Was ek maar ‘n Valkyrie

. . . dan sou ek jou lyf vol bloed en sweet optel van die slagveld, en jou was in water waar dit blou is.

Ek sou jou laaste rit volmaak maak op my perd en jou sag deurlaat by die poorte van Valhalla. Ek sou jou vir laas teen my bors druk en soen.

Dan sou ek omdraai en nog ‘n held gaan kies, een wat waardig is om sy lyf te laat gly by die poorte van die Noorderlig.

En op die Aarde rig jou mense vir jou ‘n rune (ou Germaanse skrifteken) op, met al jou heldedade, sodat die nageslag jou kan onthou.

Foto: www.runewebvitki.com/poetry.html

Die Valkyries (Choosers of the Slain) was volgens die Noorse lande of Vikings, die godinne wat hulle opgeneem het na Valhalla. Wanneer ‘n krysman braaf op die slagveld gesterf het, is hy deur een van die Valkyries opgeneem na die paradys waar hy dan soos ‘n koning geleef het.

Baie is al geskryf oor die beskawing se ongelooflike moed en heldhaftig optrede, is dit juis die belofte aan so ‘n wonderlike ewige lewe in hulle kultuur wat hulle gedryf het? Moontlik. Diegene wat gekies is, sal dan ook saam met die gode in oorlog (einherjar) tree, ‘n groot eer.

Die beskawing is nou dood en hul gode ook.

Die Valkyries se vlerke was gemaak van swaanvere en daarom kon hulle ook vlieg. En daar is ‘n hele paar bekendes wie se name in ou gedigte en vertellings voorkom.

Hulle het ook bepaal wie is die oorwinnaars in die oorlog en wie sal sterf, in diens van die oppergod Odin.

Then gleamed a ray

from Logafiöll,
and from that ray
lightnings issued;
then appeared,
in the field of air,
a helmed band
of Valkyriur:
their corslets were
with blood besprinkled,
and from their spears
shone beams of light
– Bulfinch’s Mythology (1855)

 

Baie van ons is natuurlik afstammelinge van die Vikings (Skandanawiese/Noore) wat wyd Brittanje en Europa beset het, van die 8ste tot die 11de eeu.  Omdat hulle so wyd gereis het, met hulle langbote het hulle gene ook wyd gereis.

(O ja en die Vikings was nie ‘n klomp wilde vuil mense nie, in hulle leeftyd en konteks was hulle nie minder of meer as die ander mense van die tyd nie. Hulle was wel besondere ontdekkers.)

Later bietjie meer oor bekende mense se DNS en waar hul vandaan kom. En raai wie het vandag meer as een miljoen afstammelinge?


  1. ICE

    Baie interesting!

    Dis seker maar Confucius?

    Sienende dat die Sjineese die grootste deel van die wêreld se bevolking uitmaak…

  2. Krista

    Very interestink, my dear . . .😉

  3. Ek dink ek sou ook my swaard geswaai het vir die dood met die belofte op een van daai godinne om my te kom haal. Dis nou as ek ‘n man was, bygese😉

  4. BB

    Laat my vêr terugdink aan my kleintyd – my oupa was ‘n stoere ou Pruis… maar het jare van sy kindheid in Denemarke grootgeword – ek het as laerskoolkind ure en ure langs hom in sy groot wingback chair deurgebring en is stories vertel oor die Vikings asook die groot helde van die noorse mitologiese sages (der Ring der Nibelungen – Siegfried (Richard Wagner het ook ‘n opera daaroor geskryf). Daar was natuurlik ook baie vroulike heldinne wie se stories ek verslind het as dogtertjie – Kriemhilde, Brunhilde – die agtervoegsel ‘hilde’ het na heldin verwys…
    Og, jy vat my nou na baie nice tye terug vandag – en ek is my oupa diep dankbaar vir ‘verbeeldingsvlugte’ na amazing ‘other worlds’.
    My eie liefie Helgard se naam stam ook uit die noorse mitologie – those where the men that would have to protect and guard the heroes – in other words, mostly true heroes themselves… en dis hoe ek hom sien – very often in ‘n oeroue konteks die stil, standvastige ou reus wat meesal lyk asof hy geen spesifieke missie homself het nie, maar altyd, altyd in die omtrek is om sy ‘BB’ te beskerm en te kyk dat sy als het om haar purpose te leef…
    Oh stop me – i’m rambling:mrgreen:
    Thanks again Rosie! x

  5. krista

    Waar kan ek opteken vir die joppie? Dit klink na iets waarvan ek sal kan hou . . .😉

  6. BB

    Jy sal Vriending!! And you’ll be GREAT at it!:mrgreen:

  7. Ice: Baie goeie raai skoot, maar is die Mongoolse krysman, Genghis Khan. En dit is nogal interessant hy het nie noodwendig duisende kinders gehad nie, sy “offspring” was net suksesvol, hulle was geneties suksesvol – dus hulle stambome het nie uitgesterf nie.

    Krista: Ja kom kry vir jou ook ‘n perd dat ons oor die velde kan gallop….;)

    Kaalvoete: Dis ‘n nice manier van doodgaan, dink ek!

    BB: Jy is klaar ‘n Valkyrie!!!! BB jy ramble glad nie, dankie vir die heerlike stukkie wat jy nou met ons gedeel het. Sjoe wat ‘n voorreg dat jou oupa vir jou sulke stories vertel het. Wil jy nie seblief vir ons blog daaroor nie, toe? En baie dankie vir die ekstra info🙂

  8. ICE

    Sal beslis nie mind as my stamboom so suksesvol is nie!😉

  9. ICE

    Btw, Is dit nie veronderstel om Abraham te wees nie?

    Sal sy nageslag nie soos die sterre aan die Hemel en die korrels sand op aarde wees nie?

    Miskien is hy die oer-oupa grootjie van ou Genghis…

  10. Ice:🙂 Nee, moenie verkeerd verstaan nie, ek het nie bedoel dat Genghis die meeste afstammelinge het nie, maar net dat hy meer as 1 miljoen het.
    En dat sy nageslag wel geneties nagespoor kon word deur die unieke Y-chromosoom-merkers.

    Dis soos om in ‘n pad af te stap waar Hansie en Grietjie broodkrummels gelos het maar die voels het dit nie opgeeet nie. So jy stap terug op die pad tot jy by die huisie (Genghis) kom. Elke stukkie brood is ‘n genetiese merker, uniek aan sy nageslag oor gedra van pa tot seun.

    Van Abraham sou ek nie kon se nie.

  11. Ek raak by die dag meer seker dat ek nie ‘n afstammeling van Grace O’ Malley is nie. Ek is haar reinkrenasie. I wish.

    Baie insiggewend. Ek hou van mitologie.

  12. BB

    BB is a Valkyrie!!😉
    /me peels off her Amoeba badge:mrgreen:

  13. R1a1 – ai, wat ons nie alles uit die vuurvliegie kan leer nie😆

    Ek wag angstig na die antwoord op daardie miljoen afstammelinge!

  14. Emil: Lekker om jou weer hier te sien, ek het al gedag jy het my begin boikot :)….(miljoen = Genghis Khan), maar daar is nog baie ander lekker mense ook. Vuurvliegie rocks!

    Adrie: Aaarrgh. is dit die geluid wat ‘n pirate maak? Waar is jou skip? Wys my jou cutlass.

    BB: More speel ons weer ‘n ander speletjie🙂

  15. Ja hierdie is my kos. Ek het dit baie geniet Rosie.
    Ek moes ‘n Valkyrie gewees het. Ek sê mos nog altyd ek is in die verkeerde tyd gebore😉

  16. Reisiger

    Die stamvader aan my pa se kant was van Koningsdal (Kongsdal) in Denemarke afkomstig. Ek vind dus jou vertelling baie interessant en sien uit na die DNS inskrywing.

  17. Zee

    😆 @ BB
    Roos, ek het gou so bietjie terug gelees. Lekker leesstof gewees.
    Klink of n Valkyrie nogal lekker kan wees. Ek wil ook een wees!

  18. Wippie: dankie. ek is seker ook verkeerd gebore. bad planning?🙂

    Reisiger; Dis interessant, is lekker as mens die stamvader ken. Dan kan mens terugstap na jouself toe.

    Zee: Jy is al klaar ‘n Valkyrie!

  19. 😆 Rosa ek is elke dag hier! Geen boikot, net nie altyd kommentaar nie.

  20. Emil: altyd bly om jou te sien;)




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: