Kentucky tjou honêr

Leepoog deursoek die sekuriteitswag my toe ek vandeesweek by die hofgebou instap. Ek is nogal seker ek sal een af ander wapen hier inkry as ek sou wou . . . want die mense is nie vreeslik wakker nie, en hulle praat so baie!

Hierdie keer sê sy darem nie weer vir my “sir” nie. Ek dra nouwel nie rokke nie, maar die vet weet, ek dra onmiskenbaar bra ect.ect…My stem is soet en ek swaai my heupe. Anyway

Aan die begin van die jaar het mnr. A mos in my vasgery (2 keer, ja-ja, 2 keer in een botsing). Die ongeluk wat ‘n baba gekry het  En die verhoor het uiteindelik aangebreek. Lekker lang dag wat voor my lê.

Op pad na die hof toe, op die sypaadjie sien ek ‘n vreemde ding raak: Daar lê: Een opgerolde baaikostuum (swart), ‘n reuse kol olie, ‘n vuil plastieksak en  . . . ‘n afstandbeheerde wit motorbootjie! Hê? Ek stap maar verby.

Heen en heer op soek na die regte hof. Eintlik is ek bietjie vroeer hier sodat ek vir die aanklaer kan inlig ek soek nie net ‘n skuldigbevinding vandag nie. Nee Rosalind vra die hof vir ‘n skadevergoedingsbevel ook. Mens moet vra om te kry vir die honêr, anders maak hulle nie die bevel nie.

Ek gaan sit voor die hof, aanklaer drink nog koffie. “Bly jy nie in ons straat nie,” vra die tannie langs my. “Nee” sê ek.

Oorkant my sit twee groot skollies en Kentucky eet. Op die hofrol is: diefstal, inbraak, aanranding en sulke goeters. Twee wagte van korrektiewe dienste kom verby het ene: hande en voete in kettings. Kentucky nr. 1 sê: “Ha! Lekker gevang!” hy lag en ek sien en spasie waar daar tande vas.

Daar is ou snye oor hulle koppe. Messteke.

Die ene in kettings sê niks. Ek kan nie glo hulle loop so met die ou nie. Hulle moet in die maag van die gebou, onder ons voete met hom loop.

Ek vertel die aanklaer mooi van my pyn en lyding en dat ek my R1000 wat ek aan die versekering moes betaal (access), want mnr. A het mos weggejaag, terugsoek. Ek het veel meer verloor, maar nouja.

En toe kom ‘n man verby, sy broek sit so styf ek skrik my vrek vir die gedoente.

“Sug!” hoor ek langs my, sowaar dit is mnr. A. Ek dink by myself: En jy sug? Nou te laat, ek was tien dae sonder ‘n kar.

Uiteindelik is dit ons. Ek skrik my vrek toe ek sien die ou met die stywe broek is die landdros! Nou is ek bly ek het nie vir hom gelag nie.

Mnr. A pleit skuldig. Hoekom hy nie voorheen skuldig gepleit het nie, laat my dink. Want toe was ek nie by die hof nie, maar toe hy my sien, besef hy mos nou is hy vas. En sê sommer hy sal die R1000 betaal, want Rosalind het opgedaag met die papierwerk. Lus vir baklei.

Maar sowaar ons moet oor 3 weke teruggaan hof toe, want eers dan kan die bevel gemaak word.

Ons stap by die hof uit. Mnr A kom nader en sê vir my: “Ek wil net vir jou sê, ek was eintlik baie ontsteld dat jy so geskree het daai dag.”

Met een of ander krag, skud ek net my kop en stap weg, weg, weg.

Want hy neem steeds nie verantwoordelikheid dat hy 2 keer in my vasgery het, in ‘n eenrigting opgejaag en van ‘n ongeluk weggery en my met alles gelos het om van my versekering te eis nie. Geen sin vir verantwoordelikheid nie. Niks. Ek wat geskree het, die eerste keer toe hy my tref – dit was my skuld.

Ek stap verby die groot olie-kol. Haai, iemand het vir hom die wit bootjie gevat.


  1. maxie

    Die vermetelheid van die man, flippit. Het hy dalk verwag dat jy vir hom gaan glimlag? Soms kan ‘n mens maar net kopskud en wegstap. Oor 3 weke eers? Eina.

  2. Waar is Judge Judy wanneer mens haar nodig het! As jy solank moet wag vir uitspraak wil ek nie weet hoe lank vat ‘n moordsaak nie. Die land gaan darem regtig agteruit.
    Sterkte!

  3. Mefri

    Rooskindjie, jy laat my wonder oor die wit bootjie….

  4. …en die swart baaibroek.

    Rosa, jy moes sommer die keer sy ore van sy kop af geskree het – gemaak het of jy dit helemaal verloor oor jou skade😆

  5. Ek weet hoe dit voel as iemand skade veroorsaak en wegjaag! Ek het dit verloor, maar kon NIKS doen nie! Kan nie glo die ou het so houding nie! Ek sou hom gewys het wat hy met sy glimlag kon doen! Strongs met die gewag!

  6. Maxie: Jong hy het seker gedink ek gaan se jammer dat ek geskree het.

    Rustig: Ek was in my lewe al by ‘n paar moordsake en dit neem maande….! Maar dit was nog altyd so, voor en na 1994.

    Mefri: ek sien altyd sulke goed raak, soos die wit boodjie. ek wonder vreeslik daaroor. en die security wat my “sir” in die VSA sou ek kon sue!

    Sonkind: jaaa! en die baaibroek. dis ‘n lekker weird land die. ja speel “mal” en vra nog geld vir skade🙂

    Kaalvoet: Ja ek het geskree veral toe hy die 2de keer vir my gekom het! Ek dink nie hy weet eers hy het 2 keer in my vasgejaag nie, en kliek nie ek moes self my eie kar laat regmaak het nie. aiaaiai.

  7. Zee

    Rosie, ek sal nooit vergeet toe ek die eerste keer “Die ongeluk wat ‘n baba gekry het” gelees het nie😉

    Ai, nou moet jy alweer wag!!

    Jong, jy weet darem net hoe om ‘n storie te vertel. Dis altyd lekker om hier by jou te lees!

  8. Ek kan nie help om te wonder of al die moeite wat jy het, die R1000 werd is nie!?

    Die wit bootjie tickle my erg!

  9. Dis reg. Loop baklei vir jou geld. Dis die regte ding om te doen, maar nou is jy seker spyt jy kon nie meer eis by die bastard nie.

    Ek moet jou tog die grappie mail van ‘Je’onnir’ Dis net in die Kaap wat jy die tipe van dinge sal kry (en verstaan).

    Anyway, good on you. As jy nou ek was, sou die man nog ‘n klap ook uit die deal gekry het. Na die ongeluk, of na die hofsaak. Mens kan ‘n vrou se geduld darem net sover beproef!

  10. Dankie tog, ek merk ek is nie meer een of ander gogga as ek nie ingelog is nie. 🙂

  11. 😆 Baie goeie beheersing na die hofsaak.

  12. alta

    Ai dis nou baie sad. Baklei Rosa.

  13. Lekker beskrywing van die hof. In my dae as klerk het die outjies in hulle kettings my vreeslik uitgefreak, veral die wat lang praatjies met die “girls” wat verbyloop te make het, nie altyd geskik vir sensitiewe ore nie!

    Sterkte met die saak, ‘n bevel beteken natuurlik nie jy kry actually jou geld nie…

  14. Zee: ek sal ook nie vergeet nie, want dit is hoe ons blog-vriende geraak het🙂

    Rene: Die bootjie pla my ook. Jy sien dit is die prinsiep van die saak. Dit is glad nie die moeite werd nie, maar ek wil he hy moet nie daarmee wegkom nie. Hy moet my betaal!

    Skoor; Ek kan nue bewys dat ek my geen-eis-bonus verloor het nie, want ek kan nie bewys dat ek ongeluk vry sou bly nie. sulke goed.

    Alta: dankie hoor, en het jy ‘n nuwe avatar? dit lyk nice.

    Demoerin: beheersing van staal, ek belowe jou.

    netjan: ja nee hulle wil altyd praatjies maak met die girls. ja ek weet hy kan my R10 per maand betaal en dan kry ek net R20. maar ek is reg vir hom….

  15. Tersia

    Ek hoop alles verloop goed! Jou R1000 moet ook styg vir elke week wat hulle uitstel!

  16. Jinne… die vermetelheid van JOU om so te skree… sies man Rosalinda! Die arme man se konstitusie sou dit mos nie kon hou nie… Maar nou sit en dink ek ‘n ding… vat jou geld en na jy dit veilig in jou hand (die bank) het… gaan skree hom sommer weer in sy malle maai in, die fokkir!

    K ‘-)

  17. Hi karin, lekker om jou weer te sien. jy kan kom help skree as jy wil!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: