Sensoriese sensualiteit

Hy het die fynste neus in die vuil strate van die 18de eeuse Parys, maar self geen reuk van sy eie nie. Die betrokke man in die verhaal.

Hy kan alles ruik, letterlik alles. En dit afbreek in die fynste dele.

En die mooiste reuk op aarde, ‘n vrou natuurlik, of die kombinasie van ‘n klomp vroue. Elkeen, wat iets bepaald verteenwoordig. Maar hoe op aarde vang ‘n mens die reuk van ‘n vrou, haar essence op?

Die boek Perfume van die skrywer Patrick Süskind het ek in 1995 vir die eerste keer gelees, later weer gelees en ek sal hom in my lewe weer lees. Hy sal op my boekrak bly.

Die emosie en sensualiteit van ruik, regtig ruik word in hierdie klassieke boek wat vir die eerste keer in 1985 uitgekom het, onbeskryflik beskryf. Die neem jou op ‘n sensoriese reis soos mens jou net nie kan voorstel nie.

Die boek ontstig natuurlik ook so bietjie, seker omdat manipulasie ‘n rol speel en moraliteit. Maar ek sal nie te veel weggee nie.

Die fliek Perfume het ‘n jaar of wat gelede uitgekom en die het ek ook geniet. Alhoewel ek altyd die boeke verkies. Maar dit was een van die min flieks wat goed uitgebeeld is.

Elke nou en dan sal ek skryf oor van my gunsteling boeke – in hulle eie kategorie.

Onrustig het so rukkie gelede geskryf oor die idee om oor boeke te skryf, so die inspirasie is ook aan hom te danke.

Foto: http://www.elegant-lifestyle.com


  1. mmm, ek gaan dit nou ook lees EN die fliek kyk.
    Reuk speel so ‘n groot rol in my eie lewe.

  2. maxie

    Ek verkies ook altyd die boeke, die flieks stel meestal teleur.
    Wonderlike idee om te skryf oor jou gunstelingboeke, ek kan nie wag vir die volgende een nie!

  3. Ek wou nog die fliek gekyk het . . . maar nooit daar uit gekom nie.

    Iemand moet ‘n Engelse boek omtrent hoog aanbeveel voor ek dit gaan soek. Anders lees ek net die boeke van die flieks waarvan ek gehou het. 😆

  4. Eilandkind: As reuk ‘n groot rol speel, dan is die boek ‘n moet. Maar lees eers die boek en dan kyk jy die fliek as ek raad kan gee, dis lekkerder so.

    Maxie: Dankie ek sal so mettertyd van die boeke opsit.

    Adrie: As jy dan van die fliek hou, laat weet tog!

  5. reisiger

    Dit klink na ‘n boek wat ek ook graag sal wil lees. Mmm.. ek sal ook eers die boek lees voor ek die fliek kyk. Ek het ook al ondervind dat dit beter so werk omdat daar meer detail in die boek is.

  6. ek stem met die boek vs. fliek ding…Ek was vies vir THE FIRM, THE BONE COLLECTOR, SAHARA en natuurlik THE DA VINCI CODE! Skuus..ek’s iemand wat graag hierdie tipe boeke lees…nietemin…in ‘n boek “lyk”, “klink” en “act” die karakters altyd beter

  7. Ek gaan definitief probeer om die boek in die hande te kry anders sal ek die fliek kyk. Ek is ook verslaaf aan reuke, my neus is op sy eie reis. Een van my gunsteling flieks is dan ook “Scent of a woman”

  8. Is nogal so. Reuke bring ook herrinneringe en assosiasies. Ek lees ook eerder…en kyk dan nie die fliek nie. Die grootste teleurstelling vir my was die fliek Angela’s ashes. ek het die boek gelees tot dit krulblaaie gehad het en die fliek het nie naastenby die boek se impak gehad nie.

  9. Mefri

    Dit klink baie interessant, ek sal die boek graag wil lees. Dankie Rooskindjie.

    Daar is baie gewaarwordinge wat in ons energievelde opgeneem word, soms word verkeerd geïnterpreteer, ek vermoed dit het iets te doen met ʼn oeroue selfbeskermingsdrang.

  10. As ‘n mens eers daarop gewys word, is dit verbasend hoe min ‘n mens eintlik intens bewus is van en inneem en ervaar van wat jou sintuie waarneem. Die gebruik van al die sintuie saam verdun mekaar waarskynlik, en dan is daar nog al die ander inligting wat ook meeding. … Dankie, Rosa. Ek dink ook dit is ‘n baie oulike gedagte om geliefde boeke te bespreek.

  11. Bertus!

    Vrouens ruik nie noodwendig beter as mans nie …

  12. BB

    Ek het ook ‘n ding met reuk – elke mens het ook mos maar sy kenmerkende geurtjie aan hom… wanneer jy van iemand praat wat jou na aan die hart lê, kan jy mos amper daardie reuk in jou memory optower. Ek het ‘n song begin skryf nadat ek jare gelede ‘n penpal gehad het, wat my eendag so uit die bloute vra hoe ek ruik. Dit was vir my nogal op ‘n bizarre manier vrek sensual – die vraag nou – daar was op daardie stadium nog nie eens foto’s uitgeruil nie, maar vir die persoon was reuk amper meer profound as looks. Ek dink steeds met baie deernis aan hom… Am I weird Dr Franklin???

  13. Praat van reuk, elke mens het mos ‘n reuk, nie waar. My suster het vir my so lekker gerusstellende reuk, een wat my so veilig laat voel.

    Reisiger: Ek dink jy sal die boek geniet.

    Cebella; Welkom hier. Ek Da Vinci Code se fliek was vir my ook simpel. Een fliek wat wel briljant was, was The English Patient.

    Wippie: Ja ek het ook van die fliek gehou.

    Carina: Weet jy, ek het nie van daai boek of fliek gehou nie, maar ek kan ook nie se hoekom nie.

    Annerkant: Ek het daarvan my Onrustig gelees, so dat was eintlik sy idee, ek moet se. Maar dit sal lekker wees as baie mense dit doen.

    Mefri: Dit ‘n interessante punt.

    Bertus! LOL….

    BB: jy is nie weird nie ek dink net jy is fyn ingestel en ek laaik dit! reuke is sensueel!

  14. Klink na ‘n boek wat mens moet lees. Annerkant laat dink my aan ‘n oorle onnie wat altyd gese het: as jy mooi wil hoor, maak oop jou mond, en as jy goed wil ruik, maar toe jou oe. Ek dink die sintuie verdun mekaar regtig!

  15. Boendoe: Is waar mens moet so half konsentreer as jy op een sintuig wil fokus.

  16. Zee

    Klink vir my ek sal of die boek moet lees of die fliek moet gaan kyk.

    Ek ruik nou my ouma se 4711 parfuum hier in my neus!

  17. Mefri

    Dan is daar ook die geur van ‘n nuwe dag in die sonsopkoms -gedoop in ‘n glimlag – dit ruik soos lemoenbloeisels

  18. Boek gelees en fliek gekyk….albei ongelooflik goed! En dit is tog so waar hoeveel ongelooflike herinneringe deur die reuksintuig aangewakker kan word, of selfs andersom… ek sit nou weer hier en ruik my ouma se melktert…mmmm

  19. Zee: Ek kan weer my ouma se poeier ruik!

    Mefri: Of reen, in die Kaap ruik ek nie die reen nie…

    Demoerin: Jackpot, iemand wat die boek gelees het!

  1. 1 A Different View of Reality » Reading Part 1

    […] inspiration for this series came from here, with Onrustig. And with rosalind’s post, inspiration turned into […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: