Ademloos

stilte, =s. Stilheid, kalmte, stilswyendheid. in die stilte in die geheim, stilletjies; in stilte terwyl almal stil is; in eensaamheid; die stilte voor die storm, kalmte voor met krag opgetree word.

Seg die woordeboek oor ademloos wees. Stilte kan positief of negatief opgeneem word. Ek wonder hoekom? Seker maar omdat jy kan swyg in ‘n argument.

 Om stil te raak in jouself, blyk al skaarser te word. Ek soek ‘n vakansieplek waar niemand eintlik praat nie (amper soos ‘n ouwêreldse klooster) en kan dit nie kry nie, oral moet jy gil, skree en soveel gestimuleer word dat die verstand en lyf mekaar verloor. Orals moet jy soveel doen, in branders spring en saam met massas mense koop en kyk.

Ek wil gaan na ‘n plek waar ek net my kop kan  knik vir die kos om dankie te sê, sodat ek net stil kan wees in die kokon wat ek is. Waar ek net ‘n gewone mens kan wees, en dalk sal wees. Waar ek kan bestaan/exist.

Daar is niks met my verkeerd nie, allermins. Ek het nêrens seer nie, ek is nie siek nie, worstel met niks nie en het niks om uit te pluis nie. Maar geraas maak my siek. Dis al. Ek soek stilte. Ek wil ook nie na bokke en voels gaan kyk in die natuur nie. Dit is doen, dit is nie wees nie.

In ‘n ander tyd het sommige mense stilte op hulself tot gedring. Een keer per dag, het hulle hulself met ” a rod of silence” geslaan. Homself tot stilte gedwing. Dit sal ek ook nie doen nie, dit is bloot ‘n refleksie op die belang van die eenwees met jouself.

Vader Angelo (Klooster van San Marco, Florance)

Dit is nie soseer die stilte van woorde nie, maar die stilte van bestaan, van menswees waarvoor ek vra. Die stilte van geraas-maak.

Geraas-maak op verskeie vlakke, dit wat mens kan hoor en/of nie hoor nie. Dus, is dit nie soseer die stilte van veral geskrewe woorde nie, want sekere mense se woorde kan ongelooflik ryk en wys wees.

Sommige mense meen langdurige stilte kan sleg wees, dit kan dalk. Geen stilte is erger. Dalk is daar nie iets is soos stilte nie, dit is dalk net stillerig. Dalk is dit net ‘n gebrek aan ‘n vreeslike geraas.

“Do not too hastily conclude that silence is indifference. Indifference is not to care, not to act, not even to think or breathe. Indifference is inhuman and inhumane. Silence, on the other hand, is almost always premeditated, a willful act. Without silence there would be no sound.”  – Justin B. Snider 

Want my stilte verduidelik ook soms my woorde. Mag my oomblik van stilte, vir ewig duur.

Addendum of is dit errata? Onberreikbaar, onbeskikbaar vir eers. Wederom.

Advertisements

  1. Sjjjjtttt. Stilwees is een van die lekkerste dinge wat daar is. Is dit nie wonderlik dat soms, ‘n daad in stilte gepleeg, soveel meer kan beteken nie. Vat nou bv. iemand ‘n drukkie gee as hulle hartseer is, as dit opreg bedoel word IS daar nie woorde nodig nie.

  2. Ek waardeer die stilte van my plekkie elke aand, want die geraas in die dag maak my hele menswees deurmekaar…
    Stilbly is ook ‘n antwoord. ‘n Oomblik van stilte kan baie meer as ‘n boek vol woorde beteken.

  3. reisiger

    Geraas maak my ook siek. Ek verstaan jou behoefte aan stilte, ek het ook baie keer daardie behoefte. Iemand wat nié daardie behoefte het nie, sal dit dalk nie verstaan nie.

  4. Mefri

    Roos, my Meester het gereeld Homself afgesonder om in stilte net ‘te wees’, dis goed en noodsaaklik. Ek gun jou dit! – ver genoeg om alleen te mag wees, en naby genoeg om in diep omgee toegevou te word, met rus gelaat te word, totdat die stilte (tydelik) versadiging bereik het. ((((((Rosatjie))))))

  5. Demoerin: waar wat jy daar praat.

    Kaalvoet: dit maak my menswees ook heeltemal deurmekaar. boeklees in stilte is ook lekker 😉

    Reisiger: Ek dink geraas maak my fisies siek. Ek besef almal is nie die dieselfde nie, maar ek kan sien jy weet wat ek bedoel.

    Mefri: Mooi gestel “die stilte tydelik versadiging bereik het”.

  6. Stilte kan soms oor verdowend wees! Ek is ook een wat hou van stilte en rustigheid om my. Dit is goed vir die ore en vir die liggaam om in slumber mode te gaan.

  7. Rustig: sluimer, wat ‘n heerlike woord.

    Wederom

  8. Rosalind, ken jy Temenos op MacGregor (temenos.org.za)?

  9. semisoet

    As dit nie vir my stilte was nie sou ek lankal versmoor het. Silence is the best companion to the soul.

  10. Ek moes net gou kom hallo sê! Maar ek sal dit bitter saggies doen. /me fluister hallo Rosie, jy is nie dalkies ‘n bul nie? Ek moet iewers vir my ‘n stilplekkie kry ten minste een keer per dag. Stilte is vir my soos water, ek sal doodgaan daarsonder.

  11. a-dem-loos, soos ‘n fluistering, so ‘n mooi woord.

  12. maxie

    *fluister ook*
    Eerstens @Pikkie: jy verjaar saam met my seun, 11de.
    @Roos: Klooster iewers naby Naboomspruit. Hoe laat en wanneer ontmoet ons daar vir algehele stilte?

  13. As jy so ‘n plek kry, laat weet. Ek soek al lank!

  14. Tot stilstand kom en stil wees met die natuur en die natuur se klanke om jou in rustigheid, is voedsel vir die gees. Maar KAN die natuur ook maar raserig wees in die lawaai en jaag vir oorlewing.
    Rosa, wat van ‘n Buddistiese “retreat”, of is hulle ook maar besig? Was nog nie self by so ‘n “retreat” nie.
    Het eendag met ‘n Roomse non gesels, en sy het my vertel hoe hulle vir tye so in afsondering gaan, en as ek reg verstaan het, is hulle eintlik verplig om dit te doen. Baie wys!

  15. /me sluip saggies in… wil net fluister dat ek hier was. ((Rosa))

  16. /kyk net in doodse stilte.

    /knik kop

    /sluip weer weg

  17. Zee

    Rosie, het jy nou al ons “stilte” plekkie ontdek, my tassie staan gepak!

  18. Wipneus!

    Ek gaan nou na stilte toe vertrek!! O salig!!

    Ta ta Rosie, as ek terug kom, gaan ek daardie boswell wilkie sirkus van my “onder die maan en sterre” op sy kop keer 😆

  19. Rosa’tjie jou stilte klink wonderlik.

    Wanneer jy die adres gevind het, gee tog eerste vir my seblief. (Net bang Carina en Zee gebruik alles op…) Belowe om net ‘n bietjie te gebruik, want stilte het ook maar sy nadeel – Dit het die nare gewoonte om die seer van gister weer wakker te maak.

  20. Paula

    Stilte maak my soms beangs … ander kere maak dit my weer rustig.

  21. alta

    Ek wil ok so ‘n stilte plekkie kry. Net ek en die stilte!!

  22. Bertus!

    As ek so voel, gaan ek soms hierhee
    http://www.dailyzen.com/meditation.asp
    somehow help dit.

  23. flippiefanus

    Ek hou van stilte as ek wil slaap. Maar as ek wakker is wil ek he die res van die wereld moet ook wakker wees. My radio bler omtrent konstant. Maar dan as ek op ‘n keer alleen in die natuur is kan ek stil raak, want dan, snaaks genoeg, voel ek nie alleen nie.

  24. Soms moet ons stil word om werklik te hoor wat God vir ons sê. Dit is so asof God nie met my wil praat wanneer dit net heeltyd lawaai is nie.

    Ek dink dit is weer tyd vir my om stil te word, baie stil, so stil dat ek nie eers die stilte kan hoor nie, want dalk, net dalk dan gee God vir my antwoorde op my vrae. Kry ek dalk weer die rigting wat ek nodig het.

  25. Mefri

    waar ek net ‘n gewone mens kan wees en ‘ek in my’ kan bestaan – nou verstaan ek…

  26. Silence is golden. Wees stil in vrede, Rooskind.

  27. En toe raak Roos weer Ademloos stil…. Oi!!!

  28. ELF

    Amen. My gedagtes perfek deur jou verwoord .. maar die troos met die raaklees daarvan lê in die wete daar is nog iemand daarbuite wat so voel.

  29. Mefri

    (((Rosatjie))) Sommer net omdat jy kosbaar is.

  30. As dit nou weer behoorlik reen, dan kom leen jy vir Vrijheid 3, en dan ry jy die sneeu binne. Dan sit jy op die bonnet, met jou rug teen die voorruit, en ‘n flessie tee, en dan wees jy bietjie tussen daai stil wit in ons land.

    Daai is al wat ek jou nou kan offer. Ek weet nie regtig van ander stil plekke nie.

    Of ek kan jou op ons karooplaas gaan aflaai. Daar is niks, niemand en efol. Nie krag nie, nie ‘n foon nie. Nie bure nie. Net jy en die aarde. En jy hoef nie diere te kyk nie, jy kan net so sit staar in die verte, en knik vir die son as hy uitdop, en smaail vir die maan as sy opkom.

  31. Jinne, wyl ek skryf, val hier een harde bui reen, en i.p.v SNEEU, skryf ek reen.

    Ek bedoel SNEEU.

    Demit.

  32. Tyd dat jy weer asem haal!

  33. ewig..
    Net een aand se vrede en stilte…

  34. George: Lekker om weer van jou te hoor! Ja ek ken vir Temenos;) dankie

    Semisoet: Welkom hier!

    Pikkie: Nee ek is nie ‘n bul nie, is ‘n koei :). Ek is iemand wat lang stiltes soek, jy weet.

    Eilandkind: mooi kommentaar van jou.

    Maxie: vertel meer van die klooster?

    Carina: ek soek ook

    Dellie en Netjane: ((dankie))

    Zee: my tas is ook gepak maar hier is nie sulke plekke nie, vreemd, oral raas dit.

    Wippie: ek sal wag vir die sirkus!

    Wag ‘n bietjie: Ja ek weet wat jy bedoel, as jy in vrede is in die stilte is dit inderdaad soos nektar.

    Paula: As jy beangs is in dit vra jouself wat maak jou bang?

    Alta: Kry hom eers in jou kop en dan in jou kop en liggaam saam

    Bertus!: dankie, sal beslis gaan kyk. as jy weet van ‘n plek waar mens kan gaan waar niemand praat nie, mail my asb. ek dink nogal as daar een is wat sal weet is dit jy;)

    Flippie: Ek luister nooit radio nie, dit is geraas vir my! Die natuur is so vol lewe en wonders, dis waar mens is nie alleen nie.

    Riaan: Stil dat jy die stilte kan hoor is perfek, ek stem.

    Mefri: 😉 presies

    Sonkind: dankie

    Elf: Welkom hier, dankie vir die inloer. Ek voel baie so.

    Skoor: Dankie…stil wit sneeu klink goed.

    Emil: nog nie heeltemal nie, amper.

    Jasper: ewig ja.

  35. maxie

    Skies Roos, korreksie: dis ‘n Buddistiese “retreat” genaamd Nan Hua. En nie Naboomspruit nie, maar Bronkhorstspruit. Oi! 😳

  36. BB

    Weet jy Rosie, ek dink die mens het stilte nodig, want dis waar hy vandaan kom… uit die groot Stilte van God. Ek dink dis die één ding wat God nie create het nie – lawaai. (dis nou behalwe virrie big bang :mrgreen: jaja, stupid grappie…toemaar…)
    anyways – ALLES in die natuur groei in stilte, alles in die heelal beweeg in stilte. Jip, ek dink dis ons een groot behoefte – om onsself te vind – en dis al ‘plek’ waar ons dit wel regkry – in stilte.
    Mooi inskrywing! thanks! x

  37. BB: bly jy is terug met jou lekker sin vir humor! (en jou insig)




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: