Die gerusstellende kanon

Die doef-gerammel van die middag-kanon (noon gun) wat elke dag (behalwe Sondae en vakansiedae) oor Kaapstad knal is vir my gerusstellend.

Dit is asof mens dan weet, alles is nog soos dit gister was, vandag is vandag en more sal dit hopelik weer so wees. Ek het ook nog nooit vir die kanon geskrik nie, en ek hoop die tradisie sal nie uitsterf nie.

Soms gaan kyk ek hoe vuur hulle die kanon. Ek gaan staan so ent van hom af en dan rammel dit in my maag en dit tril onder jou voete. Dis lekker. Dit maak jou lewendig voel.

Of ek gaan sit op ‘n spesiale plek in die Waterfront, waar dit hard knal. Reg oorkant die Kloktoring is daar bankies en as jy skuins na regs opkyk is Seinheuwel oorkant jou. Jou horlosie moet presies-presies wees, want die kanon is op die kop 12:00. Mens sien eers die wit rookwolk en so sekonde of wat daarna, omdat die klank stadiger trek, hoor jy die knal.

Ek hou ook van die kanon omdat hy geskiedenis aan hom het. Omdat hy nie sommer net is nie, hy het ‘n storie.

Die kanon word natuurlik met afstandsbeheer afgevuur deur die Suid-Afrikaanse Sterrewag in Observatory, want hulle het die land se akkuraatste tydmasjien – of meester-horlosie (atomies). Die elektriese sein word al sedert 1864 uit Observatory gestuur, danksy die koms van die telegraaf.

Maar die kanon word steeds deur ‘n lid van die vloot gelaai, dit is net swartkruit (1,3 kg), by die historiese kanonne (daar is 2) op Seinheuwel.

Aanvanklik is die kanonne gebruik om die aankoms van skepe in die destydse Kaap aan te kondig. Voorheen was hulle by die Kasteel en is sommer van daar af gevuur.

Dit word sedet 1806 gebruik om spesifiek tyd te hou.

Later het die geraas te veel geraak in die Kaapse middestal en hulle is na Seinheuwel verskuif. Dit is die eerste keer gevuur vandaar op 4 Aug 1902. Volgens die Sterrewag is die oudste kanonne steeds in gebruik in die wêreld. Die betrokke kanonne dateer uit 1806 en staan bekend as Engelse 18-ponders, ander kanonne is voor dit gebruik.

Volgens Wiki was daar twee insidente met die kanon, toe hy nog in die stad was, is die stamper wat gebruik word om die sakkie kruit vas te stamp in die loop gelos en ‘n perd is doodgeskiet. Op 7 Januarie het die kanon vir die eerste keer in 200 jaar nie gevuur nie, weens ‘n tegniese fout.

Die Kaap is nie die Kaap, sonder sy kanon nie.

 

Foto’s: www.saao.ac.za


  1. ICE

    Dis so eie aan die Kaap!

  2. Ek is net so mal oor die kanon op Seinheuwel. Ek het nie geweet dit word met afstand beheer gedoen nie, dis baie interessant!

  3. Daars een van daai ou kanonne op die kampus van die Pukke wat vir die laaste 100jaar glad nie meer afgaan nie….!?

  4. Ek is mal oor sulke tradisies.

  5. @ Johannes. Ek kan nie onthou dat ek ooit ‘n kanon op die Puk-kampus gesien het nie…waar staan dit???

    Die kanon wat elke dag afgaan is nogal ‘n gerusstellende ding.

  6. Hier in die Vrystaat skiet ons sommer met ‘n windbuks elke dag om twaalf van ons ‘berg’ Naval Hill!

  7. Dalk moet hulle elke uur skiet. Daai een skoot ‘n dag maak nie die parlement wakker nie!

  8. Ice: Ja baie, en ek is nie eens’n gebore Kapenaar nie.

    Carina: Ek het ook nie geweet nie, tot ek die eerste keer daar gekom het. Mens moet so 11:30 gaan, as daar mense is gee die soldaat wat die skiet so praatjie.

    Johannes: Ek ken nie die Pukke baie goed nie, maar was al paar keer op die kampus.

    Adrie: Ek ook en rituele.

    Kaalvoet: Ek laaik jou nuwe voete!

    Middelvinger: Ek ken daai “berg”🙂 en laaik die Vrouemonument en die Oorlogsmusuem ook.

    Rusting: Ek is bevrees dan sal die klomp weghol.

  9. Baie interessant ek het ook nie geweet die kanon word met afstandbeheer afgevuur nie!

  10. In die ou dae het die kanon gestaan tussen die ou kafeteria en die Uitspan manskoshuis. Ek weet nie of dit nog daar staan nie. Wie weet, dalk staan dit in een of ander student se kamer…?

  11. Rosa jy hou seker die Big Bang 2 se “afvuur” fyn dop…?

  12. Uitspan manskoshuis??? Nee hel, ek dink nie meer dit bestaan nie. Ek het lank daar geswot en nooit ‘n kanon gesien nie, maar dalk het ek net nie op die regte plekke uitgehang nie😉

  13. Ek hou ook die Big Bang 2 se “afvuur” fyn dop😈

  14. O jitte, hier gaan die big bang weer. Rosa seg mos ek moet eerder ‘n kas alkohol as ‘n ruitepak aanskaf…hehehe.
    Baie interessant oor die kanonne, afstandbeheer sê jy? Cool

  15. Johannes: Ja ek hou dit dop. Maar dit is nie die big bang 2 nie, dit is die oomblike NA die oerknal wat hulle herskep. Nie die knal self nie. Die omgewing en kondisies NA die tyd. En ons sal seker oor ten minste 18 maande eers resultate het en die deeltjies gaan nog lank nie met mekaar bots nie. Lees Saterdag wat pas verby is se Beeld/Burger. dis alles daar.

    Demoerin: Ja daar is fisies ‘n solaat wat die sakkie kruit laai op die koppie. Maar die elektriese sein wat hom laat vuur kom so 5/6 km ver van die Sterrewag af. Amazing! Wippie, amazing.

    Nog meer verstommend is die atoom-horlosie. Dit hou nie soseer tyd nie, maar se vir ons presies hoe lank ‘n sekonde nou juis is. Die wereld se beste atoom horlosie verloor elke miljoen jaar ‘n sekonde!!!

    O ja, demoerin, as ek weet daar kom ‘n katastrofiese einde…..wel ja….dan gaan ek vir daai onderwater seks van jou die bottel JD voor die kaggel. Wat anders?

  16. bigbigjoe

    Hoe onlosmaakbaar word die Kaap se gewoontes nie deel van mens se lewe nie. Ek luister ook altyd uit vir daardie knal op dae wat ek die voorreg het om in die Stad rond te slenter!

  17. Welkom BigBigJoe: Ja die gewoontes van die kaap raak soos ‘n kultuur, en maak nie saak van waar mens kom nie. Ek dink dit is omtrent die enigste middestad waar mens nog so kan loop in SA.

  18. Elke dag as daardie kanon afgaan (en ons is gelukkig genoeg om saam by die kantoor te wees), vra liefie ewe droog “hoe laat is dit” en elke keer lag ek vir hom.

  19. Roer: LOL, eendag moet jy se 1 uur.

  20. Mag hierdie tradisie nooit uitsterf nie!

  21. Daai konon se tydsberekening is so akkuraat, hulle kalibreer die son met hom😆

  22. Eilandkind ek hoop ook nie so nie,Jasper jy is baie snaaks!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: