Wat jou Ma nie weet nie

Hoeveel van ons het nog ons eie binne-geheime wat ons saamdra wat ons nooit, ooit vir ons Ma’s vertel het nie? Dinge wat kleintyd, of selfs daarna met ons gebeur het, wat ons nooit oor gebieg, of nie gedeel het nie.

Dalk was jy stout, dalk het iets vreeslik gebeur, dalk was daar trane of trauma.

Ek het hieraan gedink toe ek geskryf het oor my amper-dood-verdrinkery. My ma weet nou nog nie. En toe lees ek, ek is nie die enigste een nie.

Hoekom lewer julle nie bietjie hier kommentaar, as julle lus het, oor die dinge wat julle nooit vir jul Ma’s vertel het nie. Ek sal begin.

Vertel hier by my, jou ma sal nie weet nie.

My ma het uitgevind in 1985:

Dit was verbode om in die dam te swem, teen die tyd kon ek darem swem. Die dag besluit ek om my klere uit te trek en die verbode lyn oor te plas.

En toe trap ek op ‘n blik of iets. Ek sny my voet oop dat ek my eie voetsool-vleis sien. Ek kan omtrent nie loop nie, maar van bloedvergiftiging wis ek niks. Ek ontsmet nogal met Dettol, maar die skade is daar.

Binne ‘n dag brand ek van die koors, ek yl, gooi op en my voet is besig om af te vrot. My ma is blou-gepuzzle. Teen die tyd wat sy my goed bekyk, ek het toe nog steeds nie gebieg nie, trek die ‘gifbloed-strepe’ al teen my been op.

My ma is histeries met my al gillend, oor ek niks gese het nie, nie oor ek geswem het nie, met my dokter toe. Sowaar ek kon dood gewees het seg die dokter en hospitaal toe met my.

My ma weet steeds nie:

Dat ek amper-dood-verdink het in 1979 nie

Dat dit ek was wat in 1985 die bouer se sigarette gesteel het

Dat dit ek was wat my Volla gestamp het in 1991, en nie ‘n “ander ou” nie.

Dat ek laaank terug glasie-glasie gespeel het (niks het gebeur nie)

Saam met wie ek daai een vakansie weg was in 1994 🙂


  1. Jaco

    My filosofie, wat mense nie weet nie kan hulle nie pla nie.

    Weet jy wat nou regtig ‘n baie interresante post sal wees? As ons ouers die dinge moes opnoem wat ons gedink het hulle weet nie.

  2. jaco, maar ons gaan nie vir ons ma’s se nie! julle gaan dit veilig hier by my comment. Toe gee my net een? hmmm?

    ja my ma het haar teoriee oor wat sy dink sy weet oor my. sy het dit al opgenoem ek het niks bevestig nie 🙂

  3. Jaco

    Ok net een.
    Desember van 1991. Die bakkie het nie regtig gegly op die grondpad en deur die draad gebars omdat ek nie die wal grond gesien het wat daar gelê het omdat hulle besig was om te skraap nie. Ons was besig om “rally” te jaag op die grondpad en het beheer verloor om die draai.

    Dalk twee . .
    Die oggend van die matriekafskeid (toe ek in std 9 was)het ek nie verslaap omdat ons so laat besig was om die saal voor te berei die vorige aand nie. Ek het verslaap omdat ek en ‘n paar pelle na die tyd gaan fuif het en ek eers 05:30 daai more dronk by die huis gekom het.

    Nou seg ek nie ‘n dooi woord verder nie

  4. JACO! JACO! JACO! you go man! Jy flippen wen ‘n prysie oor jy so lekker saamgespeel het. Dankie. Dis twee lekkeres die 🙂

  5. Wat my ma nie weet nie … my hartseer as kind.

  6. ((((Paula)))), baie van myne het ek vir my ouma vertel.

  7. maxie

    Nou het jy my verstom…
    Ek het ook bloedvergiftiging opgedoen, was saam met vriende op ‘n plaas toe ek my voet oopsny en daarna in beesmis trap.
    Die volgende dag toe ons by die huis kom, was ek doodsiek maar het niks gesê nie. Die gifstrepe het amper by my knie getrek.
    Eers toe my oudste suster my met mening gryp om te kyk wat fout is, is ek hospitaal toe gejaag. Weereens amper dood, ai toggie.

    Daar was SO baie wat ek haar nie vertel het nie. Sy is 10 jaar gelede oorlede en soms is ek spyt daaroor.

    Sy’t bv. nooit geweet dat my eksman my mishandel het nie. (Wil net byvoeg, hy het dit net eenkeer reggekry, ek laat nie aan my slaan nie, het hom dadelik gelos).

    Of van my onderonsie met ‘n kaapse kobra nie.

    Dit was ‘n lekker inskrywing, jy’t my nou op ver paaie teruggevat…

    Vir Paula: ((Paula))

  8. Ek was ‘n baie soet dogtertjie, en my Ma weet alles wat ek aangevang (eintlik nie aangevang) het. … die dinge wat sy nie weet nie het eers later gekom toe ek al volwasse was … en daarvan kan ek nie hier vertel nie. **bloos** 🙂

  9. Ek het ook glasie-glasie gespeel, my ma weet nou nog nie, sy sal vir ‘n week gelawe moet word.

    Ons is vir 2 weke uit die bus geskop…. ons moes die pad huis toe te voet aflê… Eldoraine tot in Irene (dis baie ver)… ons was uit die bus gegooi omdat ons die kinders met pea-shooters geskiet het. whahaha

    Ons het gwarrie (spelling?) gat toe gegaan, daar het al kinders verdrink daar. Maar jy weet mos hoe gaan dit, as hulle vir jou sê moenie ‘n ding doen nie, dan gaan jy dit juis doen. Nuuskierigheid?

    Ek was vreeslik wild en stout 😳
    My ma weet nie die helfte nie

  10. My ma weet nie van die laatnag swem in 1981 saam met die bure se dogter nie. En die trein was ook nie in 1984 laat nie 👿

  11. Sjoe, wonder ek nou hoe dit alles sou ontvou het sou jou vraag gelui het: “Wat jou wederhelf nie weet nie” 😉

    Miskien is Jaco reg: laat slapende honde lê!

  12. Emil: Wat jy ander helfte nie weet nie! Ek is baie, baie soet in my verhouding. Maar oor die verlede? Laat die slapende honde le, want anders slaap ek met die honde.!

    Wippie: Ek was ook vreeslik wild. Pea-shooter, jinne ek ken van, my sussie het deurgeloop onder my peashooter. Jou busstorie is baie snaaks.
    My ma sal ook iets oorkom oor my glasie-glasie-ding 🙂

    Annerkant: ehhehhee. myne was ook baie toe ek volwasse was, late bloomer ne?

    Maxie: Ongelooflik hoe ons stories ooreenstem. Ja ons beskerm soms ons ma’s van pyn, soos hulle ons beskerm. Ek is ook soos jy, een keer slaan en dan is dit koebaai. Dankie vir jou deel. Dis altyd vir my spesiaal as jy inloer.((Maxie))

    Paula ek stuur nog ‘n hug vir jou, hoor.

  13. Toe ek in Sub B was het ek twee keer van my Ma se sigarettoppies gerook en twee keer 50c uit haar beursie gevat (seker maar gesteel!) om vir my te gaan chips koop. 😯 Ek weet nie wat daai jaar met my aangegaan het nie, dit was ‘n rowwe jaar! 😳

  14. Eendjie: Ek lees hier en ek wil die klein-Eendjies net vasdruk. En kan daai klein dogtertjie net voor my sien.

  15. Nico

    Ek dink nie daar is iets in my verlede wat in die kategorie inpas nie (my ouers weet van die slegste van die slegte), so vergewe my as ek nou van my boetie skinder…

    Toe hy nog geswot het, het hy die drie studie-aktiwiteite saamgevat – gewoonlik kan mens net twee van die drie, nl. Swot, Slaap en Party byhou. Enige 2, maar nie al 3 nie.

    Een aand had hulle ook ‘n partytjie by die koshuis, en dit gaan woes. Later vat Boeta mense huis toe wat nie meer self kon bestuur nie, en ry op pad terug ‘n stopteken uit die grond uit, glo omdat hy vir ‘n (groot grys) hond uitgeswaai het. Die storie werk nie juis vir my nie – hoe is mens so naby ‘n stopteken teen ‘n spoed dat jy dit nog uit die grond kan ry? Nie ek of my ouers ken die waarheid agter die storie nie, maar ons lag gereeld daaroor.

    Lekker inskrywing, Rosa 😉

  16. Ek weet van ‘n parkeerongeluk wat my naam opgehad het. My pa weet, maar my ma glo tot vandag toe dat iemand in ons vasgery het toe ons in die winkel was. (Ek was 17 en het ‘n ander motor liggies geskraap by ‘n robot.)

    Dan weet my pa nie van die keer (ek was 15) wat ek sy bakkie teen die hek geskraap het nie. My ma het ‘n panalbeater geken wat dit vinnig weggetoor het.

  17. Nico: ‘n Grys hond nogal 🙂 dis snaaks. my suster was/is weer so ordentlik as ek nie my ma beter geken het nie, sou ek gedink het sy is nie my suster nie.

    Adrie: hehe jou ma en pa ken elkeen ‘n botsing-geheim.

  18. skoembs

    Hmm, ek onthou die keer toe ek die bergie wat voor ons huis op die sypaadjie geslaap het met die tuinslang natgespuit het. Ons huishulp, tannie Merênda (ons kinders mag haar nie op haar naam genoem nie 🙂 ) het gesien wat ek besig is om aan te vang en met my geraas. Ek het gesoebat dat sy tog net nie vir my ma daarvan moet sê nie en haar probeer omkoop my die eerste sny van my volgende verjaardagkoek. 🙂

    Ek dink ek moet die ander stories hou vir wanneer ek (eendag) my eie blog begin.

  19. My ma is ‘n siener!!! Ek sweer sy weet alles wat ek aangevang het, of moontlik het ek net ‘n vreeslike skuldige gesig…. Ek kan nie aan een ding dink waarmee ek weggekom het nie…

  20. Hallo skoembs, welkom. Omkoop werk, ek het ons huishulp omgekoop om die houtlepels waarmee ek pak gekry het op die dak te gooi. My ma kon nie verstaan waarheen dit verdwyn nie, toe die loodgieter eendag op die dak geklim het en ‘n klomp houtlepels daar gekry het.

    Toe bieg ek en die bediende.

    Pikke: dis erg!

  21. Rosa

    Wat het jou ma toe met jou en die bediende gedoen nadat julle gebieg het?

  22. maeree

    sjoe.
    sy weet nie dat ek op 13 probeer selfmoord pleeg het nie.
    sy weet nie dat ek vir jare lank gerook het nie.
    sy weet nie dat ek ‘n ateïs was
    of dat ek ‘n wiccan was nie.
    sy weet nie van enigiets wat ek voor my troue met enige man gedoen het nie.
    the list goes on.
    en tog weet sy baie.

  23. maeree

    ek’s nou skoon nervous.
    mag my ma nooit internet uitfigure nie!

  24. he he he maeree! ma weet nie hoe baie ek klas op kollege gebank het nie 😉

  25. Moses

    Wat my ma nie weet nie? Nee, duidelik ken julle nie Jodinne nie! Hulle weet wat jou volgende move gaan wees voordat jy dit weet! Ongelukkig is ek telke male al op heterdaad betrap met die spreekwoordelike ‘hand in the cookie jar’.

  26. My ma weet nie hoe goed ek by haar geleer knoop het nie. Sy dink ek praat glad nie lelik nie.

  27. Ag dis so lekker om jou weer te lees, Rosalind Franklin!

    Nie kans gehad om al die kommentaar te lees nie – maar my ma het ALLES van my geweet, en die laaste keer toe sy by my kom kuier het in Londen voor sy dood is, het sy vir my ‘n paar dinge vertel wat EK nooit geweet het nie, maar wat ek nie in beskaafde geselskap kan oorvertel nie…

    OK, ek sal vertel: ek het byvoorbeeld nooit geweet of verstaan waarom sommige dames van die Kaapse vlaktes hul voortande laat trek nie. En ma het my toe vertel, met daardie kuier. Maar toe moes sy ook verduidelik wat daardie ding is waarvoor dit gesog is, en toe het ek amper op my rug geval, want ek het nie geweet so iets bestaan nie, laat staan nog dat my elegante ladylike ma eens van so iets weet…

    I’ve said way too much already.

    Ek dink die enigste ding wat my ma nie van my geweet het nie, is hoeke soort ma ek eendag gaan wees vir my kinders, want sy is dood voordat hulle gebore is, maar sy het seker ook geweet hoe dit sal uitrdraai, want sy was mos MY ma.

    Dankie vir ‘n lekkerlees en lekker-nadink-skryf.

  28. My ma het nooit geweet die modderkoekies wat ek so lustig gebak het, het actually regte koekmeel, suiker en kakao ingehad nie… :mrgreen:

    Nog iets wat sy nie geweet het nie, was dat my boetie my met ‘n windbuks in die rug geskiet het – darem nie met ‘n koeël nie, maar ‘n stukkie papier wat hy gekou het. Dit was nogsteeds flippen seer, maar hy het my omgekoop met sweets om nie vir ma te vertel nie!

    Ongelukkig is sy oorlede toe ek 13 was, so daar is ‘n lang lysie van goed wat sy nooit geweet het nie. 😦

  29. Vir my ma was ek so deursigtig soos glas. Sy gee my net een kyk en dan vra sy: wats verkeerd? So ek dink nie daar is enigiets wat my ma nie weet nie.

  30. Adrie: Die bediende is verskoon omdat sy deur my omgekoop is, ek het pakgekry.

    Maeree: Mag my ma nooit leer om ‘n rekenaar te gebruik nie! En joune ook nie ehehehehe. Jou lysie is lekker. My ma het die rook aan my geruik en my dadelik gekonfronteer, selfs met die parfuum, peperminte ect.

    Cebelle: LOL. ek het nooit klas gebank nie, stupid oor ek bang was ek dop. kan jy dit glo!

    Moses: Welkom hier, ek dink nie jy het al voorheen kom kuier nie. Jong, snaaks genoeg ken ek Jodinne nogal goed . .. 🙂

    Sonia: My ma het my nooit van DAAI betrokke ding vertel nie. (weet jy hoekom is die tande oorspronklik getrek? die slawe wat hier aangekom het se tande was getrek om hulle stamverband aan te dui. dit is hoe ons vandag weet ‘n skedel is ‘n slaaf s’n. Watter tand getrek is, dui ook die bepaalde stam aan. die seksuele konnektasie het later gekom)

    Jammer dat jou ma nie meer met jou is nie ((Sonia))

    Dellie: So jy vroeg jou bestanddele reg gehad. Dis cute! En die windbuks storie is snaaks. ((Dellie) jammer, ai man.

    Flippie; My ma hoor dit deesdae in my stem.

  31. in my derde jaar het een van die meisies haar tande laat trek! Sy’t vir ‘n maand lank so rond geloop en was in groot moeilikheid by die dosente. ‘n professionele dame moet darem ordintlikheid hê! Die valstande het soos boktande gelyk!




Lewer kommentaar