Huilend deur die reent

Vanoggend het dit hard gereent toe ek vir Sasha van haar bedjie en kombers optel om na haar “boyfriend” te gaan. Sy was nog deur die blare toe ek haar op my motor se agterste sitplek gesit het. Shame, gisteraand het sy in haar slaap gehuil.

Sasha het dadelik middel C ingesit en met haar trance song begin. Dis ‘n soort van dreun-gekreun-sang wat sy doen as sy iewers heen moet ry. Deels om te kla en deels om van haar eie stres ontslae te raak.

Soos ‘n ma wat ‘n baba paai, ry ek met my een hand op die stuurwiel en elke nou en dan vryf ek haar koppie. Maar dit help niks. Sasha: eeeaaaooouuuiiiiwaaahhhhaaa al deur die renerige verkeer. Soms verloor sy die noot en dan tel sy hom weer op.

Sy loop al hinke-pink van Saterdagmiddag af, maar ons vat haar altyd net na haar boyfriend toe. ‘n Bepaalde veaarts wat regtig omgee vir diere en vir ‘n mens selfs ‘n verslaggie skryf.

Ek tel haar op en dra haar in nadat sy ‘n hele klomp falsetto-liedere in die kar gesing het. Sjoe, nogal ‘n gewiggie. Sy huil, sing, grom en blaf vir die kat in die wagkamer.

Die dokter het haar daar gehou om x-strale van die been te neem, onder narkose. Later gaan haal Liefie haar weer. Sasha het artritis en sy is ouer was wat ons gedink het. Sy moet pille drink en bietjie gewig verloor.

Sy was so bly om huis toe te kom, sy het al die pad terug ook gehuil 🙂 Sy is, soos een van twee sussies, ‘n eks-weeskind.

Sy lê nou op haar bedjie langs die bed en slaap. Sy is ook ons sekretaresse en sal laat saans op haar tweede bed in die studeerkamer by ‘n mens le.

Ons noem haar ook Sasha-Lee, Sashie, en Sashimi.

Lessie: Sasha, het soos alle honde haar eie persoonlikheid. Sy spring elke dag ‘n paar keer op en af soos ‘n bal. Sommer vir niks en uit haar eie. En as sy dit doen dan dink ek: Ek wens ek was elke dag so bly om te lewe, ek kan dit by hierdie hond leer. Sy leef net, en sy is bly.

Kop onder die komberse, pote in die lug.

‘n Gelukkige kind.

Advertisements

  1. Dis baie sweet. Ek is bly sy is ok, en dat jy so ‘n goeie veearts het vir haar. Die gewigverloor ding gaan moeilik wees, ons Labrador het ook so ‘n bietjie van ‘n gewigskwessie…

  2. Wipneus!

    Rosie dis te cute. Sasha lyk net soos my Shane! Ek het dieselfde probleem met Shane hy moet ook nou gewig verloor, ek weet nie hoe op aarde ons dit gaan regkry nie 🙄
    Hy trek sy neus op vir sy spesiale dieët pille en kom kyk vir my met sulke “hartseer ogies” aan!!! Ek kan nie eet as my hond my met sulke oë aankyk nie. Ons sal maar altwee dieët en gewig verloor :mrgreen:

  3. maxie

    Sy het die pragtigste gevreetjie 🙂
    Sal dit nie wonderlik wees as ons almal daai lessie by diere kan leer nie?

  4. Sashimi seg jy??? Dis wat hulle die sushi / of dan rou vis geregte hier noem…

    Baie oulike kind! Bly sy is oraait.

  5. Mefri

    Jy het ‘n pragtige hondkind Rosatjie, daai haartjies op haar borsie en voetjies lok my nader, ek wil met my vingers deur die sagtheid vroetel.

  6. ICE

    Maar dit IS moerse lekker om te leef!

    Hoekom is ons nie ook elke dag bly oor die feit dat ons lewe nie??

  7. Soos dit WARE blogvriende betaam, se julle ons kind is oulik. Dankie. Ek het niks minder verwag nie. LOL 🙂 🙂

    Carina: Ja ons het spesiale kos gekry, sommer vir al drie die honde. Sasha moet van 14kg na 10kg kom. Sy is nou op Hills se pogram, moet geweeg word en alles. Dis nogal oulik, daar is allerhande “incentives” en omdat ons deel is daarvan kry ons afslag op die kos.

    Wippie: Ons het Hills se Low Fat-kos gekry. Ek ken daai hartseer ogies. Ons honde eet laat saans en in die middel van die nag as hulle besef die dag is verby!!! Maar uiteindelik eet hulle. 🙂

    Maxie. Dankie. Ja ek ruk myself elke dag. Ek glo sterk daarin dat lesse by diere geleer kan word.

    Kaalvoet: Ja ons roep haar Sashimi ook, omdat ons lief is vir Sushi. Dankie dat jy se my kind is oulik 😉

    Mefri: dankie, daai haartjies is baie sag.

    Ice; Dit is moerse lekker maar mense vergeet dit. Ons moet diere dophou -hulle is nie dom nie. Ons mense kan so stupid wees, ne?

  8. BB

    Ek looooooooooove Maltesies! (verlang ek nou na my twee – lankal ini hondehemel…) nou’t ek ‘n aangenome/aangetroude bullterrier seuntjie genaamd ‘Blue’ – it ain’t quite the same – to know as ek nie met hom saamstem kan hy my knieskyf verwyder – LOL… is nie so erg nie (hy het baie lief geraak vir sy mammie intussen – solank sy daddy nie by die huis is nie is hy ‘n ware lap-dog-lammetjie), maar hy het maar net nie quite dieselfde geaardheid as wat ek met my maltesies en my labbie geken het nie.
    ek wou voorstel dat julle gereeld met haar gaan stap, maar dis seker moeilik met die athritis saam – oefening en diet loop hand-aan-hand – selfs vir ons 4-voetige sielsgenote…

  9. Nou gaan sy van daai lekker duur ‘weight control’ kossies kry. My honde eet net veearts kos en hulle is springlewendig en gesond. Sodra ek afwyk van die standaard kry die Basset epileptiese aanvalle. Honnekinners!

  10. BB: ek is ook mal vir maltesies 🙂 ek weet wat jy bedoel. Sasha se een sussie is ook ‘n maltesie. Ons het die twee maltesies en ‘n Airedale. dankie vir jou raad. die hele troppie is bedrefde skoothonde…

    Middelvinger: Ons s’n het Pedigee geeet (met die de lux blokkies in, die sagte treats) maar nou gaan hulle Hills eet. Sal maar sien, hulle is baie vol fiemies en hulle love pizza-korsies…ai

  11. Krista

    Ag jinne ma! 😀

  12. Krista: :):) sasha stuur groete vir julle honde

  13. BB

    LOL!! Sasha gaan baaaaaaaaie klam wees assie Krista se budoggi háár eers gegroet het 😆

  14. Zee

    Moederkind!! Jou hondekjind is pragtig!

  15. Dis oor sulke pragtige ou bruin ogies, dat ek niks met ‘n gesig kan eet nie…

  16. Ai toggie tog! Jou honnekind is regtig baie cute. Dis groot liefde hierdie.

    Ons het ook ‘n nuwe babahond-kleinkind bygekry verlede week. Het die naweek oor haar ook ‘n inskrywing gemaak, maar kry dit nie gepubliseer nie. Oor die een of ander rede vries WP elke keer wat ek save

  17. My innige simpatie met Sasha. Ek het dieselfde probleme as sy – artritis, moet pille drink en gewig verloor…..ek wens net ek kon so op en af spring soos sy!! 🙂 Gee vir haar ‘n stywe drukkie van my kant af Rosalind.

  18. Dankie julle almal vir die inloer en kyk na my hartsekind




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: