Time Out

Ek het ‘n vinnige kwaad-word en ‘n staaaaadige kwaad-word. Die laaste een is die moeilike een want sy draad dink ek, is nou effe geknip. Hy sal weer regkom.

Ek aanvaar ook dit is deel van blogging – maar nouja, elkeen se tekkies kan ook net soveel loop, voor dit begin skaaf, al het jy dit self aangetrek. Verstaan?

Eerlikwaar? Ek het dit al was dit geduldig, sien kom, van ver af soos ‘n stoffie in die pad, tot hy nou eensklaps ‘n storm geword het. Boef! het ek my SO verfokkenvies ….

… is beter dat ek bietjie Time Out neem. Baai.

Foto van die fantastiese Susan Sontag deur die ewe briljante Annie Leibovitz

http://www.nytimes.com/library/photos/leibovitz/sontag.html


  1. Johannes weet jy ek is ookal net so gatvol vir jou, wil jy nie asseblief ‘n ander plek gaan soek om te speel nie?????👿
    Jy is soos ‘n kind wat ‘n wê speletjie speel. Word groot!!

  2. Is hier al weer iets aan die gang! Genade net as mens dink dinge raak weer reg dan donner een weer van die wa af.😦

  3. Ek is gek oor vrouens met grys hare, hoe pragtig is daardie foto nie.

  4. maxie

    😦
    Ek hoop regtig nie dat ons lank sal moet wag vir jou terugkeer nie…
    Lieflike foto.

  5. Donner….. Laat die man nou uiteindelik reggekry het wat hy al vir hoelank spook om reg te kry!!! Bliksem…

  6. Nee wag, fok ek is nog nie klaar nie. Damn dit Johannes, if you don’t like, don’t read… Verstaan…. Gaan garra iemand anders en los ons uit, ons soek nie drama nie, pla niemand, doen ons ding op ons manier, gee nie aanstoot nie, vat jou nie aan nie, wat is die probleem??? Die ironie is dat ek in dieselfde God glo waaraan jy glo, net op ‘n ander manier… maar heng jy laat nie ‘n nice spoor van Hom agter nie…

  7. Ag aardetjie tog. Moes hierdie ding sien kom het en probeer het om dit te ontlont. Dit was nou regtig nie nodig nie.

    Rosa ons almal hoop van harte jy gaan gou weer jouself wees en vir ons verder verryk met die skat van kennis en stories wat jy vir ons kan vertel.

  8. Mefri

    Rooskindjie, moenie te lank wegbly nie, want jy vul die atmosfeer en blomkelkies met soetigheid.

  9. annora

    Wie was Susan Sontag nou weer? Ek dink my pa het boeke van haar gehad, maar ek kan nie meer onthou nie. So iets. ook Annoe leibovitz lui iets

  10. Agge nee! Dis regtig jammer.

    Rosa’tjie, neem al die tyd wat jy nodig het, solank jy net terug. Jy het ‘n groot verskil hier kom maak.

    Ek sal bly inloer.

  11. Jaco

    Laat ek nou op ‘n Sondagmore so iets op my nugtermaag moet kom staan lees.
    Aag kom tog ‘seblief gou terug Rosa?

  12. Agge nee, moenie dat hulle jou ook nou die vlaktes in stuur nie. Rooskind, ongelukkig moet mens maar ‘n dik vel he as dit by blogging kom. Jou posts is te kosbaar vir ons dat ons gaan toelaat dat jy sommer net wegbly. Ek sal ‘n klub hier kom stig – die “Kom terug Rosa – nou dadelik – Klub!”😆

  13. BB

    Was jy dan alweer so vinnig nugter Jaco??(Coz ek het tot na lunch so ‘n groenerige skynseltjie om my se kiewe geproe…😀 )
    Rosie – i am waiting right here…

  14. Hallo julle, ek sal weer later een of ander tyd kom.

    Dankie vir almal van julle se wonderlike kommentare. XXX vir julle.

    Susan Sontag was ‘n skrywer en filosoof, ‘n briljante een. Sy is enkele jare gelede aan kanker dood en Annie Leibowitz is seker die beste, lewende fotograaf. Of die beste een ooit, volgens my. Sy was Susan se lewensmaat.

  15. Ai, nee, Rosa, moet asseblief nie te lank wegbly nie. Regtig. Dit is een van my hoogtepunte vandat ek begin blog het om gou hier by jou te kom kyk of jy ‘n volgende inskrywing geskryf het. Jy vou die wereld vir ‘n mens oop, en op ‘n manier dat ‘n mens aan jou lippe hang! Jy het ‘n opvoedingstaak hier.🙂
    Wie is die Johannes vent? Ek het seker sy kommentare raak gelees maar my nie veel gesteur nie. Rosa, vee jou af.

  16. Rosa

    Ek vra weereens om verskoning, en ek bedoel dit in alle opregtheid. Ek het geensins bedoel om jou kwaad te maak nie. Ek het in opregtheid vrae gevrae nie om aanstoot te gee nie maar om meer te wete te kom van die onderwerp(e) waaroor jy blog. Tog sal ek nie skroom om my opinie oor sekere stellings vanuit my eie oortuigings te stel nie.

    Dis immers jou blog, dis nie jy wat moet “time out” nie… dis ek.

    Dit was nogtans heerlik en verfrissend om jou inskrywings te lees, al het ek nie met sommige van jou stellings saamgestem nie. Ek glo gesonde opbouende gedagtewisseling is en sal altyd goed bly. Soms moet ons maar wag dat die “waarheid” soos met ‘n sonsopkoms tussen diegene wat daarna soek “deurbreek”.

    Ons is tog almal opsoek na die waarheid, is ons nie?

    Dis al wat ‘n mens vrymaak.

    Daar was ‘n tyd in die mens se bestaan dat die wetenskap gekom het om die “godsdienstiges” vry te maak. Dit was in tye dat “godvresende” wetenskaplikes ook met groot respek gepoog het om blinde “kerkmanne” van die waarheid (van die wetenskap) te oortuig. Maar die waarhede van die wetenskap het op dowwe ore geval. Brandstapels was baie se voorland…!

    Ek glo met my hele hart dat die Woord van God (die Bybel) en die wetenskap volmaak in harmonie met mekaar is. Die Skepper kan net eenvoudig nie teen Sy eie skepping (wetenskap) in Sy Woord uitsprake maak wat teenstydig is met Sy skepping nie. Ek glo ook dat, omdat “die klippe dit begin uitroep”, diegene wat met hulle hele hart en verstand en al hul kragte glo dat die Woord van God en die wetenskap volmaak met mekaar versoenbaar is, op die punt staan om te ontdek dat die Woord van God besig is om “blinde” wetenskaplikes te help om die waarheid te ontdek. Ek weet ek is een van hulle….!

    Vir baie lank het ek al die crap wat die “kerkmanne” aan my opgedis het vir soetkoek opgeeet…! Totdat ek genadiglik self die Bybel begin lees het, en moes ontdek dat daar volkome harmonie tussen die Woord (die Bybel) en die wetenskap is.

    Ek glo ons staan op die punt om te sien hoe die Waarheid tussen ons gaan deurbreek. Soos ‘n sonsopkoms….! “And believe you me”… dis nie net die wetenskap wat verras gaan wees nie, maar veral “diep gelowige” godsdienstiges wat die meeste ontnugter gaan wees. Waarvan ek een is…!

    Omdat ek glo “Time Has An End” … is dit Time Out vir my op jou blog. No hard feelings…!

    My seun het ‘n T-shirt met die woorde “ek hou jou dop”…!

    “Ek hou jou dop…!”

    Vrede

    2011-groete

  17. Johannes, jou verskoning is aanvaar. Ek is nie so kleinlik dat ek nie iemand se verskoning sal aanvaar nie, eerlikwaar.

    Ek het my blog begin om te ontspan, omdat my werk stresvol is. Ek wou lekker chat en kreatief wees. En dit is, ek kuier lekker met almal.

    Maar om een of ander rede voel jy geroepe om my van 2011 te probeer oortuig?!

    Ek sal en wil altyd vrae antwoord, gaan soek gerus enige van my posts (daar is 103 geskryf). Enige een, ek beantwoord mense individueel.

    My blog gaan nie oor godsdiens nie. Sien die About-deel, asseblief.

    Ek is heeltemal PRO-DEBAT en idees uitruil, oral in my lewe verskil ek van mense, maar daar is maniere van verskil. Soms kry mens die gevoel dat mense jou net uitlok/of dat jou antwoorde nie eens ter harte geneem word nie. Dit is nie debat nie, dit is negatiewe gespreksvoering.

    Debatte is nie opbouend as een persoon die ander een herhaaldelik wil oortuig ipv standpunte te stel aan die hand van feite nie.

    Die quaternio terminorum-tipe redenasies (fallacy of four terms) maak my net uiteindelik gek.BV:
    Major premise: Nothing is better than eternal happiness.
    Minor premise: A ham sandwich is better than nothing.
    Conclusion: A ham sandwich is better than eternal happiness.

  18. Ai. Slegte nuus op die Sondag. Rosa, vat ‘time out’ solank jy wil, kom net terug. Jy’s ‘n groot gees hier onder ons.

  19. Geniet jou “time out”. Ons almal het nou en dan so ‘n ietsie nodig.

  20. Rosie, ek het ‘n prent waar hulle half spot met evolusie. Die vis kom uit die see geloop! Ek is seker jy het dit ookal gesien! 😉

    Gaan loer bietjie hier😆

    http://www.abc.net.au/science/articles/2008/09/22/2370604.htm?site=science&topic=ancient

  21. Noudat jy vrede gemaak het…is time out nog oppie lappe? Solank jy net nie wegraak nie, geniet die break.

  22. Dankie baie almal…die stof in my gemoed het weer gaan le. Thanks.

  23. maeree

    damn, missed it.
    daai vrou is beeldskoon. sjoe.

  24. Mefri

    Rooskindjie, sal jy my asseblief kontak – ek wil ‘n boodskap aanstuur vir iemand wat by jou kommentaar lewer. Dit gaan oor die situasie wat ek vroeer by jou ervaar het toe iemand anders se e-mail en website inligting in in die kommentaarblokkies agter gebly het.

    Jammer vir die moeite Rooskind, maar dis belangrik.

  25. Mefri

    Die probleem is opgelos dankie, dit is nie meer nodig om my te kontak nie.

  26. Mefri, jammer jong was erg besig.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: