Vinnger as lig?

Ruimte en tyd is soos ‘n twee kante van ‘n lemoen, jy kan dit nie skei nie. En dit is hoekom die drome om terug of vorentoe in tyd te reis, so moeilik is.

Vandag besluit Rosalind sy gaan ons naaste ster Proxima Centauri besoek (4 ligjaar weg). Volgens Einstein is die vinnigste manier wat ek daar kan kom teen die spoed van lig – as ek so rit kan oorleef. Dit sal my 8 jaar neem, heen en weer.

Sou ek besluit om na die middel van die Melkweg te reis, sal dit my 100 000 jaar neem. Vir julle wat sit en wag mag dit lank voel, maar indien ek terugkom hier, is ek dalk net ‘n paar jaar ouer. (Dit is danksy die tweeling-paradoks, wat beteken dat daar nie so iets soos absolute tyd is nie. Elke individu het volgens die teorie van relatiwiteit sy eie maatstaf van tyd afhangend van waar hy is en hoe hy beweeg.)

So om die reis nou lewensvatbaar te maak volgens fiksie moet ek vinniger as die spoed van lig reis. Dit sou beteken dat ek ook terug in tyd sal kan gaan. Die probleem is: Die krag wat benodig word om my skippie so te versnel word meer en meer hoe nader ek aan die spoed van lig kom.

Ons weet dit nou juis uit die eksperiment wat tans aan die gang is by Cern in die Groot Hadron Versneller. Die protonbundels gaan al hoe vinniger en vinniger in hulle sirkelbaan. En maak nie saak wat die wetenskaplikes daar doen nie, hulle kan die deeltjies nie vinniger as 99,99% van die spoed van lig versnel nie.

‘n Reis deur tyd is net moontlik indien jy die sogenaamde ligspoed-grens kan breek. Die enigste manier is om van punt A na punt B te gaan – nie om die lemoen nie – maar deur die lemoen. In die denkbeeldige wurmtonnel. Die dun tonnel in ruimte-tyd wat twee plat areas wat ver van mekaar is kan konnekteer. Daarvoor het mens ook ‘n area van ruimte nodig met negative ruimtekromming.

As dit dan moontlik is om na die verlede te reis, hoekom het niemand nog teruggekom om ons te vertel hoe om dit te doen nie? Hier is nie mense van die toekoms of verlede met ons nie.

Of natuurlik jy reis “verkeerd” tot so ‘n mate dat jy na ‘n plek reis wat nog nie daar is nie, soos dat jy 5 miljard jaar gelede na die Aarde reis en hy was toe nog nie hier nie.

Al is ruimte-tyd so gekrom sodat ons kon teruggaan, is dit so dat wat in ruimte-tyd gebeur ooreen moet kom met die wette van fisika. Mens kan nie teruggaan in tyd as die geskiedenis nie in die hier en nou wys dat jy reeds daar was nie! Byvoorbeeld, jy kan nie teruggaan en jou oupa doodmaak voordat jou pa gebore was nie, want dan kon jy nie hier gewees het nie.

Of nog erger iemand anders maak jou ouers dood. Waar plaas dit jou dan?

En sou jy teruggaan kan jy nie die reeds opgetekende geskiedenis verander nie, jy kan dit slegs volg. Dus ‘n tydreisiger het nie vrye wil nie.

Of gaan ‘n tydreisiger en teken alternatiewe geskiedenis aan? Soos wat Richard Feynman sy kwantumteorie uitdruk.

Of werk die wette van fisika so dat dit keer dat makroskopiese liggame inligting na die verlede dra?

Dalk wil ek eerder onsigbaar wees . . .

Bron: A Briefer History of Time; Stephen Hawking

Advertisements

  1. Baie lekker inskrywing. Dankie!

    Rosie nou verstaan julle hoekom ek altyd vir julle vertel ek vlieg. En dis nie sommer net van vlieg nie, ek vlieg teen die spoed van lig!!! Natuurlik het ek ook ietsie in my sak, my gunsteling teleskoop, ek reis tot by Centauri, Aldebaran, Betelegeuse en Canopus!

    Jy het my nou net lus gemaak vir Sterrekyk, vanaand as die nag stil word, sal ek op ‘n lekker plek wees 😉

  2. BB

    Ek het een ongelooflike verbeelding – so, as fiksie, is dit seker vir my die een mees amazing ‘flight of fancy’ ever – ek skryf ook graag in die verlede (would’ve, could’ve) – en dis niks minder as mental time-travel. So ook vir die dag van môre… Heng, ek het as kind al ge-time-travel (in ‘n ou kartonboks) – nog voor die flieks of boeke my daarmee kon beinvloed. Man, I went places!!!
    “You may say I’m a dreamer….”
    But, for real??? Naaaaahhhh!!! And although the subject stays cool – it’s still much like “if I win the Lotto…”.
    And although I’ll keep the child inside alive – I probably won’t write an article on the journey :mrgreen:

  3. Wippie: Ek vlieg ook “warp speed”…:)

    BB: ek het ook ‘n verbeelding. ek droom baie oor reis in tyd, ek sou net in die verlede gaan loer het, niks in die toekoms nie. oor geskiedenis so lekker is vir my. dink het hoe kan jy speel as jy dit kombineer met onsigbaarheid!!

    Paula: dankie vir die inloer.

  4. Ek het altyd gewens ek kan teruggaan na die tyd van die Voortrekkers – ek sou een stoere boervrou kon wees 😆

    En natuurlik, as ek ooit kon onsigbaar wees – ek sal jare se pret hê met ander mense 😈

  5. 😆 @ Sonkind! Ek kan jou nogal as ‘n stoere boervrou sien!

  6. Rosa, dit is nogal makliker om net by die fiksie te bly. 🙂 Ek het daardie lemoen na alle kante toe gedraai en ‘n tonnel in my verstand probeer grawe om die stroombane by mekaar uit te laat kom, maar … “Die enigste manier is om van punt A na punt B te gaan – nie om die lemoen nie – maar deur die lemoen. In die denkbeeldige wurmtonnel. Die dun tonnel in ruimte-tyd wat twee plat areas wat ver van mekaar is kan konnekteer. Daarvoor het mens ook ‘n area van ruimte nodig met negative ruimtekromming.” … bly vir my onverstaanbaar en abstrak. :0

  7. Ek geniet wetenskap fiksie baie, selfs al word daar gemaak asof hulle vinniger as die spoed van lig kan beweeg, maar wanneer daar van teruggaan in tyd gepraat word is daar altyd soveel teenstrydighede dat dit alles bederf.

    Op suiwer wetenskaplike gronde dink ek dis redelik veilig om te se^ dat mens eenvoudig nie terug kan gaan in tyd nie. En wat hierdie wurmtonnels aan betref. Dis baie vergesog. Wiskunde is baie geduldig en laat mens toe om snaakse goed aan te vang, maar die wetenskap ontbreek.

  8. Bertus!

    Wat gebeur as mens teen die spoed van lig ry en jy gooi ‘n tennisbal vorentoe?

  9. Bertus, ek dink nie mens sal die tennisbal vorentoe kan gooi nie. Tensy mens iets soos “infinite engergy” besit en al sulke hoge fisika wat ek nie verstaan nie, maar dan sal tydreis moontlik moet wees.

    Flippie: Ek stem saam wurmtonnels en snaarteorie sit nie lekker aan my broek nie. Vir my staan Einstein nog baie sterk.

    Annerkant: Sorry ;( het ek Hawing se boek, die makliker weergawe: A briefer history of time, seker al 3 keer gelees, en gefokus op die prentjies.

    Boendoe en Sonkind: Ek wonder of ons julle kan loslaar daar, julle sal die geskiedenis loop verander 🙂

  10. lynnnn

    wat is die spoed van lig????
    en kan dit bereken word deur eenvoudige eksperimente??

  11. LxDing

    Maar AS daar nou iemand terugkom om ons te kom vertel hoe om wat te doen, wat is die kans dat ons gaan luister? Ouding reken die kans is goed dat so ‘n persoon tot die toekoms verlede word, in ‘n sponskamer gaan sit, ja?

  12. Spoed van lig is deur Einstein bereken, dit is ‘n fisieke konstande en word afgerond tot: 300 000 km/sekonde.

    Albert Einstein het dit bewys in sy spesiale teorie van relatiwiteit met E = mc2.

    Ding: ons sal seker nie luister nie, maar daar is altyd besondere mense wat nie bang raak nie, wat nie in die sponskamer gaan sit nie en wat wel verder dink as ander.

  13. lxding

    Is jy een van hulle, Frankie?

  14. Wip

    Jip sy is (((Dingeling) 😆 uh uh Glad nie sponskamers hier nie whahaha




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: