voel baie keer almal maak gebruik van die DBV en min gee? Dalk is ek verkeerd. Maar ek weet jy lief diere🙂

    Carina: Nie ons honde mag ook nie binne piepie nie, maar soms skielik uit die bloute verskyn daar een, en ek dink dit is terrein merk.

    Eedjie: Myne ook🙂

    Pikkie: Ek wil hom weer sien!

    Kaalvoet: Katmense gaan jou hom haal. Ek is ook nie ‘n katmens nie, maar katte pla my nie. Wolwe in ons eie land. Weird want hulle is nie eie aan Afrika nie. Maar hulle het heeltemal uit Europa verdwyn oor mense.

  8. Ek hou van die “Canis Familiaris”. Hulle ìs mos deel van die “familia”!!!!

  9. ICE

    Ons was so 5 jaar terug by die Highland Wildlife Park in Skotland. Hulle het ‘n 2 hektaar “Wolf Territory” daar, waar mens die wolwe in ‘n soort van natuurlike habitat kan sien.

    Ek haal aan van hulle brosure…

    “Wolves are highly intelligent animals with a complex social structure. Almost all pack members are related and this blood tie makes it profitable for the animals to work co-operatively. Pack size is restricted by the size and abundance of food as well as habitat. A fierce hierarchy exists between pack members and breeding only takes place between the alpha male and alpha female (the highest ranking male and female). Should one of the alpha pair die, chaos ensues in the pack as the original hierarchy breaks down and another evolves.

    Wolves well down the hierarchy will show submissive behaviour to other pack members. This is characterised by a cringing posture with the tail between the legs. A dominant animal will hold its tail high and will not be usurped by any other member of the pack.”

  10. meermin

    Hi jy ek moet bieg ek kry net nie tyd vir al die blogs om te lees nie!

    Jou blog is fantasties!!

  11. Eendjie: ja is deel van die familie, is oulik, het nog nie so gedink nie. Ons praat nie by die huis van die honde nie, ons praat van die kinders🙂

    Ice: baie dankie vir die info. Dit is wonderlik gewees het om die park te besoek, wolwe kom nie meer natuurlik in europa voor nie. hulle probeer hul terugbring, maar die boere kla.

    Ek wens ek kan ‘n regte wolf hoor huil. dit moet pragtig wees. toe ek klein was het ek baie rooi jakkalse in die aand hoor huil. dit is sooo mooi.

    Slim soos jy noem hier, geen diere is nie dom nie, geen dier is nie (maar nie almal dink so nie). Net omdat hul nie “mens taal” kan praat nie. Dis geen maatstaf nie.

    Meermin: Dankie jong.

  12. Nico

    Ek wonder of Fifi op die foto hierbo na die neem van die foto op die wolf se spyskaart was…

  13. Sies Nico sies, hulle het mooi saamgestaan vir die kamera en toe uitgegaan vir koek en tee…

  14. Nico

    Ek wonder net, want Wolfie het daai kyk in sy oge en Fifi lyk bang. Aangesien Fifi ‘n direkte afstammeling is, wonder ek maar, want daar moet mos ‘n soort primal language soos deur gebare of lyftaal dat Wolfie dalk iets aan Fifi gekommunikeer het!:mrgreen:

  15. Rosa, sover ek weet word daai wolwe juis gered vanaf ander lande. Dis juis agv mense wat hulle as troeteldiere aanhou en dan besef dit werk nie.

  16. Ek het ‘n spesiale band met wolwe. Nie die wat op 2 voete rondloop nie.

    Ek wil nog baie graag ‘n wildehond in die wildtuin sien.

  17. Dankie Rosie… As ek nie vra nie, gaan ek nie weet nie… Ek is maar nie te slim met hierdie goete… 😳

  18. Pikkie: Nie te slim nie, moenie dat ek jou vandag oor my skoot trek nie…netnou geniet ons dit!

    Kaalvoet: Watter onnosel mens hou ‘n wolf as ‘n troeteldier aan??? En dan dink ons diere is “dom”. Ek dink ek moet met diere loop werk en mense vermy😉 Mense maak my klaar!

    Adrie: Ek het al wilde honde gesien. Dit is eenvoudig pragtig. Een keer ‘n ma met kleintjies.Ongelukkig is hulle bitter bedreig. probeer dit sien voor dit te laat is.

  19. Rosa

    Ek het hulle darem al in ‘n dieretuin en klein parke gesien, maar ek wil ‘n wilde wildehond sien. Ek wil ook ‘n wilde Reus Gorilla sien (ek dink nie jy kry makkes nie) en daarvoor is dit al amper te laat.

    Sal graag jou opinie wil hoor.

    http://www.toksies.iblog.co.za/2008/10/07/emosies-en-bewaring/

  20. Adrie: Praat jy van die bedreigde spesie: berg-gorilla waarvan daar net 750 oor is.
    Ek dink daar is 3 spesies gorillas, uit die vuis uit: Oostelik, Westelik en Berg. Die berggorilla is die ergste bedreig, maar al 3 spesies is in gevaar. (ek het nou ‘n lang comment by toksies gelos oor die olifante en nou is dit weg…en ek het die 5 nrs/syfers ingevul)

  21. Dis nou baie interessant gewees Rosa. Baie dankie. Jy moet nog bietjie vir ons oor katte ook skryf.

    Nee Kaalvoet. Katte ignoreer mens nie altyd nie. Hulle het net meer “personality”.😉

  22. Flippie, ek sal regtig nie weet nie. EK het nog nooit ‘n kat besit nie. Ek het niks teen katte nie, maar honde is vir my die beste troeteldier. Om ‘n kat te kies is soos ‘n lucky packet…met ‘n hond kan mens darem soortvan ‘n temprament opspoor van die begin af😉

    Rosa, dis in sommige lande makliker om ‘n lisensie te kry om wolwe aan te hou as wat dit is om honde aan te hou. Siek storie as jy my vra. EK werk ook eerder met diere…baie minder hoofpyne!

  23. Rosie en ek sou nou graag wou hoor wat jy sê oor die olifant storie by Adrie!

    Terug na die inskrywing! Volgende keer as Shane sy plek wil merk sal ek nie weer vir hom die Clint Eastwood kyk gee nie.

    Ek stem ‘n hond het baie emosies. Ag en hulle vra net bietjie liefde en aandag, dis so min!

    Ek gee graag vir die DBV ‘n geldjie.

  24. Flippie: Meer personlity! As jy so se;) heheheh oor katte weet ek min. My een hond ignoreer my as ek weg was vir ‘n rukkie. Shame

    Kaalvoet: Dis waar is soos ‘n lucky packet. (mense wat nie-huishoudelike diere aanhou nie siek. punt)

    Wippie: Is waar wat jy se. Ek sal weer gaan probeer daar by die olifante.

  25. Ek is weer ‘n kat-mens … miskien omdat hulle minder aandag verg😉

    Daarmee bedoel ek nie ek hou nie van honde nie. Ek het ‘n geweldige liefde vir St Bernard’s en Dobermanne.

  26. BB

    My baba se naam is Blue – hy’s ‘n bullterrier, maar hy dink hy is ‘n poodle. (ek wil hom nie ontstel nie, so ek maak maar of ek hom glo).😉

  27. Honde het ongelooflik baie persoonlikheid, as ek maar net na my 2 kyk. Die een is die liefde self en wil jou net please en nice wees die hele tyd. Die ander een weer kan so beneuk raak dat jy hom maar net moet los tot hy weer beter voel. En o, moenie dink jy gaan vir hom aandag gee as hy dit nie op daai oomblik wil hê nie!😆

  28. My hond is vlot in piepie-taal. Dit maak my gek! Ek weet nie met watter ander honde hy ‘kommunikeer’ nie, want hy is die enigste troeteldier op ons erf.😆

  29. Mefri

    Rosatjie, dankie ek het dit nou baie geniet! Ek wonder hoe het die vrou gesterf en hoe het dit gebeur dat hulle in so ʼn posisie gepreserveer was?

  30. Rosa, o Rosa. Nee, dis hoekom ek nie ‘n honne het nie. Die piepie-taal is te veel vir my rein hart… 😆

  31. Boendoe: ai-ai. as mens hulle mooi leer gebeur dit net so een keer ‘n jaar.

    Mefri: Die vrou en hond is saam in die posisie begrawe. Iemand het hulle so gesit. Teen daardie tyd is daar al “begrafnis” gehou. En die kondisies in die omgewing en grond was van so aard wat hulle versteen het.

    Roer: Een van ons honde is ook redelik vlot in die taal. Ons moet lemon grass olie gooi, veral by die asblik. Jou hond is seker besig om vir julle te vertel hy wil die enigste een bly!🙂 As dit ‘n seuntjie is, is hulle nogal geneig om meer te merk.

    George: Dit is so waar. Ons een is weer so: As ek vir ‘n rukkie weg was spring sy weer soos ‘n bal op en af vir ‘n minuut en groet my. Dan onthou sy, sy is eintlik kwaad, swaai om en gaan le onder die bed vir so twee ure. Niks kry haar daaruit nie, tot sy besluit het sy het my vergewe.🙂

    BB: Speel maar saam is nie beste! Myne is weer ‘n wollie dat dink sy is ‘n bullterrier. Ek speel maar saam.

  32. 😆 piepietaal.

    Pasop, katte s’n is verskriklik.

    Ek dink baie diere het emosies – en empatie. Kyk maar na ‘n Olifant. Hoe anders verklaar mens jou hond (of kat) se toenadering, en lojaliteit, en hoe hulle soms ook treur met die heengaan van ‘n geliefde?

  33. Baie interessante inskrywing, dankie!😉

    Ek sien deesdae is Spike ook weer vlot in die piepietaal!:mrgreen: Veral as hy in ‘n vertrek kom waar hy lanklaas was. Sal hy ophou merk as hy reggemaak is Rosa?

  34. Rosa

    Ja, ek dink dit is die berg gorrilas. Hulle is nogal moergroot.

  35. adrie: weet jy al drie spesies van gorillas is ewe groot, maar hulle het wat die wetenskaplikes noem: seksuele dimorfisme. dit beteken dat die manlike en vroulike van die spesie verskil baie in grootte. en dit het te doen met hoeveel wyfies een mannetjie het/sal dek. ‘n goeie voorbeeld van hoe evolusie selekteer.

    indien die mannetjie moet veg vir sy wyfies en hy klomp dek, raak hy al hoe groter as die wyfies (poligamie) Indien die gemeenskap van so aard is dat elke wyfie haar eie mannetjie het, verskil die diere nie so baie in grootte nie.(monogamie)
    soos pikkewyne bv. ( mens kan skaars sien dat die mannetjie effe groter is, om een voorbeeld te noem)

    Dellie: Seuns merk minder as hulle reggemaak is. Maar die testosteroon neem so 6 maande om heeltemal uit te werk hoor!

    Emil: Natuurlik, hulle kan hulself doodtreur. Weet jy dat sjimpansees is altruisties, nou dit is ‘n hoe kognitiewe funksies soos jy self weet.
    Hulle treur, ons mens weg is, treur hulle oor jou.

    Olifante gaan besoek hul begrafplase en vryf oor die bene.

  36. Rosa

    Wat vertel jy my nou? Nou glo ek aan evolusie, ek het die missing link gekry. Party mans dink nog steeds hulle is gorillas en dat hulle gaan groot word met rond slaap.

    (Ja, ek weet ek verdraai die storie heeltemaal. Nietemin, interessant. Ek het dit nie geweet nie.)

  37. 🙂🙂
    moenie dit hardop se nie A3…sjuut

  38. Gmf!!! Jy wil net he ek moet die nobel prys met jou deel.

  39. A3

    Baie interessant! My seuntjie van 10 sê altyd dat hy jammer voel vir mense wat dakloos is, maar dat hy die jammerste voel vir honde – hulle kan nie hulself help nie!

  40. Marile Cloete

    Dankie – interessant! Ek was vir jare ‘n katmens – tot ek ‘n Duitse herdershond gekry het.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: