‘n Boek in jou bloed

‘n Mens se bloed (of elders) waar jy DNS kan onttrek is, soos ‘n geskiedenisboek, jy kan deesdae antieke spore daaruit onttrek. Jy kan in die voetspore van die oer-oumas en oupas loop.

Dit was die krysman Genghis Khan wat vandag meer as ‘n miljoen Mongoolse nasate het. Hy het nie noodwendig duisende kinders gehad nie, maar dit was sy kinders se kinders wat geneties suksesvol is.

En indien jy hierdie genetiese merkers besit: 16519C, 152C, 194T, 263G, 315.1C is jy dalkies familie van Marie Antoinette in die haplogroep H.

Francesco Petrarca, se genetiese mutasies van herkoms plaas hom in die haplogroep J2.

Tzar Nicholas Romanov  is in groep T met sy merkers (16126C, 16169Y*, 16294T, 16296T, 73G, 263G, 315.1C)

en Prins Phillip van Engeland wat getroud is met Elizabeth II is natuurlik familie van Nicolas se vrou:

 Alexandra (haplogroep H  met merkers 16111T, 16357C, 263G, 315.1C)

Dit is nogal pret om ‘n mens se eie merkers te laat toets en op reis te gaan.

Die toetse wys waar ’n mens se oer-genetiese stamlyn vandaan kom – waar die eerste gemeenskaplike voorsaat derduisende jare gelede vandaan gekom het. Dit is nie ‘n aanduiding van jou nabye familie geskiedenis of familiename die afgelope paar honderde jaar nie, dit is derduisende jare terug.
‘n Mens kan in die Genographic Project van National Geographic jou HVR1-variasie laat doen en jou haplogroep kry, dit is soos die oerstam waaruit jy spruit, by Wits kan jy jou HVRII ook laat doen en jou subgroep kry, dit is veel meer spesifiek en lekker interessanet.

Let wel dat die haplogroep en subgroep sowat 16 500 genetiese basispare van jou totale genetiese samestelling vir jou gee uit die 3 miljard basispare wat jy is. Dit is dus min en bepaal nie jou identiteit nie en niks word gese oor siektes nie. (Ek het myne – my mDNS – laat doen dit was hoogs interessant).
Só werk dit
’n Mens se totale genetiese samestelling is jou genoom, wat jou DNS insluit. ’n Mens kry die helfte van jou genoom van jou ma en die ander helfte van jou pa. Die genoom word geskommel.
Daar is twee genetiese komponente (mitochondriese DNS en die Y-chromosoom) wat redelik stabiel bly in hierdie proses en net nou en dan kom mutasies daarop voor (soos ’n spelfout in die genetiese kode), wat merkers genoem word. Dít word merkers van herkoms genoem.
Wanneer ’n groep mense dieselfde genetiese merker deel, word hulle in ’n haplogroep ingedeel. Dit dui op mutasies wat plaasgevind het in ’n spesifieke tyd en plek in die geskiedenis en dui ook op oeroue patrone van migrasie.

Die man se Y-chromosoom
Die DNS op die Y-chromosoom word slegs van pa na seun oorgedra. Omdat die Y-chromosoom nie ’n ooreenstemmende chromosoom het nie, ontsnap dit die genetiese skommeling soos hierbo vermeld.
Dít veroorsaak dat die Y-chromosoom oor generasies heen van een man na die volgende oorgedra word met min verskille, behalwe wanneer daar lukrake mutasies is. Die mutasies gee aanleiding tot die genetiese merkers wat genetici gebruik. (Die merkers van herkoms.) Die mutasies is nie negatief nie, daar is niks met die gene “verkeerd’ nie.
Die betrokke genetiese merkers kom in bepaalde bevolkingsgroepe voor en deel mense in haplogroepe in.
Genetiese Adam, soos na hom verwys word, beteken nie dat daar net een “Adam” was nie, dit beteken net sy genetiese lyn was uiteindelik suksesvol – daar was ander mans saam met hom.

Die vrou se mDNS
Mitochondriese DNS (mDNS) word net van ’n ma na al haar kinders oorgedra. Die mitochondriese genoom muteer teen ’n hoër koers as die res van DNS. Dit het dus baie variasie in die wêreldbevolking se DNS gelaat. Vroue se herkoms word ook deur merkers van herkoms nagespoor.
Die gemeenskaplike vroulike voorsaat wat deur almal op die aarde gedeel word, kan teruggespoor word na ’n vrou wat 150 000 jaar gelede in Afrika geleef het. Sy was ook, soos die genetiese Adam, nie destyds die enigste vrou nie; sy was net gelukkig. Haar genetiese lyn het nie uitgesterf nie. Dit wil se al haar nasate het kinders gehad.
Elke haplogroep het van die gemeenskaplike voorsaat af vertak. Daar kan tans vir die meeste haplogroepe ook terug­gestap word op die genetiese merkerspoor om te bepaal wanneer elke haplogroep se bepaalde vertakking plaasgevind het.

Soos die mensdom uit Afrika gemigreer het – die eerste migrasie was sowat 100 000 jaar gelede en daar was 60 000 jaar gelede weer ’n migrasie – het hulle die sub-mDNS-groep saam met hulle geneem. Dit het weer gemuteer om ander haplogroepe te vorm.
Diegene wat in Afrika gebly het, het weer nuwer haplogroepe gevorm. Miljoene mense op aarde sal dieselfde mutasies hê, wat hulle in dieselfde haplogroepe sal plaas. Almal is nog net nie getoets nie.

Soos broodjies: Ek verstaan die genetiese merkers van herkoms soos Hansie en Grietjie se broodjies wat hulle in die paadjie gelos het, die voels het dit net nie geeet nie. Die einde van die pad is vandag, die huise is die oer-stamgroep (haplogroep). Die broodjies is die merkers wat uniek is aan jou groep en dit kan in jou DNS gesien word.

 

Antieke migrasie-patrone van die haplogroepe vanuit Afrika

Grafika: Texas universiteit/genographic project

Genetiese merkers verkry van Wikipedia

https://www3.nationalgeographic.com/genographic/


  1. BB

    Sjoe!!😯 Rosie – you never cease to amaze me!! Ek het ‘n documentary hieroor anderdag op die een of ander channel gesien – die toetse is blykbaar nogal ehhhmmm duur, nê? Anyways – die storie is hoogsinteressant… my pa het sy (ons) stamboom teruggetrace na ± die 1400’s toe – en dis vir my reeds moer-awies vêr terug…(vêr genoeg om my heel tevrede te stel). Blykbaar was die oer-oupagrootjie maar net ‘n hofnar of storieverteller of so iets aan die hof van some Prussian adellike – en somehow het hy met sy ge-babble uit stories en grappe uitgeraak en moes hy toe gaan werk… arme ding moes begin hout kap en so het sy nasate maar dieselle ding gedoen – vir maande en jare weg van die huis af in die Swartwoud hout gekap vir die skepe wat in Hamburg gebou is… so 200 jaar later en ‘n goed gatvol gekapte 8ste generasie het daar toe ‘n nasaat gekom (Berthold) met dieselfde awesome talent as die ‘stamvader’ – hy kon nog die liere ook speel en hy’t leer lees en skryf (ok, daar was nie veel om te lees nie.. but still)- en hy het ‘n ‘knack’ gehad om sy stories en grappies in rymformaat voor te dra – en is hy toe aangestel in die huis van die een of ander ryk vors om die se kinders te entertain en word hy toe sommer later ook die kinders se opvoeder (onnie) – ongelukkig trou hy toe met ‘n girl met een chromosome te min… suffice to say hy was die ‘missing link’ – die nageslagte was maar weer houtkappers maar het hulleself opgewerk in die range en uiteindelik darem ‘agente’ geword in die skeepsboubedryf. Hierdie arme Wenk voorsate het nooit so baie kinders gehad soos hulle tydsgenote, want hulle was te min by die huis… so max 3 kinders per gesin (volgens die stamboom) per generasie – as pappa tuis gekom het na maande se boomstompe op karwei in die Ryn rivier was hy boonop nog so vodde, dat dit hom 2 weke gevat het om te herstel en dan moes Mamma vinnig swanger kom, want hy was alweer vir die volgende jaar of twee op pad ‘werk toe’… Die arme goed het so gewoond geraak aan die leefwyse, dat hulle besluit het hulle motto is : “you might as well enjoy it…” – so het die Wanderlust by die Wenk’s sy ontstaan gehad (dink ek… cause dis daai deeltjie wat ek geërf het…) – en dalk ‘groot-onkel’ Berthold se onuitputlike bron van stront praat en dit as ‘diens’ te verkoop:mrgreen:
    Ek dink net hulle sit die pot mis met die Afrika-oorsprong… die physical eienskappe is net sooooo verskillend; ek dink nie enige mutasie sou dit in ‘n miljoen jaar change nie. Nothing racist or otherwise derogatory hierby betrokke nie… but explain this… why did everything that went north, change and everything that went south, stay the same??
    and why is it that when you put a ruler to your nose and your chin it forms a straight line (people who went north) and when you do the same to the people who stayed put or went south – dan’s die bek ini pad???

  2. Kyk hier is nou so baie wat ek moet leer en onthou!:mrgreen:
    Ek het ook daardie dokumentêr gesien. Het nogal gedink dat ek ook graag die toetsie sal wil doen😆 Wie weet ek is dalk van die “Royalty” afkomstig!

    Weereens soos altyd ‘n baie goeie inskrywing Rosie!

  3. Ek kry altyd hier iets wat ek geniet. Dankie Rosa! Mmmm, nou laat jy mens weer wonder😆

  4. BB: Lekker geskiedenis wat julle mense het en dis nogal ver terug.
    Elke liewe een van ons het ‘n oorsprong in Afrika, selfs die mense wat noord, gegaan het. Dit is die common ancestor.

    Ek besef mense hou nie daarvan nie, en is maar okay. Maar ons sien dit in die fossiel-rekord en in die genetika.

    En almal wat op aarde leef vandag is 2000 generasies terug familie van mekaar.

    Dan is daar die KhoiSan se voorsate wat suid gegaan het, hulle is die oudste lewende genetiese groep op aarde. Sover terug as 1640 000 jaar kan hulle geneem word. En al die swart mense het nie suid gegaan nie, baie het noord en wes gegaan binne Afrika. En inderdaad is daar groot verskille binne die groepe.

    Wanneer groepe migreer en op hulle eie bly, kry hulle hul eie eienskappe. Mens kan dit sien in die genetika van onder meer chinese, indiers, inheemse nieu-seelanders, noord-amerikaners en australiers, mongolese en talle ander groepe. Maar net omdat mense se fisisie kenmerke verskil, betken dit nie hulle is nie verwant aan mekaar nie.

    Die een toets is $100 en die toets by Wits is sowat R1800.

    Wippie: Dit is lekker om die toets te laat doen by Genographic. Dalk is jy ‘n prinses!
    Dankie

  5. Demoerin: Plesier, en waaroor wonder jy? Vir ‘n feitvraat soos jy sal dit lekker wees om die toets te laat doen. Ek het myne baie geniet.

  6. Hierdie is nie ‘n “tag” nie, dis sommer ‘n vraag wat ek op ‘n paar blogs loslaat om te sien wat julle deesdae in SA drink. My idee is die volgende: ek wil ‘n minibar (so groot soos ‘n coolbag) saamtrek op ons reis deur SA en dan wil ek oral waar ons uitspan langs die swembad, my vroutjie verras met classy long drinks, wat mooi lyk en lekker (s)maak.

    Ek soek nie cocktails nie, want dan loop ek my dood tussen kombuis en swembad. Ook nie te sterk drankies wat mens na twee doppe laat slinger nie.

    Wat is jou gunsteling long drink en hoe maak ek dit?

  7. BB

    So, ek en Wipneus is family!!??😯
    DMI wonder seker oor dieselfde!!🙄
    Hy wonder hoekom ons ou ‘niggie’ ons nooit virre braai oornooi nie!:mrgreen: (Seker skaam vir hierdie oer-takkie van haar stamboompie😉

  8. Hi machiel, ek drink nie alkohol nie. So jammer ek kan nie daarmee help nie.

  9. BB

    Ok Rosie – seriously no jokes now… is ek en die teagirl dus verwant? En wie se bloed is dan supposedly meer ‘blou’ – d.w.s. meer original authentic? Want as sy minder gemutate het as ek, is sy seker nader aan die stamvader as ek? In leke terme dan…

  10. BB: nee ernstig nou. Ek het nie gese jy en die tea-girls is verwant nie, tensy julle in dieselfde haplogroep val. Daar is sogenaamde swart mense in die Europese haplogroepe en wit mense in die sogenaamde swart haplogroepe, maar dit sal ons het weet as ons die betrokke mense se DNS (HVR1 en HVR2 toets, ne?)

    Dan is daar ook sogenaamde wit mense in die Euro-asiese groepe.

    Niemand van ons se bloed is ‘rein” of pure nie. Niemand, orals was daar vermenging.

    Onthou dit is MERKERS VAN HERKOMS NIE MERKERS VAN KLEUR NIE. Die bepaalde gene bepaal jou herkoms nie jou kleur nie, mens kan dus uit dieselfde oerstam kom en van verskillende kleur wees.

    Nee, die aantal mutasies is nie ‘n aanduiding van hoe autentic jy is nie.

  11. BB

    Dankie! I appreciate! In other words, as hierdie bloedlyn so vêr teruggaan, might it just occur dat daar vir geen ooglopende rede, daar net iewers op ‘n dag ‘n blasser, krulkop agterkleinkind op my family gallery in die gang gaan hang – and there’s a (relatively) simple enough reason for that?
    Terloops – van die os op die donkie – Rosie – gaan lees asb my comment op ‘n comment mbt. dieselfde (bg) alkohol verwante vraag en sê vir my of ek nou totally oorreageer het daar – ek het vir my nou amper ge’Wip’😉

  12. BB: Ek dink ons moet ‘n blikskud hou onder die bloggers dan laat toets ons jou haplogroepe en sien presies, wat dink jy😉
    Nee, hierdie is merkers van herkoms uit antieke migrasie-patrone (dit is nie die velkleurmerkers nie), dit toets/bevat dus nie die gene wat kodeer vir velkleur nie.

    Onthou mens kry 50% van gene van ma en pa, ‘n kwart van oumpas en oupas x 4, ‘n agste van agter-oumas en oups, ‘n 16de van agter-agter oumas en oupas. ‘n 32ste van agter-agter-agter oumas.
    NOU: hierdie merkers gaan duisende jare terug en is dus ‘n KLEIN aanduiding van herkoms.

    Waar moet ek gaan lees? Sal gou aan soek.

  13. BB

    /me skud solank die emmer…. (maybe I have yet to be discovered😕

  14. BB

    /me giggel lekker …. stuur wragtig vir Rosie na die laaaaaaangste bloginskrywing ever ooit in die geskiedenis van die BB blog…. LOL!! (sorry Rosie😳 )

  15. BB: my aarde jy hoef nie sorry te se nie! ekke was daar! LOL

  16. BB

    /me zips her lips for today – en trek haar t-shirt aan: ” I’m with her → “

  17. Dis nou moerse interessant! Ek sal daarvan hou om daai toetsie te laat doen. Mens kan mos lekker speel…

  18. kaalvoete: nou laat doen dit, kliek op die genographic link hier bo. dis helse cool hulle stuur die hele boksie vir ‘n mens, jy doen die “speeksel-toets self” en stuur dit terug na hulle. dis baie maklik. in die boksie is lekker speelgoed, ‘n boekie, plakkaat en dvd.

    dan kry jy ‘n unieke nr waarmee jy inlog om te sien wanneer jou toets klaar is. mens kan die vordering dophou. en die resultaat lees jy vertroulik op die internet. dan kan jy kies om dit by te dra dat tot die projek, wat ek gedoen het.

    dit kos $100. (amerikaans).

  19. ICE

    Moerse interesting! Thanx!

  20. Genealogie! nog ‘n tydverdryf wat my lank kan besig hou! ek het die Khan-naam gesien en moet net noem dat my skrywer ‘n stukkie van Khan se geskiedenis gebruik het😆 😉 very interesting…a thrill a minute http://www.cusslermen.com/treasureofkhan.htm

  21. Dankie Ice.

    Cebella: Ja skrywers hou daarvan om dit geskiedenis in te werk in boeke, dis lekker ek hou ook daarvan. Dis net so lekker in epic-flieks.

  22. Hemel RF, 16519C, 152C, 194T, 263G, 315.1C !!! Amper vra ek of jy yl! Jy ken beslis ‘n paar goed waarvan ek nog nooit gehoor het nie.

    Ek sal maar eers wag tot die prys afkom voor ek hoes en spoeg.

  23. Bertus!

    Hierdie is nou seker ‘n dom vraag, maar hoe weet mense wat was in Genghis Khan en Petrarca se DNS? Daar bestaan sekerlik nie meer monsters nie. Ek wonder, want ek sou nogal graag wou weet of ek van Herodus die Grote of so iemand afstam; you never know.

  24. Lekker inskrywing en goed verduidelik. Die menslike genome projek is werklik interressant en as ek’n prys kan toeken vir die mees invloedrykste wetenskaplike projek in mense heugenis, sou ek dit hiervoor gee. Die siniese EK wag natuurlik vir die broodkrummels om ons na Adam en Eva te lei😉

    BBM/strong>, my geskiedenis gaan ook terug na destydse Pruise – hemels, kan ons verwant wees😆

  25. Bertus: Mens begin nie by die historiese figuur en dan toets jy na vandag nie. Jy begin by vandag en dan toets jy terug (onthou die Hansie en Grietjie-vergelyking?).
    Maar met Pertrarca was dit lekker, sy oorskot is in 2003 opgegrawe en getoets.

    Met Khan: Zerjal et al [2003] [6] identified a Y-chromosomal lineage present in about 8% of the men in a large region of Asia (about 0.5% of the men in the world). The paper suggests that the pattern of variation within the lineage is consistent with a hypothesis that it originated in Mongolia about 1,000 years ago. Such a spread would be too rapid to have occurred by genetic drift, and must therefore be the result of selection. The authors propose that the lineage is carried by likely male-line descendants of Genghis Khan and his close male relatives, and that it has spread through social selection.

    American Journal of Human Genetics, 2003.

    Dit hang dus van die betrokke individu af, hoe goed sy geskiedenis opgeteken is, en hoe ver ons die broodkrummes (mutasies) op die paadjie kan opspoor.

    Ek hoop dit beantwoord jou vraag, Bertus.

    Met die Tzaar en sy vrou s’n was dit maklik, want hulle het nog lewende nasate.

  26. Rosa

    Wie is die Adam en Eva waarna in die wêreldkaart verwys word, kan dit dalk dieselfde Adam en Eva wees waarna in God in Genesis verwys….?

  27. Mykopop’nblok: Jong as ons nog langer wag, sal ons kom by die genoom (jou hele een, al 3 miljard basispare, alles ) vir $1000. Dit gaan wonderlik wees, as mense die guts gaan he om dit te laat doen, want dit sal jou risiko vir siektes ook gee. Dit is die volgende groot stap in genetika.

    Emil: Dankie, die projek sal teen 2010 tot ‘n einde loop en daar is natuurlik lekker SA data ook in. Die ander wonderlike projek is HapMap.
    Hulle het “Adam’ al tot 60 000 jaar gelede gekry en Evan tot 150 000 jaar!

  28. Johannes ek dog dan ek het die duidelik gestel daar was nie een Adam en een Eva nie. daarom is dit in “aanhalingstekens”.

    Hierdie is ‘n genetika-storie, nie ‘n godsdiens-storie nie.

    Die moderne mensdom het dus ’n gemeenskaplike
    voorsaat afkomstig van Afrika, wat
    aanleiding gegee het tot al die genetiese
    vertakkings wat vandag bestaan.

    Die gemeenskaplike manlike voorsaat wat
    deur die mensdom gedeel word, kan teruggevoer
    word na Afrika tot sowat 60 000 jaar
    gelede.

    Genetiese Adam, soos na hom verwys
    word, beteken nie dat daar net een “Adam”
    was nie, dit beteken net sy genetiese lyn
    was uiteindelik suksesvol – daar was ander
    mans saam met hom.

    Die gemeenskaplike vroulike voorsaat wat
    deur almal op die aarde gedeel word, kan
    teruggespoor word na ’n vrou wat 150 000 jaar
    gelede in Afrika geleef het. Sy was ook, soos
    die genetiese Adam, nie destyds die enigste vrou
    nie; sy was net gelukkig. Haar genetiese
    lyn het net nie uitgesterf nie.

  29. Rosa

    Sorry dat ek so dom “godsdienstige storie” vraag gevra het. Ons ouens wat net Bybel lees is maar dom ouens. So verskoon dus die dom “oppervlakkige” godsdienstige vrae?

    Is ek verkeerd as ek die afleiding maak dat daar dus baie ander genetiese “adam en evas” kan wees, wat almal ook terugwaarts herlei kan word na een “adam en eva”…?

  30. Ek sal bietjie gaan kyk na HapMap – ek dink jy het my al voorheen daarnatoe verwys. Terloops, beteken dit nou, synde die 150 000 jaar, dat die vrou was tog eerste geskape😉

  31. Johannes, ek het vir geen oomblik gese jou vraag is dom nie. Ai regtig.
    Daar was baie Adams en Evas, party was net meer suksesvol as ander. Genetiese Adam en Eva is ‘n konsep: most recent common ancestor.

    Emil: HapMap is lekker in die sin dat hulle daarmee die genetiese diversiteit onder groepe toets. Dit verskil in die sin van hierdie een, dat dit na die verskille kyk, terwyl genographic weer na die ooreenkomste kyk. HapMap gaan/is besig om te fokus op die mediese sy, verskillende groepe se geneigdheid vir sekere siektes. BV. sg African american mans kry meer prostaatkanker, en joodse vroue meer borskanker, en Afrikaners enkodeer vir sekere bepaalde hartsiektes asook skisofrenie. Ag daar is talle.

    Nee, Eva/Adam gemeenskaplike voorsaat werk is nog besig. Hulle is net verder met Eva se werk (150 000 jr) as met Adam sn.

  32. Nou toe nou, ek is wragtig familie van Wipneus en BB!!!! Heerlik om weer hier te lees Rosie!!!

  33. BTW – Waar is my balonne????? 😈

  34. Rosa dit was nou baie interessant. Ek het ‘n duisend vrae maar kan nou nie alles hier vra nie. Een vraag: hoe weet hulle hoeveel jaar terug die “adam” of “eva” geleef het? Maw hoe dateer hulle die variasies?

  35. Mefri

    Rosatjie, ek het dit soos altyd, baie geniet en jy plant alweer dinksaadjies in my kop.

    Ek kan nie help om te wonder of ‘n gedeelte van die antwoord vir die onverklaarbare kragtige aantrekkingskrag (band) tussen party mense ook êrens sluimerend tussen die bloed-boek se blaaie lê en wag om ontdek te word nie. LOL een van die persone oor wie ek so voel se voorgeslagte (die oumas) het dieselfde name myne, dit sal ‘n interessante ontdekking wees.:-)

  36. reisiger

    Ek het ook die dokumentêr op 50/50 gesien. Jou inskrywing is verskriklik interessant. Genealogie, so tussen hakies, is ook een van my stokperdjies.

    Ek het hier iewers ‘n artikel,maar kry dit ongelukkig nie nou opgespoor nie, oor retinitis pigmentosa wat spesifiek in sekere families voorkom. Ek wou meer daaromtrent uitvind omdat my broer dit het en het per epos navraag gedoen by ‘n professor by die Universiteit van Kaapstad. Hy het my ongelukkig nooit terug geantwoord nie. Ek het ook op die internet navorsing probeer doen maar my telkens in ‘n doodloopstraat bevind. Dit is nou ook al ‘n hele tydjie gelede wat ek dit probeer doen het en ek het lankal al tou opgegooi maar ek wonder steeds oor baie goed. Dit nou maar so terloops!

  37. Pikkie: jou balonne is oppad!!! Ek is bly is weer in blogland🙂

    Flippie: dankie, ja dit is ‘n goeie vraag. ‘n Merker van herkoms se mutasie is skaars en kom ongereeld voor, dit is goed, want anders sou ons deur ‘n helse klomp goed moes sif. (dit is nou die Y-chromosoom mutasie en die Mdns-mutasie)

    Maar die mens se genoom is ongelooflik groot en gewone mutasie kom baie voor, ‘n voorbeeld is dat ‘n kind sal sowat 50 gewone mutasie he, as van sy ma en pa. Dit het tydens selfverdeling gebeur. Dit klink baie, maar is min as jy dink ons bestaan uit 3 miljard basispare.

    Terug by jou vraag die ouderdom: Ons praat van Short Tandem Repeats (STR’s). Dit is kort stukkies herhalende DNS wat bestaan uit ‘n paar eenhede selkerne (soos CTTCTTCTCT – onthou vir timien en sitosien?) Danksy hulle herhalende struktuur, kan STR’s die DNS-kopieer-masjien verwar.
    Wat dan gebeur is dat ‘n herhalende eenheid of stukkies kan bylas of weglaat.

    Dir gebeur meer as enkel-nukleotied mutasies (of SNIPS) en so kan hulle die ouderdom “tel”. Dit is danksy rekenaartegnologie wat deur die hordes sif.

    Mefri: Jy het dalk ‘n punt beet, dit kan inderdaad so wees. Ek hou baie van vuur, en staar na die vuur. Daar moet iewers ‘n oer-konneksie wees. Ek het baie daaraan gedink toe ek die boek: Women who run with the wolves gelees het.

    Reisiger: Ek dink ek ken die man by UCT wat met RP werk, dit is inderdaad oorerflik. Ek is regtig baie jammer oor jou broer. Stuur vir my ‘n epos as jy lus het, dan kan ek jou en die man by UCT dalk byeen bring.

  38. Baie dankie vir die verduideliking. Dis regtig baie interessant.

  39. Rosa

    hoeveel chromosome het die mees gesofistikeerde aap, gorilla, enige ander spesie wat in terme van die intellek die naaste aan die mens is?

    Van wanneer af het die 23chromosome van die mens begin feature? Van watter jaar, of era het die 23chromosome verskynsel maw die lig gesien?

  40. Johannes is sy seker jy wil oor chromosome weet? Want ‘n chromosoom het NIKS met intellek te doen nie. Jy vergelyk nou ‘n appel met ‘n skoen.

  41. Dankie eilandkind en dit was ‘n plesier flippefanus

  42. Rosa

    Asseblief. Waarom verskil die aap of bobajaan se aantal chromosome met die aantal chromosome van die mens?

    Jammer ek weet regtig niks van chromosome nie. Ek het op skool biologie gehad, maar het nie daarin belanggestel nie. Ek weet net dat die mens 23 daarvan het. Ek sou graag wou weet hoekom die mens 23 chromosome het. Het diere en plante (of ander vorme van lewe) enigsins chromosome…?

    Het alle mense 23 chromosome…? Gestel dit sou moontlik wees om die stofdeeltjies van “adam en eva” in ‘n graaf op te tel, kan die chromosome DNA daarvan bereken word?

    Is daar byvoorbeeld wesens wat net een chromosoom het (gehad het) of twee, of drie…? Is die feit dat die mens 23 chromosome het, ‘n aanduiding daarvan dat dit die mens van enige ander vorm van lewe onderkei?

  43. Not 2 worry. Ek weet die vraag is seker nie te moeilik om te beantwoord nie. Dis seker maar die verwagting van die vrae wat daaruit kan voortspruit wat wetenskaplikes gerieflikheidshalwe liefs vermy. Hulle weet instinktief dat die boek nie alleen in die bloed is nie, maar dat die Bloed in die Boek is.

    Dit lyk my dis net die mens wat 23-pare chromosome het.

  44. Johannes, jy weet ek sien dis lekker vir jou om my uit te lok. Want eintlik steur jy jou nie aan my antwoorde nie.

    Ek vermy nie vrae of antwoorde nie, maar soos ek voorheen gese het, jou aantal chromosome dui nie op jou “slimgeit” nie, regtig. ‘n Chromosoom is niks anders as ‘n tipe genetiese algoritme (of resep nie). Regtig, asseblief.

    My jinne! Natuurlik het net die mens 46 chromosome as ons 2 gehad was ons nie ‘n mens nie, en 200 ook nie. ‘n Rot het 42 ‘n olifant 56 en erdwurm 5. ‘n oerang-oetang het flippen 48. en ‘n prawn het 254.

    Die chromosome maak nie die mens soseer uniek nie, want ons deel steeds 98% van ons DNS met die sjimpansee. ons deel selfs gene met flippen piesangs en visse. Die mens in sy totaliteit is nie uniek nie. Ons het selfs gene wat vir sterte enkodeer (ie. stuitjie…of het jy nie ‘n stuitjie nie?)

    En nou vir die 1ste keer sedert ek my blog het is ek besig my myself te vervies. My fok.

  45. lag kliphard….!

    tussen my jinne en my fok…!

    vind ons ‘n wêreld van chromosome baie netjies opgesom

    dat jy jou nou vir ‘n piesang soos ek moet vervies

    ek bied dus met die opregtheid

    wat enige stertlose aap jou dit kan bied

    ‘n askuuuuus…. my *bok!

    *(moet asb. nie persoonlik opvat, dit rym net met fok)

    (Ek geniet nog steeds jou blog, laat my baie aan Tolla vd Merwe dink, jys nie dalk familie van hom nie?)

  46. Sies Johannes kry jy nie skaam nie👿

  47. maxie

    Johannes, dit was nou regtig onnodig.

  48. Julle, ek dink julle verstaan vir Johannes verkeerd. Ek dink nie hy probeer lelik wees nie. Hy het ‘n sekere oortuiging wat strydig is met julle oortuigings. Die hele kwessie van chromosome en DNS lyk na bewyse teen sy oortuigings. Daarom vra hy vrae daaroor. Moenie vir hom kwaad raak nie. Gee hom net die opregte antwoorde. Sy laaste inskrywing lyk vir my soos ‘n manier om verskoning te vra, (goed, met so bietjie draak steek daarin, maar nogtans) so hoekom val julle hom nou nog steeds aan?

  49. Flippie miskien moet jy in die argiewe gaan loer.

    Maar soos ek Rosie ken sal sy natuurlik sy verskoning aanvaar, as dit opreg bedoel is.🙂

  50. Wipneus, ek het nou weer deur al Johannes se kommentaar gelees en ek kan geen rede vind dat julle hom so moet behandel nie. Om die waarheid te se hy het al in #29 omverskoning gevra. Al wat hy doen is om vrae te vra. Wat’s verkeerd daarmee? Is dit nie tog maar wat die wetenskap doen nie, om vrae te vra en antwoorde daarvoor te soek?

  51. Ek praat nie van die inskrywing, ek praat van die “argiewe”
    Vorige inskrywings!

  52. Flippie, Rosie het nog altyd al sy vrae baie “opreg” geantwoord, hier is net 2 voorbeelde:

    https://rosalindfranklin.wordpress.com/2008/04/21/nie-n-klip-nie/#comments

    https://rosalindfranklin.wordpress.com/2008/05/14/begin/#comments

    Ek en my man volg haar blog al van Januarie af en sy was nog nooit suinig om haar kennis te deel nie.

    Ek kan ook nie juis sien dat ons hom aangeval het nie. As ek vir iemand vra of hy nie skaam kry nie, sien ek dit definitief nie as aanvallend nie! Ek vra hom ‘n vraag, en Johannes weet presies waaroor dit gaan!

  53. Wipneus ek het ook die ander inskrywings se kommentaar weer deurgelees. Johannes is nouwel baie knaend met sy storie😆 en laat hom nie sommer anders oortuig nie, maar ek dink nie hy was op enige stadium lelik gewees of het enige afbrekende dinge gese nie.

  54. Dit gaan nie oor wat hy sê en vra nie, dit gaan oor aanhou en aanhou en aanhou soos ‘n kriek in paarseisoen… Dit gaan daaroor om nie iemand te treiter en temteer tot die uiterste nie… Dit gaan nie hier oor intelek of die wetenskap nie, dit gaan oor doelbewus iemand anders irriteer en verpes tot satwordens toe…

  55. Ja hy het bietjie te lank aangehou met sy storie. Arme Rosa kon dit toe later net nie meer verdra nie. Dis jammer.😦

  56. Mefri

    Nee flippiefanus, Rosatjie is ‘one wise lady’ mens voed nie ‘n honger leeu nie, hy sal altyd terugkeer na waar die kos volop is.

  1. 1 “Deliberately barren” « inderdaad

    […] ‘n naam?  Watter nalatenskap het vrouens?  I just don’t get it. (Rosalind Franklin se post oor DNA hou moontlik […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: