Hoe dan nou? (1)

Lank voordat diere met vier pote (tetrapode) op die toneel gekom het sowat 365 miljoen jaar gelede het die visse alreeds die gene gehad wat geassosieer word met die groei vir ledemate.

Visse moes natuurlik dramaties aanvas om die water te verlaat en daar is verskeie sulke oorgangsfossiele wat dit bewys onder meer die genusse Tiktaalik, Eryops en Ichthyostega.

Maar in sommige antieke visse (onder meer “paddlefish”) bestaan hierdie genetiese boustel steeds.

Maar meer as dit, sommige gene is baie stabiel, die Hox-geenreeks tel onder dit. Die afgelope 700 miljoen jaar het die groep gene omtrent nie verander nie. Ons deel dit dus met sommige van die mees primitiefste organismes ooit. Hox speel ‘n groot rol in die ontwikkeling van ledemate.

Hoekom primitief? Want die grootste ontploffing van orgamisme was sowat 540 miljoen jaar gelede tydens die Cambriese periode. En Hox kom al van 700 miljoen jaar gelede.

Seker een van die grootste misverstande oor evolusie is dat mense baie keer sê ‘n aap het in ‘n mens verander of ‘n mier in ‘n reptiel. Dit kan nie verder van die waarheid wees nie en dui op totale ongeligtheid. Evolusie gaan oor klomp klein veranderings, oor ‘n baie, baie, baie lang tyd. So klein mens sal dit nie oor iets soo 100 jaar kan raaksien nie. Maar, tel ‘n mens die klomp klein veranderings bymekaar, oor duisende of honderde generasies van die bepaalde organisme, dan is dit nogal noemenswaardig.

 

Evolusie word gedryf deur die volgende bene: Adaptasie, Natuurlike seleksie, Genetiese vloei, Mutasie en Spesiasie. Die groeiende veld van “Evo Devo”  lewer dan ook al meer bewyse van die wisselwerking tussen evolusionere ontwikkelingsbiologie, genetika, embriologie en paleontologie. Die velde saam vorm ‘n raamwerk wat as geheel al die betrokke bene staaf.

 

Van die beste voorbeelde van oorgangsfossiele, waar een groep in ‘n ander groep ontwikkel het, is in Suid-Afrika. Die soogdier-agtige reptiele van die Karoo het ontwikkel in die soogdiere (dit sluit die mens in). En ‘n mens kan die verandering oor generasies jeen fisies met jou eie oe sien, mits jy bietjie agtergrond, of net bietjie lees (uit behoorlike bronne), in anatomie en/of paleontologie.

 

Nou kom ons neem ‘n praktiese voorbeeld. Soogdiere is die enigste organismes op aarde wat die drie klein oorbeentjies, agter die oordrom besit. Die beentjies (hamer, aambeeld en stiebeuel) het uit die reptiel se kakebeen ontwikkel.  In laasgenoemde bestaan die kakebeen uit 7 bene.

 

(As mens na ‘n menslike embrio kyk hier op 8 weke kan mens sien die drie beentjies ontwikkel BUITE die oor (‘n oorblyfsel van die Hox-geenreeks se antieke kode). Amper soos ‘n klein vissie s’n. Die geriffelde struktuur soos dit dan lyk, lyk dan ook soos die klieu-spleet van ‘n vis. Wat dit ook voorheen wat dit in ‘n vis word. En wat ons oor het uit ons primitiewe ontwikkeling)

 

Die mens het net een onderkaakbeen. En ‘n reptiel het net een oorbeen. By soogdiere is lank gelede al gesien dat die hamer en aambeeld ontwikkel het uit die bene wat die onderkaak-gewrig gevorm het in reptiele. En dit kan gesien word, die proses, wanneer soogdier embrios (ook die mens s’n) bestudeer word.

 

Later dan meer oor die vaste plaat in die verhemelte – ook ‘n voorbeeld – en ander interessanthede.


  1. Dit is verseker ‘n baie interessante onderwerp en kan verseker nie afgemaak word as nonsens nie. Toe ek dierkunde 1 gedoen het het ons begin met protozoa en ge-eindig met soogdiere en het ons ook na evolusie gekyk en die oorgangsfases tussen diergroepe bv. tussen reptiele en voels. Later het ek ook ‘n embriologie module gedoen wat my baie na aan die hart le. Dit is ‘n amazing wereld daarbuite. Ek het die skrywe nou baie geniet. Het al van van die goed vergeet😉

  2. Kaalvoet: Dankie. Ek sal later nog skryf. Interessant dat van die reptiele voels geword het en van hulle soogdiere. En dan is daar die groeiende bewyse van dinosouriers wat so na aan die voels is.

    Nadat die kollageen van die Tirannosourus Rex vergelyk is met die geneteise databasis, is die grootste ooreenkomste gevind met die hoender, maar daar is ook ooreenkomste met die padda en die paddavis.
    Dit wil se die herkoms (‘n dino, ‘n gespesialiseerde reptiel) van die voel kan natuurlik nog gesien word in sy gene.

  3. Hierdie goeters is alles so amazing. Sien uit na jou voelgende skrywe hieroor.

  4. Dis baie interessant Rosa. Ek sien uit om die volgende deel te lees. Dis waar dat mense soms die geneigtheid het om die evolusie proses verkeerd te verstaan. Ek was/is onder die indruk dat die voels uit die dinosaurs ontstaan het.

  5. Flippie: Ja die dino’s was eintlik mos gespesialiseerde reptiele maar ons is geneig om aan hulle as “ander goed” te dink. Maar hulle was nie “lizards” nie, oor die posisie van die ledemate.

    Die leidraad is die Archaeopteryx (waarvan talle goed met vere en al bewaar is, eerstes al in 1800’s gekry). Klein tweepotige, vleisvretende dinos in die groep: Coelurosauria was die voorsate van vandag se voels.

    Soja dit is reg. Dalk het ek myself net x uitgedruk.

  6. Ag Rosie jy weet mos jy bederf my as jy oor evolusie gesels! Ek is soos ‘n spons oor die onderwerp. Sien uit na deel 2

  7. Wippie: dankie ek weet jy sal my nie met ou klippe gooi nie🙂 eeeeeendag sal ons nog koffie dink, ne?

  8. Rosalindfranklin.

    Ek het jou inskrywing gelees. Interessant as mens dit as fiksie sien. Mooi feite om ‘n rolprent te maak, maar vêr verwyder van die waarheid van die skepping van God van die aarde. God het die mens na Sy beeld geskape. God het nie verander nie, dus die mens ook nie. Maar ek weet jy en Wipneus gaan my nou aanvat. Ek en Wippie het al baie en lank heen en weer geveg op DD oor hierdie onderwerp.

  9. Riaan: Nee ek gaan jou nie aanvat of veg nie. Indien mens vertroud is met genetika/biologie/paleontologie en talle ander areas sal dit jou sin maak as wetenskap.

    Ek is nie ‘n jong-aarde kreasionis nie, en is ook nie skaam om dit te se nie. Daar is baie goed wat ek nie is nie, en daar is baie goed wat ek is.

    My blog is maar net ‘n klein deel van my lewe.

    Poruur-evaluasie kan gevind word by:
    http://www.ncbi.nlm.nih.gov/PubMed/
    Lekker lees daar.

  10. Sjoe, Rosa, ek kan sommer hier by jou kom leer om my werk ook beter te verstaan / doen.🙂 Dit is regtig besonders interessant. Ek het nie geweet van ‘n “Evo Devo” veld wat ontwikkel nie! Verduidelik asseblief. “Evo” vir evolution? en Devo? Dit is hoog tyd dat vakgebiede saam begin werk (ek weet dit gebeur al ‘n tyd lank). Ek sien dit gebeur nou meer so in die universiteite ook. Ongelukkig kan ek nie al die detail onthou nie, maar ek het ‘n lesing JARE terug by Potch Universiteit bygewoon waar die persoon sy christelike oortuigings en wetenskap ‘versoen’ het. Hy het onder andere embriologie gebruik om te wys dat daar “spronge” kon plaasvind tussen “groot goed afgebakende groupe” deur klein veranderinge in die embriologiese ontwikkeling. Het nooit verder daaroor gedink nie.
    Ek kan nie wag vir die volgende deel (dele – asseblief) nie.

  11. BB

    BB se oer-oupa-grootjie was i AMOEBA???😕
    Ag Rosie, jy weet ek lurv jou skrywes ongeag😉

  12. Zee

    Rosie, wat ‘n interessante onderwerp wat jy hier beet het. Sien uit na die opvolg!!

  13. Lekker gelees! Ons is nooit te oud om te leer nie, ne!

  14. Dankie tog ek is na God se beeld geskape en nie na ‘n soogdier-agtige reptiel nie!

  15. Dink watse groot braaipakke mens by P&P kan koop as T-Rex nog geleef het.
    Ek moet ongelukkig erken dat ek ongelooklike skeptiese persoon is. Ek skiet weinig mense af en idieës, sommige dinge kan ek net nie die punte bymekaar bring nie. Seker dalk te ver bo my vuurmaak plek. Tog geniet ek die inskrywing.

  16. Annerkant: Ja Evo Devo is eintlik evolusionere ontwikkelings biologie. Daar word gekyk na die embrioniese ontwikkeling-stadiums (al meer dmv genetika wat bewys dat organismes gene deel). Dis ongelooflik amazing. Dit is die presiese spronge en stadige oorgangsvorme waarvan jy praat. Die link maak dit lekker en maklik.

    http://evolution.berkeley.edu/evolibrary/article/0_0_0/evodevo_01

    BB: nee baie verder terug as oer-oer.😉 ek weet, hugs vir jou.

    Zee: dankie sal veel later weer skryf as ek krag het jy weet?

    Dankie Tersia!

    Paula: Is God nie maar oral nie, en nie net in die mens nie? As alles nie na sy beeld nie.

    Rustig: Sies nee, ek wil nie ‘n vleiseter eet nie, hulle vleis stink (dis nou die T-rex). Ek is ook skepties, daarom wil ek al meer en meer weet. Dis glad nie bo jou vuurmaakplek nie, allermins!🙂

  17. BB

    So, as my vliegtuig op die Noordpool neerval en daar’s 307 passasiers aan boord en daar’s niks ander kos nie, wonder ek nou net hoe moet ek maak om uit te figure wie van daardie ouens was vegetaries?? Or do i just cook & smell them? Nee, seriously nou… do you think dat (gaar) vegetariers anders ruik as non-vegans…
    Ja-nee Rustig – hier by Rosie worry ons nie oor skepties nie – en gelukkig is ons ammal welkom – trust my dis regtig so!! (kyk, ek kry tot nog hugs ook – en ek is een van die dysfunctionals in Rosa se ‘blogger-family’😀 )
    As sy reg is, gaan ek eendag by die poorte langs haar staan met ‘n t-shirt wat sê: “I’m with HER →” – en as ek reg is, gee ek doodeenvoudig vir haar my T-shirt:mrgreen:

  18. Rosa

    Hoe is bepaal dat iets 365 miljoen jaar gelede plaasgevind het…?

  19. BB: diegene wat vreeeeslik bleek is en eintlik heimlik lus is vir die vleis wat ons sit en braai, hulle is die vegetariers🙂 (maar mense en varke en ape is eintlik mos omnivore eet vleis en groente)
    Ja weet jy ernstig, ‘n vleiseter soos ‘n T-rex, ‘n leeu en so meer eet net vleis. So hulle vleis en poef, stink nogal effe meer. Regtig!

    Ek LAAIK die T-shirt idee oor ‘n 1000!! LOLOL ek is mal daaroor. Flip ek skud nou soos ek lag BB!

  20. Hoekom werk ek myself so op oor kreasoniste?! Wens ek het jou geduld gehad. Dis asof ek sulke mense aan die skouers wil vat en skud terwyl ek skree “Wake up sheeple!”.

  21. Johannes: toetse in die geologiese strata. maklik. hier waar ek bly, is ons in die tafelberg-formasie – sowat 500 miljoen haar oud.
    Google Geological Periods/Eras en alles sal mooi vir jou verduidelik word.

  22. PienkZuit, dankie tog jy maak my dag😉 Ek werk my seker ook soms op …

  23. BB

    Nee wat – ek keer dat sy haar te veel opwerk PZ – I am Rosie’s official ‘antie-irritantie-BB-meter’ – sy measure haar geduld op die Bitch-Baro-meter – solank sy haar cool hou met BB is sy fine!!:mrgreen: – and my, my, my ain’t she just fine!! En jy vra “what’s love got to do with it???” Everything, PZ, EVERYTHING!!😉 You gotto love everyone equally – even die kreasioniste… WHY?? Because I say so!!

  24. Baie dankie Rosa nou weet ek presies hoe jy by 365 miljoen jaar uitkom. Dit was nog die maklikste verduideliking ooit. Ek verstaan en glo die laaste 13000jaar vandat God die seediere op die 5de 24uur skeppingsdag geskape het.

    Nou moet ek nog net antwoorde vind vir die 364987000jaar wat die 13000jaar vooraf gegaan het. Danksy “google” het ons al die antwoorde het. Fantasties, voorwaar fantasties.

    WOW die klippe is voorwaar besig om die waarheid uit te roep

    (Jos 24:27) Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal ‘n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ‘n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.

  25. Baie interessant Rosa. Ek wens ek het meer geweet van al die goeters. Jy moet op ‘n stadium vir ons iets skryf oor die embrioniese ontwikkelingstadiums. Is dit nou iets wat die ou “punctuated equilibrium” teorie vervang? Laasgenoemde het nogal vir my sin gemaak.

  26. Rosa, jy het dan gesê T-Rex is familie van die “hoena”! Daar gaan my Kentucky Fried T-Rex “franchise”.😉

  27. Dankie soos altyd vir die verwysing, Rosa. Baie oulike webruimte, gaan dit deurlees van hoek tot kant. Daar is feitlik niks bekend oor die embrionale onwikkeling van, en selfs molekulere inligting oor die goedjies waarop ek werk, is nog in sy babaskoene. Geen wonder ek is so oningelig hieroor nie (ter versagting😳 ).

  28. Wat evolusie betref is ek baie oningelig. Ek is een van daardie mense wat aanvaar het dat die MOONTLIKHEID bestaan dat ons van ‘n aap afgestam is. Dankie. Jou werk is altyd goed nagevors.

  29. Die hoeksteen van evolusie is die oneindige reeks aannames wat die mens maak vanuit die kennis wat hy waarneem in sy “eet” van die boom van kennis van goed en kwaad. Die mens ontdek maar net wat alreeds was en projekteer sy waarnemings hetsy terugwaarts (die verlede in)of profeties voorwaarts (die toekoms in).

    Die mens is dus niks anders as “ontdekkers” nie…

    Omdat die mens (ontdekkers) nie oor al die kennis beskik waaroor die Skepper beskik nie raak sy aannames mettertyd vir hom “gospel”…! Hulle het na my mening selfs “groter” geloof in hulle eie aannames as wat sommige christene geloof in die feit dat God die Skepper van die hemele en aarde was deur net te spreek…!

    Dit wat die Almagtige Skepper in een oogwink geskep het lyk noodwendig vir die ontdekker van die skepping soos een ma se ontploffing….! Omdat die ontdekkers egter meer geloof het in sy eie aannames as in die bestaan van ‘n Skepper God (intellegente Designer en Creator)raak hy die skepper van sy eie god, ‘n god wat hy kan buig en vorm soos hy wil en ‘n god wat sy eie tydsdimensie soos 13,7 miljard jaar het.

    Die ontdekker hou egter nie daarvan om die eer van sy ontdekking met die Skepper daarvan te deel nie…! Die ontdekker wil tog maar alte graag sy eie naam aan dit wat hy ontdek het koppel, en strek die eer vir sy ontdekking soms veel wyer as die eer wat die Skepper daarvan toekom. Die ontdekker claim soms soveel eer en praat hy met soveel gesag oor sy ontdekking dat ‘n mens soms die indruk kry dat hy die “skepper” daarvan was…!

    Daar is vir my nie mooier woorde as juis die volgende woorde nie.. “In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.”

    Ek dink die meeste “ontdekkers” weet vanwaar hierdie woorde afkomstig is. Dis nou te sê as die “ontdekker” nie dalk daarop aanspraak maak dat hy die skepper van die lig is nie…! Hoe dan nou anders?

  30. Wag ‘n bietjie: Jy sien die ding is die mens het NIE van ‘n aap afgestam nie, dit is die fout wat mense ongelukkig maak.

    Ons en die groot primate DEEL ‘n aapagtige voorsaat (e), en dit is ‘n groot verskil. Regtig. Weereens, ons stam nie van ‘n aap af nie.

    Annerkant: ek dink jy is alles behalwe oningelig. Berkeley se webtuistes is een van die bestes om evolusie te verduidelik, miskien moet Johannes bietjie daar gaan lees….

    Rutig: Die hoender is tans die dier wat die naaste verwant is volgens die genetika aan die Trex. Die naaste lewende dier, let wet. Cool franchise!

  31. Ons gaan verseker eendag koffie drink Rosie, maar ek waarsku jou solank vooraf, ek het baie vrae oor evolusie ens ens.
    Ek is ‘n ontdekker!! 😉

  32. Wippie: lekker is reg. ‘n ontdekker😉 LOL.

    Vandag het ek weer krag:
    Hoe bepaal mense ouderom vra Johannes (hoewel hy die antwoord nie gaan aanvaar nie) But here goes!

    Wanneer rotste gevorm word het hulle soms radio-aktiewe elemente in soos uraan. Met tyd breek die onstabiele elemente af in ander elemente. Fisici het bevind dat hulle afbreek in gereguleerde intervalle.

    Helfte van die uraan-238 in ‘n klip sal oorbly na 4,47 miljard jaar. Helfte van oorbly in nog 4,47miljard jaar ect. ect.

    Dit is die halflewe van uraan-238 is 4,47 miljard jaar.

    Dan vat jy die klippie en kyk in watter strata (rotsformasie ) hy le. En dan weet jy nog meer presies.

    Mens kan dit met fossiele (wat ook klip is ) doen.

    Nou is ek moeg.

  33. Ja,nee evolusie Rock!

  34. Rosa

    Hoe oud is ons aarde se seewater…?

  35. water verdamp en dan reen dit weer, ‘n ewige siklus.

    of wil jy weet van die eerste water? na die hadean-era? vir water om op die oppervlakte te wees moet daar eers ‘n atmosfeer wees, maar dit weet jy seker.

  36. maeree

    die hoof van die huis sê dis ook maar goed ons gaan nie kinders hê nie, want met evolusie gaan ons kinders sulke vierkantige bakbene hê sodat katte snags tussen hul bene kan slaap.

  37. Ons see met die kontinente soos wat dit tans daar uitsien. Die Hadaen-era sien ek is volgens bronne op google 4,5 tot 3,8 biljoen jaar gelede.

    Nee ek wil graag weet vandat die aarde soos ons dit vandag ken met die kuslyne soos dit tans daaruit sien?

  38. maeree: dis baie vreemd wat jy daar se, embriologies kan dit bewys word in Ekleesnieboeke Kakpraatiesapiensenielsiens sulke papoose pockets.

  39. Ons is tans in die Holoseen, die epog het begin na die einde van die laaste ystydperk. Dit is deel van die groter Senosoiese-era. Ek verstaan nie die vraag nie, want het dit met die soutwater in die see te doen?

  40. Hierdie epog (die Hologeen) het begin met die einde van die laaste ystydperk. Hoe lank terug was die laaste Ystydperk…? Maw van wanneer af kon die ewige siklus van water wat verdamp en reen ongesteurd sy normale verwerings proses teweeg bring.

    Jou vraag is wat het dit met die soutwater in die see te doen? Toenemende wetenskaplike bevindinge dui daarop dat ons seewater relatief jonk is. Ek wil saammet jou ‘n sommetjie maak waarvoor wetenskaplikes nie antwoorde het nie…?

  41. Nee Johannes ek en jy kan nie saam sommetjies maak nie, want die manier waarop jy sommetjies maak oor die begin en sg einde van die aarde stem ek nie mee saam nie.

    Alles moet as ‘n geheel gesien word, die geologiese tydperke, eras en epogs. Van die eerste, tot waar ons nou is. Die Archaean tot die Pleistocene ect. Die vorming van die kontinente, die rol van magnetisme, die vorming en evolusie van die atmosfeer en die rol wat dit gespeel het,, aarbewegings en vulkane, plaattekonika, die formasie van sedimentere rotse, eilande, klimaatsverandering, asteroiede en meteore, cratons en vele meer.

    Jy glo in ‘n jong aarde, ek nie.

    Dus, kan ons nie saam sommetjies maak nie. Ons aarde met sy water, sy berge, en sy organismes is nie jonk nie.

  42. Rosa

    Not 2 worry…!

    Ons praat dalk nader aan 21 Mei 2011 weer.

    Vrede

  43. Johannes alles reg, ons kan nader aan die tyd gerus praat, en op 22 Mei 2011, of daarna.
    Daar is natuurlik ook ‘n Maja-professie, maar die gaan oor 2012…

  44. Die Mayans se “professie” het nie sy oorsprong uit die Bybel nie. Dink jy daars meer geloofwaardigheid in hulle professie…? Dis maar net ‘n retoriese vraag. Jy hoef my nie te antwoord nie.

    Dan is ek meer geneig om die 21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 professie wat 100% vanuit die Bybelse inligting afkomstig is te glo.

    Dis nie toevallig dat die Mayans se “foundation date” van 3114 VC met dit wat in die Bybel geskrywe staan ooreenstem nie. Hier is ‘n uittreksel uit die boek Adam When? wat ‘n moontlike antwoord bied vir die oorsprong van hierdie “foundation date”..

    The Maya Connection

    An interesting time correlation is found in secular records in connection with the Maya civilization that existed hundreds of years ago in Central America. Dr. Howard LaFay wrote in National Geographic Magazine:

    “. . . the Maya practiced an astronomy so precise that their ancient calendar was as accurate as the one we employ today; they plotted the courses of celestial bodies, and to the awe of the faithful, their priests presided both solar and lunar eclipses. They calculated the path of Venus –an elusive planet that is by turn a morning and evening star – with an error of only 14 seconds a year. The Maya originated a complex system of writing and pioneered the mathematical concept of zero.”21 (sien bron in Adam When?)

    The Maya produced square or rectangular elements called glyph blocks, which made up separate units of an inscription. These inscriptions were frequently calendars and were found on stelas and monumental building such as temples. Archaeologists have correlated the Maya calendar with our calendar to the extent that precise dates recorded in the Maya writings can be expressed in terms of our calendar. The curious thing is that these calendars frequently included a foundation date. Dr. George E. Stuart writes:

    “. . . the beginning of the Maya calendar, a date that most Mayanists agree corresponds to our own August 11, 3114 B.C. What, one can only wonder, was the high significance of that day, long before Maya history began?”22 (sien bron in Adam When?)

    Archaeologists who study the ancient civilization of Maya puzzle about the date 3114 B.C., but the Bible gives the answer.

    Significantly, the Bible indicates Peleg’s period was from 3153 to 2914 B.C., so that Peleg would have been 39 years of age in the year 3114 B.C., the beginning year of the Maya calendar. The Bible records that it was during Peleg’s period that the earth was divided. Genesis 10:25:

    And unto Eber were born two sons: the name of one was Peleg; for in his days was the earth divided; and his brother’s name was Joktan.

    The division of the continents occurred, therefore, during Peleg’s lifetime. Most people of that day would have lived in one part of the huge continent that existed until the time of Peleg; however, some individuals would have lived in that part of the original continent which became Central America.

    This was a gigantic event; the division of the original continent was equivalent to the beginning of time for these nomads. The awful event of part of the continent moving across the ocean floor and the resultant mountain building must have been absolutely astounding and catastrophic to the progenitors of the Maya people. It is not surprising that in their calendar they placed a foundation date; it is not surprising that the date precisely equates with the Biblical statement that in the days of Peleg the earth was divided.

    Uitreksel uit die boek Adam When? die link na Hoofstuk 6 van die studie http://209.10.202.163/graphical/literature/when/when_06.html
    Die Mayans…Nee
    Die Bybel…Ja

    Dit slaan die teorie dat die kontinente soos dit vandag daaruit sien deur middel van miljarde jare van oseaanskuiwing totstand gekom, het die nek in. En bied ook antwoorde waarom al die bergreekse in Noord en Suid Amerika aan die westekant van die twee kontinente voorkom. Alles in die wetenskap en die Woord dui daarop dat die verdeling van kontinente in die dae van Peleg deur middel van ‘n reuse aardbewing totstand gekom het. Vir die Mayans moes dit soos oordeelsdag of dalk ‘n dag van skepping gewees het…?

    Alles in die Skrif dui daarop dat die 2011 aardbewing ‘n perd van ‘n ander kleur gaan wees…!

    Genadiglik sal ons teen 21 Mei 2011 ( nou minder as 140 weke) met sekerheid weet. Dis dalk net die moeitewerd om die Bybelse inligting in hierdie opsig te check…?

    Maar nou ja (sug)…. die Skrif is ook baie duidelik dat 97% van die mensdom hieroor die spot sal dryf…!

    Enkele gelowiges het op Paasvrydag 1 April 33 AD langs die kruis gestaan en geweet dat Jesus Christus die Messias
    is waarvan God deur die mond van Moses en ander profete in die Ou Testamentiese Bybelboeke geprofeteer het. Enkele gelowiges het op Sondag oggend 22 Mei 33 AD besef dat God Sy Heilige Gees op hulle uitgestort het. Die Profeet van alle tye (Godself) het Sy Woord amper 2000jaar gelede kom klaar skryf.

    En die geskiedenis is weer besig om voor die ongelowige oë van die “volk van God” (die kerke en kerkstrukture) homself te herhaal, tenspyte daarvan dat dit alles “geskrywe staan”. Hoe hartseer is dit tog nie…!

    Nous ek moeg…!

    Jammer vir die “lang comments” ek weet julle bloggers hou nie van lang comments nie… Vergewe tog asseblief.

  45. J:Die Mayas, of enige ander profesie, is nie minder of meer nie. Vir my is hulle almal dieselfde. Ek het dit bloot genoem – dit is maar net in 2012 wanneer hulle kalender eindig. Die een is nie minder of meer geloofwaardig vir my nie, regtig. En “glo nie in” apokoliptiese verspellings nie, daar was al vele. Hulle kom en gaan. Dit is deel van argeologie, antropologie en kultuur.

    Sedert die aarde se ontstaan is daar talle aardbewings, dit is die aard van plaattektonika. Daar sal vanjaar nog aardbewings wees, daar sal volgende jaar wees en oor 100 jaar. Nog duisende mense sal sterf in aardbewings, veral in iran, china en turkeye.

    En soos jy weet verskil ons oor die vorminging van die kontinente. Die laaste superkontinent was Gondwana.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: