(Drank)kabinet en paniek

Ai tog, sê ek vir Liefie gisteraand, dis sowaar net Tannie Zuma en Tannie Manto oor in die kabinet. Sug.

En tannie Manto sit seker weer en geniet ‘n knertsie (of twee) whiskey, en dan sit sy die pyn op iemand anders se lewer.

Ja, iemand sê nou die dag dalk word sy president en dan maak sy haar adjunkte Johnny Walker en Jack Daniels. En niemand hoef dan meer pille te koop nie, ons gaan sommer almal Fruit & Veg toe.

Moet net nie weier om langs haar in ‘n vliegtuig te sit nie, sy flippen sal jou dalk net vloek en sommer jou nier/lewer uitpluk, of sorg dat jou nier vir jou uitgehaal het. Ek sal maar te bly wees as niemand langs my wil sit in ‘n vliegtuig nie. Dan kan ek my knoffel, beet en suurlemoen in vrede geniet.

En hoeka sit Tannie Zuma ook met ‘n glasie innerlike versterking, seker op ‘n vliegtuig iewers heen oppad. Ek onthou nog lank terug toe sy nog kommunikasie-minister was het sy een keer Australië toe gevlieg, Sydney toe.

Maar hulle het eers in Perth geland en toe klim sy daar af. Ai, dit was ‘n lelike storie gewees.

Maar Tannie Zuma het gereeld loop eet by een van Rosalind se gunsteling-eetplekke. So suiker sy daar in, haar vriendelike self en besluit toe nee, die rookwet word hier nie reg toegepas nie. Ek kom daar verby: Gesluit. Die plek is beboet, verkoop en weer oop, maar die goeie kos is weg.

Dankie hoor, Tannie.

So ja, ons sit vandag met die drankkabinet wat oor is, sê Liefie.

Wat om te doen as jy panic

Vlug met jou gesin en troeteldiere die berge/vlaktes  in, maar onthou wees parraat, soos daai groep verregses sê wie se naam ek nie wil noem nie, netnou spoor hulle my op.

– Naarpille, maagwerkpille, kopseerpille, baie, baie pille

– Baie skoon water

– Baie blikkieskos (maar moet nie die eet wat opgeswel het nie, ek weet. Die mense wat in die padkamp gewoon het naby my ouma-hulle toe sy klein was, het so doodgegaan).

– Wat is ‘n blikke sonder ‘n blikoopmaker

– . . .stortkappie (‘n moet as jy wil verstaan waaroor vigs gaan)

Oe jinne nou klink dit vir my na te veel moeite, ek is gans en al te lui om te vlug terwyl almal aan anargie dink. Ek bly sommer net in die bed, eintlik maak dit nie soveel saak nie.


  1. Stem Rosa! As almal so vlug is daar sommer meer plek vir my om leeg te lê. Al wat ek wonder is wie gaan die klomp in die parlement wakker maak en vir hulle sê dat hulle in hulle slaap bedank het. Gee sommer ook die geleentheid om nuwe matte te gooi.
    Ek sal more worry, vandag is vakansie en ek braai eers. Gaan nie sommer die vleis so mors nie.

  2. 😆 Ai Rosalind, jy het die gawe om alles sommer gou-gou met ‘n goeie skeut humor in perspektief te sit. Lees ek nou vandag die ANC party kan nog die naweek skeur. Hulle moet pasop; lyk my hulle het nooit op skool geleer – as twee honde baklei oor ‘n been…😈

  3. Annora

    Kgalema Motlanthe
    laat my dink an ‘n liedjie
    dis sy naam
    nogal mooi laat my dink an
    ou galiema liema liema ou galiema liema lë
    môre nooi
    ôre wies se kind is jy
    die koning
    kan ek ene kry
    vat djou goed en djan en piet en skapie
    se kop
    afgekap
    en sy kop
    afgekap

    … op die drank kabinet
    ….

  4. Jinne Annora …ek weet nou nie hiervan nie…? arme skapie!

    Sonkind: Mens wil mos alewig vlug, is seker oor ons so lief is vir kamp en braai🙂
    Jinne ek is erg spyt oor die minister van wetenskap en tegnologie hy was regtig op sy kop, hy het ongelooflik baie vir navorsing gedoen, baie verstaan van wetenskap en so meer. Ek hoop hy word heraangestel.

    Rusting: Kyk of jy vir ons 2 die tender kan kry vir die nuwe matte. Maar ek wil nie hard werk nie hoor.

  5. Hierdie hele storie kan nog die beste ding wees wat met ons land se politiek gebeur sedert 1994. Beste wat kan gebeur is dat die ANC in 2 skeur, en ons dan ‘n sterk opposisie in die parlement kry. Dan eers sal politici tot verantwoording geroep kan word deur die kiersers as hulle opmors of korrup is, want dan gaan mense vir die ander party stem.

  6. Pienk Zuit: Ek stem met jou, die beste vir ‘n sterk demokrasie is ‘n sterk opposisie. Een waar die regerende party nooit weet of hy die volgende verkiesing gaan wen of nie.

    En een waar BAIE mense hopelik vir grootste opposisie-party stem en nie weer almal loop en splinter in 10 klein groepies nie.

    Maar ons kan mos so nete in die bobbejaan se koppie soek.

  7. Drankkabinet!🙂
    Ja, dis uiters teleurstellend dat Msimang die EEN Ministers is wat nie bedank het nie! Maar miskien is dit ook maar omdat sy van die min Ministers wat nerens anders sal werk vind nie…
    Ek kyk so na die VSA se bankkrisis – nou DIS nou paniek!

    NS: Geniet die Nasionale Braaidag en dink maar aan ons minderbevoorregtes wat net tjoppies en wors in hulle drome eet. 8)

  8. dis ‘n geneuk – dié lot en dinge

  9. Rosa ons kan tender, en sodra hulle ons betaal. Speel ons bankrot en loop met die geld weg en die ou matte! Dalk kan ons manto se coolbag ook so in die verby gaan vat.

  10. maxie

    Drankkabinet😆 !

  11. Whahaha ons sit definitief met ‘n drankkabinet!😆 Ek was bietjie onrustig met al die dinge wat gebeur het, maar vanoggend skeel al die politiek my min. Ek is meer bekommerd oor die ekonomie, sal moet hulp gaan kry in “my” drankkabinet!😆
    Rosie daardie vlug aksie klink vir my ook na te veel werk. Wipneus is definitief nie lief of lus vir kamp nie.
    Ek sal die sirkus vandag op tv volg.
    Sal sommer met my blikkies kos en pille voor die tv uitkamp!😈

  12. BB

    Drank gaan nie vir jou help nie Rosie… ek dink jy’t pille nodig – at second thought, dink ek nie pille gaan vir jou werk nie – hel, jy’t my skoon deurmekaar gesels vandag!!
    …en boonop het jy nie drank ingepak vir daardie ontvlugting met jou gesin en troeteldiere nie…
    “wat is ‘n blik sonder ‘n blikopmaker” – nou DIT was ‘n pretty profound thought sou Helge sê… hy kan vir hom wip as daar ‘n blik kondensmelk in die kas is en ek het die blikoopmaker weggesteek👿 – maar wat is ‘n man sonder sy ‘Leatherman’??😆
    Gepraat van blikke – NIKS so frustrerend as jy ‘n gat in daai blik druk en daai klankie kom uit: “pffffffffffffft” – Oh i HATE that!!
    (Terloops – dis vir my altyd sielsverkwikkend en uiters genotvol om gereeld tussen al die bladsye opperste genius en hoogse intelligensie inskrywings die Rosie-mens raak te loop – now THAT i like!! I really like that😀 )

  13. Aggenee Rosa, vertel jy my nou alweer om blikkies op te gaar. Ek het dan nou net eers die laaste kondensmelk van die vorige keer se opgaar opgebruik gekry.😉

  14. Nico

    Rosa, ek geniet jou pittigheid… dis ‘n vars sonstraal op ‘n mislike dag! Dankie.

  15. Gee Zuma die krediet wat hom toekom.
    Hy immers een waarheid kwyt geraak…! En dit is sy “profetiese woorde” dat die ANC tot die wederkoms gaan regeer.

    Ek wonder of hy bewus is dat die wederkoms op 21 Mei 2011 gaan wees..? Wie weet, dalk luister hy in die aande in die geheim na Family Radio oor AM 1197khz…?

    Of dalk het die skerpioene hom oor die laaste vyf maande vanaf 21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 ingelig…?

    (Openb 9:10) En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.

    Dalk is dit die rede waarom hulle nou ten alle koste van die skerpioene wil ontslae raak…?

    Rosa jyt jou Bybel in die panic lysie vergeet..!

    En al bly ons inni bed… daar gaan ons ook nie “veilig” wees nie?

    (Luk 17:34) Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

    Dis wonderlik om te kan lag…! Sommer uit my maag uit…!

    As ek nou ‘n gePikte broederbonder was het ek sjommer “hoor hoor” gesjê vir die nuwe A en Cjee tot Z-kabinet…!

  16. Boerinballingskap: Manto gaan elders werk kry, ek het gehoor sy gaan die drankwinkel op die hoek koop…

    Cebelle: ja die lot🙂

    Rustig: Ons sal iemand moet kry om haar coolbag te dra🙂 blink idee sodra die geld in die bank is laai waai ons, sommer met die TV ook.

    Maxie: hallo🙂

    Wippie: vat jou blikkieskos, pille en drank en sit voor die TV, meng al 3 in groot dosisse.

    BB: jy sal nie glo nie, ekke is ook ‘n mens🙂 ek berus my grootskaals op pille…

    Nico: lekker om jou hier te sien🙂

    Flippie: sorry man gaar iets op wat jy aan die regering kan verkoop.

    Johannes: ek het moeg geraak my lysie is baie langer as net dit.

  17. Alta

    😆 Hierdie is my nuwe link na my blog Rosa.

    Mooi dag

  18. 😆 Yip, bly sommer innie bed….maak die drankkabinet vol en gebuik hom sommer as bedkassie. Met ‘n hele stapel boeke aan die annerkant!

  19. 😆 @ Demoerin!

    Drankkabinet as bedkassie. I like the way you think!

  20. Julle mense raak al hoe skerper…..demoerin, ek gaan jou idee patenteer en verkoop aan tannie manto, sy het mos in die hospitaal gele en drink. ek gaan ‘n delux weergawe laat maak vir haar, waaraan mens ‘n “drip” ook kan hang, en ‘n sakkie knoffel.

    Alta: dankie lekker dag vir jou ook sal kom loer by jou🙂

    Hi Jane!

  21. Ek sukkel om ‘n bleddie comment te los! Hier gaat poging no. 2: 😆 Jy is ‘n treat, Rosatjie!

  22. Boendoe..ek weet nie wat gaan aan nie, my eie password wou nie werk nie, moes hom verander, iemand wou my seker hack, maar hulle weet net nie, ek het my eie byl. dankie vir die weer probeer!

  23. Rosa: Ek het so bietjie gedink oor die vlug saak. Ek kom jou more oplaai met my donkie kar. Bestemmimg: Orania! Jy moet net die Kook en Geniet saam bring. Daar is ons baie veilig. 99% van die bevolking weet nie waar dit is nie en die ander 1% woon al klaar daar.

  24. Rustig: Ek sal baie, baie hou van ‘n donkiekar-rit. Maar ek dink nie ek sal daar inpas nie, ek besit net een rok (my matriekafskeidrok – die inskrywing kry ongelooflik baie hits🙂 ) en hy pas nie meer nie.

    Ek dink ook nie ek kan met hom op die lande skoffel nie, ek hoor daar MOET almal skoffel en ploeg.

    Kan ons nie eerder Moordernaarskaroo toe gaan nie?

  25. Nou waar moet ek heen vlug?! Die woestyn in? En my arme bloedjies het alreeds aanpassingsprobleme! 😆 Nee wat, sal maar eerder vir my van haar adjunkte aanskaf – Jack en Johny…

  26. Ek sal eers op die kaart moet kyk waar dit is. Onthou net om sambreel te bring. Moes die donkie kar se kap “pawn” vir nuwe “tires”. Anders brand die son ons laat ons lyk soos ou beesvelle. Moordenaarskloof klink ook goed.

  27. BB

    Og, ek VREK oor donkierkarre! dit maak my erg nostalgies… ek het vir Helge so 2 jaar gelede op pad terug van ‘n naweek weg maak stop vir ‘n silwergrys oupa met sy ouvrou en 3 stuks kleinkinders om my vir ‘n kilometer of twee te laat saamry… Helge al kruiende agterna… Dit was awesome!!! (die plaaslug in my neusgate … die wind in my hare… ok ek jok oor daai een, maar ek sal dit weer en weer doen…).

  28. BB ek is seker daar is nog plek op die kar vir jou en blik beskuit. Dit is as Rosa nie te veel goed saam vat nie. Die pad is lank na Moordenaars Karoo.

  29. Ek hoor Manto is toe nou ‘n ander possie gegee. Die nuwe President hou seker nie van knoffel in die hospitale nie. Wonder wat sy daar gaan aanvang.

  30. 😆 Moet sê ek is ook nog verlig dat Tannie Knoffel weggeskuif is. Nou kan ek weer bietjie in vrede rook en nie heeltyd omkyk op soek na die puffing-police nie.
    Ek sal vir Rustig en Rosa kom kuier as hulle belowe om koeksisters voor te sit. Ek weetie so lekker van skoffel nie, maar ek kan wel die jongen dames oppie dorp kom uithelp met ploegwerk.

  31. Ek wil net se ek skoffel niks nie…en ek kan ook nie koeksisters bak nie, ek is treurig.

    Kyk, ek het so paar keer in my lewe met Manto te doen gekry. Sy is die knorrigste, ongedurigste mens op aarde. Glimlag nooit (behalwe as sy die woord, dubble hoor).
    as sy in die Presidentsie is, waar sy ook is, sal NIEMAND by die president uitkom nie. Sy is die ultimate gate-keeper.
    Sy is baie KGB-agtig, wil niks deel nie, alles is geheim en die volk moet ook niks weet nie, hulle moet net regeer word.

  32. BB

    Hmmm – gesien wat spreek sy (Manto) die kruiedokters toe:
    Aangehaal uit Beeld 25/08/2009
    “Sy het gister haar reputasie gestand gedoen deur in ’n toespraak aan tradisionele genesers te sê sy glo nie tradisionele Afrika-medisyne hoef aan dieselfde kliniese proefnemings as hoofstroom-medisyne onderworpe te wees nie.”
    Nee, is seker reg so nê… afterall moet ons seker maar moeder natuur ook ‘n sê in die saak gee – en mediese tegnologie en vooruitgang is juis een van die hoofredes van oorbevolking😕
    Dis hoeka nog ‘n tema wat ek wonder hoe jy oor dink Rosie…

  33. BB: Sy praat absolute twak, dis hieroor dat die wereld vir ons lag. Nou onlangs is 12 mense dood omdat hulle ‘n kruiekonkoksie van ‘n toordokter gedrink het (dit was juis ook in Beeld).

    Daar is ‘n rede vir kliniese toetse: veiligheid en effektiwiteit.

  34. BB

    Ja ek het dit gelees!!😯 Wipe daai twat-leerling-sangoma sy hele bleddie gesin en homself off the face of the earth🙄 (die jongste was 2 weke oud!!😦 )

  35. BB

    Jinne, maar ek het nou wragtig ALS beleef vandag – drink nou net ‘n Vrydagmiddagkoffietjie in die cafeteria voor huistoe-gaan – een van die girls was gister by ‘n Iriodoloog – dié man het drie stres-ringe in haar oog gesien – sy’t ‘n perforated dikderm… twee maagswere en candida in haar se dunslurpie – EN dit als nadat 2 interniste, ‘n chirurg en haar se gynae vir haar vertel het sy makeer niks🙄 (sy moet kwansuis haar eetgewoontes aanpas en bietjie oefening inkry was een van die interniste se diagnose en sy’t haar gewip vir hom).
    Ek het wragtig niks teen homeopate en enige ander alternatiewe vorm van medici nie, maar heng – issit moontlik dat spesialiste so iets kon miskyk??

  36. Gits, BB, as sy ‘n perforated dikderm het, moet sy nie nog in die koffieshop sit en strooi praat nie. Sy moet haar plekkie gaan boek in die hospitaal – sommer langs ou Steve! As ek reg onthou, was dit ook die ding wat hom allerhaas hospitaal toe laat uitwyk het. 😉

  37. Ek dink nie sy sal regop kan sit met die kondisie nie, ek sluk BAIE swaar aan die oogkyker se diagnose. Mens gaan binne ure dood daaraan sonder behandeling.

  38. Die Wederkoms 21 Mei 2011?? Watse snert praat die man? As hy so ‘n groot gelowige is sal hy tog weet dat die Bybel dit duidelik stel dat NIEMAND die dag of uur ken nie, SLEGS God.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: