Depressie-wenke

Sommer ‘n paar los wenke oor depressie en die mites wat daar bestaan oor die siekte.

Anti-depressante is nie verslawend nie. (Kalmeermiddels kan verslawend wees, as jy jou daaraan vergryp en onverantwoordelik is. Maar soms is dit nodig vir angs en stabilisasie. Anti-depressante en kalmeermiddels het verskillende aktiewe bestanddele in.)

Ekself, sal nie sogenaamde natuurlike middels vir depressie drink nie, omdat daar nie wetenskaplike bewyse is dat dit werk nie. Al sê die mense wat geldmaak daaruit (natuurlik!) dit werk.

Maar as jy dit dan nou wil drink moet nie St. John’s Wort (St Janskruid) drink saam met anti-depressante nie, want dit kan inwerk teen ander medikasie, wat gevaarlik kan wees. Moet dit veral nie drink saam met anti-depressante nie. More is not more. Dit werk ook teen die voorbehoedingspil in (St. John’s Wort)

As jy anti-depressante drink kan jy lomering voel vir die eerste paar dae, of tien, die simptome verdwyn. Hou net uit. Die pille is nie wonderpille soos wat baie foefie-aanvullers, wat nie medikasie is nie, altyd beweer, die meeste van die tyd werk dit eers behoorlik na sowat drie weke. Hou net uit. Ek kies dit eerder as om soos die donker nag te voel!

Drink dit vir ten minste drie maande om na behore beter te voel. Na gelang van die tipe depressie, en bespreek dit met jou dokter, het jy dit dalk langer, of vir altyd nodig. Vra vir generies, dit is regtig nie so duur nie. Dit is nie die einde van die wereld nie en jy is nie ‘n verslaafde nie. Mense met diabetes, hartprobleme, asma, cholesterol en baie ander siektes drink ook pille vir hulle hele lewe en is nie verslaafdes nie.

As jy beter voel, moenie ophou met die pille nie. Dit beteken die pille werk! Hou aan en praat met die dokter.

Daar is niks met jou “kop of gees” verkeerd nie. Dit is in die meeste gevalle ‘n chemiese siekte van die brein. Jy is ook nie dom nie. Dit het te doen met die afskeiding van neurotransmitters (chemiese stowwe) wat jou laat sleg voel.

Moenie luister na mense wat se jy kan jouself  ‘regruk’ nie. Kry hulp. En onthou dit is nie jou skuld nie.

Lees asb meer hier, bg is net enkele punte.

http://www.nimh.nih.gov/health/topics/depression/index.shtml

Advertisements

  1. Zee

    Dankie Rosie, die mannetjie is juis weer besig om sy koppie hier by my uit te steek. Tyd om weer bietjie dokter toe te gaan om hierdie mannetjie in die kiem smoor!

  2. maeree

    hahaha
    jy drink st john’s wort om te ontspan en dan raak jy swanger! bwahahahaha

    (ek weet mens drink dit nie eintlik om te ontspan nie, maar steeds… ironies)

  3. LOL Maeree…nou weet ek ook waar kom baba’s vandaan, verskoon my ek gaan net gou apteek toe.

  4. Interessante onderwerp. Ek was lank terug op anti-depressante en het niks daarvan gehou nie. Dit was nog op hoërskool. Dis jammer dat mense nog ‘n ‘stigma’ heg aan antidepressante gebruik.

    P.S. Ek het op die harde manier geleer dat anti-biotika ook teen die pil werk 😉

  5. Oopkop: Dit is jammer van die stigma. Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar anti-depressante vernuwe gedurig, ons trek nou al by die vierde generasie. Ek elke tipe, daar is soveel verskillendes werk ook nie vir almal nie.

    Ja, anti-biotika werk teen die pil. Dokters behoort vroue veel beter in te lig.

  6. Ja, pasop, St John’s is baie potent!!

    Rosa, daar is ook kliniese depressie wat nie noodwendig chemiese oorsake het nie – ‘n gemoedstoestand. Maar ja, mense, gebruik die pille as ‘n kruk om die wa deur die drif te trek. Dis meestal die eerste 2-4 weke wat sukkel, oorwegend omdat die liggaam die chemiese wanbalans met die addisionele chemikalie probeer herstel. Dit vat werk en knou die liggaam effens. Maar daarna … honky dory, in 90% van die gevalle.

    Wat die stigma betref … vok dit. Meestal aangeblaas deur juis hulle wat alternatiewe wil bemark. Maar daar is newe-effekte, wat ek bevrees is mense nie ordentlik oor ingelig word nie. Dit is meestal in die geval van pille wat geselekteerd serotonin inhibeer, wat natuurlik dan tot verdere depressie ly. En pille oor die algemeen het in sommige mense ‘n newe-effek. Soms is die kombinasie van voorskrif ‘n probleem. Daarom dat die depressie baie goed gediagnoseer moet word om die regte “maat” te vind.

    Aan die einde van die dag is dit niks meer of minder as wat enige ander pil aan jou doen nie. EK hou van jou verwysing na ander chroniese toestande, want dit is presies hoe chemiese depressie gesien moet word.

    Maar sien tog ‘n terapeut – dalk net, dalk hoef jy nie chronies die pille te drink nie. En indien wel, vok die stigma, sou ek sê, want niemand dink snaaks as mens hartpille of inspuitings vir diabetes gebruik nie.

    As daai donker put moer diep begin word en jy kan nie jou leerbank daar vind om op te rus en terug op te klim nie, dan skeel ‘n stigma maar min!

  7. Emil: Ja daar is reaktiewe depressie ect, dis hoekom ek die skakel onderaan gesit het vir meer info. Dankie vir die bydrae. Dis maar net enkele punte.

    My punt teen alternatiewe of natuurlike middel is dat ons juis nie die newe-effekte ken nie, soos met allopatiese middels nie. Met dit weet jy waarna om uit te kyk ect.

    Selfs met die regte diagnose kan mens soms sukkel om regte dosis en regte pil te kry, maar die punt is: dit is klinies toetste medikasie, nie iemand-se-wat-weet-kruie-en-toonnaels nie. En dit is my punt. Met behoorlike, evidence based medicine, in alle velde word lewens gered en nie met herbs en spices nie.

  8. Ek geen kennis van Depressie nie, maar dalk moes mense dit nooit as siekte voor gedoen het nie. Eerder gemoeds toestand. Dink tog die stigma maak dit erger vir die persoon wat daaronder ly.

  9. annerkant

    Ek wil maar net beaam. Rosa, ek stem saam hier en meer mense behoort openlik daaroor te praat. Ja, depressie is maar soos ‘n “verkoue”. Dit sou dalk gehelp het as ‘n mens verkleur het na gelang van jou chemiese samestelling en emosies, dan sou dit moontlik meer konkreet gewees het. … as jy in die oggend opstaan en jy het ‘n rooi gesig met pers kolle, gaan dokter toe, jy het depressie. Dit is niks buite die normale nie. Kry die behandeling wat nodig is. Normaalweg vind niemand dit vreemd dat jy medisyne drink vir “aanvaarbare”, “fisiese” siektes nie.

    Oor alternatiewe of natuurlike middels: Dit is vreemd hoe persepsies met ‘n mens se kop kan smokkel. Om een of ander rede dink baie mense dat “natuurlike” produkte en kruie en dies meer wat “onverwerk” uit die natuur of van plante af kom skoner en skadeloser as bv. gepantenteerde medisyne is. Dit is natuurlik nonsens, want dit is maar ook “medisyne”, en bestaan ook uit molekules en bestandele, net soos medisyne, dit is net nie verfyn of getoets soos medikasie nie, soos Rosa ook verduidelik. In der waarheid is dit eintlik die “natuurlike middel” of medisyne wat jou die meeste skade aan kan doen. Daar is ook baie van hierdie soort denke en bangmaakdinge rondom ander begrippe, soos “organies”. ‘n Mens moet ongelukkig in hierdie dinge seker maak van die feite.

  10. Rustig: jy weet ek hoor wat jy se, maar as dit nie erkenning kry as siekte nie, sal dit nie met erns bejeen word nie. Dit word wel beskryf as ‘n gemoedsiekte!

    Annerkant: hallo daar. oor organies moet jy my nie eens aan die gang kry nie… as daar ‘n bloedtoets of spikkels was dan was dit makliker, ek stem 100% met jou.
    ja, “natuurlik”is ‘n baie slim bermarkingsfoefie, slanggif is ook natuurlik. ek verfoei die middels.

    soos die kruie kava-kava, dodelik vir die lewer!! net omdat mense dit vir honderde jare drink (anekdotiese verhale) beteken nie dit is veilig nie. Nie so lank terug nie is opium ruim gebruik…

  11. Rosa

    Hoe kry ‘n mens jou aan die gang oor organies? Jy het my nou nuuskierig.

  12. Adrie: sal iets doen later daaroor.

  13. Tersia

    Baie dankie! Ek gaan dit beslis vir iemand gee om te lees wat glo depressie is sommer “‘n kopsiekte om aandag te kry….”!

  14. Tersia: Plesier, hier iewers in my argief is nog ‘n storie oor depressie, ‘n meer volledige een. Dit is alles behalwe aandagsoek, dit is ‘n klinies erkende siekte.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: